NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Alle mense moet sterf. Maar natuurlike oorsake klink meer aanvaarbaar as onnatuurlike oorsake. Die Afrikanervolk kan net so onnatuurlik uitsterf as waarvan Jesus in Luk 13 waarsku dat die res van die volk net so sal sterf soos dié wat reeds vermoor is as die volk hulle nie wil bekeer nie – dit is die voorwaarde. Die oproep tot bekering wat op dowe ore val maak 'n mens bang. Bid dat ons volk vandag sal terugkeer na ons God sodat ons nie almal onnatuurlik hoef te sterf nie!

'N EEU VAN ONREG (2)

Lees reeks by 'n Eeu van Onreg

Een Eeuw van OnrechtA Century of Wrong, deur F. W. REITZ bied 'n helder beeld van Engeland se politiek van reeds voor die Tweede Vryheidsoorlog in Suid-Afrika waar hulle die Boer se lewe hel gemaak het. Tans word ons volk weer net so verdruk, vermoor en ondergrawe en is hierdie geskrif weer baie aktueel.  Dié weergawe is uit Nederlands in Afrikaans vertaal deur J.J. Blom in 1939.

DIE GROOT TREK

" ...die Engelse bevelvoerder in Suid-Afrika, sê dat onder sy beheer 400,000 gewere op hierdie wyse aan Swartes verkoop is om die Boere mee uit te wis...  ... 'perhaps the most discreditable page in British colonial history'."

Na dertig jaar van Engelse bewind het dit dus ten oorvloede geblyk dat daar vir die Boer haas geen heil wag nie, dog net verdrukking. Sy elementêre regte was geskend, en hy het selfs nie die minste waarborg gehad dat hulle ooit eerbiedig sou word nie. Die posisie was vir hom onuithoudbaar in die Engelse kolonie, wat toe die Grootrivier as sy noordelike grens gehad het.

Die mense het besluit om huis, plaas en goed wat nog van die Swartes se verwoestingswerk oorgebly het, prys te gee en van die Britse gesag weg te trek.

Luitenant-goewerneur Stockenström is eers geraadpleeg, maar hy het gesê dat daar geen wet bestaan wat die mense kon belet om die Kolonie te verlaat en hulle elders te gaan vestig nie; en as daar wel sodanige wet bestaan, sou dit ’n tirannieke wet wees wat nie toegepas kon word nie.

Die Kaapse prokureur-generaal, Oliphant, is deur kolonel Somerset geraadpleeg en hy het ’n soortgelyke uitspraak gegee en gesê dat die Emigrante blykbaar voornemens was om na ’n ander land te gaan en hulle nie langer as Britse onderdane te beskou nie, soos daagliks geskied van Engeland na Noord-Amerika, en dat die regering magteloos is en moet bly om daardie euwel te belet.

Nou, buite die Britse gesag het gelê die landstreke noord van die Oranjerivier en oos van die Drakensberge, en vir sover toe bekend was, was die streke deur barbare bewoon; maar die Boere het besluit om liewer die gevare van die woesteny te tart en daar ’n stuk grond van die Swartes te ruil en ’n onafhanklike maatskappy te stig as om langer onder die Britse heerskappy te bly.

In die woorde van Piet Retief toe hy Grahamstad verlaat het:

"Ons wanhoop daaraan om die Kolonie te red van die euwels wat hom bedreig van swart Iandlopers. Daar is geen vooruitsig op vrede of geluk vir ons kinders nie. Ons kla oor die roof en vernieling wat ons van die Swartes se invalle gely het. Ons kla oor die misleiding tot ons nadeel wat in die naam van die geloof gemaak word. Ons verlaat die Kolonie om ’n rustiger lewe te soek, en ons sal niemand molesteer nie; maar as ons aangeval word, sal ons onsself en ons goed tot die uiterste verdedig. Ons verlaat hierdie Kolonie in die volle versekering dat die Britse Regering niks meer van ons te vorder het nie, en dat hy ons sal toelaat om onsself sonder bemoeiing te regeer. Ons verlaat die vrugbare land van ons geboorte en staan op die punt om ’n vreemde en gevaarlike land in te gaan; dog ons gaan in die vaste vertroue op ’n alsiende, regverdige en genadige God.”

Ons vaders en ons het toe oor die Grootrivier na die onbekende noorde getrek as vrye manne, onderdane van geen vors op aarde nie. Toe het begin wat die Engelse parlementslid Molesworth bestempel het as ’n vreemdsoortige vervolging. Die trekkende Boere agtervolg deur die Britse Koloniale Kantoor — die vreemdste agtervolging ooit deur sterflinge gesien!

Selfs het die Britse Parlement in 1836 ’n wet (6 en 7 W.4 c. 57) aangeneem om buite die Britse jurisdiksie tot die 25ste graad suiderbreedte strawwe op te lê; en toe ons verder noordwaarts trek, het lord Grey beloof om deur die Parlement hierdie onregverdige wet te laat uitstrek tot aan die Ewenaar. Daar moet op gelet word dat in die gemelde wet spesiaal bepaal is dat dit nie beskou moet word dat hy enige soewereiniteit of heerskappy oor die gemelde landstreke uitroep nie.

Die eerste trekgeselskappe was die van Trichardt en Van Rensburg, wat deurgetrek het na die noorde; maar die Van Rensburgs is gruwelik deur die Swartes uitgemoor, en die Trichardts het na ongelooflike ontberings en moeilikhede Delagoabaai bereik, om daar armsalig te sterf aan die koors.

DIE STIGTING VAN NATAL

Met die tweede geselskap het dit net so noodlottig gegaan. Nadat Piet Retief, op behoorlike teenprestasie van Dingaan, opperhoof van die Zoeloes, skriftelik afstand verkry het van die landstreek wat nou bekend is as Natal, het Dingaan hom en sy geselskap op 6 Februarie 1838 op verraderlike wyse vermoor, daartoe opgestook deur Engelse; so is 66 Boere en 30 van hul volk om die lewe gebring; en so het die Groot Trek sy grootmoedigste en edelste leier verloor.

Dingaan het daarop sy leërmagte gestuur en hulle het die vroue, kinders en oues van dae aan die Boesmansrivier (Bloukrans), waar nou die dorp Weenen staan, oorval, en 282 blankes en 250 bediendes vermoor. Teen die einde van die jaar het ons die land van die geweldenaar met ’n klein kommando van 464 man binnegetrek, en op 16 Desember 1838 (sedertdien bekend as Geloftedag, die roemrykste dag in ons geskiedenis) het ons die Zoeloe-leërmag van ongeveer 10,000 man verslaan en Dingaan se hoofstat verbrand. Daarna het ons ons vreedsaam in Natal gevestig en daar ’n vrye republiek gestig. Die bodem is immers met ons geld gekoop en met ons bloed gedoop.

Hierdie republiek mog egter nie lank bly bestaan nie. Die Britse Koloniale Kantoor het ons agtervolg. Eers het die Britse Regering besluit tot ’n militêre besetting van Natal, want, soos goewerneur Napier op 22 Junie 1840 aan lord Russell, die minister, geskryf het, "was dit blykbaar die vaste voorneme van Haar Majesteit om haar koloniale besittings in Afrika nie uit te brei nie”. Die militêre besetting het slegs die verdrukking van die Boere ten doel gehad, soos goewerneur Napier onbewimpeld op 16 Januarie 1838 in sy depeché aan lord Glenelg verklaar het, naamlik om te verhinder dat die Boere kruit kry en hulle te belet om ’n onafhanklike republiek te stig, waardeur hy gehoop het dat die emigrasie sou ophou. En weer het lord Stanley goewerneur Napier op 10 April 1842 beveel om die Boere van alle kommunikasie af te sny en hulle mee te deel dat die Britse Regering die barbare teen hulle sou help en hulle as rebelle sou behandel.

Die militêre okkupasie is deur ons teengestaan, en twee maal afgeslaan; hier het egter meer Engelse op die vlug verdrink as wat daar deur die koeëls geval het.

Later is kommissaris Cloete gestuur om die jong republiek te annekseer, as beloning omdat die Boere dit vir die beskawing skoongemaak het.

Dit het onder die kragtigste protes van ons kant geskied. Op 21 Februarie 1842 het die Volksraad van Pietermaritzburg, onder voorsitterskap van Joachim Prinsloo, aan goewerneur Napier geskryf:

"Ons weet dat daar ’n God is, wat Beheerser van hemel en aarde is en wat die mag het en gewillig is om die swakkes teen hul onderdrukkers te beskerm. Op Hom vertrou ons, en op die regverdigheid van ons saak. Indien dit sy wil is dat ons, ons vrouens en kinders, totaal vernietig moet word, sal ons ons nederig aan sy wil onderwerp. Ons wil die mag van Engeland nie uitdaag nie; maar ons kan nie toelaat dat mag oor reg sal seëvier sonder dat ons dit met al die kragte wat ons besit, bestry het nie.”

Aan die Engelse kommissaris het die Boerevroue op Pietermaritzburg verklaar dat eerder as om hulle weer aan die Britse heerskappy te onderwerp, hulle blootsvoets oor die Drakensberge sou loop na vryheid of die dood.

En hulle was getrou aan hul woord. Toe Andries Pretorius, ons dapper leidsman, op sy terugreis van Grahamstad, waarheen hy honderde myle ver te perd gery het om goewerneur Pottinger met die ware toedrag van sake bekend te maak — wat hom egter ongehoord teruggestuur het met die ekskuus dat hy te veel werk het — die Drakensberge bereik, het hy daar byna die hele bevolking aan die uittrek gevind, weg van die Engelse heerskappy af, terug oor die Drakensberge. Sy vrou het in die wa siek gelê en sy dogter moes die osse lei, waardeur sy erg beseer is. En dit was maar een geval uit baie.

Sir Harry Smith, wat Pottinger opgevolg het as goewerneur, het die toestand van die trekkende Boere beskryf as  " ’n toestand van ellende soos hy nog nooit gesien het nie, behalwe by die inval van Massena in Portugal. Die toneel was waarlik hartroerend.”

Dit het die Britse Regering ons in verband met Natal besorg.

Ons het oor die Drakensberge teruggetrek na die Vrystaat, waar sommige gebly het, terwyl ander oor die Vaalrivier noordwaarts getrek het. Maar hier eers enkele besonderhede in verband met die Oranje-Vrystaat.

DIE ORANJE-VRYSTAAT

Die Engelse het die voornoemde Wet 6 en 7, W.4 c. 57 uitgevoer en ’n Resident in die Oranje-Vrystaat aangestel. Pretorius het hom egter 48 uur tyd gegee om die Republiek te verlaat. Sir Harry Smith het daarop ’n leër bymekaar gebring wat grotendeels uit Swartes bestaan het wat teen ons Blankes opgestook was, en ons op 29 Augustus 1848 op Boomplaats beveg. Na die geveg, wat hardnekkig was, is ’n Boer, Thomas Dreyer, deur die Swartes van Smith se leër gevang en, tot skande van die Engelse goewerneur, om die lewe gebring, om geen ander misdaad nie as dat hy, wat jare tevore ’n Britse onderdaan was, dit nou gewaag het om teen Haar Majesteit se vlag te veg.

Nog ’n moord en skandaal op rekening van Engeland.

Intussen het sir Harry Smith die Vrystaat ook geannekseer onder die naam "The Orange River Sovereignty”, onder die voorwendsel dat vier-vyfdes van die inwoners ten gunste was van Britse heerskappy en slegs deur die geweld van Pretorius geïntimideer was. Maar die Britse Resident het al gou oorhoop geraak met Moshesh, die groot en sluwe opperhoof van die Basoeto’s. Die Resident het die hulp van die Boere ingeroep, dog van die 1000 man wat geroep was, het slegs 75 gehoor gegee. En die Engelse moes die onderspit delf. Die Resident het aan sy regering geskryf dat die bestaan van "The Orange River Sovereignty” nou afhang van Andries Pretorius, die man op wie se hoof sir Harry Smith ’n prys van £2000 gesit het. Graaf Grey het sensuur uitgespreek oor sir Harry Smith en Resident Warden en hulle afgedank, terwyl hy in sy depeché van 15 Desember 1851 aan die goewerneur gesê het dat die Britse Regering die land geannekseer het op die voorstelling dat dit algemeen deur die inwoners verlang is; maar as die inwoners nie die Britse Regering wil ondersteun nie, wat alleen terwille van hulle daargestel is, en verlang om daarvan ontslae te raak, dan was daar geen belang by om dit aan te hou nie. "Wanneer ons terugtrek, sal u (die goewerneur) egter duidelik verstaan dat alle oorloë, hoe bloedig ook, wat later mag uitbreek onder die verskillende stamme en bevolkings wat in ’n staat van onafhanklikheid buite die Koloniale grense gelaat is, dat sodanige oorloë nie as grond tot inmenging beskou moet word nie.”

Met ander woorde, soos Froude sê:

"In 1852 het ons ondervind dat oorloë met die naturelle en die Hollandse boere nutteloos was; dat die uitstuur van troepe en die dood van duisende naturelle ’n vreemde wyse was om hulle te beskerm. Ons het besluit om binne ons gebied te bly, ons nie in te meng oorkant die Oranjerivier nie en die naturelle en Hollandse boere alleen te laat om hul geskille self te besleg.”

En weer:

"Aangesien ons sat geword het van ondernemings wat nog tot eer nog tot vrede gelei het, het ons in 1852 besluit om die Oranjerivier die skeidslyn van die Britse verantwoordelikheid te maak. Ons het formele traktate met die twee Hollandse state gesluit en ons verbind om ons nie in te meng in geskille tussen hulle en die naturelle nie, maar hulle alleen te laat om ’n skeidsmuur te vorm of (wat ons as die mees waarskynlike resultaat geag het) onder te gaan in ’n ongelyke worstelstryd met krygshaftige rasse wat hulle oneindig in getal oortref het.”

Die bestuur van die Vrystaat het die Britse belastingbetaler te veel gekos. Die gedagte daarby was: gee die Boer maar genoeg skiet en hy sal sy rieme styfloop.

’n Nuwe goewerneur, sir George Cathcart, is uitgestuur met twee spesiale kommissarisse om aan die nuwe politiek gevolg te gee, en daar is ’n traktaat tussen Engeland en die Vrystaat onderteken waaronder aan die Vrystaat volkome onafhanklikheid gewaarborg is, en van Britse kant is onderneem dat die Britse Regering hom nie met naturellestamme noord van Grootrivier sal bemoei nie.

Soos Cathcart in sy briewe se: "Die soewereiniteitseepbel het gebars,” en: "Die dwase soewereiniteitklugspel is uitgespeel.” ’n Mens moet nie vergeet nie dat solank die Vrystaat Engelse gebied was, daar beskou was dat dit die streek wat tans Kimberley en die diamantvelde is, omsluit het; dat Engelse grondbriewe onder die Orange River Sovereignty vir die betrokke grond uitgereik is as grond wat aan die Sovereignty behoort en dat die streek deel van die regsgebied van ’n Sovereignty-magistraat was en dat dit by die herstel van die Vrystaat ook deel van die Oranje-Vrystaat gebly het.

Die konvensie tussen Engeland en die Vrystaat was egter nog nie vyftien jaar oud nie, toe is dit deur die Engelse verbreek, hoewel hulle plegtig onderneem het om hulle nie met naturellesake noord van Grootrivier te bemoei nie. Toe die Basoeto’s die Vrystaters vermoor en beroof het, vrouens verkrag en gewelddade sonder tal gepleeg het, en die Vrystaters na ’n stryd van drie jaar daarin geslaag het om hulle deeglik te tugtig, het die Engelse hulle in 1869 ten gunste van die Basoeto’s in die stryd gemeng; dog in die Aliwal-konvensie het hulle nogmaals verklaar dat hulle hul nie sal inmeng nie.

Die ink van hierdie traktaat was egter skaars droog, toe in dié deel van die Vrystaat tussen Groot- en Vaalrivier, waarna reeds verwys is, diamante ontdek is. In plaas van reguit te sê dat hulle (die Britse Regering) die sterkste is en dus die grond eis waarin die rykste diamantmyn in die wêreld lê, is as ware oorsaak vir die ontvreemding van hierdie grond aan die Vrystaat op huigelagtige wyse aangevoer dat dit aan ’n naturel behoort, nieteenstaande die onwaarheid van hierdie bewering selfs deur die Britse geregshowe bevestig is.

Die gedagte was, sê Froude, dat die pragtigste diamantmyn in die wêreld nie vir die Britse Ryk verlore moes gaan nie. Die grond is toe van die Boere afgeneem, "en van dié dag af kan die Boer in Suid-Afrika minder as ooit op Engelse beloftes vertrou”. Dit bestempel Froude, wat nog voor die Jameson- strooptog gesterf het, as "perhaps the most discreditable page in British colonial history”.

Later, toe Brand na Engeland gegaan het, het Engeland skuld beken en as skadevergoeding ’n armsalige bedrag van £90,000 betaal vir die rykste diamantmyn in die wêreld, waaruit byna daagliks ’n groter waarde gedelf word.

Maar nieteenstaande die Vrystaatse konvensie, nieteen­staande die herhaalde beloftes in die Aliwal-konvensie, moes die Vrystaat nog ’n derde ergerlike verbreking van die konvensie deur Engeland verduur. Tienduisende gewere is deur die Kaapkolonie na Kimberley uitgevoer en daar aan die Swartes wat die twee Hollandse Republieke omsingel en bedreig het, verkoop. Generaal sir Arthur Cunynghame, die Engelse bevelvoerder in Suid-Afrika, sê dat onder sy beheer 400,000 gewere op hierdie wyse aan Swartes verkoop is. Proteste van Transvaal en die Vrystaat het niks gebaat nie, en toe die Vrystaat van sy reg gebruik gemaak en waens vol gewere op pad na sy gebied aangehou het, moes hy aan die Britse Regering nog boonop vergoeding betaal.

"Die Vrystaat,” sê die Engelse geskiedskrywer Froude, "het die vergoeding onder protes betaal met ’n ouderwetse beroep op die God van geregtigheid, wat hulle, vreemd genoeg, as ’n werklikheid beskou.”

In die Engelse politiek geld dus selfs die God van geregtigheid nie langer nie.

Sover dan ons verpligte uittog uit die Kolonie, en die ontneming deur Engeland aan ons van Natal en die Vrystaat. Nou bly daar nog Transvaal.

Die Suid-Afrikaanse Republiek:  vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1957 gaste aanlyn