NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons Afrikanervolk kan nie vandag roem op 'n geskiedenis van verstandigheid en harte wat aan die geloof van reg en verkeerd vasgehou het nie. As ons het, sou ons nie vandag in ons eie land verkneg gewees het onder 'n ateïstiese swart owerheid nie.
Die twee Emmaüsgangers was so teleurgesteld dat Jesus dood is omdat hulle gedink het Hy sal die Een wees wat die volk Israel gaan red, en hulle het nie besef Hy het opgestaan en praat nou self met hulle nie want hulle het nie aan die beloftes van sy opstanding vasgehou nie. Daarop het Jesus aan hulle gesê het "o Onverstandiges, met harte wat traag is om te glo alles wat die profete gespreek het!" Bid dat God ook óns volksondes vergewe en ons laat bly leef!

PAUL KRUGER (3)

'n Lewenskets van President S.J.P. Kruger

Deur D.W. Kruger

Lees reeks by Paul Kruger

Kruger, die Krygsman

In sy deelname aan die Transvaalse openbare lewe het Paul Kruger nie alleen in die politiek van die tyd bekendheid verwerf nie, maar ook as krygsman. Die gedurige woelinge onder die swart stamme en die stryd teen die barbaarse inboorlingstamme wat geweier het om die gesag van die jong Boere-republiek te erken, het noodwendig die krygsoffisiere onder die aandag van die publiek gebring. Dit was ook die geval met Paul Kruger wat agtereenvolgens veldkornet, kommandant en kommandant-generaal, die hoogste rang in die krygsdiens, was. Hier was dit egter nie ’n geval van gewone, normale leierskap wat na vore gekom het nie, maar leierskap gepaard met groot persoonlike onverskrokkenheid. Die naam van die jong aanvoerder is op ’n prominente wyse in die volksgeheue ingeprent, selfs baie meer as wat sy politieke bedrywighede dit kon doen. Sy militêre werksaamhede het met tussenposes geduur van 1852 af tot 1867 hoewel hy as kommandant-generaal aangebly het tot 1873.

Die eerste militêre onderneming waaraan Kruger as veldkornet deelgeneem het, was dié teen Sechele, ’n Tswanahoof in Wes- Transvaal. Die ekspedisie is gelei deur kommandant-generaal Scholtz. By die bestorming van die berg waarop Sechele hom verskans het, was Kruger onder die voorstes van die bestormers. Hy het twee noue ontkominge gehad en groot kalmte in oomblikke van gevaar bewaar, hoewel hy half duiselig was weens ’n opslagbom uit ’n eie kanon wat rakelings by sy kop verby getrek en hom onderstebo geruk het.

Vroeg in Januarie 1853 was hy al weer op ’n nuwe ekspedisie agter vlugtende stamhoofde tot binne-in die Kalahari. Soos later meermale die geval was, het hy by hierdie geleentheid en slegs deur ’n tolk vergesel, vooruit gegaan en die moeilikheid met die voortvlugtendes vreedsaam uit die weg geruim. In 1854 is hy as kommdant van Rustenburg, sy tuisdorp, gekies en in daardie hoedanigheid het hy deelgeneem aan die veldtog teen Mapela wat hom aan ’n verskriklike moordvoorval skuldig gemaak het en teen Makapan wat in sy ontoeganklike grotte aan Mapela asiel verleen het.

Aangevoer deur die kommandant-generaals, M. W. Pretorius en Piet Potgieter, het die verenigde kommando’s die hardnekkige, vegtende inboorlinge wat ten dele met gewere bewapen was, in hulle grotte vasgekeer en hulle toegang tot die water versper. Tydens die krygsverrigtinge het kommandant Paul Kruger hom deur ’n daad van groot dapperheid onderskei as gevolg waarvan sy naam dwarsdeur die Republiek en selfs buite die grense weerklink het. Op ’n dag is Piet Potgieter, die aanvoerder en’n persoonlike vriend van Kruger, waar hy op ’n rots voor die ingang tot die grot gestaan het, deur ’n sluipskutter doodgeskiet. Sy liggaam het agter die klipverskansing geval wat die vyand voor die grot opgestapel het, aan die kant van die inboorlinge. Kruger, wetende dat die lyk, indien dit in die hande van die vyand val, gruwelik geskend sou word, het sonder aarseling oor die versperring gespring en met die swaar liggaam onder ’n hewige geweervuur op sy skouers veilig teruggeklouter. Dit was ’n buitengewone heldedaad. Tydens dieselfde veldtog wat geëindig het in die oorgawe van die vyand, het hy op ’n keer die duistere gange van die spelonke alleen binnegedring en die terugwykende vyande in hulle eie taal toegeroep om oor te gee. ’n Aantal Bantoevroue en kinders het dan ook werklik van die geleentheid gebruik gemaak en saam met hom uitgekom.

Ook gedurende ander krygsonderneminge het Kruger blyke gegee van durf en ondernemingsgees. In 1858 het hy sy burgers in ’n nagtelike aanval teen die skanse van opperhoof Mapela gelei, en die vyand verdryf. Hy was steeds op die voorpunt. Skaars op sy plaas het hy hom as lid van ’n Transvaalse kommissie na Bloem­fontein gehaas in antwoord op ’n versoek om hulp van die Vrystaters teen die Basoeto’s. Die jong kommandant was toe reeds onder die Bantoes bekend as ’n krygsman en ’n wyse leier. Ná beraadslaging met die Vrystaatse leiers het hy aangebied om persoonlik met Mosjesj te praat met die oog op ’n duursame skikking van die geskille met die Vrystaat.

’n Gesamentlike kommissie van die twee Republieke is benoem en vergesel van drie ander persone het hy by Thaba Bosigo aan gekom. Daar tref hy sy buurman, Magato, van Rustenburg met wie hy op goeie voet verkeer het, aan. Magato het hom voorgestel aan Mosjesj wat hom met die hand gegroet het.

Die Basoetoe-opperhoof het sy verbasing betuig oor die jeugdige voorkoms van ’n man met so ’n groot reputasie. Die ontvangs was uiters vriendelik en die onderhandelings het goed verloop. Kruger het aan die opperhoof verduidelik dat oorlog en onrus nie in die belang van sy land was nie en sy slim teenstander het ingesien dat belemmering van die paaie ook vir sy vriende nadelig was. Op 18 Junie 1858 is ’n vredesverdrag deur sowel Kruger as Mosjesj mede-onderteken. Daar is ooreengekom dat die gewapende magte van weerskante ontbind sou word, dat die Basoeto’s die veerowery sou staak, vee wat hulle van die Transvalers geroof het, sou teruggee en dat in geval van ’n nuwe oorlog, die Basoeto’s die paaie ongehinderd sou laat. As blyk van waardering het Mosjesj aan Kruger ’n pragtige ryperd as afskeidsgeskenk gegee.

Kort voor sy vertrek het ’n boodskapper die tyding gebring dat sy teenwoordigheid in Transvaal dringend vereis word. Die Tswanahoof, Gasibone, en sommige Korannas langs die suidwestelike grens van die Republiek was op die oorlogspad. Binne drie dae het Kruger die afstand in minder as vyftig uur te perd afgelê. Dit was ’n byna weergalose rit. Hy het slegs een dag op sy plaas Waterkloof vertoef en hom toe na die grens gehaas om as assistent-kommandant-generaal die kommando teen die rowerbendes in die omgewing van die Hartsrivier aan te voer. ’n Gesament­like Transvaal-Vrystaatse mag het die verenigde mag van Gasi­bone en Mahoera verslaan en op die vlug gedryf. Gasibone is gedood en met Mahoera is vrede gesluit. Voor die einde van Augustus 1858 was Paul Kruger terug op Waterkloof. Hy is deur die regering bedank vir sy "troue en opregte dienste aan die staat”.

Ander sake, persoonlik en kerklik, het ook Kruger se aandag vereis. Veral die kerklike het swaar by hom geweeg. Die aankoms van ds. Dirk Postma van die Gereformeerde Kerk in Nederland aan die einde van 1858 in antwoord op ’n roepstem in die Trans­vaal om daar te kom arbei onder sy geloofsgenote, was ’n groot gebeurtenis in die lewe van Paul Kruger.

Vir hom en sy geesgenote het daar ’n gees in die kerk geheers wat geheel en al in stryd was met sy opvattinge. Dit het veral tot uiting gekom in die Evangeliese Gesange wat in 1814 in gebruik geneem is deur die Hollandse kerk in Suid-Afrika en wat die tydsgees van die 18de eeu weerspieël het. Hy en sy mense wat so lank in feitlike afsondering in die binneland geleef het, het die nuwe invloede wat in die kerk ingedra is, vrygespring totdat dit eindelik deur die kerk self aanvaar en deur sommige van sy ampsdraers aan hulle opgedring is. Dit was ’n rigting wat vir eenvoudige boere nie maklik omlynbaar was nie. Dit het nie geblyk uit die leerstellings van die kerk nie maar eerder uit sy erediens. Die nuwe lied van die kerk was iets waarmee hulle onmiddellik gekonfronteer was en daarom het hulle daarop gekonsentreer. Vir die mense van oud-gereformeerde opvattinge was dit die simbool van ’n gees wat nie in die kerk tuishoort nie. Hulle het gemeen om in ds. Postma ’n predikant te vind wat hulle nie sou dwing om te konformeer nie.

Hoewel hulle vir eers nie gedink het aan afskeiding van die kerk self nie. het omstandighede egter anders verloop en in Februarie 1859 het ’n aantal lidmate van die Hervormde gemeente Rustenburg, onder hulle Paul Kruger en sy familie, die kerklike gemeenskap van daardie kerk opgesê en met ds. Postma as predi­kant hulle as die Gereformeerde Kerk gekonstitueer. Die feit dat die invloedryke kommandant van Rustenburg ’n stigterslid was, het ongetwyfeld bygedra tot die betekenis en invloed van die Ge­reformeerde Kerk in die vroeë geskiedenis van die Transvaalse Republiek. Die staatskerk was egter die Hervormde kerk, volgens die grondwet. 'n Aantal jare het kerklike. aangeleenthede heelwat beroering veroorsaak, ook in Transvaalse politiek.

Intussen het Paul Kruger gedurende die jare vyftig ’n rol in die politiek gespeel. Van die begin af het hy as ’n nie-amptelike raadgewer aan president Pretorius opgetree. Hy het in sy briewe aan die staatshoof selfs ’n vaderlike toon aangeslaan en hom uit die Bybel vermaan. ’n Brief van 1 Augustus 1856 aan Pretorius openbaar selfs ietwat van ’n dweepsug, iets wat nie eie aan Kruger was nie. Na verhaal word, het hy in daardie vroeë jare, moontlik 1856, ’n spanningsvolle krisis deurgemaak. Dit het hom wat sy persoonlike godsdiens betref tot afsondering en die eensaamheid gedryf. Sedertdien toon sy openbare uittinge ’n hoë mate van erns en dit was asof die lighartige jong man plek gemaak het vir iemand anders, hoewel sy ou humorsin tot aan die einde van sy lewe hom bygebly het.

As invloedryke kommandant van Rustenburg kon hy dwarsdeur sy lewe steeds staatmaak op ’n baie sterk plaaslike steun, veral van die kant van die lidmate van sy kerk. Aan die ander kant was dit egter ’n belemmering aangesien in ’n tyd van kerklike onenigheid sy teenstanders alte maklik daardie verdeeldheid kon oordra op die politieke terrein deur Kruger voor te hou as mondstuk van ’n bepaalde geestesgroep. Dit het inderdaad gebeur gedurende die volgende vyf jaar toe Kruger ’n aansienlike rol gespeel het in die beweging om die verskillende Transvaalse gemeenskappe te verenig onder een grondwet. Hy het die verdeeldheid diep ter harte geneem en het steeds daarop aangedring dat die owerheid tot elke prys eerbiedig moet word, indien nodig, selfs met geweld. Toe die Soutpansbergers onder Stephanus Schoeman in 1857 nie die grondwet wou aanvaar nie en Schoeman gedreig het met gewapende verset, het Kruger aan Pretorius geskryf : "Die Here gelas ons om te sorg vir orde, wet en kerk, so nie, sal die Here ons uitroei, en hierdie rebelskrif staan orde en wet teen.” Vir hom was dit ’n groot beginselsaak dat die staatkundige orde deur God gewil word.

Toe hy in Mei 1857 met sy burgers opgekommandeer is om die Vrystaat te help dwing tot aanvaarding van politieke eenheid met die Transvaal, was hy as offisier verplig om deel te neem, hoewel met ’n swaar hart omdat die ondememing maklik tot die vergieting van broederbloed kon lei. Geen wonder nie dat toe die magte van die twee republieke teenoor mekaar aan die Renosterrivier te staan gekom het, hy hom beywer het vir ’n vreedsame skikking van die geskil. In Junie het die twee state mekaar se onafhanklikheid erken en Pretorius het sy aansprake op die Vrystaat, wat hy op sy beroemde vader se verdienste gegrond het, laat vaar.

Gedurende die volgende twee jaar het hy beurtelings aan die politiek en die kryg deelgeneem. Na die skikking met die Vrystaat moes hy help om Soutpansberg met die nuwe grondwet te versoen. Die enigste manier om dit te doen, was om Schoeman te aanvaar as kommandant-generaal van die Republiek. In Januarie 1858 het hy daarin geslaag om tot ’n vergelyk op daardie basis met die Soutpansbergse leier te kom. Dit was ’n belangrike bydrae tot die staatkundige eenwording van die Transvaal.

Dit was egter nie die einde van die politieke twiste in die gebied noord van die Vaalrivier nie. Die indirekte aanleiding tot nuwe onenigheid was die onwilligheid van president Pretorius om af te sien van sy ideaal om die twee Boere-republieke te verenig. Die inisiatief het hierdie keer gekom van die kant van die Vrystaat wat hom weer bedreig gevoel het deur die Basoeto’s. Daar was ’n wydverspreide gevoel in die suidelike republiek dat Pretorius, as seun van ’n vader wat groot invloed onder die Basoeto’s geniet het, miskien in staat sou wees om die dreigement uit daardie geweste af te weer. Sy naam het swaar geweeg en buitendien kon hy ’n bydrae lewer tot vereniging van die twee blanke state. Teen die einde van 1859 het versoekskrifte uit die Vrystaat gekom ten gunste van vereniging asook die verkiesing van Pretorius tot presi­dent van die Vrystaat. Daarmee, so is gemeen, sou die weg geopen wees om die ou ideaal van die Voortrekkers van ’n verenigde Boere-republiek te verwesenlik. Die meeste Transvalers was egter nie geesdriftig nie.

Voor die einde van 1860 is Pretorius met 'n groot meerderheid verkies en hy was dus nou president van albei die republieke. In Januarie 1860 het die Transvaalse Volksraad wat geensins ten gunste van sy dubbele ampsbekleding was nie, hom verlof yir ses maande toegestaan "om na die buiteland te gaan”. In sy plek is J. H. Grobler, die oudste lid van die Uitvoerende Raad, hoewel nie die oudste dienende lid nie, as president benoem. Kort daarna is Pretorius in Bloemfontein ingesweer as president van die suidelike Republiek. Dit was die begin van ’n ellendige verwarring in die Transvaal.

Van die staanspoor af was die volgelinge van kommandant- generaal Stephanus Schoeman ontevrede omdat hulle gemeen het dat hy volgens die Grondwet geregtig was om as plaasvervangende president op te tree. Die grootste deel van Soutpansberg en baie Potchefstromers het hom aangehang, maar Schoeman was weens sy persoonlike eienskappe nie elders gewild nie. Toe Pretorius ná die verstryking van sy verlof in Augustus 1860 teruggekeer en sonder om sy pos in die Vrystaat neer te lê, weer sy funksies in die Transvaal probeer uitoefen het, was die Volksraad nie bereid om hom in die omstandighede weer te aanvaar nie. Hy het wel steun van die Schoeman-party ontvang. Na ’n stormagtige sitting het hy sy betrekking neergelê, maar sy volgelinge was nie geneë om hulle daarmee te versoen rile. Schoeman het aanspraak op die presidentskap gemaak en op sy aandrang het die publiek van Potchefstroom die Grobler-bewind verwerp.

Tot in hierdie stadium, Oktober 1860, het Paul Kruger hom buite die stryd gehou, maar hy is gedwing om kant te kies toe die beroering na sy eie distrik, Rustenburg, uitgebrei het. Aan die een kant was hy nie oortuig dat die Volksraad altyd korrek opgetree het teen Pretorius nie, maar aan die ander kant kon hy hom nie vereenselwig met die optrede van die Schoeman-party wat teen die wettige Volksraad stelling ingeneem het nie. Onder sy invloed het die Rustenburgers op ’n vergadering wat op 13 Oktober 1860 ge­hou is, besluit om nie die optrede van die Volksraad te steun nie, maar om hom ’n kans tot ’n billike verhoor te gee, hangende die verkiesing van ’n nuwe president.

In ’n skrywe aan die regering het Kruger getuig van sy terneergedrukte stemming. Vir hom was ’n groot beginsel op die spel, nl. die handhawing van die grondwet. Hy was bang dat die Potchefstroomse beweging, deur gebruikmaking van die meegevoel met gewese president Pretorius, die staatsgesag kon ondermyn. Die Grobler-bewind was egter te swak om homself te handhaaf teen Schoeman wat hom intussen deur sy ondersteuners tot fungerende president laat benoem het. In Desember 1860 het Grobler die tuig neergelê en die regering het die Schoeman-bewind erken. Dit het hom van die nodige wettige grondslag voorsien. Aangesien hy die langste dienende lid, die senior amptenaar in die Uitvoerende Raad was, was dit nie in stryd met die grondwet nie. Hy kon slegs ontslaan word deur die Volksraad wat eers in Januarie 1861 in Pretoria sou vergader. Daarop het Paul Kruger, wat intussen Schoeman se bewind erken het, sy hoop gevestig.

Die Volksraad het inderdaad nie slegs geweier om in die toestand te berus nie, maar het ook besluit om stappe teen die leiers van die Potchefstroom-ondersteuners van Schoeman te doen. Laasgenoemdes het egter geweier om hulle te verantwoord en gedurende die volgende ses maande was die land byna regeringloos. Geen van beide partye was bereid om toegewings te doen nie. Intussen het Schoeman in werklikheid as president gefungeer.

Paul Kruger was verplig om hom daarby neer te lê. Eers in September 1861 het hy met steun van enkele vooraanstaande manne ’n ooreenkoms opgestel waarvolgens die volk aandring op die onmiddellike daarstelling van ’n wettige regering. Schoeman het sy optrede as rebellie bestempel en sy mense gewapend na Pretoria opgeroep. Paul Kruger het alleen daarheen afgereis en, onwillig tot bloedvergieting, die hele aangeleentheid persoonlik met Schoeman bespreek. Hy het namens sy ondersteuners geweier om die bewind langer te erken, en huiswaarts gekeer met die oortuiging dat die wettige orde slegs met geweld herstel kon word. Hy het sy manne begin opkommandeer, maar deur die tussenkoms van invloedryke persone, is ’n gewapende kragmeting voorkom. Onder voorsitterskap van Pretorius wat andermaal sy verskyning gemaak het, het ’n gesamentlike kommissie uit die twee partye in November 1861 besluit dat ’n nuwe Volksraad gekies sou word, ’n Nuwe regering sou daarna alle geskille besleg. Die Schoeman-bewind sou intussen as die regering dien.

In April 1862 het die nuwe Volksraad te Pretoria byeengekom en weer eens was die meerderheid teen Schoeman. Hy is uit sy amp geskors en in sy plek is W. C. Jansen van Rensburg as fungerende president benoem. Toe Schoeman weier om sy teenstander te erken, is hy deur die Volksraad skuldig bevind aan pligsversuim. Sy volgelinge, veral in Potchefstroom, het die regering bly uittart. Die regering was verplig om hulle tot Paul Kruger in Rustenburg om beskerming te wend. Schoeman het van sy kant sy mense te wapen geroep en ’n gevoel teen Kruger probeer wek deur die bewering dat hy slegs sy kerk wou bevoordeel ten koste van die staatskerk, waarskynlik na aanleiding van Kruger se pogings om amptelike erkenning van die Gereformeerde Kerk te verkry. Kruger was nou vasberade om namens die swak Van Rensburg- bewind, wat hom ternouernood kon handhaaf, teen Schoeman op te tree.

In September 1862 het hy die staatsmag na Potchefstroom vergesel, die dorp onder vuur geneem en die teenparty na die Vrystaat verdryf. Pretorius het gedurende hierdie tyd herhaaldelik op die toneel verskyn as ’n soort bemiddelaar met duidelike simpatie vir die Schoeman-party. Aldus is ’n beslissing steeds op die laaste oomblik verhinder. Nadat Schoeman andermaal gepoog het om die staatsmag in besit te kry, is hy en sy vernaamste volgelinge deur ’n hof skuldig gevind. In Januarie 1863 het hy andermaal die wyk oor die Vaalrivier geneem, maar teen hierdie tyd was sy rol uitgespeel. By ’n presidentsverkiesing in April 1863 is Van Rensburg met ’n klein meerderheid oor Pretorius verkies. Terselfdertyd is Kruger as kommandant-generaal uit die klein aantal uitgebragte stemme aangewys. In Oktober is die uitslag deur nuwe verkiesings bevestig.

Tog was daar groot ontevredenheid aan die kant van die Pretorius-ondersteuners wat steeds die gevoel gehad het dat die gewese president verontreg was. Die stryd is nog voor die einde van 1863 hervat en hierdie keer het die aanleiding van ’n heeltemal ander kant gekom. Kommandant Jan Viljoen van Marico het sy burgers te wapen geroep ten einde te voorkom, soos ten onregte beweer is, dat Kruger met behulp van die regering sy kerk tot staatskerk verhef. Hy is egter nie gesteun deur die meeste lede van sy eie Hervormde Kerk nie.

Die onluste in die westelike Transvaal het voortgeduur. Gedurende Oktober en November 1863 is Kruger een maal selfs gedwing om tydelik oor die Vaalrivier uit te wyk. Die volksleër onder Viljoen het, tans in openlike rebellie teen die gesag van die staat, na Pretoria opgeruk. Teenoor hierdie leer het Paul Kruger as kommandant-generaal die staatsleer gemobiliseer.

In Januarie 1864 het die twee kommando’s ’n skerp maar kortstondige .geveg die Krokodilrivier gevoer. Verskeie burgers aan weerskante het gesneuwel en die volksleër is op die vlug gedryf. Dit was vir Kruger ’n harde saak om broederbloed te vergiet maar noodsaaklik as die enigste manier om die owerheidsgesag op ’n vaste grondslag plaas en ontsag af te dwing.

Kort ná die slag het Pretorius weer opgedaag en ’n bemiddelende kommissie met Kruger as voorsitter het byeengekom. Na ’n vergeefse beroep op die Vrystaatse en Natalse regerings om te help met die herstel van die vrede, is besluit tot nuwe verkiesings. In Mei 1864 is Pretorius met ’n aansienlike meerderheid herkies, as president en Kruger is byna eenparig in sy amp as kommandant- generaal bevestig. Dit was die einde van die burgeroorlog wat veel bitterheid gewek en Paul Kruger persoonlik tot hierdie beslissings gedwing het. Hy het daaruit te voorskyn getree as die vernaamste politieke leier, naas die Staatspresident, van die Suid-Afrikaanse Republiek. Sy reputasie as ’n leier was vir eens en altyd gevestig. Daarmee het ’n nuwe tydperk in die Transvaalse geskiedenis ingetree, en ook in Kruger se eie loopbaan.

Paul Kruger het vanaf 1864 ’n dubbele funksie vervul. In oorlogstyd was hy volgens die grondwet kommandant-generaal in bevel van die gewapende magte van die Republiek en in vredestyd administratiewe hoof van die departement van die weermag. Daarby was hy lid van die Uitvoerende Raad en as sodanig lid van die regering. Amptelik was hy steeds betrokke in die landspolitiek terwyl sy pligte as krygsman veel minder aandag vereis het; slegs af en toe in krisistyd. Gedurende die volgende tien jaar het sy aansien as krygsman selfs afgeneem totdat hy uiteindelik ’n nuwe een as staatsman verwerf het. Sy talente in daardie opsigte het eers betreklik laat tot ontplooiing gekom. Slegs die uiterste nasionale nood van die jare sewentig het die ou tradisionele vooroordele teen hom en die seksionele verskille in die land laat verdwyn. Maar dit sou nog jare duur voor dit sover gekom het.

Hy was nog geen veertig jaar oud nie toe hy vir die eerste keer medeseggenskap in die lotgevalle van sy volk in die Transvaal gekry het. Dit was ’n tyd van ekonomiese agterstand en daar was toenemende onrus onder die Bantoestamme wat die gesag van die Republiek nooit geheel en al aanvaar het nie.

Intussen het Paul Kruger ook baie huislike sorge gehad. Ook sy huisgeiin het malaria kry en daar was longsiekte onder die beeste en lankal het dit hom aan tyd en lus ontbreek om ’n bestaan uit die jag te maak. Om in die groeiende behoeftes te voorsien, het hy hom op grondspekulasie toegelê. Hy het plase gekoop en verkoop en enkeles behou terwyl hy sy erfplaas, Soutpansdrif, ontwikkel en daar ’n gerieflike huis laat bou het. Daar is hy trou bygestaan deur Gezina wat so dikwels in sy afwesigheid die kinders moes versorg. Die oudste seun was teen 1864 al weerbaar en in staat om sy deel van die plaaswerk te doen.

Dit was jare waarin die bevolking stadig gegroei het en waarin die Blanke sy gesag te midde van die groot swartbevolking verstewig het. Die swartes was verdeel in min of meer selfstandige stamme en was in die grensdistrikte woonagtig. Die groot militêre oorwinnings wat tydens die Groot Trek oor die ryke van Dingaan en Silkaats behaal is, het slegs vae herinneringe geword en die swarthoofde het geleidelik hulle vrees vir die Blankes oorwin. Deur gewetelose blanke smouse wat hulle van vuurwapens voorsien het, het hulle. begin saamstaan teen die blanke heerskappy.

Dit was Paul Kruger se taak om die volkstamme in bedwang te hou en opstande te onderdruk. Aan die Zoeloegrens was daar ’n voortdurende toestand van onrus en in 1865 moes Kruger hom daarheen haas om die grensbewoners in ’n staat van verweer te stel. Kort daama moes hy ’n kommando na die Vrystaat lei om daardie Republiek in die stryd teen die Basoeto’s by te staan en by sy terugkeer in Rustenburg het hy die hande vol gehad met persoonlike probleme. Sy perde is aan perdesiekte dood, 'n longsiekte het onder die beeste gewoed en sy skuldeisers het hom lastig geval.

Vroeg in 1866 het hy ’n ernstige ongeluk met ’n kar en vier muile gehad, onderweg van Potchefstroom na sy plaas, en sy been in die knie gebreek. Maande lank was hy as gevolg daarvan bedlêend en selfs lank daarna kon hy slegs met behulp van krukke oor die weg kom. Dit was vir ’n aktiewe man soos hy bitter moeilik om so lank tot onmag gedoem te wees, maar vanuit sy siekbed het hy die loop van gebeurtenisse waargeneem en die regering met een brief na die ander bestook.

Die belangrikste probleem van die oomblik was ’n wydverspreide opstand onder die swart stamme van Soutpansberg wat gedreig het om die Blankes aldaar geheel en al te verdryf. Dit was noodsaaklik om ’n kommando daarheen te stuur en in Maart 1866 het hy aangebied om die mag te vergesel al moet hy met ’n wa vervoer word. Daar was nou geen keer aan sy wilskrag nie. Sy vasberadenheid in teenspoed was ongekend op ’n tydstip toe die meeste mense geen geneentheid tot die nakoming van burgerlike pligte getoon het nie. In ’n jong Republiek het die nasate van die Voortrekkers wel familie-gevoel geopenbaar sowel as liefde tot die kerk, maar daar was weinig tekens van ’n nasionale bewussyn en gemeenskaplike trou tot die staat.

In hierdie omstandighede, veral waar die mense nie in die nabyheid van Bantoestamme gewoon het of aan gevaar blootgestel was nie, het die regering en die kommandant-generaal dit uiters moeilik gevind om ’n kommando op die been te bring en vir ’n lang tydperk in die veld te hou. Op stuk van sake was dit gewone boere wat wel krygspligtig was, maar geen soldate wat gedwing kon word nie.

’n Kommando wat in die winter van 1866 op die been gebring en na Soutpansberg gestuur is, het geen sukses behaal nie. Die winter daarop was Kruger in so ’n mate herstel dat hy persoonlik ’n nuwe kommando kon lei. Baie burgers het egter nie opgedaag nie en daar was ’n tekort aan ammunisie. Daarby was die swartes so goed verskans in die bergklowe dat Kruger se mag te swak was om hulle daaruit te kry. In Julie 1867 was hy verplig om die dorp Schoemansdal aan die voet van die Soutpansberg te ontruim. Dit was ’n smartlike besluit om hierdie voorpos van die blanke beskawing wat twintig jaar tevore deur Hendrik Potgieter gestig is, prys te gee, maar dit was in die omstandighede onvermydelik. Die blanke bewoners van die streek het saam met die kommando na die suide teruggetrek. Eers jare later is die distrik weer geleidelik beset. Hierdie gebeurtenis was die grootste terugslag wat Paul Kruger as kommandant-generaal ondervind het, sy enigste mislukking. Opstande in ander dele van die land kon hy egter onderdruk.

Die ontdekking van diamante in die gebied naby die samevloeiing van die Vaal- en die Grootrivier asook in suidwestelike Trans­vaal het ’n groot ommekeer in die lotgevalle van die Republiek gebring. Ook Kruger se eie loopbaan is indirek daardeur beïnvloed. Die geskil tussen die Republiek en die Britse regering oor die diamantvelde het pres. Pretorius so swak gehanteer dat hy verplig was om in November 1871 sy amp neer te lê. Die volk het gemeen dat die volgende president ’n geleerde man moet wees en daar is gesoek na ’n geskikte kandidaat buite die grense. Kruger se kanse het, veral weens die mislukking van die ekspedisie na Soutpans­berg, nie goed gestaan nie en daarby was hy ewe min as die vorige president ’n geleerde man. Baie van sy ou teenstanders het ook nie vergeet hoedat hy die burgeroorlog met geweld beëindig het nie.

Vir die presidentsverkiesing is genomineer ds. Thomas Francois Burgers van Hanover in die Kaapkolonie.

Burgers was as liberate predikant voorheen betrokke by die kerkstryd in die Kaapse Nederduitse Gereformeerde Kerk en lynreg die teenoorgestelde van die konserwatiewe Kruger wat van die begin af innerlik vreemd teenoor hom gestaan het. Gedurende die verkiesingstyd het hy alles in sy vermoë gedoen om te verhinder dat Burgers verkies word, maar dit het nie gebaat nie en op 1 Julie 1872 het die gewese predikant sy nuwe amp aanvaar. Sy dienstyd was van groot betekenis in die Transvaalse geskiedenis.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2112 gaste aanlyn