Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hoe lyk jou gesindheid en optrede binne die omgewing waarin jy leef en gesien word? Is jy ook een van dié wat hoor maar nie regtig luister nie, wat ervaar maar nie belééf nie, wat bestaan maar nie regtig lewe nie? Daar is 'n manier waarop jy hierdie saak kan regstel: in elke taak, optrede en handeling, vra eers vir jouself wat dink jy Jesus sou gedoen het soos toe Hy hier op aarde as mens was. As jy hiermee volhou sal jy intens bewus word van sy voortdurende nabyheid en leiding, en dit sal die begeerte van jou hart word om altyd die regte ding te doen en te sê.
WIE IS DIE SKULDIGES (5)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
REDE VIR HIERDIE WERK
EN MY LAASTE BESOEK AAN GENL DE WET
Die belangstellende in die historiese gebeurtenisse wat ek behandel, het die reg om te weet wat die oorsprong, en dus die waarde, is van die gegewens wat verwerk is in hierdie werk, ook wat die aanleiding is tot die skrywe hiervan.
Waarom het ek op ‘n Ieeftyd wat beskou word as ‘n tydperk van ouderdomsrus, die worsteling met die woord weer begin, ofskoon ek al dertig jaar gelede (in 1925) na ‘n diens van 'n kwarteeu die joernalistiek laat vaar het? Die antwoord is: my laaste besoek aan genl. De Wet - dit is die aanleiding.
‘n Hele tydjie voor die ou generaal uit sy jare van martelaarskap deur die dood verlos is, het ek heeltemal onverwags uitgekom op sy plaas Klipfontein, by Meadows, in die distrik De Wetsdorp. Ek was oppad van Kaapstad na Pretoria en het ‘n bietjie op die perron van Bloemfontein op en neer gestap terwyl die trein daar ‘n ruk stilgestaan het. Ek loop my vas teen een van die generaal se seuns, Piet, wat aangenaam verras was, nes ek.
Ek het nie die minste plan gehad om in die Vrystaat agter te bly nie, want dringende werk het my huistoe geroep, maar Piet het aanhoudend gepleit: ek moet tog saamgaan na De Wetsdorp, "...want as die Oubaas hoor dat jy hier was en nie na hom toe gekom het nie, sal daar groot moeilikheid wees,” verseker hy my. Hy het my oorgehaal, want ek was net so begerig om die ou generaal weer te ontmoet. Moontlik sou dit die Iaaste keer wees, want sy gesondheid het heeltemal ingegee.So is ons twee dan per motor na sy plaas, waar ons die namiddag ‘n bietjie Iaat aankom. Die rooibaksteenhuis van die generaal het ‘n toe stoep gehad. Toe ons die werf begin opry, sien ek hom die stoep met moeisame haas afklim. Die motor het nog nie heeltemal stilgestaan nie, toe Iê ons hande in mekaar. Die generaal het ‘n voorgevoel gehad van my koms. Hy sê: "Ek het geweet dis jy,” en profeties vervolg hy: "Dis ook die Iaaste keer wat ons mekaar sal sien.” Intussen loop sy swart oë vol trane.
Ons het die aand en ‘n groot deel van die nag in ernstige gesprekke saam deurgebring. Ons het altwee gevoel dat dit die Iaaste geleentheid sou wees om ons harte voor mekaar uit te stort; en voor ons gaan rus het, dikteer hy my die woorde wat ons altwee as sy politieke testament beskou het.
Dis wat hy my Iaat opskryf het:
"Ek voel my einde kom. Soos die Here wil. As ek die dag op my sterfbed lê en my verstand het, sou ek sê: Doen geregtigheid, maar bly Afrikaners. As ek tog maar my volk bymekaar kon bring, my Afrikanervolk! En almal wat in die siel by ons is, al is dit ‘n Engelsman. Dan sal ons die hand om sy nek sit, nes hy ‘n gebore Afrikaner sou wees."
Daar is nog iets uit die vir my gedenkwaardige besprekings van daardie nag wat ek moet vermeld, omdat dit die ontstaan van hierdie werk verklaar, en ek hoop regverdig. Dis ‘n opdrag van die ou generaal, sy Iaaste "order" aan my.
Oor die belangrike episode van 1914 -1915 was die publiek uiters swak, selfs totaal verkeerd ingelig: deur regeringspublikasies, deur regeringskoerante en deur "riemtelegramme”. Uit die aard van omstandighede is daar deur die Ieiers van regeringskant sowel as van die opstandelinge voortdurend die grootste geheimsinnigheid betrag. Die historiese waarheid is op skandelike wyse verkrag, alles ten koste van die rebelle wie se monde deur tronkdeure en krygswet-regulasies dig toegesluit was.
En daarom was dit die plan van genl. De Wet, bygestaan deur Carel Ruysh van Dugteren en my, om ‘n getroue verhaal van die geskiedenis saam te steI. Ruysch was as sekretaris van genl. Wessel Wessels noukeurig op hoogte van die gebeurtenisse in die oostelike Vrystaat. Sy groot bekwaamheid en onbaatsugtige waarheidsliefde sou van groot betekenis gewees het vir die voIksgeskiedenis. Maar die uitmoordende griepepidemie van 1918 het hom ontydig van ons af weggeruk. En die ou generaal se kragte was totaal en vir altyd uitgeput. Ek was die enigste van die drie wat beskikbaar gebly het, en nou was die opdrag, die Iaaste wat my deur sy mond gegee is, die volgende:
"Jy moet sorg dat die nageslag volgens die waarheid ingelig word oor die dinge wat ons saam deurleef het.”
Genl. De Wet se sorg vir die nageslag het hom tot die einde besig gehou.
Hy het die rus ingegaan. Ek rnoes my woelige Iewe verder voortsit. Maar ek het nooit sy finale "order" vergeet nie. In die loop van jare het my aantekeninge vermeerder en my blik op die gebeurtenisse verbreed. Nou eers kry ek die kans om in elk geval 'n deel van my tyd daaraan te wy.
Wat die stof betref wat vir verwerking voor my Iê, Iaat ek enkele besonderhede volg.
(1) Dis vernaamlik uit versamelde mededelings, waarmee ek al besig is van voor die Driejarige Oorlog af. Die Republikeinse Regering het persone genooi om geskiedkundige herinnerings te versamel, vernaamlik uit die mond van die enkele ou Voortrekker wat ‘n mens toe nog hier en daar gekry het. Ek het aan die uitnodiging gehoor gegee en die aldus versamelde rapporte het deur ‘n gelukkige verloop van omstandighede bewaar gebly. Dis egter maar ‘n paar. Vir ‘n dagboek was my Iewe te bedrywig en bowendien het ek gemeen dat my bestaantjie daarvoor nie belangrik genoeg was nie.
Van die Driejarige Oorlog besit ek nog enige aantekeninge en verder is daar allerhande geskrifte en boekies van my hand waarvan die meeste deur eie nalatigheid verwaarloos geraak het. Maar van 1914 af het ek, wat dit betref, sorgvuldiger geword en die kanse wat ek in die tyd van my gevangeneskap gevat het om historiese dokumente en veral gegewens te verkry, het ek nie veronagsaam nie. Ek gebruik opsetlike die woordjie "gevat" want hierdie werk was nie sonder moeite nie, en selfs enigsins gevaarlik. ‘n Kwart van my tronktyd was ek alleen opgesluit. Waarom ek daardie wrede onderskeiding moes ondergaan, word duideliker gemaak in een van die hoofstukke van hierdie werk. Maar driekwart van my tyd as die "gas van Syne Majesteit” was ek elke dag saam met my mede-offisiere van die Opstand in een of ander tronk se "yard” en ek het daardie tyd (omtrent veertien maande) nuttig gebruik om huIIe ondervindinge en verhale aan te teken. Dit het ek sorgvuldig gedoen deur die hoofde van dieselfde kommando saam te roep en hulle individuele mededelings te toets aan hul gemeenskaplike opinies, waar dit nodig was. Die helderheid waarmee ons Boere-offisiere ‘n situasie of ‘n gebeurtenis kon beskryf, selfs van oomblikke waarin menige ander persoon "sy kop sou verloor het”, maak hierdie tronkgegewens tot waardevolle materiaal.
Die gevaar wat ek geloop het, was dat die tronkbeamptes beslag sou Iê op my skryfwerk, veral omdat huIIe in die begin dringende instruksies van 'Pretoria' gehad het om elke snippertjie papier wat huIIe van my in hande kon kry, af te neem. Moontlik was dit omdat ek as sekretaris van genl. De Wet en hoof van sy Iyfwag, beskou was as iemand wat oor allerhande geheime beskik het wat vir ons vyand (Pretoria) nuttig sou kan wees. Een keer het dit amper gelei tot moord en doodslag in my sel, maar die gevolge was vir my nie so danig ernstig nie: Runderpes en Gomtrommel (dit was die tronkname van die tronkhoofde) het my van die afgesonderde opsluiting in die Johannesburgse Fort skielik getransporteer na die alleniger opsluiting van die Boksburgse gevangenis. Om die gevare van ontdekking vry te spring, moes ek my ‘n eie soort snelskrif aanleer en ons vrouens moes my dokumente uitsmokkel. Ek moet noem dat hulle, ook wat dit betref met prysenswaardige vindingrykheid en moed die klein Runderpessies ontduik het. Later het ek my snelskrif (wat ek alleen kon verstaan) uitgewerk.
(2) Na ek my tronktyd uitgedien het, is my belangstelling nog altyd gaande gehou deur verklarings en dokumente van ou kommandomaats, en dit het my versameling Iaat groei tot ‘n nog groter aantal. Ook van persone wat teen ons in die veld was, het ek waardevolle gegewens gekry, sodat ek sekere gebeurtenisse van twee kante kon bekyk.
(3) Regeringstukke, waarvan baie in blouboeke gepubliseer is, en ander wat nou berus in die geheime lêers van die betrokke departemente. In hierdie werk maak ek daarvan gebruik. Daar het gebeurtenisse plaasgevind waarvan ons geweet het maar nie kon bewys nie. Ek het nou probeer om daardie bewyse te Iewer, en in sekere gevalle het dit my geluk. Die blouboeke oor die rebellie is vir die oningewyde 'n gevaarlike soort Ieesstof, want die dokumente wat hulle publiseer, is meestal wel outentiek, maar die beskouings daaroor is baie dikwels vals, omdat die publikasie geskied het met ‘n vooropgesette doel, naamlik om die Regeringspolitiek te steun. Prof. Leo Fouchè het hom vir daardie doel Iaat gebruik en naderhand (ek se dit tot lof van hom) daaroor skaam gevoel, soos uit die volgende beëdigde verklaring blyk:
Erkenning van professor Leo Fouchè se verdraaiing oor sy verslag van die Rebellie van 1914.
Ondergetekende, Wilhelmus Petrus van Rheede van Oudtshoorn, verklaar hiermee dat ek gedurende 1922 tot 1924 student aan die destydse Transvaalse UniversiteitskoIIege (vandag die Universiteit van Pretoria) was, en dat een van my hoofvakke vir die B.A.-graad, Geskiedenis was en dat professor Leo Fouchè die betrokke dosent in Geskiedenis was.
By die bestudering van oorspronklike bronnemateriaal, in hierdie geval die bestudering van briewe, dagboeke en amptelike stukke van regeringsamptenare, wat betrekking het op die Groot Trek, moes ek en die ander derdejaar-studente in geskiedenis, die oorsake van die Groot Trek nagaan. Ons moes ‘n vergelyking tref tussen die amptelike weergawe van die oorsake van die Groot Trek, soos deur die destydse Kaapse Regering aangedui, en die oorsake soos aangedui deur die Trekkers en ander persone wat ontevrede was met die Britse bewind.
Met die kritiek en bespreking van die studente se opstelle en navorsingswerk oor hierdie aspek van die Groot Trek, het die vraagstuk ter sprake gekom van die verdraaiing van die geskiedkundige feite, nl., die weergawe soos aangedui deur die Kaapse Regering aan die Britse owerheid in Londen, en die feite soos weergegee deur die Trekkers in briewe en dagboeke. Met hierdie bespreking het die Blouboek ter sprake gekom wat deur professor Fouchè opgestel is oor die Rebellie van 1914 en wat destyds deur die Regering uitgegee is as 'n amptelike weergawe van die feite.
Toe professor Fouchè in die klas gevra is waarom hy die feite nie korrek weergegee het nie, het hy erken dat sy weergawe van die Rebellie ‘n blaam is op sy naam as historikus en dat hy nie alle historiese feite van die Rebellie weergegee het nie en dat hy slegs ‘n opdrag uitgevoer het.
Geteken te Pretoria kierdie sewende dag van Junie 1952.
(Get.) W. P. van R. van Oudtshoorn.
Die Deponent verklaar dat hy die inhoud van die verklaring hierbo gelees het en dit begryp.
Beëedig voor my,
(Get.) H. Hamersma, Kommissaris van Ede.
Prokureur Tvl.
(4) Vir die voorbereiding van hierdie werk het ek ook enkele boeke oor die behandelde tydperk geraadpleeg, soos die Iewendige en lewensgetroue 'Rebellie-Sketse' en 'VaaIrivier die Broederstroom' van S. P. E. Boskoff. Dan G. D. Scholtz se 'Generaal Christiaan Frederik Beyers' en 'Die Rebellie 1914-1915'. Ook die tipies Engelenburgiaanse Iewensbeskrywing van'GeneraaI Louis Botha', waarin wyle dr. F. V. Engelenburg met subtiele bekwaamjeid Iastige situasies probeer verdoesel. En daarby het ek 'n verrassing beleef deur 'n boek uitgegee onder die naam van genl. J. G. Kemp met die titel 'Die pad van die Veroweraar'. Wat my oë Iaat rek het, was dat daar in daardie boek sekere gedeeltes voorkom, wat ek dadelik as my eie nog onuitgegewe werk herken het. In die jare vanaf 1924 het ek naamlik enige hoofstukke persklaar gemaak, maar nie gepubliseer nie. Onder ander die heldetrek van die 600 van VIeeschkraal na Nakob en Manie Maritz op Van Rooisvlei. Dis gestuur aan ons vernaamste offisiere en dus ook aan genl. Kemp, om die inhoud so onfeilbaar moontlik te maak. Ek het daardie kopie nie van almal teruggekry nie, maar wel nou kort gelede die publikasie van gedeeltes daarvan in gemelde boek gelees. Dit word net meegedeel om te voorkom dat een of ander oplettende Ieser wat getref sal word deur sekere ooreenkomste, soos dit my getref het, verkeerde gevolgtrekkings sal maak. Moontlike beskuldigings van plagiaat kan nie aan my toegeskryf word nie!
In hierdie werk sal ek my versamelings van historiese materiaal glad nie almal kan gebruik nie. Baie moet in my kaste en in my geheue bewaar bly tot latere verwerking, as my die Iewe en kragte daarvoor gegee mag word. Nou het ek my daar vernaamlik op toegelê om sekere vrae van belang te ondersoek en te beantwoord, naamlik onder andere:
- Of die Opstand van 1914-—1915 betyds gekeer kon gewees het?
- Of broederbloed moontlik sonder oorsaak gestort is?
- Of die ellende wat oor duisende huisgesinne, veral oor moeders en kinders, gebring is, werklik nodeloos veroorsaak is?
- Of die bitterheid van burgeroorlog onder die volk, onder kommandomaats, onder eie broers dus vermy kon gewees het?
- Of die miljoene ponde aan skade, deur indiwidue en die staat gely, nie die verarmende resultaat was van ‘n moedswillige politieke bedryf van regeringskant nie?
- En of die toenmalige regering skuldig is aan ‘n gedragslyn wat minder Iaat dink aan die bestarende (ofskoon moontlik strawwe) hand van volksliewende Iandsvaders, as aan die behartiging van politieke belange?
Die antwoord op al die vrae gaan bevestigend wees. En die historiese gebeure, soos in die volgende bladsye vertolk, sal daaroor, meen ek, geen twyfel Iaat oorbly nie.
Vervolg...