NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Het u geweet? Die OT is oorspronklik in Hebreeus en die NT in Grieks geskryf.  Hierdie oorspronklike tekste bestaan nie meer nie.   Ná die verwoesting van Jerusalem (586vC) het die Bondsvolk in verstrooiing gegaan waarna die OT tekste op verskillende plekke gekopieer is; ’n moeisame proses omdat dit met die hand oorgeskryf is.

WIE IS DIE SKULDIGES (7)

Harm Oost

"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".

Lees reeks by Wie is die skuldiges

MANIE MARITZ

IN ons geskiedenis is daar, meen ek, geen kleurvoller persoonlikheid as Manie (Salomon Gerhardus) Maritz nie en dit sê heelwat want Suid-Afrika het ‘n ongewone aantal groot manne voortgebring. Hy was een van die Iang Iys Boerehelde wat in die drie-jarige oorlog van burger opgeklim het tot generaal, deur pure verdienstelikheid. Wessel Wessels, Wynand Malan, Jan Kemp, Jaap van Deventer, Edwin Conroy, Chris Muller, Coen Brits, Ben Viljoen, George Brand, Nussey, "Apie” Bezuidenhout (ek noem maar sommer net 'n klompie) is van sy klas Iaasgenoemde 'n rebel-generaal, wat saam met Kemp die seshonderd Transvalers deur die sandwêreld van die Kalahari gelei het en deur duisende troepe heen wat onder bevel van genl. Botha gestaan het, tot by Maritz.

Hy was dus nie van die grootste formaat nie en was altyd bereid om bevele te ontvang en uit te voer van groter manne as hy.

Hy is op Kimberley gebore en het hom nog as jong kind Barry Hertzog herinner, wat toe ‘n seuntjie van elf jaar was. As jongeIing was hy speurder op Johannesburg onder Jan C. Smuts, die prokureur-generaal van die Republiek, en in die Driejarige Oorlog het hy eers geveg saam met die Z.A.R.P. (Polisiekommando) wat onder Van Dam skitterende dade verrig het. By Paardeberg, van ongelukkige nagedagtenis, het hy Modderrivier deurgeswem om rapporte van genl. De Wet aan genl. Cronje oor te bring. Van toe af veg hy onder Kappie Theron, met Barend Gottfried Leopold (Barney) Enslin as Iuitenant. Daarna is hy een van genl. De Wet se spioene. By die Iaaste poging van De Wet om die ou Kolonie in te val het Manie en 25 ander onder Wynand Malan, Philippolis aangeval en is met hom oor die grenslyn na die suide, waar hulle ‘n ruk saam was met komdt. Scheepers. In die buurt van Aberdeen sluit twee manne van Calvinia by hulle aan, wat meedeel dat in daardie westelike Kaap 'n opstand bewerkstellig is deur "Koper” of "Oom Kopie” - dis komdt. Andries Kamfer. Maritz kry die opdrag om daarheen te gaan en daar te organiseer.

Ofskoon Maritz gegaan het met die idee dat hy nie as offisier wou optree nie, is hy deur sy skitterende oorlogsuksesse, sy bekwaamheid as Ieier en veral deur die sterk indruk wat sy persoon gemaak het, tot kommandant en daarna tot hoofkommandant gekies. Hy het deur sy oorlogsdade groot ontsag gewek by medestander en vyand. Sy dapperheid was oorweldigend maar nie roekeloos nie. Voor hy in ‘n geveg gegaan het, het hy eers die posisie van die vyand noukeurig ondersoek. Daarby het hy ‘n merkwaardige gawe gehad om uit die bewegings van Engelse kolonne hulle sterkte en hulle bedoelings te raai. Maar as hy dan na noukeurige voorbereiding sy mauserrewolwer trek en sy onweerstaanbare bevel kom: "platjae”, dan het geen een van sy burgers die moed gehad om Iafhartig te wees nie! Die klein bevolking van die noordwes Kaapkolonie, sowel as sy offisiere en ganse kommando, het hom bewonder, maar nie sonder vrees nie want hy was maar ‘n haastige kêrel. Die kinders het sy Iof besing; en nog na die oorlog het paartjies gedans op die musiek van Manie Maritz met sy swart moestas: Keer die kakies in die kringmuur vas.

Toe genl. Jan Smuts naderhand met die titel van assistent kommandant-generaal in Maritz se wêreld uitkom, was die kommandos glad nie tevrede nie. Wie was hy, dat hy as Manie se hoof sou kon optree?          Maar hy het hulle beweeg om te berus, en genl. Smuts het die takt gehad om hom dadelik as generaal aan te stel. Terwyl hy dit rapporteer aan genl. De la Rey, roem     hy welsprekend die groot verdienste van Manie Maritz. As hoof van die Boerekommando’s in die Kaapkolonie het genl. Smuts geen naam kon maak nie. Hy is meer as ’n las as ‘n leier beskou; en in gevegte was hy nie gelukkig nie, sodat sy offisiere maar probeer het om hom sover moontlik van die gevegsfronte weg te hou. Toe hy deur Kitchener geroep is vir onderhandeIings en na Vereeniging gaan, was die toestand van die kommando's gunstger as ooit en die vooruitsigte baie bemoedigend. Genl. Smuts het dit natuurlik goed geweet en Maritz het hom boonop voor sy vertrek na Vereeniging die versekering gegee dat hy die oorlog nog vir onbepaalde tyd kon voortsit en dat hy voldoende reserwes perde agterhou om die kommando’s te kan uitbrei. Soos bekend het genl. Smuts gedurende die besprekings met die vredesonderhandelings ‘n beeld gegee van die toestand in die ou Kolonie wat teenoorgesteld was aan die werklikheid, en toe hy terugkom met die berig dat die onafhanklikkeid prysgegee is en die Kaapse rebelle feitlik aan hul verskriklike lot oorgelaat moes word, het dit nog meer hartseer veroorsaak onder hulle as onder die burgers van die vroeëre repuklieke, hoe bitter Iaasgenoemdes ook gevoel het. Genl. De Wet is een van die Ieiers wat die optrede van genl Smuts by die vredesbesprekings nooit vergeet of vergewe het nie. Maar merkwaardig genoeg het baie van die offisiere van die kommando's in die Kolonie nie daardie skerp gevoel teen genl. Smuts gedeel nie. Manie Maritz en ander het gemeen dat hy seker maar so moes handel, omdat die toestand in die Vrystaat en die Transvaal hopeloos was vir die Boere.

Een van Maritz se sterk karaktertrekke het daarby ook weer uitgekom, naamlik sy onwrikbare getrouheid, ook sy onomkoopbaarheid soos die outoriteite van Duits Suidwes-Afrika uitgevind het, toe hulle met die rebellie in 1914 vir hom geld aangebied het. Daardie eienskap van getrouheid het hy in alles betoon, in sy openbare sowel as in sy private Iewe. Die vrou wat hy vir hom uitgesoek het, was nog jonk, ’n kind. Maar hy het vir haar beloof: "Jy sal eendag my vrou word." Hy het ook op kommando haar portret gereeld in sy baadjiesak gedra. Toe hy ná die Drie-jarige Oorlog gedurende sy omswerwinge groot indruk maak op damesharte (o.a. in Frankryk), sodat hy ‘n ryk huwelik sou kon gesluit het, bly hy getrou aan sy Emma. Hy het haar naderhand in die Kaap Iaat leer en daarna (in 1908) met haar getrou. Op 21 April 1955 is sy oorlede op die leeftyd van 64 jaar: Emma Maritz, gebore Nell.

Manie Maritz was in alles 'n man. Liggaamlik was hy soos 'n blok hardekool. Hy was omtrent 5 voet 10 duim, maar het kleiner gelyk omdat hy ’n vierkantige kêrel was. Sy volle gesig, gesond rooi, effentjies blas, was aantreklik, maar sy diep-donker oë kon blits. Sy gepunte skedel, soos 'n geknotte kegel, was altyd kaal geknip. Sy uniform sowel as sy gewone klere was netjies versorg. In niks was hy half nie, ook nie in sy anti-semitisme nie, wat verskerp is deur 'n droewige gebeurtenis in sy familie. Hy was mededeelsaam, openhartig, maar het ook geweet om te swyg. In 1914 toe genl. Smuts se planne vir die inval in Duitswes klaar gereël was, terwyl Maritz as stafoffisier die bevel oor die aktiewe burgermag in die noordwestelike Kaap uitgeoefen het, sê genl. Smuts na hulle op Pretoria middagete saam geëet het vir hom: "Ou bul, jy weet, jy’s net soos 'n naturellekaptein. n Mens weet nooit wanneer jy gaan aanval, in die dag of in die nag nie."

Sy offisiere uit die Driejarige Oorlog het ‘n onbeperkte geloof in kom gehad en behou, ook in later jare. Sy adjudant was "Joubertjie”, 'n Vrystatertjie van 15 jaar, wat in die oorlog deur sy dapperheid en intelligensie vir sy generaal van groot waarde was. Toe Maritz in 1914 Iuitenant-kolonel in die distrik Calvinia geword het, was een van sy eerste aanstellings dié van P. J. Joubert as kaptein-adjudant. "Joubertjie” het hy uit Duitswes Iaat kom, waar hy ná die Driejarige Oorlog gaan boer het. Dan was daar "oom Kopie” of "Koper” (oor sy rooi kleur), naamlik komdt. A. Kamfer; en Stoffel Schoeman, een van die heldhaftigste, ofskoon onaansienlike, offisiere uit die oorlogstyd. Hy was ook in Duitswes en het daar as opvolger van Andries de Wet die bevelvoerder geword van die sg. Vrykorps; dis 'n korps Afrikaners wat woonagtig was in die Duitse kolonie, sowat 'n honderd, en sommige was Duitse onderdane. Daar was ook nog Piet de Villiers (Piet Mof), 'n maat van Maritz tot na die Driejarige Oorlog; verder Ben Coetzee, dapper soos Manie, maar met geringe militêre begaafdheid.

Genl. Maritz het nooit wapen afgelê nie; nie in 1902 en ook nie in 1915 nie. Ná die onafhanklikheid verlore is, is hy saam met ander oud-stryders na Duitswes, waar hulle ‘n gulhartige ontvangs en baie hulp geniet het,  ‘n betoning van Duitse welwillendheid wat met Afrikaner-vriendskap beantwoord is. Uit Duitswes het hy ‘n swerftog aanvaar, eers na Europa, veral na Frankryk, en vandaar het hy saam met Deneys en Attie Reitz, onversoenlikes soos hy ‘n tyd in die Franse kolonie Madagaskar vertoef.

In die begin van 1904 kry ek hom op Maitland, naby Kaapstad, waar hy saam met andere ‘n klomp ingevoerde beeste en perde versamel het. Met die oorlog is die veestapel in die vroeëre Republieke en ‘n gedeelte van die ou Kolonie vernietig. Net kort daarna het hy ‘n kontrak gesluit met die Duitse konsul-generaal in Kaapstad, waarby hy teen ‘n maandelikse salaris onderneem om as hoof van die militêre transport op te tree gedurende die eerste inboorlingopstand in Duitswes. Honderde ander Afrikaners, onder wie baie bekende name uit die Boeretyd, het daar as sy ondergeskiktes gewerk. En gedurende die tweede opstand (dit was in 1906, tydens die 'Ferreira-raid') het hy ‘n groot kontrak met die outoriteite van die Duitse kolonie uitgevoer vir die transport van die nodige goedere tot op die Duitse grens. Nou sou daar ‘n rukkie kalmte kom, en hy trou met Emma. HuIIe boer op sy plaas in die Vrystaat (Ventersburg) maar nie lank nie, want genl. Smuts het hom teruggeroep in die polisiediens, nou nie as ‘n gewone speurder soos in 1899 nie, maar as kommandant van die Polisie, met Piet Retief as hoofkwartier. Ook daar het hy nie lank vertoef nie, want na die Verdedigingswet in 1912 van krag geword het neem Manie ‘n uitnodiging, weer van genl. Smuts, aan om op die krygskool by Bloemfontein opgelei te word as offisier. Met die titel van tydelike majoor verlaat hy daardie inrigting om op te tree as bevelvoerder van militêre distrik No. 12. Na ‘n tyd kry hy promosie tot It.-kolonel.

Hy was nou 'n jonge veertig jaar en in sy volle krag. Maar in werklikheid begin sy grootste moeilikhede in sy moeitevolle lewensbaan in hierdie tydperk (waarvan die dagbreek so rooskleurig was) want hy het binne ‘n kort tyd te staan gekom voor die keuse van militêre gehoorsaamheid of trou aan sy opvatting van vaderlandsliefde. Hy het 'n geestelike worsteling deurgemaak soos min mense voor of na om moes ondergaan.’n Man van minder liggaams- en geesteskrag sou beswyk het, maar hy  het  in sy eerlike, onbaatsugtige patriotisme nooit sy trotse kop gebuig vir wat hy beskou het as die aartsvyand van sy volk  nie, naamlik die Britse imperialisme.

Sy stryd het begin toe hy nog maar ‘n kort tydjie in sy hoofkwartier op Calvinia was. Die Verdediggingskantoor op Pretoria wou hom as stafoffisier ‘n Engelsprekendende kaptein gee "wat ondervinding het van die Drie-jaar oorlog’’, ’n  offisier van die imperiale leër. Maritz het beslis geweier om hom te aanvaar en het gewen.

Toe kom daar moeilikheid met die ouers van die seuns wat hy in oefenkampe bymekaar moes bring. Van die ouers was sommige sy ou burgers en van die seuns het as kinders hulle Iiedjies van lof gesing oor die man wat nou hul stafoffisier is. Die ouers is bang dat hierdie ongeoefende seuns teen die Duitsers in die veld gebring sal word -  die Duitsers wat nie hulle vyande is nie en wat as vegters ‘n gevreesde naam gehad het.

Maritz het met sy bewonderde deurtastendheid sy distrik met sy onbegrensde afmetings georganiseer. No. 12 het gelê van die Duitse grens af tot ver ten suide van Calvinia, en van Prieska af tot aan die Atlantiese Oseaan. Die spoor het nie verder geloop as tot Prieska in die noorde nie. Dis 160 myl van Upington af en dan is dit nog ‘n kleine 90 myl na Nakob op die Duitse grens. Na die weste tot by die seewater was daar net boerepaaie, en groot streke was vir die mens ontoeganklik. Die verbindings tussen die verskillende dele van die militêre distrik was uiters moeilik, want dis 'n sandwêreld waar die motorkar baie keer so steeks was dat voetslaan as die enigste redmiddel oorgebly het.

(Toe in die eerste dae van Augustus 1914 besluit is om Duitswes aan te val, is 'n haastige begin gemaak met die verlenging van die spoorlyn van Prieska tot Upington en verder na die weste. Die spoorweg het Upington reeds op 20 November van dieselfde jaar bereik . . . en op daardie datum Iê Maritz gewond onder ‘n boom voor die Duitse hospitaal te Jerusalem, noord van Schuitdrift.)

Maritz het verskillende vergaderings in sy distrik gehou om die oefenkampe agtermekaar te kry en ook om indien moontlik die ouers gerus te stel. Namate daar gerugte kom omtrent die Regering se planne, het veral die moeders meer beangs geword, en naderhand opstandig, maar hulle het onbeperkte vertroue in Maritz gehad. Hy het hulle beloof om die belange van die seuns te beskerm, want hulle is ongeoefend en sleg van wapens en ander benodigdhede voorsien. Hy het daarby die wens uitgespreek dat hulle hom nie sal dwing om die Iyn oor en Duitswes binne te trek nie. Toe naderhand die oefenkampe op Upington saamgetrek word en daar ‘n mobilisasiekamp vorm, het die spanning ernstige gevolge gehad.

Met die Duitsers was Maritz op vriendskaplike voet. Max Teinert wat as burger onder hom dapper geveg het en na die Drie-jarige Oorlog in die Duitse gebied ‘n belangrike posisie kom beklee het, was daar. En Voight, ‘n groot sakeman, was 'n groot vriend. Dan was daar Afrikaners, soos Andries en Piet de Wet, twee broers afkomstig van Carnarvon, wat ook in die oorlog aan die Republikeinse kant geveg het. En verskeie ander, soos Stoffel Schoeman, ’n uiters getroue kommandant van genl. Maritz uit die oorlogstyd.

Later het ook Fred. McDonald, later bekend onder sy skrywersnaam "Kalahari Mac”, sy getrouheid aan Maritz kom bewys deur sy dapperheid, meer as deur die betroubaarheid van sy woord, want hy het sy fantasie partykeer met sy rede Iaat weghardloop. En so was daar baie mense met ‘n interessante verlede. In Duitswes was daar in daardie tyd nog tussen 400 en 500 Afrikaanse huisgesinne woonagtig. As hulle met hulle volksgenote in die Unie gesels, wat natuurlik meermale gebeur het, was die onderwerp moontlik oor die onafhanklikheid wat verlore gegaan het en die hoop op die herwinning daarvan met hulp van die Duitsers.

Joubertjie, die vroeëre adjudant van Maritz het in Duitswes geboer. Saam met Piet de Wet en ander het hy meermale ernstig die groot onderwerp bespreek en hom verlustig in die hoop op ‘n toekomstige verlossing van die Engelse. Die Duitse outoriteite was natuurlik baie belangstellend, veral as Maritz op die voorgrond sou kon kom by 'n moontlike oorlog.

In 1913 het die Duitse Goewerneur (dr. Seitz) ‘n besoek gebring aan Kaapstad en spesiaal oor Prieska teruggereis met die verwagting om Maritz te kan spreek oor daardie kwessies. Maar die ontmoeting het nie plaasgevind nie. Piet de Wet het in die begin van dieselfde jaar (in April) oor die grens gekom met die doel om muile te koop in die Unie en tegelykertyd ook die groot onderwerp besprekings te hê met betroubare vriende. En ‘n bietjie later het Maritz vir Joubertjie Iaat kom na Kakamas, waar eersgenoemde hom meedeel wat hy die vorige jaar op die krygskool met genl. Charlie Nieuwoudt, Kemp en Ben Bouwer en ander oud-offisiere van die Boerekommando’s afgepraat het ingeval van ‘n Europese oorlog, soos toe al verwag is. Genl. Nieuwoudt is voor die eerste wêreldoorlog oorlede. Die doel van almal was die onafhanklikheid; maar Maritz het gevoel dat hy te veel van die Unie afgesluit was in distrik No. 12 om met sy ou makkers in aanraking te bly, en daarom sou Joubertjie hom beskikbaar moet hou om as tussenpersoon op te tree as die tyd daarvoor aangebreek het.

Die onafhanklikheidsbeweging is uit die aard van die saak heeltemal ondergronds gehou. Daar was geen sprake van gesamentlike aksie nie, maar daar was so ‘ n eenstemmigheid van gevoel dat dit feitlik oorbodig geag is.

Met die politiek het dit niks te doen gehad nie. Die noordwestelike Kaapprovinsie was S.A.P., nes die meeste ander dele van die ou Kolonie. Hertzogisme het daar feitlik nog nie deurgedring nie. Stadler, wat gedurende die komende rebellie die vernaamste offisier van Maritz geword het, was afkomstig van Kakamas en ’n voorman van die S.A. Party. Piet de Villiers, die gekose kommandant van Upington, het na die dood van die Volksraadslid van daardie afdeling met sukses voorgestel dat genl. Smuts gevra word om, tot die verkiesing van ‘n ander verteenwoordiger, die belange van noordwestelike Kaapland in die Volksraad te behartig. Partypolitiek en Volksonafhanklikheid was twee aparte dinge. ‘n Mens kon ‘n getroue Sap wees en tog gereed staan om enige oomblik weer vir die onafhanklikheid te veg. En die hulp van die Duitsers in Duitswes sou hiervoor nodig wees.

Maritz was in daardie tyd, ook ná die uitbreek van die wêreld- oorlog, nie in direkte aanraking met verantwoordelike persoonlikhede van die Duitse gebied gewees nie, ofskoon hy in een geval met 'n Duitse offisier ‘n telefoniese gesprek gehad het. Dit was op 23 Aug. 1914 by Schuitdrift en na aanleiding van die Liebenberg-gebeurtenis. Nege boere (meestal van die Liebenberg-famiIie) het teen die bevele van die militêre outoriteite uit Suidwes die Grootrivier probeer oortrek met hulle beeste. Dit was nie toegeIaat nie, omdat die Duitsers kort was van kos en daarom geen beeste oor die grens wou Iaat gaan nie. Die Liebenbergs het egter nie gehoorsaam nie en het hulle vee deur Grootrivier gestuur na die eiland in die rivier, wat Uniegebied was, want die grensIyn was die hoogwatermerk aan die noordekant. ‘n Paar Duitse polisiekonstabels het hul gewaarsku om nie deur te gaan nie, maar as antwoord skiet die Liebenbergs die Duitse sersant dood en wond ‘n konstabel, wat dieselfde nag nog oorlede is. Die Duitsers het nie teruggeskiet nie.

Toe Maritz saam met ou Joubertjie op Schuitdrift kom vir ondersoek, was hy baie verontwaardig en het in telefoniese verbinding met die Duitse offisier op Oekamas namens die Unie-regering ekskuus aangebied vir wat hy as moord beskou het. Hy het ‘n rapport aan die kommandant-generaal gestuur, maar dis nooit gepubliseer nie. (Genl. Beyers het in sy bedankbrief op 15 September na die geval verwys).

Wat die agterbakse Unieregering wel gedoen het, is dat hulle hierdie gebeurtenis publiek probeer voorstel het as ‘n inval van die Duitsers in Uniegebied, nes die "aanval” op Nakob, ruim ‘n week vroeër, op 12 Augustus, wat ewe vals voorgestel is om tog maar die indruk te skep dat die "vyand ons aangeval” het en dus beveg moet word. Die Unieregering het hard gesukkel om die krygsplanne in elk geval die skyn te gee van ‘n "verdedigingsoorIog” sodat hulle in terme van die Verdedigingswet van 1912 die burgers sou kan kommandeer. Maar hulle kon dit nie regkry nie.

Daar was nou twee oefenkampe: die grootste op Upington en die kleinere (oorwegend vrywlligers onder Stadler) op Kakamas, na die weste; altwee naby die Duitse grens. Die jong burgers het gekom van Calvinia, Clanwilliam, ‘n klompie van Kenhardt en Namakwaland. Op Upington was saamgetrek die jong Iede van die Aktiewe Burgermag, afkomstig van Prieska, Carnarvon, Victoria-Wes, Upington en ‘n deel van Kenhardt. Piet de Villiers (Piet Mof) was daar kommandant.

Vrywilligers was nie alleen op Kakamas nie, maar 'n vyftigtal ook op Upington. Altesaam 1,066, en verder was daar 61 persone vir departementele dienste en 204 naturelle in die kampe.

Vir hulle almal het die krisis vinnig ingedruk. Want op 21 Augustus 1914 het genl. Smuts al oor hulle besluit, saam met sy militêre adviseurs, genls. Duncan Makenzie en Lukin met kolonels Beves en Skinner en sir William Hoy (Algemene Bestuurder van die Spoorweë), met die oog op die spoorverlenging van Prieska af. Die besluit is "dat die volgende Magte sal optree teen Duits Suidwes-Afrika en bekend sal wees onder die letters wat agter hul name staan”:

Brigadeir Lukin se Kommando       Mag "A”.
Luit-kol. Maritz se Kommando      Mag  "B”.

Genl: Smuts was goed ingelig oor die feit dat die regering van Duitswes onder geen omstandigheid die Unie se grenslyn wou oorskry nie. Hierdie beleid is bevestig in 'n proklamasie wat op Windhoek uitgevaardig is en wat Duitse onderdane belet om op enige manier die Uniegebied te skend. Majoor Johannes (Johann Gottlieb Willem) Leipoldt, ‘n broer van Louis, wat majoor was in genl. Smuts se inligtingsdiens, het hom dit op 19 September 1914 gerapporteer. ‘n Paar bladsye verder word met hierdie maj. Leipoldl nader kennis gemaak.

Brigadier-generaal Duncan Mackenzie het twee kommando's gekry, naamlik magte "C” en "D .

Volgens hierdie besluit was die Maritz-kommando dus nie meer in oefenkampe nie, maar gemobiliseer vir oorlogsdoeleindes. Hierdie beslissing is ‘n hele ruk geheim gehou, want die Regering het naderhand op publieke vergaderings sowel as in pamflette orals aangekondig dat hulle net met vrywilligers sal intrek, maar hier is besluit tot kommandeer op ‘n groot skaal, al was dit onder die naam van mobiliseer.

Volgens die dokumente van die Hoofkwartier het genl. Smuts aan die stafhoofde verklaar dat hy reeds op 14 Augustus persoonIik bevel gegee het aan die bevelvoerder van Mag "B” (Maritz) om te mobiliseer ooreenkomstig die besluit van die 21ste. Volgens genl. Smuts sou Maritz dus toe al instruksies gekry het vir die inval. Ek het daardie verklarings aan Maritz voorgelê na hy teruggekeer het van sy omswerwinge en sy tronktyd agter die rug was (begin 1925), maar hy het die waareid daarvan beslis ontken. Wie moet ‘n mens glo? Dis bekend dat op daardie 14de Augustus 1914 op die vergadering wat genl. Botha met die kommandante en genl. Smuts met die kolonels gehad het, nie 'n woord van die Regeringsplanne gerep is nie. Verder verklaar Maritz op 17 September in 'n telegram aan die Hoof van die Staf: die enigste instruksie wat ek tot nog toe gekry het, is om oefenkampe te organiseer; en op 19 September weer aan genl. Smuts: dat hy ’n algemene kennisgewing ("cicular minute”) ontvang het waarin blyk dat hy die bevel moet voer oor Mag "B”.

Dis duidelik dat Maritz op 19 September nie offisieël geweet het dat hy die Duitsers moes aanval nie, maar op daardie datum kry hy bevel, namens die minister, genl. Smuts, dat hy " met die sterkste mag tot sy beskikking moet opruk” in samewerking met Lukin wat oor 2,500 man beskik.

Hierdie bevel word bevestig deur ‘n telegram van die Verdedigingskantoor, gedateer 23 September, wat wil weet of Maritz (wie se kommando in die Iaaste tyd beter van benodigdhede voorsien is) nou met 'n sterk mag kan opruk na Schuitdrift en van daar die Duitse gebied in na Oekamas. Hy (die minister) meen, dat dit dan moontlik is vir Maritz om met Lukin saam te werk "in march to war”. Maritz moet opruk in die stryd om die verowering van die Duitse gebied.

Dit het hom voor die moeilikste keuse in sy Iewe geplaas.

’n Ander juistheid van hierdie telegrafiese Iesing (waarskynlik die bevel van Smuts aan Maritz is volgens my dokument: "in march to Warmbad.” — Dis die plek in die suidelike deel van Duitswes, waar Lukin se mag drie dae later deur die Duitsers vernietig is.

In dieselfde telegrafiese bevel tot aanval deur genl. Smuts op 19 September aan Maritz gestuur, word hom ook meegedeel dat "Majoor Barney Enslin na jou toe gestuur word om jou te assisteer.”

Barney Enslin was n "vertrouensman” van die Regering, veral van genl. Botha. Toe hy kom, sê Maritz openlik vir hom: ,"Jy is net 'n spioen.” Dit was vir Maritz duidelik dat die Regering van alles op hoogte was nie alleen omtrent sy sieninge nie, maar ook omtrent sy planne, naamlik om nie aan die inval in Duitswes deel te neem nie, maar Iiewers te veg vir die onafhanklikheid. Die Regering het goed geweet wat aangaan, deur spioene en deur witvoetjiesoekers. Onder andere ook deur Boerekommandant Jacobus J. Smith van Duitswes, wat na die Unie gekom het om die "saak” (van onafhanklikheid) te bevorder en in sy geesdrif totaal sy mond verby gepraat het. Hy het in die tronk beland.

Op 21 September antwoord Maritz aan genl. Smuts dat dit vir hom onmoontlik is om met die ongeoefende en sleg toegeruste seuns die bevel uit te voer en as sake nie in sy hande gelaat word nie, "sien ek geen kans om die werk verder uit te voer nie.”

Daardie selfde datum verskyn die wydverspreide kennisgewing van die Regering, waarin hulle verklaar dat hulle van plan is om die oorlog net met vrywilligers te voer; maar die magte wat reeds in die veld is, word spesiaal daarvan uitgesluit. En die volgende dag gee genl. Smuts bevel aan Maritz dat hy nie alleen verdedigend moet optree nie, maar "to repel and drive back all raiding parties and inflict severe punishment on them.”

En eindelik op 23 September kom die bevel dat Maritz moet opruk in die rigting van Oekamas (Duitswes) in samewerking met Lukin se opmars na Warmbad.

Genl. Smuts het Maritz nou gedryf tot die punt waar hy hom wou gehad het -  tot duidelike diensweiering.

Die Departement van Verdediging was toe nog heeltemal eentalig: net Engels. Maar Maritz het omtrent uitsluitend Hollands gebruik, soms taamlike kruppel Hollands. Sy antwoord aan genl. Smuts Iui:

CII 11/43. Sept. 25 R. Telegram G 60/31/9199. Van Defence Staf. Het schijnt mij belachlik om te zeggen, dat ik met een groot macht naar Schuitdrift moet trekken daar u weet, dat ik niet eerst alle benodigdheden heb, burgers in kamp uit te rusten. Het is onmogelik klompie burgers wie ik hier heb te verdelen. Grootste gedeelte van hen door uitstel van kampen 1913 hebben nog geen musketry kursus of enkel schot gevuurd. Het is dus ten eerste geheel uit de kwestie te denken met die kinders tegen Duitsers op te trekken. Daar volgens geruchte te Ukamas alleen over 3000 Duitsers zijn goed bereden en gewapend met grof geschut en ik niet eerst een kanon heb. Heb slechts drie machine kanonnen gekregen onder twee Engelse Iuitnanties die mij schijnt schaars hun broek te kunnen vast maken met die klompie kinders onder hen. Zoals u reeds gezegd toen ik Iaatst in Pretoria was waarschuwde dat publiek zoude weigeren over grenzen te gaan D.Z.W.A. in te trekken of indien de Duitsers de Unie intrekken door oorzaak van de regering zij ook zouden weigeren. AI mijn officieren van de Aktieve Burgermacht zoweI als van de Verdedigings Scheitverenigingen hebben eenparig besloten te bedanken zodra ik hen order geef over te trekke. Ik werd gezegd door Generaal Botha en Uzelven, dat dit zou gedaan worden door vrijwilligers, die ook te verstaan is uit Uw circulaire telegram No. 11/83 Sept. 21. Die verzekering kan ik U ook geven dat indien de Duitsers intrekken door oorzaak van de regering en de vrijwilligers ken niet kan terug slagen publiek eenparig zullen weigeren een schot te schieten. De beste die ik aan de Regering onder omstandigheden kan aanraden is om hunne zaken rijpelik te overwegen in het stap D.Z.W.A. te nemen. Ik zal mijn best doen U te ondersteunen aan deze zijde van de grens doch ik kan mijn macht niet verdelen maar zal dadelik optrekken zoveel als behoorlik uitgerust in de richting van Ukamas voor beschermings doeleinde. Ik moet U er nogmaals op wijzen dat officier en publiek nog altoos onder die indruk waren dat dit slechts een vredesoefening-kamp was. Verder moet ik daarop wijs dat mijn positie zeer moeilik is indien er verdere plannen bestaan dat ik D.Z.W.A. onder die toestand moet aanvalle zou ik zien dat mijn bedanking worden aangenomen. ”

Wat was die dadelike stappe wat genl. Smuts op hierdie berig neem? Die tweekeer gevraagde ontslag van Maritz aanvaar en op die manier die vuur gou-gou doodslaan? Dit kon nie verwag word dat Maritz se advies aanvaar sou word nie, naamlik om die beleid betreffende die inval in Duitswes nog 'n skoot "rypelik te oorweeg” nie.  Daarvoor was die Regering te vasgebind aan die imperiale veroweringspolitiek. En wat die ontslag betref: Beyers het hulle tot nog toe ontglip deur sy bedanking in te stuur en uit te stap. Maritz sou die kans nie kry nie. En genl. Smuts telegrafeer hom: "Ek verlang om u dadelik op Pretoria te sien. Dra jou bevel oor aan Enslin. ”

Ondertussen gee hy instruksies aan die polisie om Maritz op sy reis "sorgvuIdig dop te hou”, vandat hy in die trein op Prieska klim "en al sy bewegings aan Pretoria te rapporteer. Krygswet sal afgekondig word onmiddellik na Maritz vertrek het.

Die magistraatsdistrikte Port NoIIoth, Namakwaland, Kenhardt, Gordonia -  dus in die militêre gebied van Maritz -  is deur genl. Smuts reeds op 29 September onder krygswet geplaas, sterk teen die advies van Maritz. Die proklamasie wat dit bevestig, verskyn in die Staatskoerant van 6 Oktober 1914. Genl. Smuts kan in sy telegram hierbo aangehaal alleen die algemene krygswet bedoel het, dit wil sê dat daar geen wet meer sou bestaan nie, behalwe die wet van die wil van die militêre, van wie genl. Smuts die hoof is.

Maar Maritz was nie verniet ‘n speurder en kommandant van polisie gewees nie. Hy antwoord kort: "Kan nie oorkom (Pretoria toe) nie en (my bevel) ook nie oorhandig nie."

Toe stuur genl. Smuts Engels-IojaIe troepe met alle haas; genl. Coen Brits wat blinde gehoorsaamheid getoon het aan genls. Botha en Smuts; komdt. Ben Bouwer, een van genl. Smuts se staf in die ou Kolonie gedurende die Driejarige Oorlog; verder kol. Wylie met duisend Engelse troepe. Aan Brits sowel as aan Wylie gee hy geheime instruksies om Maritz te arresteer, maar hulle moet die nodige versigtigheid betrag  want hy het geweet dat Maritz hom ,"nie met koue hande sal Iaat vat nie,” soos Manie se geliefkoosde uitdrukking altyd was!

Maar ondertussen het daar openbaarheid gekom, veral ten gevolge van die beslissing van die parlement op 14 September en vriende uit Duitswes het herhaaldelik vir Maritz kom besoek, vernaamlik Piet de Wet. Die doel was (volgens ‘n verklaring van hom en sy broer Andries) dat die Boerebevolking van Suid- Afrika hom nou sal probeer bevry "van de zoo Iang ongewilde Engelsche heerschappy. En dat terecht, want de door ons voorouders zoo Iang verwachte tyd is daarvoor aangebroken.”

Op 10 September het hul ‘n vergadering gehou te Windhoek, waar besluit is om 'n "Vrykorps” te stig van Boere in Duitswes. Omtrent 100 man het by daardie korps aangesluit, en Andries de Wet was die eerste kommandant.

Aan Maritz is volop Duitse wapens en ammunisie toegesê, en ofskoon dit alles volkome gestryk het met sy begeerte om vir die onafhanklikheid te veg, was hy nie bereid om offisiële ooreenkomste met die Duitse maghebbers aan te gaan nie. Daarvoor moes daar 'n groter man kom: Maritz was by sy imposante voorkoms tog werklik ’n nederige man. Een van die groot Ieiers: Beyers of Hertzog of De Wet; en in die eerste plek het hy aan eersgenoemde gedink. Hy het geweet dat genl. Beyers net so geesdriftig vir volksvryheid voel soos hyself. Hy het Joubertjie ‘n paar keer na Pretoria gestuur om met genl. Beyers te praat, nadat hy op 14 Augustus persoonlik ‘n gesprek met hom gehad het. Genl. Beyers was die man wat na die Duitse grens moes kom en die Duitse outoriteite ontmoet. En dit sou op 15 September moes wees. Maar op daardie datum bedank genl. Beyers as kommandantgeneraal, en Maritz se afgesante, Joubertjie, Ben Nel en mev. Maritz kom almal met berigte van genl. Beyers en ander Ieiers: moenie; moet in elk geval nie nou nie. Genl. Chris Muller het hom in 'n telegram met bedekte woorde dieselfde advies gegee.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2385 gaste aanlyn