Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons mag soos Dawid bid: "Red my van my vyande HERE! ...En vernietig my vyande in u goedertierenheid, en bring hulle almal om... Slinger bliksem en verstrooi hulle; stuur u pyle uit en verwar hulle!... Die HERE bewaar almal wat Hom liefhet, maar Hy verdelg al die goddelose." Ps 143,144,145.
WIE IS DIE SKULDIGES (11)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
DIE GEWELDDADIGE DOOD VAN GENL. DE LA REY -
’N VERBORGENHEID? (1)
" Soos daar vandag nog in die politiek van hierdie sataniese strategie gebruik gemaak word naamlik om persone te diskrediteer deur aan hulle toe te dig 'n toestand van psigiese en emosionele onstabiliteit, so is dit deur Botha, sogenaamde boesemvriend van De la Rey, en Smuts gebruik om genl De la Rey te probeer diskrediteer – en dit ná die moord op hom. Daardeur het hulle hul afskuwelike daad probeer regverdig. "
Die gewelddadige dood van genl. Koos de la Rey het plaasgevind op die aand van 15 September 1914. Die Iaaste tyd van die lewe van hierdie groot man en onbaatsugtige patriot was baie swaar. Hy het ‘n moeiliker stryd gestry aan die einde van sy lewe as gedurende die moeilike tydperk van sy militêre Ieierskap. Nie met uitsondering nie: omtrent al die leiers van die Afrikanervolk het dit moes deurgaan, naamlik dat drukkende dae van bittere smartgevoel hulle Iewenseinde vergal het. Vanaf Piet Retief tot Jan Smuts. Hulle is verraderlik op barbaarse manier vermoor (Retief; hulle het die smarte van broedertwis moes Iy (Potgieter en Pretorius); het hulle Iaaste jare in droefheid van teleurstelling moes slyt (Burgers); het as banneling in ‘n vreemde wereld moes sterf (Kruger); is deur hulle Iandgenote in die dood gedryf (Beyers); is met ongeneeslike krankheid geslaan in en deur die diens van hulle volk (Steyn) ; het van verdriet oor hul mislukte beleid gesterf (Tielman Roos); is deur die marteling van tronkmishandeling gebreek (Christiaan de Wet); is verguis deur diegenes aan wie se welsyn hulle ganse, ryke Iewe gewy was (Hertzog). En die lys is nie kompleet nie.
Wat kan die oorsaak of oorsake wees? Die vernaamste is ongetwyfeld die kriewelrigheid en ongedurigheid van 'n jong volk wat aan die groeipyne van nasiewording onderhewig is; wat haastig streef na rypheid en (in genl. Botha se woorde) "die vrag wil ryp druk”; wat ongeduldig en naderhand selfs vyandig die ou Ieier eenkant toe wil skuif omdat hy in hulle pad te staan kom. By ander volke is dieselfde in hulle jeugtyd waargeneem.
Wie van ons grotes het ,"’n rustige oudag” kon geniet? Genl. De la Rey sekerlik nie. Sy sielestryd was ‘n botsing van sy jare-Iange en diep gevoelde vriendskap vir genl. Botha en sy onversetlike patriotisme, wat net een begeerte geken het, naamlik om die wrede onreg wat in die jare 1899-1902 gepleeg is, te herstel deur herwinning van die geroofde onaflianklikhid van die Britse Ryk.
Daardie smeulende begeerte het tot hartstog opgevlam op die berig wat genl. Botha hom in die begin van Augustus 1914 gegee het, naamlik dat van Suid-Afrika verwag sou word om Duitswes te verower vir dieselfde empaaier wat die republieke vernietig het. Genl. De la Rey, wat die harteklop van die volk altyd duidelik aangevoel het, vrees burgeroorlog. Die intieme vriendskap tussen die twee generaals dateer uit die republikeinse tyd, toe altwee Iede was van die Volksraad, albei behoort het aan die Joubert-groep en saam gestem het teen die oorIogsverklaring van 11 Oktober 1899.
Genl. Botha se middelpunt van invloed was die hoëveld, en genl. De la Rey was die onbestrede "koning van die weste" wat ook in die oorlog gebly het.
En weer op Vereeniging was die twee eenstemmig. Toe genls. Botha en Smuts die Ieiding gegee het tot beëindiging van die oorlog, het genl. De la Rey hulle gesteun, hoe swaar hom dit ook geval het.
Saam het genls. Botha en De la Rey vir genl. De Wet oortuig van die noodsaaklikheid om toe te gee aan die onverbiddelike eise van Milner en Kitchener. Dit was op die môre van 31 Mei 1902, enkele ure voor die 60 afgevaardigdes van die kommando’s die bitterste taak van hulle Iewe moes vervul, naamlik om die verlies van die onafhanklikheid met hulle handtekening te erken. Genl. De Wet het die dubbele verantwoordelikheid gedra van militêre hoof van die Vrystaat. Hy het hom tot die môre van die noodlottige dag verset teen die oorgawe. Maar toe genls. Botha en De la Rey hom weer alles voorgelê het, verklaar hy: "Ons het saam geveg en gely; ons sal ook saam val”. Daardie beslissing het hy waarskynlik geneem (sekerheid bestaan daar nie, want ek het dit nooit met hom bepraat nie) nadat die "stille verbond of plegtige ooreenkoms” tussen die drie grootste leiers van die Boere aangegaan is, op voorstel van genl. Botha, naamlik "om die eerste kans te vat wat daar kom, om ons onaflhanklikheid terug te neem " soos in die hier later volgende verklaring van senator Serfontein duidelik gemaak word, en wat ooreenstem met die versekering wat genl. Botha ook op Vereeniging aan genl. Wessels, komdt. Danie Fouchèen ander gegee het naamlik: "Daar sal een dag aanbreek, dat daar ‘n Europese oorlog kom, en dan staan ons op en gryp weer na die wapen vir ons onafhanklikheid.”
Genl. De la Rey het die herwinning van die onafhanklikheid altyd as die "einddoeI” bly beskou, en het dit ongetwyfeld in gedagte gehad toe hy op die Party-kongres (hy was 'n hoofkomiteelid van "Het Volk”) in 1909 in ‘n toespraak sy hoorders gemaan het om die "reguit pad daarheen te hou . . . En as ons die einddoel nie mag bereik nie, Iaat ons dan die satisfaksie hê, dat ons op die reguit pad soontoe dood is.”
Hierdie profetiese woord het reeds vyf jaar later vir hom in vervulling gegaan.
Die vernaamste vereiste vir die toekoms was volkseenheid en toe genl. Hertzog teen die einde van 1912 uit die kabinet geskuif is, het genl. De la Rey daaroor diep bekommerd gevoel en aan genl. Botha getelegrafeer: "Dis ‘n slegte ding wat jy gedoen het, jy moet self die verantwoordelikheid dra.” Maar hy was nie ‘n 'Hertzogman’ nie. Hy het ‘n getroue 'Botha-man' gebly en sy ekskuus vir 'Lewies' (Botha) was: Hy is ook ’n mens en kan ’n fout maak. Tot aan die oorlogsverklaring aan Duitsland in 1914 het sy houding teenoor genl. Hertzog vriendskaplik gebly, maar oor politiek het hulle nooit meer saamgepraat nie.
Die eerste wêreldoorlog is deur elkeen verwag en deur Oom Niklaas duidelik gesien. Die profeet het van sy plaas in Wolmaransstad af vir genl. De la Rey noukeurig op hoogte gehou, waarby 'n gesamentlike vertroueling, kapt. C. P. Nieuwenhuizen, meermale as boodskapper gedien het. Soms het hulle mekaar selfs persoonlik besoek. En so seker was die generaal van die naderende kanse vir die herwinning van die onafhanklikheid dat hy reeds in Junie 1914 vir Piet Grobler gevra het: "Groot dinge sal gebeur. As jy geroep word; sal jy kom?"
Die nuus van die profeet was glad nie altyd gunstig nie. Onder andere het Nieuwenhuizen ’n hele tyd voor die begin van die moeilikhede die berig gebring dat "Oom Niklaas oor Treurfontein (nou Coligny) ’n swart wolk sien hang”, en toe genl. De la Rey van die boodskapper verdere uitleg vra, was die antwoord: "Ek weet nie. Dis donker."
Die volgende nag het genl. De la Rey in onrus deurgebring.
In die vroeë môre staan hy voor die bed van Nieuwenhuizen (wat in sy huis geslaap bet) en vra: "My seun, slaap jy?” En nadat Nieuwenhuizen kom verseker het van die teenoorgestelde, sê genl. De la Rey: "Ek het God gebid dat ek my bloed sal gee om my volk te red. ’
Mevrou De la Rey bevestig hierdie gemoedsgesteldheid van haar man, wat meermale aan besoekers dit as sy bereidwilligheid geopenbaar het om sy Iewe te gee as daarmee die Iewe van sy volk behou kon word.
By dit alles het hy met getroue verwagting op sy boesemvriend genl. Botha gereken, want ook hy was onbekend met die geheime ondernemings van Botha teenoor die Britse Ryk en het (soos duisende ander Afrikaners) gereken dat "Lewies sy Iyf maar net Engelsman hou” vir politieke doeleindes, maar dat sy hart nooit "kakie” sou kan word nie.
Die nuwe ontnugtering het gekom slegs enkele dae na die oorIogsverklaring (4 Augustus 1914). Genl. De la Rey het gemeen dat daar dadelik opgetree moes word, en omdat die Siener duidelik die syfer 15 waargeneem het, was 15 Augustus deur hom gekies as die datum waarop die volk uiting sou moes gee aan sy ontembare begeerte na die so lank afgebede vryheid. Op daardie dag sou hy aan die hoof van sy getroues optrek na Pretoria. Langs die ver pad sou ander burgers by hulle duisende aansluit en ‘n groot volksvergadering sou in die hoofstad plaasvind, ‘n tweede Paardekraal. En daar, op Pretoria, sou afgevaardigdes van die kommando genl. Botha gaan haal. Op hulle skouers sou die beminde kommandantgeneraal aan die hoof van sy ou staatmakers verhef word tot hulle staatshoof. Die volk sou weer vry en gelukkig wees. Aan homself het genl. De la Rey nooit gedink nie. Moontlike weerstand het hy nie verontagsaam nie, en hy het sy burgers Iaat weet "dat hulle pyp en vuurhoutjies moet saambring". HuIIe sou enige teenstand met die rook van hul roers wegblaas. 'n Coup d’Etat was die plan. Maar van die staatsgreep het niks gekom nie. Verskeie vriende het die generaal hierdie optrede afgeraai. HuIIe beskou dit ontydig. Maar die deurslag het gekom van die Regering se kant. Pretoria was noukeurig op hoogte van alles. Op 7 Augustus al het genl. Smuts ‘n gesprek gevoer met president Steyn oor wat "die sogenaamde Siener aan genl. De la Rey voorspel het.” 'n Paar dae later kom daar 'n dringende uitnodiging van genl. Botha, sy sogenaamde vriend: Oom Koos (De La Rey) moet tog dadelik Pretoria toe kom. Hy het gegaan, veral omdat genl. Beyers hom ook genooi het. Mevrou Krige is met hom saam gestuur deur haar man. Sy was sy oudste dogter en haar man 'n sterk voorstander van die empaaier-politiek. Sy moes haar pa "oppas”. Op 12 Augustus kom hulle in Pretoria aan en die hele volgende nag het genl. De Ia Rey deurgebring in gesprekke met genls. Botha en Smuts, oud-visepresident Schalk Burger en adv. Niklaas J. de Wet, die minister van Justisie. Alles het streng vertroulik geskied, maar op vergaderings het genls. Botha en Smuts later verseker dat "hul vriend nooit planne vir 'n rebellie gehad het nie”. ’n Paar jaar later (in 1916) het die verraderlike genl. Botha voor die Regterlike Kommissie van ondersoek verklaar: genl. De Ia Rey "haf de indruk dat hy op een of andere wyze verkeerd gegaan was, niet geheel by zyn positieven, doch in ‘n soort geestelike of verstandelike dwaling verkeerde." Dergelike uitlatings is ook uitgespreek omtrent ander Ieiers, soos genl. De Wet en pres. Steyn, met die kennelike doel om by die publiek afkeer teen hulle te verwek vir politieke doeleindes.
Van genl. De Ia Rey se huisgenote het skrywer verneem dat hy in die nagtelike gesprek geëis het: die Regering moet hom nie meng in sake van Engeland se oorlog nie; dat vrywilligers daarvoor gegee kan word, maar dat die Unie-offisiere nie mag deelneem nie. En as die volk gekommandeer word vir die inval in Duitswes, sal hy nie stilsit nie. "Ek sal my volk nie verkeerd lei nie", so het hy die Regering verseker, "maar my planne uitvoer”.
Mevrou De Ia Rey voeg daarby: "Genl. Botha het by dié geleentheid gesê: 'Ek het die eed aan die Britse Regering afgelê,' waarop genl. De la Rey dadelik antwoord: 'En ek het die eed aan die Unie van Suid-Afrika afgelê. ' ” Sy verseker dat haar man in daardie tyd van groot spanning ‘n "helder deursig” getoon het en al die gevreesde dinge vooruit gesien het, sodat hy haar aangemoedig het om, net soos hy, hulle tyd "biddende deur te bring.”
Soos daar vandag nog in die politiek van hierdie sataniese strategie gebruik gemaak word naamlik om persone te diskrediteer deur aan hulle toe te dig 'n toestand van psigiese en emosionele onstabiliteit, so is dit deur Botha, sogenaamde boesemvriend van De la Rey, en Smuts gebruik om genl De la Rey te probeer diskrediteer – en dit ná die moord op hom. Daardeur het hulle hul afskuwelike daad probeer regverdig.
Vervolg...