Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons wat sê ons is kinders van die Here en leef in goeie verhouding met Hom, kan ons werklik sê ons leef met volkome vertroue in Hom – of leef ons eerder met wantroue in Hom? Hierdie is 'n fyn skeidslyn maar as ons onthou dat Hy die getroue Een is, sal ons minder sukkel om onsself volkome aan Hom oor te gee.
WIE IS DIE SKULDIGES (12)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
DIE GEWELDDADIGE DOOD VAN GENL. DE LA REY —
’N VERBORGENHEID? (2)
" De la Rey se woorde was: 'Hoe sal genls. Botha en Smuts voor God kan verskyn as hulle die kinders gaan offer wat in die moordkampe deur hulle moeders afgebid is?' Dit was die vraag sonder 'n antwoord, wat genl. De Ia Rey gevra het."
Genl. De la Rey het op sy besoek aan Pretoria ook vir genl. Beyers ontmoet en Manie Maritz by die stasie net ‘n handdruk kon gee. Genl. Beyers het hom gevra om te kom, veral na aanIeiding van ‘n brief van genl. De Ia Rey se swaer, mnr. Greeff. Hierdie brief het naderhand in besit geraak van mevrou Beyers; die inhoud was 'n versoek aan haar man om "Oubaas Koos na Pretoria te roep en te probeer om hom 'tot bedaring te bring, want hy wou verkeerde dinge doen'. Sy skriftelike versoek het genl. Beyers Iaat volg deur ‘n dringende telegram, waarin hy genl. De Ia Rey aanraai om die Treurfontein-vergadering nie te Iaat deurgaan nie. En by hulle ontmoeting op Pretoria het genl. Beyers sy hooggeëerde besoeker meegedeel dat daar volgens gerugte ‘n plan bestaan by die Regering om genl. De Ia Rey te Iaat arresteer.
Hierdie vriendskaplike bespreking is in die Blouboek oor die rebellie, saamgestel deur prof. Fouchè in opdrag van die Regering, uitgelê as ’n bewys dat genl. Beyers ‘n "sameswering" op tou gesit het, waar hy ook genl. De Ia Rey wou insleep. Maar Iaasgenoemde het toe al geweet van die planne om hom te Iaat vang. Die minister van Justisie het al gedreig: "Oom Koos jy moet jou gedra: ons sal die wet op jou toepas.” En: "Verraad sal die kop ingedruk word."
Dié minister was adv. Niklaas J. de Wet, ‘n seun van genl. De Wet se neef. Adv. De Wet was ná die oorgawe van Pretoria tot die beslissing op Vereeniging die sekretaris-te-velde van genl. Botha en het saam met sy twee assistente, Jonkheer Reyneke van Stuwe, en H. S. Oosterhagen ("Morester” genoem deur die staf van die kommandant-generaal om sy rossige baard) baie goeie administratiewe werk gedoen. Ná die oorlog het adv. De Wet die regskundige adviseur van genl. Botha gebly en sterk onder dié se invloed gekom. Nou is hy tot minister van Justisie bevorder en het as sodanig ‘n hardheid getoon teen sy anti-regeringsgesinde volksgenote, wat ‘n droewige oorskaduwing was van sy vorige gesindheid en oorlogsgetrouheid. Ook sy beroemde grootoom het later bittere ondervinding van daardie meëdoenloosheid gehad toe hy as sy gevangene mishandel is.
Genl. De Ia Rey het die bedreiging van die minister van Justisie diep gevoel. Nie in die minste uit vrees vir sy eie lot nie, ook nie omdat hy ‘n uitermate groot respek vir Niklaas de Wet gehad het nie, maar omdat hy, wat die raadgewer van "Lewies” (genl Botha) was, 'n gees geopenbaar het wat die toekoms baie sorgwekkend gemaak het vir die volk. En die volk was vir De la Rey alles. Die Ieiers was daar vir die volk. 'n Gesegde van hom, deur mev. De Ia Rey aan skrywer oorgedra, was: "Die voormanne moet die wil van die volk uitvoer. HuIIe kan nie maak soos hulle wil nie, want dan kom die ellende op hulle.”
Hierdie sterk generaal, wat selfs met die geringte van sy burgers so aangenaam kon omgaan, so Iekker gesels oor die ryk voorraad gebeurtenisse van die verlede, het skielik begin oud word. Hy was amper 67 jaar, wat ‘n hoë Ieeftyd was in daardie tyd toe die gemiddelde menselewe slegs ‘n vyftigtal jare geduur het.
In sy omgang met sy ou offisiere en burgers was die gesprekke meestal gewees oor die humoristiese en grappige of die snaakse van die oorlogsbelewenisse. Want gelukkig is die mens so geskape dat aan die oppervlakte van sy dam-van-herinneringe kleurige Iigskakerings, Iewendige blomme en heldere blare getoor Iê. Maar in die diepte van die water Iê die versamelde smarte van die ou-ou verlede: die bitterbeid van onvervulde verwagtings; die sielsonrus oor onopgeloste en onoplosbare Iewensraaisels; die droefheid oor verlore vriendskap; die besef van magteloosheid om te red wat verlore gegaan het. En ook " ’n donker skuldverlede leef in ons heugenis. "
Genl. De Ia Rey het oud geword. En die ouderdom is in sy werklike wese somber van drukkende Iaste van die verlede, alleen draaglik deur die verwagting van openbaringe vir die toekoms, die hoop op vryheid vir jou volk en verlossing bewerk deur Christus aan die kruis.
Genl. De Ia Rey was diep bekommerd. Hy het krag gesoek in gebed en sy hart meermale uitgestort vir sy getroue, dapper gade wat in die Driejarige Oorlog agtien maande lank met haar ses oorlewende kinders (hulle oudste seun Daan het by Modderrivier gesneuwel) sy kommandolewe gedeel en nooit in die hande van die vyand geval het nie. "Ek vrees vir die vreeslike oorlog wat in Europa aan die gang is, want ek weet nie wat die uitslag vir die wêreld sal wees nie. Ek het amper drie jaar hard geveg vir ons onafhanklikheid, en ek weet nie waar ons sal beland nie. Ek sal liewers onder die Britse ryk bly as om onder ‘n ander volk te val. Onder die Japanse of Duitse vlag wil ek nie staan nie.”
Hy was nie ‘n vriend van die Duitsers nie. Hy het net gewerk vir sy eie volk. Al die praatjies oor Duitse spioene wat die generaal sou besoek het, is sonder enige grond, verseker mev. De Ia Rey. "Von Berg (is as een van daardie spioene genoem) was nooit hier nie. Net so min Russell” (wat later by Upington deur 'n krygsraad van regeringstroepe tot die dood veroordeel en gefusilleer is).
Net so fantasties was die storie dat ’n Duitse vliegmasjien voor die generaal se huis kom neerstryk het. As hy sy onafbanklikheid sou kon terugkry, sou hy nie ‘n dag gewag het nie. As Suid-Afrika aangeval sou word, sou hy dadelik help om sy land te verdedig, maar om self aan te val, ‘n ander se land te vat (en dit nog wel vir die Britse ryk), dit sou hy nooit kon gedoog nie. "As ek voor my sien hoe die sake in die war loop, kan ek dit nie hou nie,” was sy klagte. Hy het opgemerk wat die opinies van genls. Botha en Smuts aan die een kant, en van genls. De Wet en Beyers aan die ander kant was; hy het gevrees dat dit ‘n "onmoontIike iets” word, en vir sy huisgenote voeg hy daarby: "Ek kan nie meer met Botha en Smuts saamgaan nie. Ons paaie loop uitmekaar.” Teenoor een van sy getroustes, veldk. I. Claasen, het hy dit baie skerper uitgedruk toe hulle net voor sy vertrek na die parlementsitting, skuil in die generaal se spaaidertjie teen die spioene wat hul altyd dophou. Sy woorde was toe: "Botha het sy rug vir ons gedraai”, en dit sê hy met droefheid. Omtrent genl. Smuts was sy woorde: "Smuts het ons verraai,” en hy voeg daar ‘n uitdrukking by, wat sy groot verontwaardiging behoorlik gelug het.
Meermale het hy vir besoekers gesê: "Ek het die Here gevra, as daar (in die Parlement) sake besluit word, wat die volk in die ellende bring, moet Hy my tog wegneem.” Met sy groot kennis van sy mense en sy skerp insig in sake het daar ongetwyfeld net een vrees bestaan wat hierdie held diep bekommer het, naamlik dat die ou wapenbroeders teenmekaar sou optrek. 'n Burgeroorlog. En dit het hom tot gebed gebring. Die woorde van Psalm 105 vs. 4: "Vra na die Here en sy sterkte; soek sy aangesig altyd deur,” het in sy siel geleef.
Dis die burgeroorlog wat hy sien kom het, en dit het veroorsaak dat hy nooit rus gehad het nie. (By genl. De Wet kon ’n mens in hierdie tyd dieselfde onrus opmerk.)
Sy toesprake op die eerste Nasionale Partykongres (26 Augustus 1914) en in die Senaat (12 September) bevestig dit.
Genl. De Ia Rey was 'n lid van die Senaat, wat deur die Suid- Afrikawet bedoel is as die hoogste parlementêre Iiggaam. Hy sou saam moes beslis, en hy het gehoop, selfs verwag, dat die inval in Duitswes, wat deur die Regering beplan is, nie die goedkeuring van die volksverteenwoordiging sou verkry nie. Die meeste en die grootstes van die ou Republikeinse leiers het die Generaal se opinie gedeel: manne soos genls. Hertzog, De Wet, Beyers en ook president Steyn. Die Republikeine het hulle nog nie kon inleef in die Anglo-Saksiese stelsel van Party-verteenwoordiging nie. HuIIe het grootgeword met die stelsel van volksverteenwoordiging, soos die Republieke dit toegepas het, en wat die partystelsel verfoei het. Die volk van die ou Republieke was teen die inval. Volgens genl. Hertzog was daar in die Vrystaat geen vyf persent ten gunste daarvan nie, en in die westelike Transvaal was die verhouding moontlik dieselfde. Die Transvaalse hoëveld was aanvanklik ook van daardie gees, totdat genl. Botha daarin geslaag het om deur sy sterk invloed daar ’n gedeeltelike verandering tot stand te bring. Die Afrikaners van die Kaap was sterk Boergesind. Die genoemde leiers en baie ander (soos die wat op Kopjes bymekaar was) het gestreef na volksvergaderings, waar die publiek vryelik hulle mening sou kon uiter. In die grondwet van die ou Vrystaat was voorsiening gemaak vir so 'n openbaring van die volkswil en pres. Steyn het sodanige waarde daaraan geheg onder omstandighede van spanning, soos hierdie, dat hy sy begeerte te kenne gegee het om in weerwil van sy uitgeputte Iiggaamstoestand in elk geval een van die volksvergaderings by te woon.
Genl. De Ia Rey was dit van ganser harte eens met hom en het dit aan genl. Botha voorgelê, maar Iaasgenoemde het die idee verwerp (soos 'n mens kan verwag, met sy gebondenheid aan die uitvoering van die ryksregering se oorlogsplanne) "omdat dit nou te Iaat was. " – wat 'n bogstorie was. Hy sou die oorlog met 'vrywilligers' voer, ofskoon genl. Smuts as minister van Verdediging ondertussen regimente van die aktiewe burgermag in Natal en die Kaap gekommandeer het. Niemand het gereken dat die vrywilliger-idee ooit van praktiese waarde sou wees nie, behalwe dan uit politieke oorwegings.
Op die Kerkplein van Pretoria is reeds op 8 Augustus deur die burgemeester en ’n Afrikaanssprekende stadsraadslid ’n wyd geadverteerde byeenkoms belê: vir die aankondigings is selfs 'n 'kruppele donkie –Hollands' gebruik, en natuurlik 'King’s English ’. Daar was Iewendigheid genoeg, veral van die kant van die oorlogsvoorstanders. "Brittons never, never, never shall be slaves” is uitgebrul. Vuisslae het geval en sommiges is selfs in die dammetjie in die middel van die Marksfontein afgekoel. Maar die werwing van vrywilligers, waarvoor hierdie roerige vergadering bymekaar geroep was, het powere resultate opgelewer. Die Engelssprekendes, ook in Johannesburg, ofskoon bitter en bitsig teenoor hulle Afrikaanssprekende Iandgenote, het geen veglus getoon vir die empaaier-onderneming nie. Ironies dat die Engelse in die land nie hulle Britse ryk sou ondersteun nie maar dat die Afrikanervolk broer teen broer sou veg in hierdie oorlog wat deur die Engelse aangebring is en deur die verraad van Smuts en Botha in die midde van die Afrikanervolk gelê is.
Toe kom die vals berig dat Johannesburg 20,000 vrywilligers sal Iewer. De la Rey het ’n skerp, sarkastiese antwoord daarop gegee, want hy het geweet dat dit 'n leuen was en dat dit net die Boerekommando’s is, die ou beproefdes wat 'n militêre onderneming kon Iaat slaag — die ou beproefdes en hulle seuns, dié wat die konsentrasiekampe oorleef het. De la Rey se woorde was: "Hoe sal genls. Botha en Smuts voor God kan verskyn as hulle die kinders gaan offer wat in die moordkampe deur hulle moeders afgebid is?” Dit was die vraag sonder 'n antwoord, wat genl. De Ia Rey gevra het.
Sonder om af te wyk van sy planne, wat uit 'n diepgevoelde oortuiging ontstaan en met die onversetlikheid van 'n groot man deurgedruk sou word, het hy uit al sy mag probeer om die verdeeldheid onder Ieiers en volk reg te maak en diepere verskeurd-heid te keer. Hy het ongetwyfeld nog altyd die verwagting gehad dat genl. Botha, die 'volksman', hom sou aanpas by die duidelike wil van die volk. En daarom het hy voortdurend in gesprekke geywer vir "bedagsaamheid” en in publieke toesprake met treffende nadruk gepleit om eenheid; daarom het hy sy vriendskaplike verhouding met genl. Botha nie verbreek nie en getrag om met genl. Hertzog weer vriende te word.
So gebeur dit dat hy bereid is om op 26 Augustus 1914 die stigtingsvergadering van die Transvaalse Nasionale Party by te woon. (Vir die Vrystaat is daardie party reeds op 9 Januarie gevorm.) Sy kollega, senator A. D. W. Wolmarans, was voorsitter, en hy vra sy kollega om te praat oor die voorgestelde afskeiding deur die Nasionaliste van die S.A.P. Diep-droewig het genl. De la Rey aan die kongres gesê: "My hart is geskeur, want daar gaan 'n groot stuk van my Iiggaam weg. Saam het ons baie gely. Weerlose vrouens en kinders is opgeoffer, en ek het God gevra om my as offer te neem in die plek van hulle. Maar God het my dit nie waardig geag nie. Groter offers word gevra. In die hele wêreld het reg en geregtigheid nou geval. Wat regeer vandag? Mag. En daarom doen ek ’n beroep op u: Moenie verdeel nie . . ."
Hy, die Joubertman van die Republikeinse tyd, wys daarop: hoe pres. Kruger en genl. Joubert by al hulle verskille getrou was aan mekaar. Toe iemand kom slegpraat van genl. Joubert wat meermale sy teenkandidaat was vir die presidentskap, antwoord pres. Kruger daardie man: "Genl. Joubert en ek sal soos manne met ons Iewe vir die volk staan." En om eenheid-ontwil is hy (genl. De Ia Rey) getrou aan genl. Botha. "GenI. Botha en genl. Hertzog is altwee groot manne en altwee my vrinde,” se hy en weer dring hy aan op volkseenheid, veral met die oog op wat voor die deur staan. "In tyd van nood kan ek selfs die geringste van sulke manne, soos hier voor my sit, nie mis nie.”
Ná sy toespraak verlaat genl. De la Rey die kongres. Die Ieiers bring hom weg tot aan die deur, en die vergadering staan soos een man op om ontroerd dank te bring aan hierdie "Botha-man". Maar nie eers hierdie lojaliteit kon nie voorkom dat sy dood deur sy sogenaamde vriende beplan is nie.
In 'n gesprek wat hy dadelik na die vergadering met iemand gehad het, sê hy: "Onder die Duitse vlag veg ek nie; ook nie onder die Engelse nie. Net onder my eie vlag.”
Genl. De la Rey is op 5 September van sy huis af weg Kaap toe vir die noodlottige spesiale sitting van die Parlement. Maar twee aande voor sy vertrek klop genl. De Wet aan sy deur. Dit was sy tweede besoek aan sy ou geliefde ou strydmakker gedurende die krisistyd, en daar was groot blydskap by albei om mekaar te sien. Genl. De Wet self het skrywer omtrent hierdie gebeurtenis vertel:
"Ek het tot middernag met hom (genl. De Ia Rey) 'n gesprek gehad. Hy deel my toe as sy beslissing mee dat as daar besluit word om Duitswes aan te val, hy dadelik (van die Parlementsitting af) sou terugkom en sy mense oproep om te verhinder dat die Regering daardie plan sou uitvoer, en hy tegelykertyd die Vierkleur sou hys.”
Soos ons naderhand sal sien, het De la Rey daaraan getrou gebly - slegs die dood kon die uitvoering van sy voorneme verhinder het. Maar altyd het hy tot die uiterste probeer om deur bevordering van samehorigheid en eenheid onder sy volk 'n burgeroorlog te voorkom.
Toe hy op 5 Sept. 1914 mevrou De Ia Rey groet by sy vertrek na die Kaap, het hy 'n aarseling van ontroering getoon. Op Potchefstroom, waar regimente van die Verdedigingsmag onder majoor Jan Kemp versamel was, het hy kortliks die skutters, waarvan hy ere-generaal was toegespreek en hulle vermaan tot getrouheid aan hulle offisiere, veral in hierdie moeillike tyd.
Die aand het genl. De Ia Rey in die woning van genl. Kemp 'n paar van sy ou oorlogskamerade ontmoet en in die gesels aan hulle sy planne toevertrou. Hy sou na die Parlement gaan en die Regering vertel dat hy hulle aanvalspolitiek nie kon steun nie. En as genl. Botha nietemin sou volhard, dan sou hy terug gaan Potchefstroom toe, na hierdie selfde kamp, en op eie gesag handel. Hy sou protesvergaderings hou en optrek Pretoria toe, net soos sy plan toe gewees het om op 15 Augustus te doen.
En so is hy in die oggend van die sesde in die trein Kaap toe om die historiese, noodlottige sitting by te woon, wat op 9 September sou begin – 'n spesiale sessie.
Die beslissing was al klaar geneem toe die sitting begin het, naamlik in die koukus van die S.A.-Party, waar die VolksraadsIede en senatore wat aan die regeringsparty behoort het, as 'n span "reggeruk” was. Die Iede van die ander partye (met uitsondering van die dosyn Nasionaliste) was vanselfsprekend reg, want hulle was die Engelse seksies. En so kon Lord Buxton, as goewerneur-generaal, in sy openingsrede op die môre van 9 Oktober verklaar dat die Parlement bymekaar geroep is om te wettig dat die verdedigingsmag van die Unie gemobiliseer word vir die verdediging van die belange van die Unie "en met het doel om met de imperiale regering van Zyn Majesteit saam te werken in de bescherming van het welzyn van de Ryk" — in die sekerheid dat daardie beslissing deur die groot meerderheid van die Parlement ondersteun sou word. Nie alleen die inval van Duitswes was die doel nie, maar militêre ondersteuning aan Engeland, orals waar dit vir die "welzyn” van die empaaier wenslik geag was. En so het dit later ook gebeur: ná die kampanje teen die Duitse besittings in Suidwes, is Unietroepe gebruik in Duitsoos, in Frankryk, Egipte en Palestina. Nie alleen blanke soldate van die Unie nie, maar ook die Kaapse korps van Kleurlinge en Naturelle in hulle duisende vir die "arbeiderskorps”. Ons vlieëniers is gebruik orals waar hulle dienste nodig was. Net waar die Britse Ieërleiding hulle wou hê is ons burgers vir oorlogsdoeleindes ingespan. 'n Gevolgtrekking wat hieruit gemaak word is dat die Engelse tydens die Tweede Vryheidsoorlog besef het van watter stoffasie die Boer gemaak is, wat sy vermoëns behels en hoe goed sy oorlogstrategie is. Nie net moes hy onderdruk word nie maar kon hy ook handig gebruik word tot voordeel van die Britse Empaaier.
Toe die Volksraad die middag van 9 September 1914 vergader, het Eerste Minister Smuts sy Iojaliteitsmosie ingedien met sy al holrug gejaagde argumente oor "plig, trou en eer" , en almal wat nie daarmee sou saamgaan nie, maak hulle skuldig aan "afvalligheid en eerloosheid”.
Genl. Smuts was, as ondersteuner van genl. Botha se voorstel, nog bitsiger as gewoonlik en het die betoog van genl. Hertzog (wat die voorstel van genl. Botha getoets het aan sy leer van "Suid-Afrika Eerste" ) beskryf as 'n uiting van 'n "Duitse advokaat” en "blatant patriot".
Om nege-uur die aand het die stemmery plaasgevind. Daar was sterk spanning, nie alleen onder die agbare Iede nie, maar ook onder die persverteenwoordigers en die publiek. Toe kom die uitslag: net 12 stemme teen en 92 daarvoor, en toe die meerderheid van 80 in hulle Britse geesdrif die Engelse volkslied sing, kon ek my nie bedwing nie. Ek het as verslaggewer tussen my kollegas gesit om hierdie gebeurtenisse aan my blad te rapporteer en het vir 'n oomblik myself so vergeet dat ek met my vuis op die perstafel geslaan en (ek vrees nie alte suutjies nie) gesê het: "dit beteken rebellie”.
Ek is dadelik daarop terug Pretoria toe en ontdek dat my telegrafiese rapport slegs vir 'n klein gedeelte oorgesein is, ofskoon ek dit onpartydig ingeklee het. Ek moes toe die hele verslag weer opstel en in die volgende uitgawe publiseer. Dit was nie die eerste en sou ook nie die Iaaste keer wees nie dat genl. Smuts as minister van Verdediging selfs nog voor die krygswet afgekondig is die hooggeroemde "vrykeid van die pers" alleen geduld het solank dit kom behaag. Hy het op 6 Augustus reeds 'n sensor aangestel vir telegrafiese en draadlose dienste.
En so het genls. Botha en Smuts bereik wat hulle nodig geag het, naamlik dat hulle by die verdere uitvoering van die imperiale oorlogsplanne, wat allereers die anneksasie van die Duitse kolonie bedoel het, hulle kon beroep op die "duidelike uitspraak” van die Volksraad. In hierdie geval was dit egter nie die vertolking van die volksmeerderheid nie maar die wil en werk van twee verraaiers.
Die imperiale regering het aan die Unie sewe miljoen pond geleen om daarmee die imperiale oorlogsbeleid uit te voer.
NASKRIF:
Vyf-en-twintig jaar min vyf dae later, op 4 September 1939, ook om nege-uur die aand was dit weer my lot om 'n beslissing soos in 1914 by te woon. Hierdie skoot ook omtrent deelname aan 'n wêreldoorlog aan die kant van Engeland. Daar het in die kwart-eeu wat verloop het, baie veranderings plaasgevind in ons nasionale status. Genl. Hertzog het in 1924 die eerste ministerskap van genl. Smuts oorgeneem. Genl. Botha is in 1919 oorlede. Die statuut van Westminster (November 1926) sowel as die statuswette van 1934 het die Unie die mag verleen om self oor vrede of oorlog te beskik. In 1914 daarenteen het die beslissing nog by Engeland berus, ook vir die Unie. 'n Vyand van Brittanje het Suid-Afrika toe outomaties as vyandelike gebied beskou.
Maar in 1939 het die Unie die reg van selfbeskikking gehad. 'n Oorlogsverklaring deur Engeland uitgevaardig het ons land nie gebind nie. En die beleid van die regerende Party (met genl. Hertzog as hoofleier en genl. Smuts as onderleier) was, soos meermale tevore in en buitekant die Parlement verklaar: "dat ons geen deel sou neem aan enige oorlog, tensy ons belange dusdanig bedreig word, dat ons bestaan op die spel kom te staan het.”
Toe daar skielik op 4 September 1939 'n Parlementsbesluit geneem moes word om die Unie se houding in hierdie tweede wêreldoorlog te bepaal, het genl. Hertzog hom op hierdie neergelegde gedragslyn beroep, en hom beklaag oor diegene van sy kollegas wat (soos op 'n kabinetsvergadering geblyk het) hom in die steek Iaat. Dit was vernaamlik genl. Smuts, en hy het 'n voldoende aantal volgelinge in die Volksraad gekry om die oorwinning te behaal. Genl. Hertzog het gewaarsku: die twee seksies van die blanke bevolking het meer as ses jaar gelukkig en tot heil van ons land saamgewerk, en as ons nou weer in die oorlog gesleep word, sal dit ons onderIinge verhouding vir 50 of moontlik 100 jaar affekteer.
Genl. Smuts was by hierdie geleentheid baie waardiger as in 1914 en het net herhaaldelik aangedring op "werkdadige deelname” aan die tweede oorlog teen die Duitsers. En hy het weer oorwin, nou slegs met 'n meerderheid van 13 stemme, maar voldoende om hom aan die bewind te bring en genl. Hertzog in die politieke woestyn in te ja. Ek was die Iaaste spreker en het probeer om die beslissing uitgestel te kry om die volk eers te kan raadpleeg. Maar genl. Smuts was natuurlik nie bereid om sy kanse vir die eerste ministerskap en (wat vir hom ongetwyfeld meer was) sy roem as "emergency man" en "handyman of the Empire" te Iaat verbyglip nie.
Volksraadslede het na die beslissing met trane in hulle oë vir mekaar dag gesê in die vaste geloof aan die profetiese woord van genl. Hertzog, naamlik dat 50 jaar sou verloop voor Afrikaans- en Engelssprekende Afrikaners mekaar sou terugvind in 'n onderlinge verstandhouding tot eenheid.
Die profesie van genl. Hertzog het in vervulling gegaan. Die droewige en moontlik noodlottige verdeeldheid duur toe nog erger voort.
Terug na 1914: Ná DIE BESLUIT van die Volksraad moes die Senaat, volgens wet en regulasie, bekragtiging verleen aan die Botha-voorstel. En hier vind ons senator Koos de la Rey terug.
Dit was Saterdagvoormiddag 12 September. Die Eerste Minister het dieselfde mosie, wat op die negende deur die Volksraad goedgekeur is, ook in die Senaat voorgestel en weer die storie vertel dat die Duitsers oor ons grens gekom het (by Nakob) ofskoon in die Volksraad-debat daardie verhaal deur die Nasionale lid Charlie Fichardt as onjuis aan die kaak gestel is. Later moes die regeringskant offisieël bevestig dat mnr. Fichardt reg was, maar dit was eers ‘n ruk daarna. Op hierdie dag moes genl. Botha egter volhard met sy leuen dat die Duitsers aanvallers was en die Unie dus op selfverdediging uit was; en elke patriot, ingesluit genls. De la Rey en De Wet, was bereid om met al hul kragte en talente die Unie te verdedig.
Vervolg...