Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
WIE IS DIE SKULDIGES (14)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
DIE GEWELDDADIGE DOOD VAN GENL. DE LA REY — ’N VERBORGENHEID? (4)
Hierdie belangrike episode is deur veldk. ds. Hendrik Boshoff opgeteken uit die mond van genl. Beyers teen die einde van die rebellie, toe hulle vasgekeer was by die sameloop van die Otterspruit en die Valsrivier. Boshoff skryf dat genl. Botha het geweet dat dit genl. De la Rey se plan was om die mag wat op Potchefstroom in die kamp was, te Iaat optrek Pretoria toe. Daarom moes hy ten alle koste gekeer word. Terug na die gebeure by die padblokkade:
Voorgekeer by 'n padblokkade, vra genl Beyers vir genl De la Rey of hulle regtig moet stilhou, maar De la Rey is nie 'n man wat hom deur 'n paar konstabels Iaat keer nie, en hy antwoord dadelik:
"Nee, Iaat ons aangaan.”
En die Daimler, wat so 'n oomblikkie sy remme voel hef, trek nou weer Iustig, met helder stralende Iigte vorentoe.
Die noue deurgang tussen die groot pakkiste was vyftien minute gelede nog nie daar nie. Toe was die hele pad nog afgesluit. Het dit so gebly, dan sou die Daimler moes stilhou, en dan het die ware oorsaak van die polisiemaatreëls aan die generaals bekend geword. Charles Drury sou dan moontlik sy noodlottige skoot nie afgetrek het nie.
Die polisiepos in Orange Grove het die motor nie met geweld gekeer nie, want hulle het duidelik gesien dat die bestuurder iemand is met 'n uniformpet op en 'n soort uniformjas aan, terwyl die twee passasiers here is. Ook is die kleur van die motor nie swart nie, maar grys — dus niks wat ook maar die geringste betrekking kon hê op die voortvlugtende bandiete nie.
HuIIe sien die Daimler hou nie die pad Johannesburg toe nie, maar trek regs weg na Vrededorp se kant toe. En dadelik stuur hulle die berig aan die ander poste van ’n grys motor wat weier om te stop. Die generaals ry verder in die rigting van Langlaagte, 'n afstand van tien myl.
'n Driekwartier na die generaals weg is uit Pretoria, dus voor hulle by Johannesburg aangekom het, was dit by die polisie 'n volkome sekerheid dat die Fosterbende nie aan die westekant van Johannesburg kon wees nie en ook nie daar kon kom nie. Maar nietemin is daar aan die polisie te Langlaagte ten weste van Johannesburg om kwart voor agt bevel gegee om die Hoofrifweg daar sorgvuldig te bewaak en al die motors wat verbykom te keer en te ondersoek. Daardie oormaat sorgvuldigheid was reeds so deursigtig maar egter nog nie so treffend nie as ander dade van die polisie, wat verder die aand geblyk het.
Die generaals het van Orange Grove met Kloofweg gery, langs Killarney en verder na Parktown om vervolgens onder die spoorlyn deur weer by die Hoofrifweg op Fordsburg aan te sluit. Toe hulle die duikweg deurgaan, kry kulle weer twee gewapende konstabels wat hulle probeer voorkeer, maar sonder welslae; en die derde polisiepos staan op die hoek van Park Drive en Hoofrifweg in Fordsburg, waar dieselfde pogings herhaal word met net so min resultaat. Een van die konstabels hardloop na die polisiestasie op Fordsburg om te rapporteer dat die motor wat nie wil stop nie, op pad is Langlaagte toe.
So kom hulle by die noodlottige plek
In die polisiestasie van Langlaagte het 'n bietjie oor agtuur die aand 'n patrollie van 'n korporaal en vier berede manskappe teruggekom van Jacksonsdrif, 'n myl of vyf, ses ten suide van Johannesburg. HuIIe het daar die rantjies deurgesoek, maar natuurlik geen spoor van die bandiete ontdek nie. Onmiddellik daarop moet die manne weer uittrek om die Hoofrifweg te bewaak, volgens instruksies van die hoofkantoor op Johannesburg. Twee van die konstabels, Charles Drury en Ives moet stelling inneem op die hoek van Du Toit- en De Willestraat, waar ’n baie sterk straatlig brand. Om twintig minute voor nege word aan die twee 'n geweer met bajonet en tien patrone elk uitgereik. HuIIe het geweet dat dit bedoel was vir die Fosterbende wat in 'n swart motor ry, en die getal bandiete was aan hulle bekend. Drury en Ives stap aan na die plek wat hulle aangedui is. Dis sewe minute loop. Altwee was in kakie en te voet, Drury, 'n man van ruim veertig jaar, het die bajonet aan sy geweer gehad. Hy het dreigend gelyk, maar 'n geweer was in sy hande nie 'n baie gevaarlike skietwapen nie, want hy was een van die swakste skuts in die Mag.
Om vyf minute oor nege staan die twee konstabels-in-kakie op hulle pos op die hoek van Du Toit- en De Willestraat, LangIaagte. Die skerp Iig van die straatlamp wys hulle figure duidelik. 'n Paar mense uit die buurt kom nuuskierig kyk wat daar verkeerd is, want die polisie het nie die moeite gedoen om die publiek in kennis te stel waarom die motors gekeer word en al die ander polisiemaatreëls getref is nie.
HuIIe staan nog geen tien minute daar nie, of ‘n paar fel Iigte kom van die Fordsburgse kant. ‘n Motor kom vinnig in die Iigte ingejaag. Die tent is afgeslaan.
Soos die kar nader, stap die twee konstabels elk na ‘n kant van die weg, hulle is omtrent dertig tree van mekaar af.
Dis 'n grys motor; iedereen sien dit duidelik, behalwe Drury... Hy skree, dertig tree van die motor af: "HaIt, Police!”
Maar die passasiers kan nie hoor nie. Die wind is te sterk. Hy hou sy geweer met die bajonet in die Iinkerhand op. Sy regterhand steek hy in die hoogte, en weer skree hy: "HaIt”.
Maar die motor ry deur en Drury se bajonet kom met die motor se Iig en voorwiel in aanraking. Soos hy later beweer het, het die motor hom getref, maar genl. Beyers se getuienis sê beslis dat Drury na die Iinkervoorwiel gesteek het. Drury se hand word effentjies beseer en sy humeur raak hy kwyt. Die motor snel weg, ook verby Ives, wie se "halt" -geroep eweneens nie gehoor word nie. Oombliklik daarop klink die vinnige geluid van ‘n geweerskoot deur die aandlug. Dis Drury wat skiet. Agter die kar krul ‘n stofwolk op, en dadelik begin die motorkar stadiger te loop, ‘n ent verder staan hy stil.
Net toe die skoot val, klink die stem van genl. De la Rey agter in die kar, nie hard nie, nie as 'n noodkreet nie, maar kalm: "Dis raak.”
Die bestuurder, Koos Wagner, kry van genl. Beyers instruksies om stil te hou; hy spring van sy plek agter die wiel weg en gryp die gewonde, wat inmekaargesak in die hoek Iê, om die Iyf beet. Sy hand verdwyn in die wond, wat deur die koeël geslaan is.
Die konstabels en nuuskieriges kom aangekardloop, en Drury skree al uit die verte: "Halt! Are you going to stop now?”
Verwytend vra die bestuurder aan hom: "Hoekom het julle geskiet?”
En hy weer: "Omdat julle nie stilgehou het nie.” En daarop: "Wie is die mense in die motor?”
Die bestuurder: ,,Jy het generaal De la Rey doodgeskiet.”
’n Oomblik van totale verstomming volg.
Toe genl. De la Rey inmekaar gesak het met die woorde: "Dis raak,” het genl. Beyers hom in sy arms opgevang en vir die bestuurder beveel om stil te hou, en kort daarop weer:"Waarom hou jy dan nie stil nie? " En met die gewonde vriend wat teen sy bors lê, probeer hy praat: "Oom Koos, Oom Koos.”
Maar daar kom geen antwoord nie. Twee, drie maal rek hy hom net en soveel kere kreun hy effentjies. So was dit sy einde.
Dit was op Dinsdag 15 September 1914, die aand om sestien minute oor nege.
Net 'n paar minute daarna kom die nie-skietbevel, maar toe was die kwaad gedoen.
Genl. Beyers is met die Iyk van sy vaderlike vriend tot voor 'n hotel, wat sowat 25 tree daarvandaan gestaan het. Daar is 'n glas water gehaal, omdat die mond van die oorledene oop was en ‘n bietjie water moontlik nog verligting kon bring. Maar dit was vrugteloos. Genl. De la Rey het 'n doodskoot gekry.
Daarna trek die Daimler wat nou skielik 'n Iykwa geword het, na die polisiestasie op Fordsburg, omtrent 2.5 myl terug na Pretoria se kant. Genl. Beyers het nie gepraat nie, maar hoor nou vir die eerste keer van die polisiemaatreëls teen die Fosterbende. Dit het hom egter glad nie oortuig dat dit nie die bedoeling was om hom en genl. De la Rey te vang nie. In die stasie het hy die polisieboeke nagekyk en verstaan uit wat aan hom daaruit voorgelees is, dat daar bevele gegee is om al die motors van Pretoria (en ander plekke) voor te keer, maar die asst.-kommissaris van polisie, majoor J. S. G. Douglas het dit ontken, soos naderhand duidelik sal word.
Maj. Douglas onder wie sub-inspekteur Leech gedien het as die verantwoordelike offisier vir die westelike deel van die Rand het op die berig van genl. De la Rey se dood van Marshallplein, Johannesburg, af gekom. Die Majoor stel hom bekend en druk sy spyt uit dat hulle mekaar onder hierdie omstandighede ontmoet. Die Generaal vra: "What do you want me to do now?” wat daarop dui dat hy optrede teen hom van die polisie verwag. Genl. Beyers het vir ds. Theron, die plaaslike Ieraar en ‘n vriend Iaat roep, want sy huis was naby; die generaal het die nag by hom deurgebring. Ook is van die polisiestasie af deur genl. Beyers aan enkele vriende getelefoneer. Die stasie het ook probeer om deur te kom na Potchefstroom om die berig van genl. De la Rey se dood bekend te maak aan die generaal se seun Hendrik wat daar in die militêre kamp was. Na ‘n gesukkel van omtrent ‘n uur is die mededeling telefonies gegee.
Om eenuur in die vroeë môre van 16 September het die Daimler die Iyk na die dodehuis van die Johanneskurgse hospitaal vervoer, waar enkele ure later ‘n regeringsdokter saam met dr. Tom Visser, ‘n bekende vriend van die familie De la Rey, die eerste Iykskouing gehou het. As koerantskrywer was ek ‘n ruk na hulle aankoms ook daar. Die eerste indruk van die deskundiges was dat die dodelike koeël van voor af gekom het, en dr. Visser het sy vingers skerp op my Iyf gedruk om te beduie waar die generaal getref is. Eers die latere, offisiële verslag gee uitvoerige inligting omtrent die weg wat die koeël gevolg het. Dit blyk dat ‘n stuk van die dop deur die hart gegaan het. Die koeël self het ‘n oppervlakkige wond in die sy gemaak. Die stuk dop het die skielike dood veroorsaak. Dit was 'n opslagkoeël wat van agter af gekom het.
Die verslag van my besoek aan die dodehuis (agter die Fort- gevangenis, waar ek spoedig daarna die bittere tronklewe maande lank moes verduur) is dieselfde dag geskryf en vertel hoe ek "na enig kloppen” toegelaat is.
"Men ging ‘n geheimzinnige gang door en daar achter ‘n glazen beschot, zwak belicht door ‘n bovenvenster, lag onder ‘n Iaken het Iyk van de Generaal op ’n baar. Het witte Iaken bedekte alles, het net maar de vormen van ‘t Iichaam raden. Slechts het hoofd was helemaal bloot gelaten. De grys-grauwe baard rustte op ‘t wit van het Iaken, en om ‘t wasbleke hoofd Iagen de diepe sckaduwen van de dood. Die prominente haviksneus werd omlynd door ’n paar scherpe trekken in de wangen. De ogen Iagen diep weg onder de scherpe rand van ‘t hoge voorhoofd. Het rechteroog was slects half gesloten hen scheen zelfs na de dood nog het waakzame karakter dat genl. De la Rey kenmerkte, te willen aanduiden. Er lag iets ongewoon beslists over ’t aangezicht van de grote overledene, maar ook de kalmte, die op verzoening met de dood scheen te duiden."
Die hele atmosfeer het tot aangrypende droefheid gestem, wat nie alleen die aanwesige familielede getref het nie, maar my ook diep ontroer het. Die familielede was ‘n suster van die generaal (mev. Van der Hoff, wat op besoek aan die Rand was) en enkele ander wat in Johannesburg woonagtig was.
Daar is gedurende die dag deur die beeldhouer Van Wouw ’n gipsafdrak van die Generaal se gesig geneem, net soos dit gebeur het met Napoleon na sy dood. En ‘n vergelyking tussen die twee maskers het ‘n treffende ooreenkoms tussen die twee koppe getoon. Weliswaar was Napoleon fyner en teerder, maar die vorme en Iyne van die twee grotes se koppe is dieselfde.
Die Iyk is op regeringskoste gebalsem, en in die Groot Kerk van Pretoria het ‘n Iykdiens plaasgevind. Ds. H. S. Bosman, die prediker, het sommige van die baie Iuisteraars onder wie genl. De Wet, warm onder die kraag deur sy uitlatings omtrent ‘n moontlike rebellie.
Genl. De la Rey is op Sondag 20 September, op Lichtenburg begrawe, 'n militêre plegtigheid onder sulke groot spanning, dat ‘n publieke uitbarsting met moeite bedwing kon word. En ‘n nuwe fase in die protesbeweging teen die Botha-Smuts beleid het ingetree, wat gevolg word deur ‘n opstand in die noordwestelike Kaap, in die Transvaal en die Vrystaat; en deur ‘n burgeroorlog, wat genl. De la Rey gevrees en wat hy met totale opoffering van homself wou vermy het.
Vervolg...