NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

In hierdie tye is daar dikwels nie meer duidelike onderskeid tussen die waarheid en die leuen nie. Met die leuen word dit wat goed is afgemaak as onaanvaarbaar. Iemand se opregte bedoelings, eerbare verdienste of naasteliefde, kan met een leuen maklik verander word in valsheid, oneerlikheid of skynheiligheid. Omdat God alleen die Waarheid is, en die leuen verfoei, moet die waarheid sonder valse skyn by ons 'n ereplek hê.

WIE IS DIE SKULDIGES (14)

Harm Oost

"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".

Lees reeks by Wie is die skuldiges

DIE GEWELDDADIGE DOOD VAN GENL. DE LA REY — ’N VERBORGENHEID? (4)

Hierdie belangrike episode is deur veldk. ds. Hendrik Boshoff opgeteken uit die mond van genl. Beyers teen die einde van die rebellie, toe hulle vasgekeer was by die sameloop van die Otterspruit en die Valsrivier. Boshoff skryf dat genl. Botha het geweet dat dit genl. De la Rey se plan was om die mag wat op Potchefstroom in die kamp was, te Iaat optrek Pretoria toe. Daarom moes hy ten alle koste gekeer word. Terug na die gebeure by die padblokkade:

Voorgekeer by 'n padblokkade, vra genl Beyers vir genl De la Rey of hulle regtig moet stilhou, maar De la Rey is nie 'n man wat hom deur 'n paar konstabels Iaat keer nie, en hy antwoord dadelik:

"Nee, Iaat ons aangaan.”

En die Daimler, wat so 'n oomblikkie sy remme voel hef, trek nou weer Iustig, met helder stralende Iigte vorentoe.

Die noue deurgang tussen die groot pakkiste was vyftien minute gelede nog nie daar nie. Toe was die hele pad nog afgesluit. Het dit so gebly, dan sou die Daimler moes stilhou, en dan het die ware oorsaak van die polisiemaatreëls aan die generaals bekend geword. Charles Drury sou dan moontlik sy noodlottige skoot nie afgetrek het nie.

Die polisiepos in Orange Grove het die motor nie met geweld gekeer nie, want hulle het duidelik gesien dat die bestuurder iemand is met 'n uniformpet op en 'n soort uniformjas aan, terwyl die twee passasiers here is. Ook is die kleur van die motor nie swart nie, maar grys — dus niks wat ook maar die geringste betrekking kon hê op die voortvlugtende bandiete nie.

HuIIe sien die Daimler hou nie die pad Johannesburg toe nie, maar trek regs weg na Vrededorp se kant toe. En dadelik stuur hulle die berig aan die ander poste van ’n grys motor wat weier om te stop. Die generaals ry verder in die rigting van Langlaagte, 'n afstand van tien myl.

'n Driekwartier na die generaals weg is uit Pretoria, dus voor hulle by Johannesburg aangekom het, was dit by die polisie 'n volkome sekerheid dat die Fosterbende nie aan die westekant van Johannesburg kon wees nie en ook nie daar kon kom nie. Maar nietemin is daar aan die polisie te Langlaagte ten weste van Johannesburg om kwart voor agt bevel gegee om die Hoofrifweg daar sorgvuldig te bewaak en al die motors wat verbykom te keer en te ondersoek. Daardie oormaat sorgvuldigheid was reeds so deursigtig maar egter nog nie so treffend nie as ander dade van die polisie, wat verder die aand geblyk het.

Die generaals het van Orange Grove met Kloofweg gery, langs Killarney en verder na Parktown om vervolgens onder die spoorlyn deur weer by die Hoofrifweg op Fordsburg aan te sluit. Toe hulle die duikweg deurgaan, kry kulle weer twee gewapende konstabels wat hulle probeer voorkeer, maar sonder welslae; en die derde polisiepos staan op die hoek van Park Drive en Hoofrifweg in Fordsburg, waar dieselfde pogings herhaal word met net so min resultaat. Een van die konstabels hardloop na die polisiestasie op Fordsburg om te rapporteer dat die motor wat nie wil stop nie, op pad is Langlaagte toe.

So kom hulle by die noodlottige plek

In die polisiestasie van Langlaagte het 'n bietjie oor agtuur die aand 'n patrollie van 'n korporaal en vier berede manskappe teruggekom van Jacksonsdrif, 'n myl of vyf, ses ten suide van Johannesburg. HuIIe het daar die rantjies deurgesoek, maar natuurlik geen spoor van die bandiete ontdek nie. Onmiddellik daarop moet die manne weer uittrek om die Hoofrifweg te bewaak, volgens instruksies van die hoofkantoor op Johannesburg. Twee van die konstabels, Charles Drury en Ives moet stelling inneem op die hoek van Du Toit- en De Willestraat, waar ’n baie sterk straatlig brand. Om twintig minute voor nege word aan die twee 'n geweer met bajonet en tien patrone elk uitgereik. HuIIe het geweet dat dit bedoel was vir die Fosterbende wat in 'n swart motor ry, en die getal bandiete was aan hulle bekend. Drury en Ives stap aan na die plek wat hulle aangedui is. Dis sewe minute loop. Altwee was in kakie en te voet, Drury, 'n man van ruim veertig jaar, het die bajonet aan sy geweer gehad. Hy het dreigend gelyk, maar 'n geweer was in sy hande nie 'n baie gevaarlike skietwapen nie, want hy was een van die swakste skuts in die Mag.

Om vyf minute oor nege staan die twee konstabels-in-kakie op hulle pos op die hoek van Du Toit- en De Willestraat, LangIaagte. Die skerp Iig van die straatlamp wys hulle figure duidelik. 'n Paar mense uit die buurt kom nuuskierig kyk wat daar verkeerd is, want die polisie het nie die moeite gedoen om die publiek in kennis te stel waarom die motors gekeer word en al die ander polisiemaatreëls getref is nie.

HuIIe staan nog geen tien minute daar nie, of ‘n paar fel Iigte kom van die Fordsburgse kant. ‘n Motor kom vinnig in die Iigte ingejaag. Die tent is afgeslaan.

Soos die kar nader, stap die twee konstabels elk na ‘n kant van die weg, hulle is omtrent dertig tree van mekaar af.

Dis 'n grys motor; iedereen sien dit duidelik, behalwe Drury... Hy skree, dertig tree van die motor af: "HaIt, Police!”

Maar die passasiers kan nie hoor nie. Die wind is te sterk. Hy hou sy geweer met die bajonet in die Iinkerhand op. Sy regterhand steek hy in die hoogte, en weer skree hy: "HaIt”.

Maar die motor ry deur en Drury se bajonet kom met die motor se Iig en voorwiel in aanraking. Soos hy later beweer het, het die motor hom getref, maar genl. Beyers se getuienis sê beslis dat Drury na die Iinkervoorwiel gesteek het. Drury se hand word effentjies beseer en sy humeur raak hy kwyt. Die motor snel weg, ook verby Ives, wie se "halt" -geroep eweneens nie gehoor word nie. Oombliklik daarop klink die vinnige geluid van ‘n geweerskoot deur die aandlug. Dis Drury wat skiet. Agter die kar krul ‘n stofwolk op, en dadelik begin die motorkar stadiger te loop, ‘n ent verder staan hy stil.

Net toe die skoot val, klink die stem van genl. De la Rey agter in die kar, nie hard nie, nie as 'n noodkreet nie, maar kalm: "Dis raak.”

Die bestuurder, Koos Wagner, kry van genl. Beyers instruksies om stil te hou; hy spring van sy plek agter die wiel weg en gryp die gewonde, wat inmekaargesak in die hoek Iê, om die Iyf beet. Sy hand verdwyn in die wond, wat deur die koeël geslaan is.

Die konstabels en nuuskieriges kom aangekardloop, en Drury skree al uit die verte: "Halt!   Are you going to stop now?”

Verwytend vra die bestuurder aan hom: "Hoekom het julle geskiet?”

En hy weer: "Omdat julle nie stilgehou het nie.” En daarop: "Wie is die mense in die motor?”

Die bestuurder: ,,Jy het generaal De la Rey doodgeskiet.”

’n Oomblik van totale verstomming volg.

Toe genl. De la Rey inmekaar gesak het met die woorde: "Dis raak,” het genl. Beyers hom in sy arms opgevang en vir die bestuurder beveel om stil te hou, en kort daarop weer:"Waarom hou jy dan nie stil nie? " En met die gewonde vriend wat teen sy bors lê, probeer hy praat: "Oom Koos, Oom Koos.”

Maar daar kom geen antwoord nie. Twee, drie maal rek hy hom net en soveel kere kreun hy effentjies. So was dit sy einde.

Dit was op Dinsdag 15 September 1914, die aand om sestien minute oor nege.

Net 'n paar minute daarna kom die nie-skietbevel, maar toe was die kwaad gedoen.

Genl. Beyers is met die Iyk van sy vaderlike vriend tot voor 'n hotel, wat sowat 25 tree daarvandaan gestaan het. Daar is 'n glas water gehaal, omdat die mond van die oorledene oop was en ‘n bietjie water moontlik nog verligting kon bring. Maar dit was vrugteloos. Genl. De la Rey het 'n doodskoot gekry.

Daarna trek die Daimler wat nou skielik 'n Iykwa geword het, na die polisiestasie op Fordsburg, omtrent 2.5 myl terug na Pretoria se kant. Genl. Beyers het nie gepraat nie, maar hoor nou vir die eerste keer van die polisiemaatreëls teen die Fosterbende. Dit het hom egter glad nie oortuig dat dit nie die bedoeling was om hom en genl. De la Rey te vang nie. In die stasie het hy die polisieboeke nagekyk en verstaan uit wat aan hom daaruit voorgelees is, dat daar bevele gegee is om al die motors van Pretoria (en ander plekke) voor te keer, maar die asst.-kommissaris van polisie, majoor J. S. G. Douglas het dit ontken, soos naderhand duidelik sal word.

Maj. Douglas onder wie sub-inspekteur Leech gedien het as die verantwoordelike offisier vir die westelike deel van die Rand het op die berig van genl. De la Rey se dood van Marshallplein, Johannesburg, af gekom. Die Majoor stel hom bekend en druk sy spyt uit dat hulle mekaar onder hierdie omstandighede ontmoet. Die Generaal vra: "What do you want me to do now?” wat daarop dui dat hy optrede teen hom van die polisie verwag. Genl. Beyers het vir ds. Theron, die plaaslike Ieraar en ‘n vriend Iaat roep, want sy huis was naby; die generaal het die nag by hom deurgebring. Ook is van die polisiestasie af deur genl. Beyers aan enkele vriende getelefoneer. Die stasie het ook probeer om deur te kom na Potchefstroom om die berig van genl. De la Rey se dood bekend te maak aan die generaal se seun Hendrik wat daar in die militêre kamp was. Na ‘n gesukkel van omtrent ‘n uur is die mededeling telefonies gegee.

Om eenuur in die vroeë môre van 16 September het die Daimler die Iyk na die dodehuis van die Johanneskurgse hospitaal vervoer, waar enkele ure later ‘n regeringsdokter saam met dr. Tom Visser, ‘n bekende vriend van die familie De la Rey, die eerste Iykskouing gehou het. As koerantskrywer was ek ‘n ruk na hulle aankoms ook daar. Die eerste indruk van die deskundiges was dat die dodelike koeël van voor af gekom het, en dr. Visser het sy vingers skerp op my Iyf gedruk om te beduie waar die generaal getref is. Eers die latere, offisiële verslag gee uitvoerige inligting omtrent die weg wat die koeël gevolg het. Dit blyk dat ‘n stuk van die dop deur die hart gegaan het. Die koeël self het ‘n oppervlakkige wond in die sy gemaak. Die stuk dop het die skielike dood veroorsaak. Dit was 'n opslagkoeël wat van agter af gekom het.

Die verslag van my besoek aan die dodehuis (agter die Fort- gevangenis, waar ek spoedig daarna die bittere tronklewe maande lank moes verduur) is dieselfde dag geskryf en vertel hoe ek "na enig kloppen” toegelaat is.

"Men ging ‘n geheimzinnige gang door  en daar achter ‘n glazen beschot, zwak belicht door ‘n bovenvenster, lag onder ‘n Iaken het Iyk van de Generaal op ’n baar. Het witte Iaken bedekte alles, het net maar de vormen van ‘t Iichaam raden. Slechts het hoofd was helemaal bloot gelaten. De grys-grauwe baard rustte op ‘t wit van het Iaken, en om ‘t wasbleke hoofd Iagen de diepe sckaduwen van de dood. Die prominente haviksneus werd omlynd door ’n paar scherpe trekken in de wangen. De ogen Iagen diep weg onder de scherpe rand van ‘t hoge voorhoofd. Het rechteroog was slects half gesloten hen scheen zelfs na de dood nog het waakzame karakter dat genl. De la Rey kenmerkte, te willen aanduiden. Er lag iets ongewoon beslists over ’t aangezicht van de grote overledene, maar ook de kalmte, die op verzoening met de dood scheen te duiden."

Die hele atmosfeer het tot aangrypende droefheid gestem, wat nie alleen die aanwesige familielede getref het nie, maar my ook diep ontroer het. Die familielede was ‘n suster van die generaal (mev. Van der Hoff, wat op besoek aan die Rand was) en enkele ander wat in Johannesburg woonagtig was.

Daar is gedurende die dag deur die beeldhouer Van Wouw ’n gipsafdrak van die Generaal se gesig geneem, net soos dit gebeur het met Napoleon na sy dood. En ‘n vergelyking tussen die twee maskers het ‘n treffende ooreenkoms tussen die twee koppe getoon. Weliswaar was Napoleon fyner en teerder, maar die vorme en Iyne van die twee grotes se koppe is dieselfde.

Die Iyk is op regeringskoste gebalsem, en in die Groot Kerk van Pretoria het ‘n Iykdiens plaasgevind. Ds. H. S. Bosman, die prediker, het sommige van die baie Iuisteraars onder wie genl. De Wet, warm onder die kraag deur sy uitlatings omtrent ‘n moontlike rebellie.

Genl. De la Rey is op Sondag 20 September, op Lichtenburg begrawe, 'n militêre plegtigheid onder sulke groot spanning, dat ‘n publieke uitbarsting met moeite bedwing kon word. En ‘n nuwe fase in die protesbeweging teen die Botha-Smuts beleid het ingetree, wat gevolg word deur ‘n opstand in die noordwestelike Kaap, in die Transvaal en die Vrystaat; en deur ‘n burgeroorlog, wat genl. De la Rey gevrees en wat hy met totale opoffering van homself wou vermy het.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    _____________________

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

  •                                                                        ______________

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel

    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2380 gaste aanlyn