NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ghandi het op 'n keer gesê: "Julle Christene het 'n dokument in julle besit met genoeg dinamiet daarin om die hele beskawing op te blaas; om die wêreld onderstebo te keer, om vrede na hierdie oorlggeteisterde wêreld te bring. Maar julle lees dit asof dit net goeie literatuur is!" Wat 'n skandvlek op ons Christendom!

WIE IS DIE SKULDIGES (15)

Harm Oost

"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".

Lees reeks by Wie is die skuldiges

DIE HOFSAAK (1)

'n Groot deel van die publiek het onvoorwaardelik gegIo dat genl. De la Rey nie deur ‘n ongeluk gesterf het nie en dat die koeël eintlik vir genl. Beyers bedoel was. Enkele bekende mense het daaraan openlik uiting gegee. Senator A. D. W. Wolmarans het in ‘n onderhoud met ons Nasionale Blad "Het Volk" die verantwoordelikheid vir die hele, droewige gebeurtenis op die Regering gegooi. Daardie onderhoud was deur die senator in nog krasser woorde gestel as wat dit uiteindelik gepubliseer is, maar "A.D.W.” was op ‘n wenk van my as verantwoordelike editeur van die blad, dadelik bereid om enkele van sy skerpste uitdrukkings te versag. Maar selfs soos dit gedruk is, het dit groot ergernis in die regeringskringe opgewek; en toe uit verskillende dele van die land dieselfde en krasser opinies gehoor word, het die regering besluit om ‘n Regterlike Kommissie van Ondersoek aan te stel. Senator Wolmarans is een van die wat voor daardie Iiggaam geroep is, en ook genl. Petrus J. Liebenberg, wat (volgens ‘n verslag deur 'n regeringsondersteuner, Volksraadslid Neser van Klerksdorp) op 26 Desember vir ‘n groot byeenkoms gesê het: "GenI. De la Rey is moedswillig, opsetlik doodgeskiet.”

Na die Hof van Ondersoek saamgestel is, moes altwee daarvoor verskyn. Genl. Liebenberg het onmiddellik moreel inmekaar gesak, ‘n swakheid wat hom by ‘n latere, gewigtiger geleentheid in verband met rebellie, nog ‘n keer oorgekom het.  Senator Wolmarans het egter sy siening kragtig gehandhaaf en sy redenering gebaseer op die beskouing dat die regering die verantwoordelikheid dra vir die offisiële dade van sy amptenare.

Die instelling van so 'n hof het geregverdig gelyk, want die bloedige dade in verband met die Fosterbende en die onverklaarbare dinge wat plaasgevind het, moes lei tot verwarring en suspisie by die publiek. Die Fosterbende was ‘n koelbloedige spul moordenaars wie se misdade aanleiding gegee het tot die dood van ‘n tiental persone en die verwonding van vyf. HuIIe het drie polisiebeamptes (onder wie sersant Mynott) doodgeskiet; een burgerlike vermoor; hulle was die oorsaak dat dr. Grace en genl. De la Rey hulle Iewens verloor het; dat sub-inspekteur Leech selfmoord gepleeg het; en verder het al drie die bandiete (die vrou het pad gegee) huIIeself doodgeskiet toe hulle aan die oostekant van Johannesburg in 'n klipgat vasgekeer is. Mev. Grace en vier mans, onder wie twee konstabels, is gewond.

Ofskoon die opdrag aan die hof was om ondersoek in te stel na die polisiegebeurtenisse het dit geblyk dat die regeringsdoel ook en vernaamlik was om uit te vind wat daar agter die gedrag van genls. De la Rey en veral van genl. Beyers geskuil het. Daarom is kol. Burgess van die Verdedigingsmag as getuie geroep, en daarom is genl. Beyers deur adv. De Waal langdurig ondervra. Hy (die skoonseun van genl. Botha) het naamlik vir die regering opgetree. Die voorsitter was regter Gregorowski, en adv. Bertie van Hees het namens die familiebetrekkinge verskyn.

Die Hof het gesit van 22 tot 29 September, die Iaaste skof in Pretoria, omdat genl. Beyers die hoofstad vir sy eie veiligheid wensliker geag het.

Adv. Van Hees het sy opinies en indrukke as regskundige verteenwoordiger van die familie in die sewedaagse hofsitting opgeteken en aan my oorhandig. Hy bevestig dat adv. De Waal alles probeer uitvind het omtrent genl. Beyers se bedanking en sy verhouding tot genl. De la Rey; verder wat die twee se bedoeIings was met die besoek aan die militêre kamp te Potchefstroom; die redes waarom genl. Beyers vir genl. De la Rey op 15 September Pretoria toe Iaat kom het; en veral dit: "Die Regering wou Iaat uitkom dat Beyers sy ouere vriend wou verlei om aan 'n opstand deel te neem en dat die Voorsienigheid in die verskyning van die Fosterbende die hele beweging Iaat misluk het.”

Hierdie opmerking van die skrander advokaat is van belang ook met die oog op die verdere verhouding tussen die hoofde van die regering en genl. Beyers, soos in die volgende hoofstuk uiteengesit sal word.

Omtrent die pakkiste, wat as versperring op die pad by Orange Grove (Johannesburgse pad) opgestel was, net na die twee generaals Pretoria verlaat het, gee Bertie van Hees die volgende interessante beskouings :

"Die polisiehoofde van Marshallplein (die hoofkwartier) het byna tot die Iaaste dag van die ondersoek in die hof ontken dat hulle aan die polisie van Orange Grove instruksies gegee het om motors voor te keer en as die motors nie stop nie, om dan te skiet. Dog om elfuur, kort voor die hofsitting finaal gesluit is en toe my suspisie hoog geloop het, Iaat ek die polisie roep wat kort duskant Orange Grove is. Ek Iaat die polisiehoofde se instruksies lees: 'Stop alle karre. Bewapen polisie. Skiet as nie stop nie.' Die beëdigde verklarings van verskillende polisiekeamptes was teenstrydig: Orange Grove se man sweer dat hy die bevel so ontvang het, en die hoof van Marshallplein ontken dat hy dit gestuur het. Maar die volgende dag kom ‘n konstabel van Hospitaal-heuwel se stasie en verklaar dat hy die boodskap na Orange Grove deurgestuur het, maar dat hy daaraan toegevoeg het: 'Skiet as nie stop nie' ”.

En verder het adv. Van Hees deur ondervraging van ‘n vrywillige getuie aan die Iig gebring dat die pakkiste oor die pad by Orange Grove gestapel is om motors te keer en die insittende persone te waarsku dat die polisie Iangs die paaie staan, gewapende polisie. Daardie versigtigheidsmaatreël is egter opgehef net voor die motor van genl. Beyers daar aankom. Toe is die kiste gedeeltelik weggeneem, sodat voertuie deur die opening kon ry. Daarmee het die polisie opgehou om die reisende publiek te waarsku teen die gevaar wat gewapende polisie Iangs die paaie veroorsaak. Adv. Van Hees deel mee: "Ek Iaat die polisie van Orange Grove roep om daardie punt te ondersoek. Op my vraag waarom hulle nie in hulle getuienis iets gemeld het van daardie kiste nie, en hoekom het hulle die hof onder ’n verkeerde indruk gebring, het hulle geantwoord: 'Omdat ons daaroor nie ondervra is nie.’

"By verdere kruisverhoor blyk daar toe dat Orange Grove so teen sewe-uur van Marshallplein die aand instruksies gekry het om die pad toe te maak, sodat mense nie ongewaarsku die moordkuil, Johannesburg, sou binnery nie; dat al die motors deur die kiste gekeer en die reisigers gewaarsku is; dat die polisie om agtuur instruksie gekry het om die kiste weg te neem, en dat die eerste motor wat daarna deurgekom het, die voertuig van die twee generaals was. Hierdie motor is toegelaat om Johannesburg in te ry sonder waarskuwing. En die Regering het geweet dat die twee generaals om sewe-uur van Pretoria af weg is en omtrent agtuur by Orange Grove sou aankom en dat Johannesburg gevaarIik was om in te ry. HuIIe was bewus van die feit dat genl. De la Rey se plan was om na Potchefstroom te gaan en dat die generaals niks kon weet van polisiemaatreëls wat op Johannesburg getref is nie. Ook kon hulle vermoed dat genl. De la Rey nie sou stilhou as hy gewapende polisie sien nie deurdat genl. De la Rey en genl. Beyers sou dink dat die polisiewagte daar opgestel is om hulle te keer. En die outoriteite kon wel uitreken dat as die generaals ongewaarsku die Rand se wêreld inry, hulle vroeër of later sou vasbrand. Daarom het kulle die pakkiste Iaat wegneem net voor die aankoms van die generaals se motor op Orange Grove.”

En verder gee adv. Van Hees as sy uitspraak: "Dat die doodskiet van genl. De la Rey 'n ongeluk is, maar dis die soort van ongeIukke wat die polisie kan verwag as hulle onder daardie omstandighede reisigers ongewaarsku Iaat aangaan soos by Orange Grove gebeur ket met die twee generaals."

Nog treffender deur sy onverklaarbaarheid is die gedrag van sub-inspekteur E. C. Leech wat die bevel gehad het oor die polisie op die Wesrand. Hy het die instruksies om te skiet telefonies teruggetrek by al die plekke waarvoor hy verantwoordelik was. Maar op Langlaagte het hy dit eers later gedoen onder omstandighede wat verder uiteengesit sal word. Die namiddag Iaat was Leech in die kantoor van sy hoof, maj. Douglas van Marshallplein, en die nie-skietbevel is van Leech op sy hoofkantoor, Fordsburg, telefonies ontvang, na al die ander stasies maar nie telefonies deurgestuur aan die belangrikste van al die stasies onder die omstandighede nie want die oop, grys motor met drie persone daarin (die twee generaals en bestuurder Wagner) moes verby die gewapende polisiemagte kom, wat deur Langlaagte daar opgestel is.

Adv. Van Hees het by die hofondersoek Leech spesiaal teruggeroep na hy klaar was met sy hoofgetuienis, om te vra: waarom hy nie ook Langlaagte al van Marshallplein af telefonies Iaat weet het nie. Sy gerieflike antwoord was dat die telefoon van Marshallplein baie besig was.

Maar selfs as hy van Fordsburg af getelefoneer het na Langlaagte, sou dit hierdie stasie nog betyds bereik het om die noodlottige skoot wat genl. De la Rey se Iewe gekos het, veilig te keer.

En Leech het verder gesê dat dit net toevallig was dat hy op ’n motorfiets na Langlaagte gery het (pleks van om te telefoneer). Hy kon ook na Aucklandpark gegaan het, maar hy voeg daarby: "AIIe instruksies van enige belang is daardie aand oorgetelefoneer na die verskillende polisieposte" -  behalwe dan die allerbelangrikste, naamlik Langlaagte. Daarheen het hy gery op sy motorfiets – om wat te gaan maak?  Maar hy verklaar dat dit toeval was,dat hy net sowel na 'n ander plek oppad kon wees...

Leech het gedurende sy verskyning in die hof Iiggaamlik uitgeput en hoogs bekommerd gelyk. Sy oë was bloedbelope en blykbaar het hy moeite gehad om sy aandag toe te spits op die gang van sake.

Die groot vraag wat hom onweerstaanbaar opdring: was sub-inspekteur Leech se antwoord aan die Hof van Ondersoek die waarheid? Dit was sekerlik nie bevredigend nie. Die aand kry die polisieposte (o.a. Langlaagte) bevel dat orals wagte uitgestuur moet word, gewapen met gelaaide gewere en bajonette, om alle motors te keer. Na sommige stasies kom die skietbevel daarby. Die Iaaste is nie van te veel betekenis nie, want as konstabels van daardie tyd (en van nou!) op hierdie manier gewapend uitgestuur word, weet hulle dat dit nie is om te wys hoe manhaftig hulle kan marsjeer nie, maar om die wapen te gebruik waar hulle dit wenslik ag. Baie van die konstabels was toe nog ou Tommies uit die Driejarige Oorlog. Drury was van hulle.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2378 gaste aanlyn