Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ghandi het op 'n keer gesê: "Julle Christene het 'n dokument in julle besit met genoeg dinamiet daarin om die hele beskawing op te blaas; om die wêreld onderstebo te keer, om vrede na hierdie oorlggeteisterde wêreld te bring. Maar julle lees dit asof dit net goeie literatuur is!" Wat 'n skandvlek op ons Christendom!
WIE IS DIE SKULDIGES (15)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
DIE HOFSAAK (1)
'n Groot deel van die publiek het onvoorwaardelik gegIo dat genl. De la Rey nie deur ‘n ongeluk gesterf het nie en dat die koeël eintlik vir genl. Beyers bedoel was. Enkele bekende mense het daaraan openlik uiting gegee. Senator A. D. W. Wolmarans het in ‘n onderhoud met ons Nasionale Blad "Het Volk" die verantwoordelikheid vir die hele, droewige gebeurtenis op die Regering gegooi. Daardie onderhoud was deur die senator in nog krasser woorde gestel as wat dit uiteindelik gepubliseer is, maar "A.D.W.” was op ‘n wenk van my as verantwoordelike editeur van die blad, dadelik bereid om enkele van sy skerpste uitdrukkings te versag. Maar selfs soos dit gedruk is, het dit groot ergernis in die regeringskringe opgewek; en toe uit verskillende dele van die land dieselfde en krasser opinies gehoor word, het die regering besluit om ‘n Regterlike Kommissie van Ondersoek aan te stel. Senator Wolmarans is een van die wat voor daardie Iiggaam geroep is, en ook genl. Petrus J. Liebenberg, wat (volgens ‘n verslag deur 'n regeringsondersteuner, Volksraadslid Neser van Klerksdorp) op 26 Desember vir ‘n groot byeenkoms gesê het: "GenI. De la Rey is moedswillig, opsetlik doodgeskiet.”
Na die Hof van Ondersoek saamgestel is, moes altwee daarvoor verskyn. Genl. Liebenberg het onmiddellik moreel inmekaar gesak, ‘n swakheid wat hom by ‘n latere, gewigtiger geleentheid in verband met rebellie, nog ‘n keer oorgekom het. Senator Wolmarans het egter sy siening kragtig gehandhaaf en sy redenering gebaseer op die beskouing dat die regering die verantwoordelikheid dra vir die offisiële dade van sy amptenare.
Die instelling van so 'n hof het geregverdig gelyk, want die bloedige dade in verband met die Fosterbende en die onverklaarbare dinge wat plaasgevind het, moes lei tot verwarring en suspisie by die publiek. Die Fosterbende was ‘n koelbloedige spul moordenaars wie se misdade aanleiding gegee het tot die dood van ‘n tiental persone en die verwonding van vyf. HuIIe het drie polisiebeamptes (onder wie sersant Mynott) doodgeskiet; een burgerlike vermoor; hulle was die oorsaak dat dr. Grace en genl. De la Rey hulle Iewens verloor het; dat sub-inspekteur Leech selfmoord gepleeg het; en verder het al drie die bandiete (die vrou het pad gegee) huIIeself doodgeskiet toe hulle aan die oostekant van Johannesburg in 'n klipgat vasgekeer is. Mev. Grace en vier mans, onder wie twee konstabels, is gewond.
Ofskoon die opdrag aan die hof was om ondersoek in te stel na die polisiegebeurtenisse het dit geblyk dat die regeringsdoel ook en vernaamlik was om uit te vind wat daar agter die gedrag van genls. De la Rey en veral van genl. Beyers geskuil het. Daarom is kol. Burgess van die Verdedigingsmag as getuie geroep, en daarom is genl. Beyers deur adv. De Waal langdurig ondervra. Hy (die skoonseun van genl. Botha) het naamlik vir die regering opgetree. Die voorsitter was regter Gregorowski, en adv. Bertie van Hees het namens die familiebetrekkinge verskyn.
Die Hof het gesit van 22 tot 29 September, die Iaaste skof in Pretoria, omdat genl. Beyers die hoofstad vir sy eie veiligheid wensliker geag het.
Adv. Van Hees het sy opinies en indrukke as regskundige verteenwoordiger van die familie in die sewedaagse hofsitting opgeteken en aan my oorhandig. Hy bevestig dat adv. De Waal alles probeer uitvind het omtrent genl. Beyers se bedanking en sy verhouding tot genl. De la Rey; verder wat die twee se bedoeIings was met die besoek aan die militêre kamp te Potchefstroom; die redes waarom genl. Beyers vir genl. De la Rey op 15 September Pretoria toe Iaat kom het; en veral dit: "Die Regering wou Iaat uitkom dat Beyers sy ouere vriend wou verlei om aan 'n opstand deel te neem en dat die Voorsienigheid in die verskyning van die Fosterbende die hele beweging Iaat misluk het.”
Hierdie opmerking van die skrander advokaat is van belang ook met die oog op die verdere verhouding tussen die hoofde van die regering en genl. Beyers, soos in die volgende hoofstuk uiteengesit sal word.
Omtrent die pakkiste, wat as versperring op die pad by Orange Grove (Johannesburgse pad) opgestel was, net na die twee generaals Pretoria verlaat het, gee Bertie van Hees die volgende interessante beskouings :
"Die polisiehoofde van Marshallplein (die hoofkwartier) het byna tot die Iaaste dag van die ondersoek in die hof ontken dat hulle aan die polisie van Orange Grove instruksies gegee het om motors voor te keer en as die motors nie stop nie, om dan te skiet. Dog om elfuur, kort voor die hofsitting finaal gesluit is en toe my suspisie hoog geloop het, Iaat ek die polisie roep wat kort duskant Orange Grove is. Ek Iaat die polisiehoofde se instruksies lees: 'Stop alle karre. Bewapen polisie. Skiet as nie stop nie.' Die beëdigde verklarings van verskillende polisiekeamptes was teenstrydig: Orange Grove se man sweer dat hy die bevel so ontvang het, en die hoof van Marshallplein ontken dat hy dit gestuur het. Maar die volgende dag kom ‘n konstabel van Hospitaal-heuwel se stasie en verklaar dat hy die boodskap na Orange Grove deurgestuur het, maar dat hy daaraan toegevoeg het: 'Skiet as nie stop nie' ”.
En verder het adv. Van Hees deur ondervraging van ‘n vrywillige getuie aan die Iig gebring dat die pakkiste oor die pad by Orange Grove gestapel is om motors te keer en die insittende persone te waarsku dat die polisie Iangs die paaie staan, gewapende polisie. Daardie versigtigheidsmaatreël is egter opgehef net voor die motor van genl. Beyers daar aankom. Toe is die kiste gedeeltelik weggeneem, sodat voertuie deur die opening kon ry. Daarmee het die polisie opgehou om die reisende publiek te waarsku teen die gevaar wat gewapende polisie Iangs die paaie veroorsaak. Adv. Van Hees deel mee: "Ek Iaat die polisie van Orange Grove roep om daardie punt te ondersoek. Op my vraag waarom hulle nie in hulle getuienis iets gemeld het van daardie kiste nie, en hoekom het hulle die hof onder ’n verkeerde indruk gebring, het hulle geantwoord: 'Omdat ons daaroor nie ondervra is nie.’
"By verdere kruisverhoor blyk daar toe dat Orange Grove so teen sewe-uur van Marshallplein die aand instruksies gekry het om die pad toe te maak, sodat mense nie ongewaarsku die moordkuil, Johannesburg, sou binnery nie; dat al die motors deur die kiste gekeer en die reisigers gewaarsku is; dat die polisie om agtuur instruksie gekry het om die kiste weg te neem, en dat die eerste motor wat daarna deurgekom het, die voertuig van die twee generaals was. Hierdie motor is toegelaat om Johannesburg in te ry sonder waarskuwing. En die Regering het geweet dat die twee generaals om sewe-uur van Pretoria af weg is en omtrent agtuur by Orange Grove sou aankom en dat Johannesburg gevaarIik was om in te ry. HuIIe was bewus van die feit dat genl. De la Rey se plan was om na Potchefstroom te gaan en dat die generaals niks kon weet van polisiemaatreëls wat op Johannesburg getref is nie. Ook kon hulle vermoed dat genl. De la Rey nie sou stilhou as hy gewapende polisie sien nie deurdat genl. De la Rey en genl. Beyers sou dink dat die polisiewagte daar opgestel is om hulle te keer. En die outoriteite kon wel uitreken dat as die generaals ongewaarsku die Rand se wêreld inry, hulle vroeër of later sou vasbrand. Daarom het kulle die pakkiste Iaat wegneem net voor die aankoms van die generaals se motor op Orange Grove.”
En verder gee adv. Van Hees as sy uitspraak: "Dat die doodskiet van genl. De la Rey 'n ongeluk is, maar dis die soort van ongeIukke wat die polisie kan verwag as hulle onder daardie omstandighede reisigers ongewaarsku Iaat aangaan soos by Orange Grove gebeur ket met die twee generaals."
Nog treffender deur sy onverklaarbaarheid is die gedrag van sub-inspekteur E. C. Leech wat die bevel gehad het oor die polisie op die Wesrand. Hy het die instruksies om te skiet telefonies teruggetrek by al die plekke waarvoor hy verantwoordelik was. Maar op Langlaagte het hy dit eers later gedoen onder omstandighede wat verder uiteengesit sal word. Die namiddag Iaat was Leech in die kantoor van sy hoof, maj. Douglas van Marshallplein, en die nie-skietbevel is van Leech op sy hoofkantoor, Fordsburg, telefonies ontvang, na al die ander stasies maar nie telefonies deurgestuur aan die belangrikste van al die stasies onder die omstandighede nie want die oop, grys motor met drie persone daarin (die twee generaals en bestuurder Wagner) moes verby die gewapende polisiemagte kom, wat deur Langlaagte daar opgestel is.
Adv. Van Hees het by die hofondersoek Leech spesiaal teruggeroep na hy klaar was met sy hoofgetuienis, om te vra: waarom hy nie ook Langlaagte al van Marshallplein af telefonies Iaat weet het nie. Sy gerieflike antwoord was dat die telefoon van Marshallplein baie besig was.
Maar selfs as hy van Fordsburg af getelefoneer het na Langlaagte, sou dit hierdie stasie nog betyds bereik het om die noodlottige skoot wat genl. De la Rey se Iewe gekos het, veilig te keer.
En Leech het verder gesê dat dit net toevallig was dat hy op ’n motorfiets na Langlaagte gery het (pleks van om te telefoneer). Hy kon ook na Aucklandpark gegaan het, maar hy voeg daarby: "AIIe instruksies van enige belang is daardie aand oorgetelefoneer na die verskillende polisieposte" - behalwe dan die allerbelangrikste, naamlik Langlaagte. Daarheen het hy gery op sy motorfiets – om wat te gaan maak? Maar hy verklaar dat dit toeval was,dat hy net sowel na 'n ander plek oppad kon wees...
Leech het gedurende sy verskyning in die hof Iiggaamlik uitgeput en hoogs bekommerd gelyk. Sy oë was bloedbelope en blykbaar het hy moeite gehad om sy aandag toe te spits op die gang van sake.
Die groot vraag wat hom onweerstaanbaar opdring: was sub-inspekteur Leech se antwoord aan die Hof van Ondersoek die waarheid? Dit was sekerlik nie bevredigend nie. Die aand kry die polisieposte (o.a. Langlaagte) bevel dat orals wagte uitgestuur moet word, gewapen met gelaaide gewere en bajonette, om alle motors te keer. Na sommige stasies kom die skietbevel daarby. Die Iaaste is nie van te veel betekenis nie, want as konstabels van daardie tyd (en van nou!) op hierdie manier gewapend uitgestuur word, weet hulle dat dit nie is om te wys hoe manhaftig hulle kan marsjeer nie, maar om die wapen te gebruik waar hulle dit wenslik ag. Baie van die konstabels was toe nog ou Tommies uit die Driejarige Oorlog. Drury was van hulle.
Vervolg...