NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

'n Intelligente mens wat sy waarde ken, is altyd beskeie want hy hoef nie dekking te soek vir iets in homself nie. Daarby plaas nederigheid 'n mens ver buite bereik van die satan.

WIE IS DIE SKULDIGES (20)

Harm Oost

"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".

Lees reeks by Wie is die skuldiges

Genl Beyers as Kommandant-generaal van die Burgermagte (3)

"Die bewering dat Engeland in die oorlog gegaan het om reg en geregtigheid ontwil, om die onafhanklikheid van klein nasies te beskerm en om traktate na te kom, word nie geglo deur 'n sterk faksie in Engeland self nie en is ook in stryd met ons eie ondervindings. En terwyl daar beweer word dat die oorlog gevoer word teen die "barbaarsheid van die Duitsers, herinner ons ons die barbaarshede in ons eie land gepleeg" gedurende die Driejarige Oorlog skaars elf jaar gelede. Ons het vergewe, maar nie vergeet nie. Dat die imperiale regering £7 miljoen as 'n Iening aan ons toegestaan het, is betekenisvol. Die publiek word deur die minister van Verdediging bang gemaak met die afkondiging dat Duitsland besluit het om Suid-Afrika te annekseer. Dis die gewone nasionale suspisie wat in dergIike gevalle ontstaan en die gevaar daarvoor sal verhaas word as ons die Duitse gebied inval sonder enige provokasie. Die beweringe dat die Duit­sers reeds ons grense geskend het, is weer eens 'n leuen deur Engeland en totaal ongegrond."

Genl. Beyers het van die begin af 'n duidelike uitgangspunt vir homself vasgestel. Aan die regering het hy gesê dat hy téén die oorlog teen Duitsland is; en teenoor sy vriende wat met planne vir 'n opstand teen die regering rondgeloop het, was sy houding net so beslis; hy sal aan daardie planne nie deelneem nie, "want dis sonde”.

Dis nou 'n tyd van geheimsinnighede. Om politieke redes, vir persoonlike veiligheid, vir militêre nuttigheid of om watter ander rede ook steek die regering sy planne soveel moontlik weg; en ook probeer die Ieiers van die anti-regeringsmense om hulle onderIinge besprekings tot die kleins moontlike getal vertroudes te Iaat beperk. Ons sou van hierdie periode baie min weet as daar nie aantekenings gemaak of verklarings afgelê was nie. Die wat tot nog toe offisiëel in blouboeke gepubliseer is, is meestal onbetroubaar, want hulle het bewus of onbewus die bedoeling om waar nodig, die kant van die regering valslik skoon te was  - en dit was op baie plekke nodig!

Hier volg ’n (onvolledige) Iys van persone wie se mededelings (wat verstrek is kort ná die betrokke gebeurtenisse plaasgevind het) gebruik is vir die samestelling van die verdere deel van hierdie hoofstuk: mev. genl. Beyers, Piet Grobler, ds. Van Broekhuizen, Sarel Alberts, J. J. Pienaar, Piet Jooste, J. J. Wolmarans, J. H. Conradie, Jan Kemp. "Apie” Bezuidenhout, Joubertjie, Gustav Preller, ds. Hendrik Boshoff, Barend CilIiers, Frans Westmaas, J. A. Wagner (motorbestuurder van die generaaI), R. S. v. d. Walt, D. J. Steenkamp, Niklaas Serfontein, genl. De Wet en Izak Claasen.

Dan is gebruik gemaak van telegrafiese rapporte en instruksies van genl. Smuts en bevelvoerende offisiere; ook van gepubliseerde dokumente soos blouboeke; van koerantverslae en opinies. Dit alles word aangevul met my eie herinnerings. Uit al die graankorrels is 'n meel gemaal, wat, Iaat ons vertrou, die wit kleur van waarheid sal toon.

Genl. Beyers het swaar gelewe van die oomblik af dat hy die berig omtrent die uitbreek van die oorlog gekry het. Dit het geskied op die aand van 4 Augustus 1914, op sy plaas by Pretoria. Sy motorbestuurder, wat hom elke dag kantoor toe ry, het op die stoep van die plaashuis gesit. Die generaal het al gaan rus. Dit was omtrent half elf die aand toe kom daar 'n soldaat in uniform op 'n motorfiets aan. (Die militêre rapportryers het in daardie dae uitsluitend van daardie soort voertuie gebruik gemaak.) Hy bring, soos hy gesê het, 'n dokument van groot belang en versoek dat die generaal daarvan dadelik op hoogte gestel moet word. Toe genl. Beyers die rapport gelees het, sê hy dat Engeland die oorlog verklaar het aan Duitsland.

Daar is min mense wat beskik oor 'n mate van selfbeheersing soos genl. Beyers gehad het. In die oorlogsveld sowel as in die gewone Iewe het nooit iets sy ewewigtigheid opsigtelik kon versteur nie. Selfs op die aand van 15 September 1914, na hy al 'n dag van buitengewone spanning deurgemaak het, het hy kalm gebly toe genl. De la Rey langs hom in die motorkar doodgeskiet is.

Maar die oorlogsrapport het hom blykbaar gepak. Hy het kombuis toe gestap en tee Iaat maak. Hy was terneergedruk, en vir die motorbestuurder gee hy instruksies om die volgende oggend sesuur gereed te wees om van die plaas af kantoor toe te ry. Die gewone tyd van vertrek was agtuur. Die volgende dag sou hy twee uur vroeër ry. Die nag het hy rusteloos rondgeloop.

En toe hy die volgende dag (die vyfde) terugkom van kantoor af, het hy reeds te kenne gegee dat hy sou gaan aftree as kom­mandant-generaal: die invalsplanne van die regering was hom blykbaar nie onbekend nie.

Maar hy het 'n maand en tien dae gewag voor hy sy bedanking aan genl. Smuts getelegrafeer het: die ministers was toe nog in die Kaap, net ná die buitengewone parlementsitting. Dit was juis die parlementsbesluit om aan die oorlog deel te neem wat hom finaal Iaat besluit het. Hy het gehoop (soos verskeie ander volksvoormanne) en selfs verwag dat die volksverteenwoordiging nie in slaafse onderwerping aan die Botha-Smuts-poIitiek, so 'n beleid van Iandroof ten bate van die empaaier sou aanvaar nie. Eers toe hy daarin teleurgestel is, bedank hy.

Genl. Beyers het sy aftrede as kommandant-generaal meegedeel en die redes daarvoor uiteengesit in 'n dokument wat aan die minister van Verdediging, Kaapstad toe getelegrafeer is. Dit is dieselfde dag, 15 September 1914, ook aan die koerante oorhandig. Die twee Ieidende ministers was nog in die Kaap, na die parlementsitting. Die bedankbrief is van klassieke betekenis, omdat dit uitdrukking gee aan die volksoortuiging en -gevoelens ten opsigte van die oorlog sowel as aan die herinnerings wat daardie oorlog wakker gemaak het. Hy skryf dat hy reeds aan die twee ministers in Augustus te kenne gegee het dat hy teen die planne van verowering was en op die punt gestaan het om af te tree, dog verwag het dat die parlement daardie planne sou verwerp. Tot sy groot verbasing het dit nie gebeur nie, en hy is daarvan seker dat as die Afrikaners 'n kans sou gekry het om hul opinie te uiter, die uitslag anders sou gewees het.

Die bewering dat Engeland in die oorlog gegaan het om reg en geregtigheid ontwil, om die onafhanklikheid van klein nasies te beskerm en om traktate na te kom, word nie geglo deur 'n sterk faksie in Engeland self nie en is ook in stryd met ons eie ondervindings. En terwyl daar beweer word dat die oorlog gevoer word teen die "barbaarsheid van die Duitsers, herinner ons ons die barbaarshede in ons eie land gepleeg" gedurende die Driejarige Oorlog skaars elf jaar gelede. Ons het vergewe, maar nie vergeet nie. Dat die imperiale regering £7 miljoen as 'n Iening aan ons toegestaan het, is betekenisvol. Die publiek word deur die minister van Verdediging bang gemaak met die afkondiging dat Duitsland besluit het om Suid-Afrika te annekseer. Dis die gewone nasionale suspisie wat in dergIike gevalle ontstaan en die gevaar daarvoor sal verhaas word as ons die Duitse gebied inval sonder enige provokasie. Die beweringe dat die Duit­sers reeds ons grense geskend het, is weer eens 'n leuen deur Engeland en totaal ongegrond.

Die oorlog sal tog in Europa beslis word, aldus genl. Beyers verder. As die Duitsers die oorlog gaan wen, het ons 'n heilige skone saak om ons land tot die uiterste te verdedig, mits ons intussen binnekant ons eie Iandsgebied bly. As ons aangeval word, sal ons volk as een man opstaan tot verdediging van ons regte. Maar die kommando van 8,000 Duitsers, nou in die Duitse gebied, sal nie so dwaas wees om 'n aanval op ons land te waag nie. As die Unie sou aangeval word, sal Boer en Brit Iangs mekaar staan vir die verdediging van die land, en hy (genl. Beyers) sou in sodanige geval dit as 'n groot eer en voorreg beskou om aan die hoof van ons strydmagte te staan tot die verdediging van sy vaderIand.

Genl. Beyers meen dat die parlement die verdedigingswet, waarvan artikel 1 bepaal dat ons strydmagte alleen gebruik mag word tot verdediging van die Unie, onwetlik deur 'n informele besluit verander het. Dis in stryd met die parlementêre prosedure. Die verdedigingswet Iaat ons nie toe om die vyand oor die grens te gaan haal en só die vuur aan die brand te steek nie.

Genl. Botha (aldus die genl Beyers se brief verder) het in sy redevoeringe aangekhaal van die hulp wat die Belge en die Franse aan ons verleen het ná die Driejarige Oorlog. Het die Duitsers ons dan nie ook gehelp nie, en was hulle ons nie altyd goedgesind gewees nie? Waarom dan somaar vyande van hul maak!

Ten slotte sê genl. Beyers dat hy onder die teenswoordige omstandighede geen kans sien om aanvallend op te tree nie. Hy protesteer ten sterkste daarteen om die burgermagte van die Unie oor die grense te stuur. Waar sal die vuur uitbrand, nou deur die regering aangesteek? Om al dié redes Iê hy sy betrekking as kommandant-generaal neer, en ook sy rang as brigadier-generaal. "Voor my is deze de enige weg van geloof, plicht en eer tegenover myn volk... Ik heb steeds getracht myn plicht naar myn beste overtuiging uit te voeren, en't grieft my innigIik, dat't op deze wyze eindigen moet.”

Die opoffering was sekerlik vir genl. Beyers baie groot, want hy was vol ideale vir die toekoms, tot hierdie wrede slag gekom het. En ook geldelik het dit hom baie sleg gepas om te bedank, want De Dammen was 'n duur plaas en daar is by die aankoop beweer dat genls. Botha en Smuts nie sonder welgevalle verneem het hoe groot die skuld is wat genl. Beyers moes aangaan nie. Dit sou hom vaster bind.

Maar tog nie vas genoeg om Iosbreek te belet nie, toe die stem van die gewete hom gedring het. "Ik zie geen kans onder de tegenwoordige omstandigheden aanvallenderwyze op te treden, en als iemand die zyn land en volk innig lief heeft, protesteer ik ten sterkste er tegen, dat de Burgermachten der Unie over de grenzen gezonden zullen worden. Wie kan zeggen waar het vuur dat de Regering besloten heeft aan te steken, uitbranden zal?"

Genl. Beyers het presies geweet hoe ontvlambaar die brandstof was wat opgekoop Iê in die noordwestelike Kaap. En dit was genls. Botha en Smuts ook bekend. Maar genl. Beyers wou nie die verantwoordelikkeid saam dra om die vuurhoutjie daarin te steek nie. Al wat hy doen, is ernstig protesteer. Sy gedrag was van die begin af een van protes. Daarvoor gee hy sy hoë posisie prys.

En daarin word hy gesteun deur die grootste volksleiers, soos genl. De Wet en president Steyn, wat in die hou van volksvergaderings 'n afleiding gesien het vir die altyd dreigender onrus onder die Afrikanerdom.

Die oorgeseinde bedanksbrief van genl. Beyers het genls. Botha en Smuts Iaat dink dat hulle teenwoordigheid in Pretoria nou dringend nodig is. Dieselfde dag, 15 September, besluit hulle om met die trein na die noorde te vertrek. Maar voor hulle kon inklim, kry hulle nog 'n telegram, naamlik dat genl. De la Rey doodgeskiet is. Die toestand het onberekenbaar ernstig geword.

Genl. Smuts het nie dadelik vir genl. Beyers geantwoord nie, maar vier dae gewag tot hy op sy kantoor terug is. Hy het egter verspreiding van genl. Beyers se brief in die Unie en die buiteIand belet.

Die bedanking van genl. Beyers het glo op genl. Smuts, volgens sy antwoord, 'n baie pynlike indruk nagelaat. Dit was hom bekend dat genl. Beyers sekere besware teen die krygsoperasies in Suidwes gehad het, maar "nooit kwam ik onder die indruk dat u bedanken zou." Smuts meen verder: Inteendeel, al die informasie in besit van die regering is aan hom (Beyers) meegedeel, al die planne is met hom bespreek en sy advies is meesal gevolg. Die hoofoffisiere van die afdelings is op sy aanbeveling of met sy goedkeuring aangestel, en die plan van operasies is meestal van hom afkomstig op 'n konferensie van offisiere. Smuts se opdrag aan hom was - terwyl Smuts in die Kaap vertoef — om die Duitse grens te besoek; en dit was duidelik tussen huIIe twee dat, as die samewerking tussen die verskillende afdelings prakties sou word, Beyers die opperbevel in Duitswes op hom sou neem. Die parlement het die houding van die regering goedgekeur, en mens sou dink dat dit die saak vir Beyers makliker sou maak. "Maar nu vind ik, dat u verwacht had, dat het Parlement de houding der Regering zou afkeuren en dat uw teleurstelling in deze de reden is geworden van uw onverwachte handelwyze." (Die ou politeke strategie om die skuld na 'n ander te skuif...)

Smuts beweer voorts dat Beyers sy redes uiteengesit het in 'n lang politieke betoog wat eers lank na publikasie in die hande van die regering gekom het. Dit het glo op Smuts se kollegas 'n besonder onaangename indruk gemaak. En dit is sogenaamd nog vererger, deurdat Beyers 'n bittere aanval op Groot Brittanje gemaak het, wat nie alleen heeltemal ongemotiveer is nie, maar nog soveel meer ongepas, omdat dit kom te midde van 'n groot oorlog van die kommandant- generaal van een van die Britse dominiums.

Beyers se verwysing na barbaarshede van die Suid-Afrikaanse oorlog kan nie die misdadige verwoesting van België regverdig nie "en kan alleen berekend zyn haat en tweedracht onder die Afrikaanse bevolking te zaaien.” Smuts meen Beyers vergeet gerieflikheidsonthalwe om te meld dat die Britse volk aan hulle volkome vryheid gegee het onder instellings wat dit vir hulle moontlik maak om hulle nasionale ideale Iangs eie weg te verwesenlik, en wat dit byvoorbeeld vir Beyers moontlik maak om "ongedeerd 'n brief te schryven, waarvoor u in het Duitse Ryk zonder twyfel het ergste lot zou (hebben) ondergaan.”

Verder kom genl. Smuts met 'n herhaling van die bewerings, reeds in die parlementêre besprekings deur hom en genl. Botha geuiter, naamlik dat nie ons of Engeland die aanvallers is nie, maar Oostenryk-Hongarye en Duitsland; dat Duitse skepe ons mailbote (lees: skepe van die Britse Union Castle Mpy. - Skr.) aangehou en oor ons grense gekom het. Ons, saam met die Britse Ryk, verdedig glo maar net.

Genl. Smuts beskou genl. Beyers se opmerkings omtrent die sewemiljoen pond-Iening wat Engeland aan Suid-Afrika toegeken het as van uiters "growwe aard . . . Alleen bewyst het hoe u verblind geword het door politieke drogredenen." Hoor wie praat!

En waar genl. Beyers geskryf het van plig en eer, bedoel genl. Smuts dat hy (Smuts) hom veral vir die Afrikaners "niets meer in stryd met plicht en eer, niets noodlottiger en vernederender kan voorstellen dan 'n politiek van Iip-Iojaliteit in mooi weer en van neutraliteit of Duitsgezindheid in dagen van onweer en zware beproeving."

Genl. Smuts eindig sy antwoord deur dit as sy oortuiging te kenne te gee dat die volk die regering sal steun in die uitvoering van die opdrag van die parlement, en dat die volk sy "plig" teenoor Suid-Afrika en die empaaier sal nakom, en sy duurgewonne eer vlekloos vir die toekoms sal bewaar. (Maar in waarheid is dit ons duurverlore vryheid, veroorsaak deur dieselfde empaaier wat ons land en volk elf jaar tevore in hel gedompel het).

Weer vier dae later het genl. Beyers op hierdie antwoord van genl. Smuts kortliks geskryf dat hy (Beyers) sy handeling sowel as die geloofwaardigheid van sy bewerings met die volste vertroue aan die volk oorlaat om te oordeel. En dan nog net hierdie woorde: "Wat de geschiedenis niet alrede daarvan staaft zal de toekomst verklaren."

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2297 gaste aanlyn