Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
'n Intelligente mens wat sy waarde ken, is altyd beskeie want hy hoef nie dekking te soek vir iets in homself nie. Daarby plaas nederigheid 'n mens ver buite bereik van die satan.
WIE IS DIE SKULDIGES (20)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
Genl Beyers as Kommandant-generaal van die Burgermagte (3)
"Die bewering dat Engeland in die oorlog gegaan het om reg en geregtigheid ontwil, om die onafhanklikheid van klein nasies te beskerm en om traktate na te kom, word nie geglo deur 'n sterk faksie in Engeland self nie en is ook in stryd met ons eie ondervindings. En terwyl daar beweer word dat die oorlog gevoer word teen die "barbaarsheid van die Duitsers, herinner ons ons die barbaarshede in ons eie land gepleeg" gedurende die Driejarige Oorlog skaars elf jaar gelede. Ons het vergewe, maar nie vergeet nie. Dat die imperiale regering £7 miljoen as 'n Iening aan ons toegestaan het, is betekenisvol. Die publiek word deur die minister van Verdediging bang gemaak met die afkondiging dat Duitsland besluit het om Suid-Afrika te annekseer. Dis die gewone nasionale suspisie wat in dergIike gevalle ontstaan en die gevaar daarvoor sal verhaas word as ons die Duitse gebied inval sonder enige provokasie. Die beweringe dat die Duitsers reeds ons grense geskend het, is weer eens 'n leuen deur Engeland en totaal ongegrond."
Genl. Beyers het van die begin af 'n duidelike uitgangspunt vir homself vasgestel. Aan die regering het hy gesê dat hy téén die oorlog teen Duitsland is; en teenoor sy vriende wat met planne vir 'n opstand teen die regering rondgeloop het, was sy houding net so beslis; hy sal aan daardie planne nie deelneem nie, "want dis sonde”.
Dis nou 'n tyd van geheimsinnighede. Om politieke redes, vir persoonlike veiligheid, vir militêre nuttigheid of om watter ander rede ook steek die regering sy planne soveel moontlik weg; en ook probeer die Ieiers van die anti-regeringsmense om hulle onderIinge besprekings tot die kleins moontlike getal vertroudes te Iaat beperk. Ons sou van hierdie periode baie min weet as daar nie aantekenings gemaak of verklarings afgelê was nie. Die wat tot nog toe offisiëel in blouboeke gepubliseer is, is meestal onbetroubaar, want hulle het bewus of onbewus die bedoeling om waar nodig, die kant van die regering valslik skoon te was - en dit was op baie plekke nodig!
Hier volg ’n (onvolledige) Iys van persone wie se mededelings (wat verstrek is kort ná die betrokke gebeurtenisse plaasgevind het) gebruik is vir die samestelling van die verdere deel van hierdie hoofstuk: mev. genl. Beyers, Piet Grobler, ds. Van Broekhuizen, Sarel Alberts, J. J. Pienaar, Piet Jooste, J. J. Wolmarans, J. H. Conradie, Jan Kemp. "Apie” Bezuidenhout, Joubertjie, Gustav Preller, ds. Hendrik Boshoff, Barend CilIiers, Frans Westmaas, J. A. Wagner (motorbestuurder van die generaaI), R. S. v. d. Walt, D. J. Steenkamp, Niklaas Serfontein, genl. De Wet en Izak Claasen.
Dan is gebruik gemaak van telegrafiese rapporte en instruksies van genl. Smuts en bevelvoerende offisiere; ook van gepubliseerde dokumente soos blouboeke; van koerantverslae en opinies. Dit alles word aangevul met my eie herinnerings. Uit al die graankorrels is 'n meel gemaal, wat, Iaat ons vertrou, die wit kleur van waarheid sal toon.
Genl. Beyers het swaar gelewe van die oomblik af dat hy die berig omtrent die uitbreek van die oorlog gekry het. Dit het geskied op die aand van 4 Augustus 1914, op sy plaas by Pretoria. Sy motorbestuurder, wat hom elke dag kantoor toe ry, het op die stoep van die plaashuis gesit. Die generaal het al gaan rus. Dit was omtrent half elf die aand toe kom daar 'n soldaat in uniform op 'n motorfiets aan. (Die militêre rapportryers het in daardie dae uitsluitend van daardie soort voertuie gebruik gemaak.) Hy bring, soos hy gesê het, 'n dokument van groot belang en versoek dat die generaal daarvan dadelik op hoogte gestel moet word. Toe genl. Beyers die rapport gelees het, sê hy dat Engeland die oorlog verklaar het aan Duitsland.
Daar is min mense wat beskik oor 'n mate van selfbeheersing soos genl. Beyers gehad het. In die oorlogsveld sowel as in die gewone Iewe het nooit iets sy ewewigtigheid opsigtelik kon versteur nie. Selfs op die aand van 15 September 1914, na hy al 'n dag van buitengewone spanning deurgemaak het, het hy kalm gebly toe genl. De la Rey langs hom in die motorkar doodgeskiet is.
Maar die oorlogsrapport het hom blykbaar gepak. Hy het kombuis toe gestap en tee Iaat maak. Hy was terneergedruk, en vir die motorbestuurder gee hy instruksies om die volgende oggend sesuur gereed te wees om van die plaas af kantoor toe te ry. Die gewone tyd van vertrek was agtuur. Die volgende dag sou hy twee uur vroeër ry. Die nag het hy rusteloos rondgeloop.
En toe hy die volgende dag (die vyfde) terugkom van kantoor af, het hy reeds te kenne gegee dat hy sou gaan aftree as kommandant-generaal: die invalsplanne van die regering was hom blykbaar nie onbekend nie.
Maar hy het 'n maand en tien dae gewag voor hy sy bedanking aan genl. Smuts getelegrafeer het: die ministers was toe nog in die Kaap, net ná die buitengewone parlementsitting. Dit was juis die parlementsbesluit om aan die oorlog deel te neem wat hom finaal Iaat besluit het. Hy het gehoop (soos verskeie ander volksvoormanne) en selfs verwag dat die volksverteenwoordiging nie in slaafse onderwerping aan die Botha-Smuts-poIitiek, so 'n beleid van Iandroof ten bate van die empaaier sou aanvaar nie. Eers toe hy daarin teleurgestel is, bedank hy.
Genl. Beyers het sy aftrede as kommandant-generaal meegedeel en die redes daarvoor uiteengesit in 'n dokument wat aan die minister van Verdediging, Kaapstad toe getelegrafeer is. Dit is dieselfde dag, 15 September 1914, ook aan die koerante oorhandig. Die twee Ieidende ministers was nog in die Kaap, na die parlementsitting. Die bedankbrief is van klassieke betekenis, omdat dit uitdrukking gee aan die volksoortuiging en -gevoelens ten opsigte van die oorlog sowel as aan die herinnerings wat daardie oorlog wakker gemaak het. Hy skryf dat hy reeds aan die twee ministers in Augustus te kenne gegee het dat hy teen die planne van verowering was en op die punt gestaan het om af te tree, dog verwag het dat die parlement daardie planne sou verwerp. Tot sy groot verbasing het dit nie gebeur nie, en hy is daarvan seker dat as die Afrikaners 'n kans sou gekry het om hul opinie te uiter, die uitslag anders sou gewees het.
Die bewering dat Engeland in die oorlog gegaan het om reg en geregtigheid ontwil, om die onafhanklikheid van klein nasies te beskerm en om traktate na te kom, word nie geglo deur 'n sterk faksie in Engeland self nie en is ook in stryd met ons eie ondervindings. En terwyl daar beweer word dat die oorlog gevoer word teen die "barbaarsheid van die Duitsers, herinner ons ons die barbaarshede in ons eie land gepleeg" gedurende die Driejarige Oorlog skaars elf jaar gelede. Ons het vergewe, maar nie vergeet nie. Dat die imperiale regering £7 miljoen as 'n Iening aan ons toegestaan het, is betekenisvol. Die publiek word deur die minister van Verdediging bang gemaak met die afkondiging dat Duitsland besluit het om Suid-Afrika te annekseer. Dis die gewone nasionale suspisie wat in dergIike gevalle ontstaan en die gevaar daarvoor sal verhaas word as ons die Duitse gebied inval sonder enige provokasie. Die beweringe dat die Duitsers reeds ons grense geskend het, is weer eens 'n leuen deur Engeland en totaal ongegrond.
Die oorlog sal tog in Europa beslis word, aldus genl. Beyers verder. As die Duitsers die oorlog gaan wen, het ons 'n heilige skone saak om ons land tot die uiterste te verdedig, mits ons intussen binnekant ons eie Iandsgebied bly. As ons aangeval word, sal ons volk as een man opstaan tot verdediging van ons regte. Maar die kommando van 8,000 Duitsers, nou in die Duitse gebied, sal nie so dwaas wees om 'n aanval op ons land te waag nie. As die Unie sou aangeval word, sal Boer en Brit Iangs mekaar staan vir die verdediging van die land, en hy (genl. Beyers) sou in sodanige geval dit as 'n groot eer en voorreg beskou om aan die hoof van ons strydmagte te staan tot die verdediging van sy vaderIand.
Genl. Beyers meen dat die parlement die verdedigingswet, waarvan artikel 1 bepaal dat ons strydmagte alleen gebruik mag word tot verdediging van die Unie, onwetlik deur 'n informele besluit verander het. Dis in stryd met die parlementêre prosedure. Die verdedigingswet Iaat ons nie toe om die vyand oor die grens te gaan haal en só die vuur aan die brand te steek nie.
Genl. Botha (aldus die genl Beyers se brief verder) het in sy redevoeringe aangekhaal van die hulp wat die Belge en die Franse aan ons verleen het ná die Driejarige Oorlog. Het die Duitsers ons dan nie ook gehelp nie, en was hulle ons nie altyd goedgesind gewees nie? Waarom dan somaar vyande van hul maak!
Ten slotte sê genl. Beyers dat hy onder die teenswoordige omstandighede geen kans sien om aanvallend op te tree nie. Hy protesteer ten sterkste daarteen om die burgermagte van die Unie oor die grense te stuur. Waar sal die vuur uitbrand, nou deur die regering aangesteek? Om al dié redes Iê hy sy betrekking as kommandant-generaal neer, en ook sy rang as brigadier-generaal. "Voor my is deze de enige weg van geloof, plicht en eer tegenover myn volk... Ik heb steeds getracht myn plicht naar myn beste overtuiging uit te voeren, en't grieft my innigIik, dat't op deze wyze eindigen moet.”
Die opoffering was sekerlik vir genl. Beyers baie groot, want hy was vol ideale vir die toekoms, tot hierdie wrede slag gekom het. En ook geldelik het dit hom baie sleg gepas om te bedank, want De Dammen was 'n duur plaas en daar is by die aankoop beweer dat genls. Botha en Smuts nie sonder welgevalle verneem het hoe groot die skuld is wat genl. Beyers moes aangaan nie. Dit sou hom vaster bind.
Maar tog nie vas genoeg om Iosbreek te belet nie, toe die stem van die gewete hom gedring het. "Ik zie geen kans onder de tegenwoordige omstandigheden aanvallenderwyze op te treden, en als iemand die zyn land en volk innig lief heeft, protesteer ik ten sterkste er tegen, dat de Burgermachten der Unie over de grenzen gezonden zullen worden. Wie kan zeggen waar het vuur dat de Regering besloten heeft aan te steken, uitbranden zal?"
Genl. Beyers het presies geweet hoe ontvlambaar die brandstof was wat opgekoop Iê in die noordwestelike Kaap. En dit was genls. Botha en Smuts ook bekend. Maar genl. Beyers wou nie die verantwoordelikkeid saam dra om die vuurhoutjie daarin te steek nie. Al wat hy doen, is ernstig protesteer. Sy gedrag was van die begin af een van protes. Daarvoor gee hy sy hoë posisie prys.
En daarin word hy gesteun deur die grootste volksleiers, soos genl. De Wet en president Steyn, wat in die hou van volksvergaderings 'n afleiding gesien het vir die altyd dreigender onrus onder die Afrikanerdom.
Die oorgeseinde bedanksbrief van genl. Beyers het genls. Botha en Smuts Iaat dink dat hulle teenwoordigheid in Pretoria nou dringend nodig is. Dieselfde dag, 15 September, besluit hulle om met die trein na die noorde te vertrek. Maar voor hulle kon inklim, kry hulle nog 'n telegram, naamlik dat genl. De la Rey doodgeskiet is. Die toestand het onberekenbaar ernstig geword.
Genl. Smuts het nie dadelik vir genl. Beyers geantwoord nie, maar vier dae gewag tot hy op sy kantoor terug is. Hy het egter verspreiding van genl. Beyers se brief in die Unie en die buiteIand belet.
Die bedanking van genl. Beyers het glo op genl. Smuts, volgens sy antwoord, 'n baie pynlike indruk nagelaat. Dit was hom bekend dat genl. Beyers sekere besware teen die krygsoperasies in Suidwes gehad het, maar "nooit kwam ik onder die indruk dat u bedanken zou." Smuts meen verder: Inteendeel, al die informasie in besit van die regering is aan hom (Beyers) meegedeel, al die planne is met hom bespreek en sy advies is meesal gevolg. Die hoofoffisiere van die afdelings is op sy aanbeveling of met sy goedkeuring aangestel, en die plan van operasies is meestal van hom afkomstig op 'n konferensie van offisiere. Smuts se opdrag aan hom was - terwyl Smuts in die Kaap vertoef — om die Duitse grens te besoek; en dit was duidelik tussen huIIe twee dat, as die samewerking tussen die verskillende afdelings prakties sou word, Beyers die opperbevel in Duitswes op hom sou neem. Die parlement het die houding van die regering goedgekeur, en mens sou dink dat dit die saak vir Beyers makliker sou maak. "Maar nu vind ik, dat u verwacht had, dat het Parlement de houding der Regering zou afkeuren en dat uw teleurstelling in deze de reden is geworden van uw onverwachte handelwyze." (Die ou politeke strategie om die skuld na 'n ander te skuif...)
Smuts beweer voorts dat Beyers sy redes uiteengesit het in 'n lang politieke betoog wat eers lank na publikasie in die hande van die regering gekom het. Dit het glo op Smuts se kollegas 'n besonder onaangename indruk gemaak. En dit is sogenaamd nog vererger, deurdat Beyers 'n bittere aanval op Groot Brittanje gemaak het, wat nie alleen heeltemal ongemotiveer is nie, maar nog soveel meer ongepas, omdat dit kom te midde van 'n groot oorlog van die kommandant- generaal van een van die Britse dominiums.
Beyers se verwysing na barbaarshede van die Suid-Afrikaanse oorlog kan nie die misdadige verwoesting van België regverdig nie "en kan alleen berekend zyn haat en tweedracht onder die Afrikaanse bevolking te zaaien.” Smuts meen Beyers vergeet gerieflikheidsonthalwe om te meld dat die Britse volk aan hulle volkome vryheid gegee het onder instellings wat dit vir hulle moontlik maak om hulle nasionale ideale Iangs eie weg te verwesenlik, en wat dit byvoorbeeld vir Beyers moontlik maak om "ongedeerd 'n brief te schryven, waarvoor u in het Duitse Ryk zonder twyfel het ergste lot zou (hebben) ondergaan.”
Verder kom genl. Smuts met 'n herhaling van die bewerings, reeds in die parlementêre besprekings deur hom en genl. Botha geuiter, naamlik dat nie ons of Engeland die aanvallers is nie, maar Oostenryk-Hongarye en Duitsland; dat Duitse skepe ons mailbote (lees: skepe van die Britse Union Castle Mpy. - Skr.) aangehou en oor ons grense gekom het. Ons, saam met die Britse Ryk, verdedig glo maar net.
Genl. Smuts beskou genl. Beyers se opmerkings omtrent die sewemiljoen pond-Iening wat Engeland aan Suid-Afrika toegeken het as van uiters "growwe aard . . . Alleen bewyst het hoe u verblind geword het door politieke drogredenen." Hoor wie praat!
En waar genl. Beyers geskryf het van plig en eer, bedoel genl. Smuts dat hy (Smuts) hom veral vir die Afrikaners "niets meer in stryd met plicht en eer, niets noodlottiger en vernederender kan voorstellen dan 'n politiek van Iip-Iojaliteit in mooi weer en van neutraliteit of Duitsgezindheid in dagen van onweer en zware beproeving."
Genl. Smuts eindig sy antwoord deur dit as sy oortuiging te kenne te gee dat die volk die regering sal steun in die uitvoering van die opdrag van die parlement, en dat die volk sy "plig" teenoor Suid-Afrika en die empaaier sal nakom, en sy duurgewonne eer vlekloos vir die toekoms sal bewaar. (Maar in waarheid is dit ons duurverlore vryheid, veroorsaak deur dieselfde empaaier wat ons land en volk elf jaar tevore in hel gedompel het).
Weer vier dae later het genl. Beyers op hierdie antwoord van genl. Smuts kortliks geskryf dat hy (Beyers) sy handeling sowel as die geloofwaardigheid van sy bewerings met die volste vertroue aan die volk oorlaat om te oordeel. En dan nog net hierdie woorde: "Wat de geschiedenis niet alrede daarvan staaft zal de toekomst verklaren."
Vervolg...