Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As jy jou bure wil kwaad maak, vertel tog maar net die waarheid oor hulle...
WIE IS DIE SKULDIGES (21)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
Genl Beyers as Kommandant-generaal van die Burgermagte (4)
" 'Beyers moet dood'. Die jingo’s het planne beraam om hom deur sluipmoord 'van die vlakte af te maak'. Dit maak die gevolgtrekking dat genl De la Rey per ongeluk raakgeskiet is terwyl die koeël vir genl Beyers bedoel was meer as ooit geloofwaardig – 'n moordplan waaragter Smuts volkome gesit het."
Dit was taamlik algemeen bekend dat genl. Beyers van plan was om af te tree as die invalsbeleid toegepas sou word, want hy het dit met baie van sy vriende bespreek. Genl. Botha het sy bedanking al vanaf 7 Augustus verwag. Net genl. Smuts, in weerwil van sy uitgebreide en ywerige inligtingsdiens, het nooit onder die indruk gekom dat genl. Beyers sou bedank nie! En genl Smuts se mededelings omtrent die vorming van die planne van inval is in stryd met al die ander beskikbare inligting. Dis naamlik die konferensie van Engelse militêre wat dit op 21 Augustus beklink het, onder andere dat die mag van Maritz saam aan die inval sou moes deelneem. Dis amper 'n anderhalwe maand streng geheim gehou. Genl Beyers het daardie vergadering slegs af en toe so 'n rukkie besoek. En dat hy "aktief het opperbevel in Duits Zuid-West Afrika op zich zou nemen,” was waarskynlik ook vir genl Beyers self nuus, toe hy dit in genl. Smuts se antwoord lees.
Maar genl. Smuts het hom nooit bra bekommer oor die juistheid van sy "feite” nie. Wat hy bedoel het om met sy repliek te bereik, was om genl. Beyers se magtige invloed te breek, selfs al moes hy hom 'n slagoffer maak van die haat en wraaksug van die sterk, bitsige jingo-element. Sy buitengewone skerpsinnigheid en bekwaamkeid met gevathede het hom ook nou goeie dienste bewys. Sonder om tot grofhede te daal (iets wat hy verafsku het) stel hy genl. Beyers voor as 'n hoofoffisier wat kom aan die minister en sy kollegas voordoen as iemand wat nie alleen bereid was om deel te neem aan die inval nie, maar selfs om dit volgens sy eie, goedgekeurde planne te lei. Verder stel hy dit voor asof Beyers intussen verwag het die parlement sou die regeringsbeleid verwerp; maar toe dit anders uitdraai, het hy in "’n Iang politieke betoog” sy motiewe teen dieselfde inval duidelik gemaak – 'n man met twee aangesigte.
As 'n man wat (ofskoon die kommandant-generaal van een van die Britse Dominiums) te midde van 'n groot oorlog op die mees ongepaste manier 'n bittere en ongegronde aanval maak op Groot- Brittanje en daarmee opsetlik haat en tweedrag onder die volk van Suid-Afrika saai; as iemand, wat die sogenaamde "voIkomen vryheid” wat die Britse Volk aan Suid-Afrika gegee het misbruik deur ongedeerd 'n brief te skrywe, waarvoor hky in Duitsland die koeël sou gekry het; as ’n kêrel wat praat van "plicht en eer”. Maar hoe kan 'n mens hom iets noodlottigers en vernederenders voorstel as die politiek van Iip-Iojaliteit in mooi weer, en van neutraliteit en Duits- gesindheid in dae van onweer en swaar beproewing?
Wat genl. Smuts so skerp in genl. Beyers afgekeur het, is met hierdie antwoord deur homself bereik, naamlik dat "haat en tweedrag onder die bevolking nog bitsiger geword het." Die mede- standers van genl. Beyers was verbitterd, sommige van sy teenstanders het, soos genl. Coen Brits, uitgeroep: "Beyers moet dood”. Die jingo’s het planne beraam om hom deur sluipmoord "van die vlakte af te maak”. Dit maak die gevolgtrekking dat genl De la Rey per ongeluk raakgeskiet is terwyl die koeël vir genl Beyers bedoel was meer as ooit geloofwaardig – 'n moordplan waaragter Smuts volkome gesit het.
Genl. Beyers se sobere slotwoord aan genl. Smuts het die houding aangedui, wat hy vir homself bepaal het in die nabye toekoms. Dit sou kom nie baie moeite gekos het om die minister se bewering te weerlê nie, maar dan sou hy moes gebruik gemaak het van feitekennis deur hom verkry as kommandant-generaal, en dit sou in stryd gewees het met sy militêre eed. Bowendien was dit sy geaardheid om stil te bly, as hy van iemand sodanig verskil dat ooreenstemming onmoontlik sou wees, al het dit gelei tot wanvoorstelling van sy persoon, selfs tot Iaster— en Iaster het ruimskoots sy deel geword in die volgende maande. Selfs is daar rondvertel dat hy deur die Duitse keiser omgekoop is, en die genoemde bedrag van daardie Judasloon was £30,000.
Genl. De la Rey se skielike dood onder die mees tragiese en selfs verdagte omstandighede het hom dadelik ná sy bedanking in die felste kalklig gesleep.
Genl. De la Rey is op Sondag 20 September, op Lichtenburg begrawe, maar eers was daar 'n roudiens in die Groot Kerk, Pretoria. Die Ieraar van daardie gemeente was een van die mees bekende predikante in Suid-Afrika, ds. H. S. Bosnian, wat al by verskillende politieke krisisse in Transvaal skerp op die voorgrond getree het, soms op 'n minder gewaardeerde manier. Al vandat hy in 1877 die Union Jack op Pretoria ingeseën het (daardie gebeurtenis het in die volksmond voortgeleef) was daar baie mense wat sy politieke sienswyse nie altyd gedeel het nie, ofskoon hy as Ieraar respek verwerf het. Sy preek by hierdie roudiens was voor 'n volle kerk, onder wie ministers en ander Ieiers, soos genls. De Wet en Beyers. 'n Paar sinne van die prediker het ernstige aanstoot gegee, altans by 'n deel van sy gehoor. Dit was 'n waarskuwing teen rebellie. Genl. De Wet kon homself nie weerhou nie om ’n protesterende geluid te Iaat hoor, wat vir ons, wat naby hom gesit het, geklink het soos die gegrom van 'n nukkerige Ieeu.
By die begrafnis van genl. De la Rey was dit hoofsaaklik genl. Beyers wat tot kalmte aangemaan het, en dit was wel nodig, want die skare was haastig en sou moontlik tot onverantwoordelike dade oorgegaan het (daar was planne vir die gevangeneming van genls. Botha en Smuts!) as genls. Beyers en De Wet nie hulle kalmerende invloed gebruik get nie. Genls. Botha, Smuts, De Wet, Beyers en ander Ieiers was hier saam, in weerwil van hulle sterk onderIinge verskille, om gemeenskaplik hulde te bring aan die nagedagtenis van een van die edelsle en grootste manne wat die Afrikaanse volk voortgebring het, en wat tot die dag van sy onverwagse dood die spook van voIksverdeeldheid probeer weghou het. HuIIe was hier die Iaaste keer saam vir op die oog af dieselfde doel, sommige dalk net meer opreg as ander. Binne enkele weke sou hulle met wapens mekaar teenstaan in die droewige burgeroorlog.
Vervolg...