Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Alle geloftes wat onregmatig en onbehoorlik afgelê is, behoort net soos dit voor God geen waarde het nie, so ook onder ons ongeldig te wees. Aangesien sulke geloftes onnadenkend afgelê is, plaas dit nie alleen geen verpligting op mense nie maar dit moet noodwendig herroep word.
WIE IS DIE SKULDIGES (35)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
"DIE BLOED IS OP U HOOF” (3)
Smuts se selfopgelegde taak om in Transvaal te organiseer tot daar genoeg kommando's was om die noordelike Vrystaat te onderwerp, was nou voltooi. Op die elfde, terwyl die president sy wanhopige pogings aanwend om genls De Wet en Beyers saam met hom in die Vrystaatse veld te bring, deel genl Smuts aan die Vrystaatse hoof van polisie mee dat die regering nou sterk magte van Vereeniging tot Bloemfontein besit en hoop om daarmee in staat te wees om met die militêre magte tot hulle beskikking, wet en orde te herstel, "soos hulle reeds in Transvaal gedoen het."
Toe genl Smuts aan pres Steyn geantwoord het dat hy nie kan antwoord op sy versoek om genls De Wet en Beyers te laat saamkom nie, want hy wil eers met genl Botha raadpleeg, het hy goedgeweet waar laasgenoemde is. Hy was besig om 20 000 troepe rondom genl De Wet saam te trek.
Nes by Damhoek, toe genl Beyers verjaag is, het genl Botha self aan die hoof van hierdie magte gestaan en die aanval het die volgende oggend 12 November met dag breek plaasgevind.Toe genl Beyers op Onze Rust deur regeringsoffisiere teruggevoer is na sy kommando (wat as 'n organisasie nie meer bestaan het nie) was genl Botha waarskynlik nog besig om die slag – dis die geveg van Mushroom Valley – te lewer teen sy gevreesde teenstander, Christiaan de Wet.
So is genl Beyers dan terug na sy verstrooide volgelinge in die noordwestelike Vrystaat. Toe, op die oomblik wat hy die grootste toets van sy lewe moes deurstaan, wys hy watter groot man hy werklik is. Dit blyk uit 'n brief aan sy vrou wat hy kort voor sy vertrek van Onze Rust op 12 November geskryf het en waarin die volgende voorkom:
"Ik heb verlof gekregen hem (die President) over vrede maken te zien. Nu blykt het dat de Regering onvoorwaardelike overgave eisht. Dit zla nooit van onze kant geschieden al zouden zelfs al onze Voormannen gevangen of gedood worden. Tot dusverre hebben wy gehandeld volgens kennisgeving, kopie waarvan ingesluit (dis die Steenbokfonteinproklamasie van nie-skiet-nie). Nu echter zyn wy gedwongen een stap verder te gaan en niet maar pad te geven, maar ook aan te vallen waar mogelik. De burgers die gevangen worden zyn meestal voetganers en perdekarryers. De regeringsburgers die gevalle zyn by ons laaste gevecht orden tot nog toe niet opgegeven. Het is my vreeslik te zien hoe terwille van Regeringspolitiek, Afrikaners el ander doodschieten."
Genl Beyers was, na sy besoek aan pres. Steyn, meer nog as by sy afskeid die nag toe hy in die veld gegaan het, bereid en gereed om sy lewe te gee as protes teen landroof en die verkragtings van die volksvryhede. Hy wou aanhou om "te getuig van 'n waarde wat hy selfs bo die behoud van sy eie lewe stel," in die woorde van die Franse held Camus, aangehaal deur dr PJ Meyer in sy boek Nog nie die einde nie. Hy was oortuig daarvan dat Suid-Afrika se onafhanklikheid nie langs die weg van geweld bereik sou kon word nie. Daarin was hy 'n geesverwant en volgeling van genl Hertzog. sy laaste brief beklemtoon daardie lewensopvatting.
Dit is in die veld geskrywe opf 23 November 1914, dus twee weke voor sy dood en het 'n enigsins geheimsinnige geskiedenis. Teen die egtheid kan geen twyfel geopper word nie want dis in sy eie handskrif en met sy karakteristieke ondertekening. Dis gerig aan genl Botha wat egter beweer dat hy dit nooit ontvang het nie. maar in die begin van Maart 1915 het mevrou die weduwee Beyers 'n boodskap gekry van iemand wie se naam onseker is. Daardie persoon laat weet dat hy sekere dokumente, deur genl Beyers aan hom toevertrou, in sy besit het en dat hy dit sal afgee aan haar of aan iemand wat sy daarvoor moontlik wil stuur. Mev Beyers se afgevaardigde bring 'n briefie van die volgende inhoud:
"Geachte Mev Beyers – Hiermee zend ik u 'n afschrift van 'n rapport door Generaal ingezonden met de persoon, die ik ging sien naby Kopjes. Hy heefte niets anders ontvangen."
Daar was egter geen afskrif van 'n rapport ingesluit nie, maar wel onderstaan oorspronklike brief:
"Ten Velde, 23/11/14
Aan Zyn Hoog Edele
Generaal Botha,
Naar aanleiding van de geruchten en publicaties dat de burgers in 't veld zyn tegen de Regering van de Unie voor een ander vlag of liever voor hun onafhanklikheid vechten, moet de ondergetekende namens de burgers van Transvaal en hemself bekend maken dat wy alleen vechten en protesteeren tegen den inval op en veroveren van Duits Zuid-West Afrika en het ontnemen van al onze vryheden onder de Constitutie om redenen zoals uiteengezet in Kennisgeving d.d. 28 Oct. 1914 en dat wy geenszins vechten of rebelleeren tegen 't Britsche vlag.
C. F. Beyers,
Generaal
Namens protesteerende burgers van Transvaal.”
Dis generaal Beyers, soos geteken deur sy eie dade en woorde, meer belaster en beskinder as enige ander Ieier — selfs in offisiële dokumente, soos die Blouboek, op las van die regering saamgestel deur prof. Leo Fouché. Hy is beskryf as die kommandant-generaal van die Aktiewe Burgermag wat die hoof was van ’n sameswering om 'n algemene opstand te bewerkstellig en wat stelselmatig probeer het om genl. De la Rey oor te haal tot so 'n sameswering. Hy is ook die huigelaar genoem wat op die godsdienstige gevoelens van sy slagoffers werk om sy boosaardige doel te bereik, en ondertussen met die Bybel in sy hand hartstogtelik ontken dat hy disIojale skemas ontwerp het. Hy was dus 'n slagoffer van wanpraktyke en Iasterlike metodes sowel as skerpsinnige misleiding, waartoe politieke hartstogte en onbeteuelde magsbegeerte selfs die intelligentstes onder ons kan verlei.
Die berig wat op die dag van genl. Beyers se dood (8 Desember 1914) die wêreld ingestuur is, naamlik dat 'n koeël van "Iojale" troepe 'n einde aan sy lewe gemaak het, was onjuis. Jan Pieterse, die dappere adjudant, 'n Vrystater, wat saam met sy Generaal gesterf het, is deur 'n koeël gedood. Maar genl. Beyers het deur die watervloed gesterf.
Sy weduwee het van genl. Smuts verlof gekry om haar man se Iyk te besigtig. Hy het 'n spesiale trein van Pretoria af na Makwassie vir haar en haar geselskap van 'n tiental persone, beskikbaar gestel. Enige familielede, 'n simpatieke dokter (Grünberger), twee predikante en enkele vriende was saam met haar. Mitsgaders 'n doodkis. Op Makwassie-stasie het 'n paar militêre met motors hulle afgewag toe hulle die more met dagbreek daar aankom, en hulle is in die rigting van Kommandodrif. Naby die Vaalrivier sien hulle 'n muiltrollie die opdraand uitsukkel na hulle kant toe. Op daardie oop waentjie het die Iyk gelê, toegedek met ’n paar goiingsakke. Die Generaal was in die klere wat by die Iaaste tyd gedra het, met uitsondering van die kamaste - Genl. Beyers het sy kamaste uitgetrek voor hy in die woelende water afgesak het.) Sy gesig was deur die werking van die water heeltemal swart. In 'n skuur by Makwassie, waarheen hulle terug is, het die dokter 'n ondersoek ingestel en bevind dat die Iiggaam nie deur ’n koeël geskend was nie, en dis later die dag bevestig deur ’n offisiële Iykskouing.
Dit was al sterk donker toe die graf gegrawe was en die kis, wat deur een van die vriende met 'n Vierkleur gedek was, daarin neergelaat is. Die twee predikante hou 'n korte diens vir die paar familielede en vriende van Pretoria. Vrouens het in stilte genader en weggeskuil agter ’n kraalmuur uit vrees vir die oneerbiedige troepe wat daar gekampeer was. Die godsdienstige plegtigheid word vergesel van blitse wat vinnig deur die half-donker flikker en deur gerommel van donderslae, soos van kanonvuur. En daar tussendeur word die skoksnikke gehoor van die vrouens, wat agter die kraalmuur verskuil is. HuIIe het die smarte van die hele getroue Boerevolk uitgeween.
Sy graf is in die familiekerkhof van die plaas Oersonskraal en is naderhand met 'n passende steen gedek. Die eienaar van die plaas het die naam verander in Beyersrus.
Jan Pieterse, die getroue, is Iangs sy generaal te ruste gelê.
Vervolg...