Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hoe weet jy wanneer iemand heel moontlik 'n wonderlike vriend of goeie huweliksmateriaal is? Dit sal iemand wees met 'n sin vir die klein dingetjies, wat lekker kan lag, saam met jou en oor homself.
WIE IS DIE SKULDIGES (36)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
DIE WÊRELDBETEKENIS VAN DIE REBELLIE
"Genl. De Wet het natuurlik net die ou Statebybel gehad en daaruit die bevel gepuur, wat die kragtigste uitgedruk is in Deuteronomium 27 vers 17: 'VervIoekt zy, die zyns naasten landpale verrukt.' 'As 'n staat 'n misdaad pleeg, is dit net so sleg soos die misdaad van 'n burger. Die enigste reg om oorlog te maak, is die reg en plig om die misdaad en onreg van 'n staat net so streng te bestry soos die misdaad en onreg van 'n burger'. Hugo de Groot - 1604"
Die beroeringe van die Iaaste helfte van 1914 was ‘n nasionale stryd maar meer nog ’n geestelike worsteling, wat veral genl. De Wet en ander leiers van die verset tot in die diepste van 'n siel getref het. In vorige aflewerings het ons gesien hoe genl. De la Rey in die donkerheid van die tyd Iig gesoek en gevind het in die Woord van God. Ons het ook gesien hoe genl. Beyers deur sy godsdienstige oortuiging gedryf is tot dade, wat deur teenstanders as rebellie beskou en as sodanig genadeloos gestraf is.
Die sielestryd wat genl. De Wet veral in nagtelike ure gevoer het ná die parlement op verkeerde informasie en valse grond die invalsoorlog van die regering bekragtig het - daardie stryd het hy ’n enkele keer aan intieme vriende met sobere woorde beskryf. En ook in daardie geestelike nag het die Bybel hom die weg gewys. Hy was nog die egte Voortrekkerkind, met sy drie maande skoolkennis, maar gevoed uit en elke dag gesterk deur die Lewende Woord. Vir die Voortrekkers, en dus ook vir hom, was die Outestamentiese Ieiding ‘n heldere werklikheid, wat deur die vervulling van Christus tot ‘n reddende krag geword het, en daardeur het die opstand internasionale waarde verkry. Wat genl. De Wet die inspirasie gegee het om met sy dinamiese krag koers te vat, was die woord van Moses, soos ook deur Salomo geken. Genl. De Wet het natuurlik net die ou Statebybel gehad en daaruit die bevel gepuur, wat die kragtigste uitgedruk is in Deuteronomium 27 vers 17:
"VervIoekt zy, die zyns naasten landpale verrukt.”
Hierdie gebod is gegee aan ’n volk, jonk, nes die volk wat genl. De Wet met sy ganse hart Iiefgehad het, naamlik die Afrikanervolk. Die Israeliete het op die punt gestaan om die Jordaan oor te trek en vir die eerste keer ‘n eie nasionale bestaan te verwerf. Die ooreenkoms tussen Israel en die Afrikaners in hulle stryd in ‘n nasionale wording, is altyd diep besef deur die Voortrekkers. En hierdie gebod, soos al die ander, het vir hulle ‘n duidelik verstaanbare betekenis gehad.
Maar dis verwyd en in sy beginsel uitgebou deur die Iering en Iyding van Jesus. Die gebod van Jehova, deur die mond van Moses was van individuele, nie van nasionale aard nie. Die vloek sou hom tref, wat sy naaste se bakens sou verskuif. Maar deur Jesus is geleer dat die "naaste” nie net jou buurman is nie, maar al die mense wat selfs jou vyande kan insluit. Om jou naaste lief te hê soos jouself was, saam met Iiefde tot die Here jou God, die allergrootste gebod. En deur die groot apostel, Paulus, is die betekenis daarvan verder aangetoon in sy beroemde rede op die Areopagus, toe hy die leer neergelê het dat God vooraf die grense van al die nasies se woonplekke vasgestel het; soos ons weet uit Handelinge 17 vers 26.
Vir genl. De Wet, nes vir elke Christen, is die strenge verbod teen die uitruk van iemand se Iandpale ook (en veral!) bedoel vir nasies wat hulle aan landroof wil skuldig maak, soos die Unie-regering besig was om te doen. En daarom was die waarskuwing dat die vloek die volk sal tref wat 'n ander se Iandpale verset, die hooftema van sy toesprake gedurende hierdie tyd en veral in sy gebede. (Hy het meermale 'n diens op kommando gelei in die begin van die rebellie toe daar nog geleentheid voor was ). Dit het die hoorder diep getref hoe die wete sy siel ontroer het. En vir iemand wat verder gedink het, het dit as 'n openbaring gekom, hoe kierdie 'ongeIeerde’ Boer en die grootste geleerde op gebied van internasionale reg, naamlik Hugo de Groot, mekaar oor 'n tydperk van 300 jaar by die hand vat in die verkondiging wat vir hulle die toepassing van nasionale en internasionale reg en geregtigheid beteken, naamlik dat God's wette net sowel vir nasies as vir persone van krag is — dat die kreet "right or wrong my country" (waarvan genl. De Wet en sy volk die bittere gevolge moes ondergaan, waardeur sy volk 26 370 vrouens en kinders, 3 000 Boere, huis en hawe, saam met die onafhanklikheid moes verloor) uit die bose is en dat die nasie wat dit aanhef, God se straf sal moet verduur.
Hugo de Groot het reeds in 1604 dié leer verkondig: as 'n staat 'n misdaad pleeg, is dit net so sleg soos die misdaad van 'n burger. Verder het hy gesê: "Die enigste reg om oorlog te maak, is die reg en plig om die misdaad en onreg van 'n staat net so streng te bestry soos die misdaad en onreg van 'n burger."
Genl. De Wet, wat Hugo de Groot se werke nie geken het nie - en moontlik selde indien ooit van hom gehoor het - gaan nog bietjie verder en meen dat 'n staat nog strenger behandel moet word in geval van misdaadpleging. Hy het hom as volg uitgedruk: "Die Bybel sê: vervloek is 'n iegelik wat sy buurman se Iandpale verset. Hoeveel te meer sal iemand vervloek wees wat oorlog maak om 'n ander se land te vat. As Duitsland verloor, sal Duitswes tog aan ons toeval, want as daar 'n land is om te vat, sal Engeland geen twee dae wag nie.” En: "Ons wil nie met diefstal besoedel word nie.”
Hy het gespreek namens sy volk, die ou Boerenasie, wat daardie beginsels vanaf die oomblik van wording geken en uitgeleef het, selfs teenoor die barbaarse bewoners van die land aan wie hulle die blanke beskawing moes bring. Maar die toenmalige regeerders van Suid-Afrika kon of wou dit nie verstaan nie. Volksleiers wat wel getrou gebly het aan die beginsels van die Bybel en aan die Voortrekkers, is deur daardie praktiese politici beskou en beskryf as verstandelik gekrenk. Dit is gesê van genl. De la Rey, van genl. De Wet en selfs van president Steyn. En genl. Smuts het hulle deur bespotting aan die kaak probeer stel toe hy na aanIeiding van die Vredestoespraak, deur genl. De Wet gehou, die strewe beskryf het as "a five bob rebellion" . Genl. Beyers is as 'n verraaier en opstoker van verraaiers gebrandmerk, omdat hy bereid was om sy morele en godsdienstige oortuiging indien nodig met sy dood te verseël - wat hy ook werklik gedoen het. Van genl. Hertzog het genl. Botha al in 1913 gesê dat sy "kop op hol" is.
In die buitewêreld is daar wel erkenning van die wêreldbetekenis van die rebellie. Daar is die bekende waardering van die groot regskundige C. van VoIIenhoven, wat in 1919 skryf, dat die pligteleer van die nasies, ('n nasie se plig is om geregtigheid te betrag jeens 'n ander nasie) deur Hugo de Groot (die "wêreIdwonder van studie” en "orakel van wysheid”) reeds enkele honderde jare gelede aan Europa gebring is, en dat nou aan die siek Europa daardie leer nog 'n keer voorgehou word deur 'n ongeletterde boetgesant van die wye veld, Christiaan de Wet. Vyftien jaar ná Engeland die Boerevolk stukkend geslaan het, "wil Suid-Afrika op sy beurt 'n gelyke misdaad begaan aan Duitswes”. Maar Christiaan de Wet staan op, en terwyl hy weet watter groot ellende dit vir hom kan bring, staan hy tog op en spreek sy diepe geloof uit: die aanval op 'n volk wat ons geen kwaad doen nie, is goddeloos. Daardie inval op 'n volk, wat u geen kwaad aandoen nie "brengt, hoe ook met sukses begunstigd, God's vloek over u.”
Vervolg...