Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die dag as u weer kan lag sal genesing van u gees en u liggaam vinnig intree. Humor dra mense deur die woestyn van die lewe en sorg dat hulle nie ten gronde gaan van louter pyn en lyding nie.
WIE IS DIE SKULDIGES (46)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
WAT DIE GESKIEDENIS VERKLAAR (2)
Ons vervolg hier met die verraderlike aanval op genl De Wet en sy kommando by Mushroom Valley terwyl hy 'n ooreenkoms met Smuts gehad het om ongehinderd tot by die President te reis. Die aanval het pas begin. Genl De Wet en skrywer hou 'n aankomende kakie-troep dop toe hulle hul perde laat waterdrink.
Die troep ry haastig verder na regs. HuIIe trek deur die suide. Onmiddellik gee die generaal my opdrag om na 'n rant te ry, heeltemal links. Deur daardie rant loop 'n pad na die noorde. My instruksies was om ons mense daar te sê dat daardie rant beset en behou moes word. Toe ek vinnig soontoe ry, ontmoet ek van ons offisiere (genl. Martiens Krog, komdt. Frans Mentz en ander) wat met 'n klompie Boere van die rant se kant af kom. Party van hulle was gewond. Krog en Mentz wou juis na genl. De Wet toe gaan om te rapporteer wat die posisie daar was.
Ek het verder gery om my bevel uit te voer, maar reeds by die begin van die rant stuit ek op die vyand wat in strooise verskans was.
Daarop is ek terug na die damwal, na genl. De Wet . . . maar ek kry niemand nie. Die generaal-hulle moes skielik weggetrek het, want ons los perde in die lusernkamp van die plaas, is nie saamgeneem nie. Die kamphek is toe, en die perde, wat verwilder is deur die aanhoudende geweervuur, met kanonskote op 'n distansie, was onkeerbaar toe ek die hek oopmaak. My plan was vernaamlik om die perd van die generaal, wat op Doornberg in die boud gekwes is, vir kom uit te bring. Deur 'n seun (wat van die vyand se kant af kom en 'n vyandelike perd voor kom aanja, terwyl hy 'n buitgeweer in sy hand hou) is ek nog n tydjie opgehou deur die " kakie”-perd vir hom te help vang, want hy wou daardie buitperd beslis ry. En omdat die dier so wild was, moes ek maar die verowerde Leemetford dra, saam met my eie geweer, sodat die twee oorkruis oor my rug Iê.Daarop het ek in 'n handgalop in suidelike rigting gery — nie haastig nie, want ek het besef dat dit daardie dag 'n moeilike en Iangdurige rit sou afgee. In die verte, moontlik ’n myl voor my, sien ek die stowwe opslaan van die generaal en sy kommando, en ek sit af agter hulle aan. 'n Rukkie later klink daar kwaai sarsies van Leemetfordvuur en vir 'n oomblik was ek verbaas toe ek merk dat die koeëls van my af wegtrek, tot ek amper my neus tussen rye kakies insteek: dis hulle wat genl. De Wet peper. Ek besef nou duidelik dat die poort, waardeur die generaal op die Iaaste oomblik gestorm het, pottoe gesluit is deur rye vegtende soldate. Ek het baie moeilikheid gehad om uit te kom. Ek het my perd dadelik in 'n droë turfsloot ingedruk en toe 'n entjie teruggery na die dam se kant, want dit was die enigste kans vir my om uit te kom. En toe ek eindelik 'n spoelsloot in die wal tref, druk ek my perd op. Maar ons was skaars op die gelykte, of die vyand takel my met 'n geweld van koeëls soos ek in my Iange Iewe selde ondervind het. Die kakies van Tim Lukin (ek meen dis hulle) kon vinnig skiet. Maar die ou swart perd kon vinnig hardloop. Die klippies trek strepe hier onder my, en die twee geweers klepklop op my rug soos die getik van 'n motor wat deur 'n platgedrukte versneller aangeja word.
Deur Gods bestiering het ek deur die kwaai vuur gekom en vinniger by genl. De Wet aangesluit as wat my oorspronklike plan was.
Die antwoord op die klagte van genl. Botha oor pligsversuim van genl. Lukin is dat generaal De Wet niks van sy oorlogskuns verleer het nie, en dat die drie generaals Botha, Smuts en Lukin sáám, nie kon kersvashou vir hom nie.
Genl. Lukin het by die allereerste begin van die geveg op Hoenderkop, drie myl ten weste van Muskroom Valley, help aanval. Hy is blykbaar daarna deur genl. Botha na die suide gestuur om genl. De Wet se enigste orige uitgang toe te sluit. Hy het so haastig gemaak as wat perdepote kan roer, maar nie so haastig dat genl. De Wet die bedoelings van sy teenstanders nie raakgesien het nie.
Komdt. J. J. (Seef) van Rensburg, die kommandant van die distrik Bloemfontein, het genl. De Wet die aand voor die geveg met 'n patrollie op Muskroom Valley kom besoek om sy groot moeilikhede met kom te bespreek: sy burgers dwing om te rebelleer, wat moet hy hulle aanraai? Seef was nog op Muskroom Valley toe die onverwagse aanval begin het, en in sy rapport aan skr. herinner hy aan die begryplike verwarring wat teen die begin van die slag geheers het.
Sy mening is dat die uitslag ten gunste van die regeringstroepe deur die volgende redes veroorsaak is:
(1) "Dat daar te veel gerustheid aan die kant van genl. De Wet was; maar dit is verklaarbaar, omdat die generaal natuurlik nie gereken het dat die regering hom op die wyse sou aanval nie, aangesien daar nog altyd pogings aangewend is om die toestande te herstel."
(2) "Toe die aanval reeds begin het, was sy burgers nie behoorlik gewapen nie en die ammunisie te beperk vir 'n behoorlike verdediging.
Komdt. Van Rensburg se mening behoort aangevul te word met 'n derde punt, naamlik dat die oormag wat genl. Botha in die veld gebring het (moontlik 'n verhouding in weerbare manne van tien teen een in sy guns) die beslissende faktor was, en moes wees, want hy het nie alleen die groot oorwig in getalle gehad nie, maar ook, dat sy manne goed gedissiplineerde troepe was en dat sy hele mag vo!op oor wapens en ammunisie sowel as grofgeskut beskik het.
Die rebelkommando’s het die dag voor die geveg versprei gelê oor MusKroom Valley en Hoenderkop, na die weste, oor 'n distansie van omtrent drie myl. Op die westelikste punt was Melt van Schoor met 'n deel van die Reitz-kommando en 800 tree van hom af, na die ooste G. J. Joubert met 'n klomp Frankfurters. Dan volg op MusKroom Valley Rocco de Villiers met burgers van Heilbron en heeltemal aan die oostelike vleuel genl. De Wet met die Vrede-kommando. Toe dit skaars Iig was, word die twee eersgenoemdes aangeval deur 'n sterk mag van regeringstroepe onder persoonlike Ieiding van kol. Brand ( 'n generaal van genl. De Wet in die Driejarige Oorlog). Toe die aanvallers probeer om 'n rant te vat, storm Van Schoor in net met sy staf van enkele persone, maar spoedig gevolg deur sy burgers, 500 in getal. En teen groot oormagte het huIIe nie alleen die posisie gevat en behou nie, maar daarby 150 gevangenes gemaak, terwyl 5 dooies van die vyand tussen hulle bly lê het. Van Schoor het 35 man aan gevangenes verloor, 9 man gesneuwel en 15 gewond.
Langs hom het G. J. Joubert met sy 400 Frankforters nog swaarder gekry. Deur die aanvanklike verwarring is huIIe perde so wild geskiet dat huIIe weggehoI het. Maar Joubert en sy 400 burgers storm te voet in en het met taaiheid en moed vasgehou, selfs al moes huIIe een van hul posisies opgee. Ook die Heilbronners (moontlik 500 of 600 sterk) het manlik huIIe plig gedoen. Maar die individuele gevalle van bewonderenswaardige dapperheid kon nie die oormag keer nie en hulle moes na die ooste toe padgee.
Voeg by hierdie getalle nog die 400 burgers van Vrede en dit word dan duidelik dat die rebelkommando's op Mushroom Valley en Hoenderkop op 12 November hoogstens 2,000 was.
Genl De Wet het vir geen oomblik, ook nie by sy moeilike ontkoming, die leiding verloor nie. Om twaalfuur die middag stuur hy 'n rapport aan Van Schoor en Joubert dat hulle moet terugtrek omdat hulle ook van die agterkant aangeval sal word. Hulle is omsingel. Maar hulle het hulle pad soos manne uitgeveg. Altwee is daarna deur genl De Wet met die titel van generaal vereer, 'n beloning wat volkome verdien was. Hulle het op Kwartelsnek by genl. De Wet kom aansluit, en Rocco de Villiers het hulle naby Marquard gekry.
Daar word vertel dat genl. Botha (toe hy ná die geveg oor die slagveld ry en die Iyke van ou kommandomaats uit die Driejarige Oorlog sien Iê) trane gestort het. 'n Geloofwaardige verhaal. Hy het moontlik onder die dooies ook Boere gekry wat ongewapen was . . .
Genl. Botha het oor dertigduisend troepe beskik om die rebellie aan te vuur en mee baas te raak. Twintigduisend van hulle was Afrikaanssprekend, tienduisend EngeIse. Vanaf 11 Oktober tot die eerste week van November was hy besig om hulle te organiseer; 'n knap stuk werk. En namate sy troepe strydvaardig geword het, is hulle deur hom gebruik: eers teen Maritz, toe teen genl. Beyers, en die Iaaste, die swaarste taak was teen genl. De Wet. Op die dag van Doornberg, 8 November, was hy daarvoor gereed, en die 9de vertrek hy vanaf Pretoria na Theunissen (die vroeëre Smaldeel) langs die Iyn Vereeniging Bloemfontein vir die aanval in die noordoosteIike Vrystaat met Mushroom Valley as eerste en beslissende resultaat.
Dit het hom dus gepas om onderhandeling aan die gang te hou tot aan die begin van November. Genl. Beyers kon hy al op 27 Oktober aanval, soos ook gebeur het; vir genl. De Wet was nog 'n tydjie Ianger nodig. Dit verklaar die uitdrukking van genl. Smuts in die twee telegramme van die 1ste en die 4de November. In elkeen daarvan gebruik hy die woorde dat militêre aksie in die Vrystaat "nog 'n paar dae” moes wag. As president Steyn in daardie paar dae genl. De Wet kon beweeg om oor te gee ("onvoorwaardelik”, soos Smuts bedoel volgens sy telegram van 8 November) dan sou verdere bloedstorting nie nodig wees nie. Dus, die verklaring van sy eskalerende koelheid in sy hantering van die vaderlike poging van die president om vrede te maak en die "vurige begeerte van die Regering om bloedvergieting te voorkom", het in dieselfde mate verys. Maar in sy telegramwisseling met die president probeer hy om die skuld van die mislukking om te probeer onderhandel te skuif op genls. De Wet en Beyers. Hy het hierdie stuk verraad met onvergelyklike handigbeid gedoen; sy meesterskap in daardie soort werk het nooit groter geskyn as gedurende hierdie tyd nie. En die rede daarvoor was dat dit alles naderhand vir politieke doeleindes gebruik sou word.
Pres. Steyn het gevra hy moet tog sorg dat niks daarvan in die koerante kom nie. En genl. Smuts het hom daaraan gehou. Maar net enkele maande later verskyn reeds die eerste blouboek, naamlik dié van prof. Fouché, waarin die hele korrespondensie met pres. Steyn gepubliseer word op instruksies van genl. Smuts en met uitlegginge wat genl. Smuts gepas het! Soveel so, dat prof. Fouché kom daaroor naderhand geskaam het.
Met die dienstelegramme aan Joof Alberts en genl. Lukin was dit anders. Dit was geheime instruksies wat bedoel was om geheim te bly en waarin genl. Smuts presies kon sê wat hy bedoel het.
Die volgende is 'n uiteensetting van genls. Botha en Smuts se bedoeling met 'onderhandelinge', wat inderwaarheid die oorsaak vir die bloedvergietings en die hele burgeroorlog is:
Maritz: Wat hom betref, het die regering openlik verklaar dat hulle geen onderhandelings wou toelaat nie. Conradie en verskeie ander persone van suiwer aansien en goeie bedoeling wat tot oordeel bevoeg was, het verklaar dat bloedstorting in die noordwestelike Kaap gekeer kon gewees het as die regering dit so gewil het.
Beyers: Genl. Botha het hom op 24 Oktober 'n spesiale trein aangebied, as hy na pres. Steyn sou wou gaan vir besprekings. Die bedoeling was om kom van sy kommando’s af weg te kry en onskadelik te maak. Beyers verklaar hom heeltemal bereid vir onderhandelings, maar genl. De Wet se getrouheid aan hom kan hy nie met ontrou beantwoord nie. HuIIe sal saam op Onze Rust wees. Die uitwerking daarvan op die regering was: dat genl. Botha met 'n sterk kommando hom verdryf en sy mense Iaat skiet. Genl. Smuts Iaat pres. Steyn weet: genl. Beyers het iewers in die Bosveld gaan rondtrek, en hy kan nie uitvind waar hy is nie. Dis 'n valse verslag wat die opsetlike doel gehad het, om genl. De Wet afkerig te maak van 'n besoek aan president Steyn. Ondertussen stuur genl. Smuts vir Meintjes en dadelik daarna vir die magistraat van Wolmaransstad na genl. Beyers, kastig om te onderhandel, maar in werklikheid om uit te vind, of genl. Beyers al "saf" geword het. En eers nadat genl. Beyers se kommando’s na al die vier winde verstrooi is, word aan hom 'n vrygeleide oorhandig, wat kom op 10 November by pres. Steyn bring. Toe het die burgeroorlog, te wyte aan die optrede van regeringstroepe op Doornberg al uitgebreek in die noordoostelike Vrystaat. Genl. Smuts weier om toe te Iaat dat genl. De Wet en genl. Beyers mekaar ontmoet, selfs nie in aanwesigheid van pres. Steyn nie.
De Wet: Dit was duidelik vir genl. De Wet dat ook met hom die plan was om kom van sy kommando’s te verwyder. Hy moes maar na die president gaan en wag tot Beyers kom! En Beyers was, volgens genl. Smuts, heeltemal onvindbaar. Genl. De Wet se skerp verstand het genl. Smuts deursien. Die ou generaal was heeltemal bereid om aan die president se dringende versoek te voldoen, want hy het onbeperkte vertroue en hoogagting vir hom gehad.
By sy begrafnis (pres. Steyn is op 28 November 1916 oorlede) sê genl. De Wet: "AI die burgers weet dat in die Iaaste oorlog Marthinus Theunis Steyn die vader van Christiaan de Wet was en sy respek was die respek van 'n kind vir sy vader."
In genl. Hertzog (wat 'n paar keer vir hom besoek het in verband met die vredespogings gedurende die rebellie) het hy die groot politieke Ieier gesien wat "op sy plek is ... 'n man wat jy nie in die maanlig hoef deur te kyk nie, maar wat jy in die donker kan vertrou.” En van Charley Fichardt sê hy: "Fichardt sal ook vir ons veg op politieke gebied. Hy is 'n tweede Hertzog.” Met hulle sou hy saam oorleg gepleeg het, en sy vernaamste offisiere het hom daartoe aangemoedig. Selfs op 14 November, op Uintjeshoek, twee dae na Muskroom Valley, het hulle op 'n krygsraad nog 'n besluit in daardie gees geneem en Jan Brand Wessels daarmee afgevaardig na Onze Rust. Die president, was, nes genl. Hertzog, vas oortuig daarvan dat daar 'n oplossing sou kom, as hy samesprekings met genls. De Wet en Beyers kon kry - waardeur bloedvergieting en dus 'n burgeroorlog, die gevreesde en vreeslike broederoorlog, vermy sou word. En skr., wat die dae saam met genl. De Wet deurgemaak het, deel daardie vaste oortuigings.
Maar genl. De Wet sou genl. Beyers nooit in die steek Iaat nie. Dit was onverbiddelik in stryd met sy aangebore getrouheid. Sy woorde (soos deur skr. uit sy mond opgeteken) was sy boodskap aan president Steyn: "Sodra ek genl. Beyers ontmoet, sal ek op die plek die kommando’s Iaat staan en kom.” Maar genl. Beyers is van die president en die generaal af weggehou, tot genl. Botha besig was om met genl. De Wet te veg. Genl. Smuts het die pogings tot onderhandelings opsetlik Iaat misluk. Nie alleen dié van die president nie, maar alle ander — soos die versoek van die verteenwoordigers van Senekal aan die regering, naamlik om toe te staan dat elke Vrystaatse distrik twee afgevaardiges na Bloemfontein kan stuur om tot 'n verstandhouding te raak en om bloedvergieting te vermy. Ook die so goed bedoelde aanbiedings van komdt Prinsloo, genl. Hattingh en komdt. C. A. van Niekerk, Volksraadslid vir Boshof, sowel as van andere is deur genl. Smuts van die hand gewys. Genl. Beyers se Iaaste woord aan genl. Smuts oor sy bedanking as kommandant-generaal was: wat nou nie verklaar kan word nie, sal deur die geskiedenis bewys word.
Die geskiedenis het net een uitspraak, treffend en onweerspreekIik in sy duidelikheid.
Dit is naamlik: dat die Unieregring van daardie tyd die verantwoordelikheid dra vir die bloed wat gestort is in die sogenoemde rebellie van 1914-1915. Die bloedige burgeroorlog, met al sy ellende, verdriet en onnoemlike Iyding kon verhinder gewees het deur genls. Botha en Smuts. HuIIe het geweier om dit te doen. HuIIe is die skuldiges.
Doodskiet, ophang of wat? – vervolg...