NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die dag as u weer kan lag sal genesing van u gees en u liggaam vinnig intree. Humor dra mense deur die woestyn van die lewe en sorg dat hulle nie ten gronde gaan van louter pyn en lyding nie.

WIE IS DIE SKULDIGES (46)

Harm Oost

"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".

Lees reeks by Wie is die skuldiges

WAT DIE GESKIEDENIS VERKLAAR (2)

Ons vervolg hier met die verraderlike aanval op genl De Wet en sy kommando by Mushroom Valley terwyl hy 'n ooreenkoms met Smuts gehad het om ongehinderd tot by die President te reis. Die aanval het pas begin. Genl De Wet en skrywer hou 'n aankomende kakie-troep dop toe hulle hul perde laat waterdrink. 

Die troep ry haastig verder na regs. HuIIe trek deur die suide. Onmiddellik gee die generaal my opdrag om na 'n rant te ry, heeltemal links. Deur daardie rant loop 'n pad na die noorde. My instruksies was om ons mense daar te sê dat daardie rant beset en behou moes word. Toe ek vinnig soontoe ry, ontmoet ek van ons offisiere (genl. Martiens Krog, komdt. Frans Mentz en ander) wat met 'n klompie Boere van die rant se kant af kom. Party van hulle was gewond. Krog en Mentz wou juis na genl. De Wet toe gaan om te rapporteer wat die posisie daar was.

Ek het verder gery om my bevel uit te voer, maar reeds by die begin van die rant stuit ek op die vyand wat in strooise verskans was.

Daarop is ek terug na die damwal, na genl. De Wet . . . maar ek kry niemand nie. Die generaal-hulle moes skielik weggetrek het, want ons los perde in die lusernkamp van die plaas, is nie saamgeneem nie. Die kamphek is toe, en die perde, wat verwilder is deur die aanhoudende geweervuur, met kanonskote op 'n distansie, was onkeerbaar toe ek die hek oopmaak. My plan was vernaamlik om die perd van die generaal, wat op Doornberg in die boud gekwes is, vir kom uit te bring. Deur 'n seun (wat van die vyand se kant af kom en 'n vyandelike perd voor kom aanja, terwyl hy 'n buitgeweer in sy hand hou) is ek nog n tydjie opgehou deur die " kakie”-perd vir hom te help vang, want hy wou daardie buitperd beslis ry. En omdat die dier so wild was, moes ek maar die verowerde Leemetford dra, saam met my eie geweer, sodat die twee oorkruis oor my rug Iê.

Daarop het ek in 'n handgalop in suidelike rigting gery — nie haastig nie, want ek het besef dat dit daardie dag 'n moeilike en Iangdurige rit sou afgee. In die verte, moontlik ’n myl voor my, sien ek die stowwe opslaan van die generaal en sy kommando, en ek sit af agter hulle aan. 'n Rukkie later klink daar kwaai sarsies van Leemetfordvuur en vir 'n oomblik was ek verbaas toe ek merk dat die koeëls van my af wegtrek, tot ek amper my neus tussen rye kakies insteek: dis hulle wat genl. De Wet peper. Ek besef nou duidelik dat die poort, waardeur die generaal op die Iaaste oomblik gestorm het, pottoe gesluit is deur rye vegtende soldate. Ek het baie moeilikheid gehad om uit te kom. Ek het my perd dadelik in 'n droë turfsloot ingedruk en toe 'n entjie teruggery na die dam se kant, want dit was die enigste kans vir my om uit te kom. En toe ek eindelik 'n spoelsloot in die wal tref, druk ek my perd op. Maar ons was skaars op die gelykte, of die vyand takel my met 'n geweld van koeëls soos ek in my Iange Iewe selde ondervind het. Die kakies van Tim Lukin (ek meen dis hulle) kon vinnig skiet. Maar die ou swart perd kon vinnig hardloop. Die klippies trek strepe hier onder my, en die twee geweers klepklop op my rug soos die getik van 'n motor wat deur 'n platgedrukte versneller aangeja word.

Deur Gods bestiering het ek deur die kwaai vuur gekom en vinniger by genl. De Wet aangesluit as wat my oorspronklike plan was.

Die antwoord op die klagte van genl. Botha oor pligsversuim van genl. Lukin is dat generaal De Wet niks van sy oorlogskuns verleer het nie, en dat die drie generaals Botha, Smuts en Lukin sáám, nie kon kersvashou vir hom nie.

Genl. Lukin het by die allereerste begin van die geveg op Hoenderkop, drie myl ten weste van Muskroom Valley, help aanval. Hy is blykbaar daarna deur genl. Botha na die suide gestuur om genl. De Wet se enigste orige uitgang toe te sluit. Hy het so haastig gemaak as wat perdepote kan roer, maar nie so haastig dat genl. De Wet die bedoelings van sy teenstanders nie raakgesien het nie.

Komdt. J. J. (Seef) van Rensburg, die kommandant van die distrik Bloemfontein, het genl. De Wet die aand voor die geveg met 'n patrollie op Muskroom Valley kom besoek om sy groot moeilikhede met kom te bespreek: sy burgers dwing om te rebelleer, wat moet hy hulle aanraai? Seef was nog op Muskroom Valley toe die onverwagse aanval begin het, en in sy rapport aan skr. herinner hy aan die begryplike verwarring wat teen die begin van die slag geheers het.

Sy mening is dat die uitslag ten gunste van die regeringstroepe deur die volgende redes veroorsaak is:
(1) "Dat daar te veel gerustheid aan die kant van genl. De Wet was; maar dit is verklaarbaar, omdat die generaal natuurlik nie gereken het dat die regering hom op die wyse sou aanval nie, aangesien daar nog altyd pogings aangewend is om die toestande te herstel."
(2) "Toe die aanval reeds begin het, was sy burgers nie behoorlik gewapen nie en die ammunisie te beperk vir 'n behoorlike verdediging.

Komdt. Van Rensburg se mening behoort aangevul te word met 'n derde punt, naamlik dat die oormag wat genl. Botha in die veld gebring het (moontlik 'n verhouding in weerbare manne van tien teen een in sy guns) die beslissende faktor was, en moes wees, want hy het nie alleen die groot oorwig in getalle gehad nie, maar ook, dat sy manne goed gedissiplineerde troepe was en dat sy hele mag vo!op oor wapens en ammunisie sowel as grofgeskut beskik het.

Die rebelkommando’s het die dag voor die geveg versprei gelê oor MusKroom Valley en Hoenderkop, na die weste, oor 'n distansie van omtrent drie myl. Op die westelikste punt was Melt van Schoor met 'n deel van die Reitz-kommando en 800 tree van hom af, na die ooste G. J. Joubert met 'n klomp Frankfurters. Dan volg op MusKroom Valley Rocco de Villiers met burgers van Heilbron en heeltemal aan die oostelike vleuel genl. De Wet met die Vrede-kommando. Toe dit skaars Iig was, word die twee eersgenoemdes aangeval deur 'n sterk mag van regeringstroepe onder persoonlike Ieiding van kol. Brand ( 'n generaal van genl. De Wet in die Driejarige Oorlog). Toe die aanvallers probeer om 'n rant te vat, storm Van Schoor in net met sy staf van enkele persone, maar spoedig gevolg deur sy burgers, 500 in getal. En teen groot oormagte het huIIe nie alleen die posisie gevat en behou nie, maar daarby 150 gevangenes gemaak, terwyl 5 dooies van die vyand tussen hulle bly lê het. Van Schoor het 35 man aan gevangenes verloor, 9 man gesneuwel en 15 gewond.

Langs hom het G. J. Joubert met sy 400 Frankforters nog swaarder gekry. Deur die aanvanklike verwarring is huIIe perde so wild geskiet dat huIIe weggehoI het. Maar Joubert en sy 400 burgers storm te voet in en het met taaiheid en moed vasgehou, selfs al moes huIIe een van hul posisies opgee. Ook die Heilbronners (moontlik 500 of 600 sterk) het manlik huIIe plig gedoen. Maar die individuele gevalle van bewonderenswaardige dapperheid kon nie die oormag keer nie en hulle moes na die ooste toe padgee.

Voeg by hierdie getalle nog die 400 burgers van Vrede en dit word dan duidelik dat die rebelkommando's op Mushroom Valley en Hoenderkop op 12 November hoogstens 2,000 was.

Genl De Wet het vir geen oomblik, ook nie by sy moeilike ontkoming, die leiding verloor nie. Om twaalfuur die middag stuur hy 'n rapport aan Van Schoor en Joubert dat hulle moet terugtrek omdat hulle ook van die agterkant aangeval sal word. Hulle is omsingel. Maar hulle het hulle pad soos manne uitgeveg. Altwee is daarna deur genl De Wet met die titel van generaal vereer, 'n beloning wat volkome verdien was. Hulle het op Kwartelsnek by genl. De Wet kom aansluit, en Rocco de Villiers het hulle naby Marquard gekry.

Daar word vertel dat genl. Botha (toe hy ná die geveg oor die slagveld ry en die Iyke van ou kommandomaats uit die Driejarige Oorlog sien Iê) trane gestort het. 'n Geloofwaardige verhaal. Hy het moontlik onder die dooies ook Boere gekry wat ongewapen was . . .

Genl. Botha het oor dertigduisend troepe beskik om die rebellie aan te vuur en mee baas te raak. Twintigduisend van hulle was Afrikaanssprekend, tienduisend EngeIse. Vanaf 11 Oktober tot die eerste week van November was hy besig om hulle te organiseer; 'n knap stuk werk. En namate sy troepe strydvaardig geword het, is hulle deur hom gebruik: eers teen Maritz, toe teen genl. Beyers, en die Iaaste, die swaarste taak was teen genl. De Wet. Op die dag van Doornberg, 8 November, was hy daarvoor gereed, en die 9de vertrek hy vanaf Pretoria na Theunissen (die vroeëre Smaldeel) langs die Iyn Vereeniging Bloemfontein vir die aanval in die noordoosteIike Vrystaat met Mushroom Valley as eerste en beslissende resultaat.

Dit het hom dus gepas om onderhandeling aan die gang te hou tot aan die begin van November. Genl. Beyers kon hy al op 27 Oktober aanval, soos ook gebeur het; vir genl. De Wet was nog 'n tydjie Ianger nodig. Dit verklaar die uitdrukking van genl. Smuts in die twee telegramme van die 1ste en die 4de November. In elkeen daarvan gebruik hy die woorde dat militêre aksie in die Vry­staat "nog 'n paar dae” moes wag. As president Steyn in daardie paar dae genl. De Wet kon beweeg om oor te gee ("onvoorwaardelik”, soos Smuts bedoel volgens sy telegram van 8 November) dan sou verdere bloedstorting nie nodig wees nie. Dus, die verklaring van sy eskalerende koelheid in sy hantering van die vaderlike poging van die president om vrede te maak en die "vurige begeerte van die Regering om bloedvergieting te voorkom", het in dieselfde mate verys. Maar in sy telegramwisseling met die presi­dent probeer hy om die skuld van die mislukking om te probeer onderhandel te skuif op genls. De Wet en Beyers. Hy het hierdie stuk verraad met onvergelyklike handigbeid gedoen; sy meesterskap in daardie soort werk het nooit groter geskyn as gedurende hierdie tyd nie. En die rede daarvoor was dat dit alles naderhand vir politieke doeleindes gebruik sou word.

Pres. Steyn het gevra hy moet tog sorg dat niks daarvan in die koerante kom nie. En genl. Smuts het hom daaraan gehou. Maar net enkele maande later verskyn reeds die eerste blouboek, naamlik dié van prof. Fouché, waarin die hele korrespondensie met pres. Steyn gepubliseer word op instruksies van genl. Smuts en met uitlegginge wat genl. Smuts gepas het! Soveel so, dat prof. Fouché kom daaroor naderhand geskaam het.

Met die dienstelegramme aan Joof Alberts en genl. Lukin was dit anders. Dit was geheime instruksies wat bedoel was om geheim te bly en waarin genl. Smuts presies kon sê wat hy bedoel het.

Die volgende is 'n uiteensetting van genls. Botha en Smuts se bedoeling met 'onderhandelinge', wat inderwaarheid die oorsaak vir die bloedvergietings en die hele burgeroorlog is:

Maritz: Wat hom betref, het die regering openlik verklaar dat hulle geen onderhandelings wou toelaat nie. Conradie en verskeie ander persone van suiwer aansien en goeie bedoeling wat tot oordeel bevoeg was, het verklaar dat bloedstorting in die noordwestelike Kaap gekeer kon gewees het as die regering dit so gewil het.

Beyers: Genl. Botha het hom op 24 Oktober 'n spesiale trein aangebied, as hy na pres. Steyn sou wou gaan vir besprekings. Die bedoeling was om kom van sy kommando’s af weg te kry en onskadelik te maak. Beyers verklaar hom heeltemal bereid vir onderhandelings, maar genl. De Wet se getrouheid aan hom kan hy nie met ontrou beantwoord nie. HuIIe sal saam op Onze Rust wees. Die uitwerking daarvan op die regering was: dat genl. Botha met 'n sterk kommando hom verdryf en sy mense Iaat skiet. Genl. Smuts Iaat pres. Steyn weet: genl. Beyers het iewers in die Bosveld gaan rondtrek, en hy kan nie uitvind waar hy is nie. Dis 'n valse verslag wat die opsetlike doel gehad het, om genl. De Wet afkerig te maak van 'n besoek aan president Steyn. Ondertussen stuur genl. Smuts vir Meintjes en dadelik daarna vir die magistraat van Wolmaransstad na genl. Beyers, kastig om te onderhandel, maar in werklikheid om uit te vind, of genl. Beyers al "saf" geword het. En eers nadat genl. Beyers se kommando’s na al die vier winde verstrooi is, word aan hom 'n vrygeleide oorhandig, wat kom op 10 November by pres. Steyn bring. Toe het die burgeroorlog, te wyte aan die optrede van regeringstroepe op Doornberg al uitgebreek in die noordoostelike Vrystaat. Genl. Smuts weier om toe te Iaat dat genl. De Wet en genl. Beyers mekaar ontmoet, selfs nie in aanwesigheid van pres. Steyn nie.

De Wet: Dit was duidelik vir genl. De Wet dat ook met hom die plan was om kom van sy kommando’s te verwyder. Hy moes maar na die president gaan en wag tot Beyers kom! En Beyers was, volgens genl. Smuts, heeltemal onvindbaar. Genl. De Wet se skerp verstand het genl. Smuts deursien. Die ou generaal was heeltemal bereid om aan die president se dringende versoek te voldoen, want hy het onbeperkte vertroue en hoogagting vir hom gehad.

By sy begrafnis (pres. Steyn is op 28 November 1916 oorlede) sê genl. De Wet: "AI die burgers weet dat in die Iaaste oorlog Marthinus Theunis Steyn die vader van Christiaan de Wet was en sy respek was die respek van 'n kind vir sy vader."

In genl. Hertzog (wat 'n paar keer vir hom besoek het in verband met die vredespogings gedurende die rebellie) het hy die groot politieke Ieier gesien wat "op sy plek is ... 'n man wat jy nie in die maanlig hoef deur te kyk nie, maar wat jy in die donker kan vertrou.” En van Charley Fichardt sê hy: "Fichardt sal ook vir ons veg op politieke gebied. Hy is 'n tweede Hertzog.” Met hulle sou hy saam oorleg gepleeg het, en sy vernaamste offisiere het hom daartoe aangemoedig. Selfs op 14 November, op Uintjeshoek, twee dae na Muskroom Valley, het hulle op 'n krygsraad nog 'n besluit in daardie gees geneem en Jan Brand Wessels daarmee afgevaardig na Onze Rust. Die president, was, nes genl. Hertzog, vas oortuig daarvan dat daar 'n oplossing sou kom, as hy samesprekings met genls. De Wet en Beyers kon kry - waardeur bloedvergieting en dus 'n burgeroorlog, die gevreesde en vreeslike broederoorlog, vermy sou word. En skr., wat die dae saam met genl. De Wet deurgemaak het, deel daardie vaste oortuigings.

Maar genl. De Wet sou genl. Beyers nooit in die steek Iaat nie. Dit was onverbiddelik in stryd met sy aangebore getrouheid. Sy woorde (soos deur skr. uit sy mond opgeteken) was sy boodskap aan president Steyn: "Sodra ek genl. Beyers ontmoet, sal ek op die plek die kommando’s Iaat staan en kom.” Maar genl. Beyers is van die president en die generaal af weggehou, tot genl. Botha besig was om met genl. De Wet te veg. Genl. Smuts het die pogings tot onderhandelings opsetlik Iaat misluk. Nie alleen dié van die president nie, maar alle ander — soos die versoek van die verteenwoordigers van Senekal aan die regering, naamlik om toe te staan dat elke Vrystaatse distrik twee afgevaardiges na Bloemfon­tein kan stuur om tot 'n verstandhouding te raak en om bloed­vergieting te vermy. Ook die so goed bedoelde aanbiedings van komdt Prinsloo, genl. Hattingh en komdt. C. A. van Niekerk, Volksraadslid vir Boshof, sowel as van andere is deur genl. Smuts van die hand gewys. Genl. Beyers se Iaaste woord aan genl. Smuts oor sy bedanking as kommandant-generaal was: wat nou nie verklaar kan word nie, sal deur die geskiedenis bewys word.

Die geskiedenis het net een uitspraak, treffend en onweerspreekIik in sy duidelikheid.

Dit is naamlik: dat die Unieregring van daardie tyd die verantwoordelikheid dra vir die bloed wat gestort is in die sogenoemde rebellie van 1914-1915. Die bloedige burgeroorlog, met al sy ellende, verdriet en onnoemlike Iyding kon verhinder gewees het deur genls. Botha en Smuts. HuIIe het geweier om dit te doen. HuIIe is die skuldiges.

Doodskiet, ophang of wat? – vervolg... 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2309 gaste aanlyn