Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Wie almal skuld het is nie belangrik nie – voor God is ons immers almal skuldig. En versoening tussen mense is nie afhanklik van skuldbelydenis of vergifnis nie. Ons moet in die eerste plek met Christus versoen word, dan sal die vrede met ons naaste vanself herstel.
WIE IS DIE SKULDIGES (53)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
DIE PROFEET IS OPPAD
In die halfdonker van my sel, in die gevangenis van Boksburg, verskyn die tronkbewaarder, in kakie-uniform en met die aangeleerde strakheid van n gedissiplineerde militêr. "The prophet is coming,” kondig hy aan. En toe ek verbaas lyk, vervolg hy:"Yes, the prophet, your prophet," met 'n sarkastiese klemtoon op "your" , asof hy wil Iaat verstaan dat 'n rebel-prisonier, soos ek, Iiewers nie 'n profeet moes hê as hy sy lot nie nog wil verswaar nie. Ek volg hom die amper duistere gang deur na "my yardjie"’, waar ek gedurende die dag Iiggaamsoefening kon doen. Sy woorde en veral die toon daarvan het my in die hart gegryp, want eensame opsluiting en sombere toekomsverwagtings maak 'n mens uiters gevoelig vir enige nuwe skok. Ek begryp dat "die profeet” alleen Niklaas van Rensburg kon wees, wie se voorspellings 'n groot invloed gehad het op die gebeurtenisse wat ons moes deurgaan, en van wie ek geweet het dat hy met seshonderd helde die woestyn deurgetrek en deur duisende vyande heen Suidwes-Afrika bereik het om die wapens te gaan haal, waarmee ons die verlore onafhanklikheid sou kon herower. En noudat hul teruggekom het, word hul teruggevoer, nie na die vryheid nie maar na bandiete-tronke, en hy, die Siener, word my Iotgenoot, in afgesonderde opsluiting. Die Profeet van die Vryheid, tussen vier tronkmure.
Ek sien hom in die felle sonlig van die klein "yard”, 'n patetiese figuur. Die bewaarders het kom, soos dit vir my Iyk, dadelik na hy binne gebring is, in die bad gedruk. So' n "dirty Boer” het dit natuurlik nodig! Uit die bad in die tronk. Die ou man was nog besig om aan sy klere te frommel. Hy het 'n swaar rybroek van "konstitusiekoord” gedra, vasgehou deur 'n gordel met "Ich Dien” op die gespe. Sy baadiie was van 'n ongewone kleur, Iigter en verskillend van die militêre uniform wat ons geken het. Hy was klein van persoon met 'n tipiese Boerebaard. Hy Iyk verskrompel onder die bittere vernederings wat hy ondergaan. Sy swaar behaarde kop hang effentjies vooroor tussen sy geboë, dunne skouers. Droewig, soos van 'n gekweste wildsbok, sy angstige, mistieke oë. Oor sy fyn, hoe voorhoof Iê ’n Napoleon-Iok. Deur die ellende van vertrapping skyn die adel van 'n heel besondere persoonlikheid.
Met moeite oorwin ek die geweldige spanning wat my 'n oomblik vasruk. Ek lê my hand kalmerend in syne en spreek kom eerbiedig en vriendskaplik aan as "Oom Niklaas”, wat aan sy groot, onrustige oë 'n glans van dankbaarheid gee. Skugter en verbaas vra hy: "En wie is jy?”
Met die noem van my naam kom daar 'n makliker toon in sy stem: "Die koerantskrywer. Ja, ek ken jou; en ek het geweet ons sal mekaar sien.”
"Oom Niklaas, sê ek verder, in 'n poging om hom te Iaat voel, dat ons geesverwante en Iotgenote is. "Oom Niklaas, ek het dan gehoop, julle sou my kom verlos, en nou kom jy by my aansluit tussen hierdie steil mure."
Hy antwoord afgetrokke dat die mense wou huistoe gaan, en dat hul bang was dat hul besittings gekonfiskeer sou word. Ook wou hul nie teen hul eie mense veg nie. Maar sy gedagtes was met ander onderwerpe besig, en sonder verdere aanleiding vra hy: "Waar is die plek waar 'n mens hom moet doodhoes?” "Doodhoes? En wie sê so, oom Niklaas?”
"Die kakies in die kantoor, hiervoor."
"Doodhoes, oom Niklaas?” vra ek nog verbaas. "Ek verstaan nie. Wat het die kakies presies gesê?”
"Hulle sê vir my jy moet baie hoes. En toe ek vra: sal dit 'n Iang tyd duur, sê hulle: "nee, dit sal nie baie lank duur nie". HuIIe Iaat my verstaan dat daar 'n kamer is waar 'n man baie moet hoes, tot hy dood is.”
Na nog 'n paar vrae van my was die misverstand duidelik en ek gee hom die verklaring. Dit was dat die tronkbeamptes my voorletter en my van aanmekaar geskryf het in hul boeke en dit as Hoest uitspreek. Dat hulle kom beduie het hy moet "by Hoest gaan", en dit beteken dat hy by my opgesluit sou word.
Sy oë het gerek, en met 'n stem wat meer met homself as met my praat, sê hy:
"Ek kon dit al nie verstaan nie. Daar het 'n swart muil aan my mou gelek, en ek moes deur 'n digte doringbos gaan, maar ek het anderkant uitgekom.”
Die "doringbos” was werklik dig want oom Niklaas het amper ’n jaar geworstel en gely voor hy uit die gevangenis ontslaan is. Die Iig wat hom in daardie donkere tyd aan die Iewe gehou het, was sy visioene en sy Bybel.
Die menslike magte, wat geregeer het in onbereikbare hoogheid vir ons tronkbewoners, het beskik dat ons twee na 'n kort tyd uitmekaar gepluk is. Hy is na die Fort-gevangenis in Johannesburg, en ek na 'n dodesel in Bloemfontein. En na ons altwee 'n vonnis ontvang het, was ons nege maande as veroordeeldes saam in afsonderlike selle, maar daagliks byeen in die "stone yard " van die Fort. Hy het die sielelyding van sy Iotgenote baie help versag in daardie Iang, Iang tydperk deur sy voorbeeld van geduldige Iydsaamheid, maar veral deur die daelikse rapporte van sy visoene, wat in die nagtelike ure aan hom verskyn. Almal se gedagtes was dag aan dag besig met die een vraagstuk: Wanneer sal ons verlossing kom? Hoop het deurgestraal, al was dit vir kort oomblikke. Bedruktheid was maar die gewone stemming van die ongelukkiges wie se ideaal vernietig was. Volkshelde van vryheid, wie se Iewens vervaal is in die kleurlose bandiete-atmosfeer, waar hulle onder daaglikse druk gestaan het van individue, elke opsig hulle minderes. Die bewaarders was oorwegend oud- soldate van die Engelse leër. Nou beklee hulle 'n posisie van gesag oor Boereoffisiere, wat almal deur hul volk geag was en van wie sommige wêreldberoemdheid geniet het.
Die "stone yard " was die versamelplek van die gevangenes van die more tot die opsluittyd. Dit het sekere geriewe gehad, waarvan die vernaamste was 'n sinkafdak wat in die warm dae enigsins beskutting gegee het teen die sonstrale en in die winter teen die koue en die kilheid van motreëns. Onder daardie afdakkie het 'n paar ruwe houtbanke gestaan en 'n paar kaal tafels, wat deur die manne gebruik is om vir tydverdryf en as aandenkings vir familielede en vriende allerkhande voorwerpe van hout en "tjalies” te vervaardig. Die maak van riempiestoele, ware Boeremeubels, en selfs van 'n houthuisie (tans in bewaring van die oorlogsmuseum in Bloemfontein) was die hoogste aspirasie van die "vakmanne” onder die prisoniers. Die onderwerp van gesprekke was egter meestal oor die allesoorkheersende en nooit beantwoorde vraag: "Wanneer gaan ons huistoe?”
Oom Niklaas het baie "gesien” daaromtrent, maar vir Iang maande was daar vir hom ook onsekerheid. Sy openbarings kom meestal na hy in die alleenheid van sy sel uitgestrek Iê, met die hande onder sy hoof gevou en sy oë gesluit. Dan trek daar ’n waas oor die droewige werklikhede van sy tronkbestaan en kom die mistieke beelde of voorspellings lewendig voor die oë van sy gees. In sy eie woorde aan my het hy dit beskryf: "Ek voel 'n drukking op my kop, dis net asof my verstand so kort word, of daar iets in my kop opwerk. Dit draai in die rondte. Die volgende more vertel hy dan aan groepies van sy belangstellende Iotgenote met sagte stem en waardige handgebare, terwyl sy oë, nou wyd oop, weer sy "siening” deurleef.
Maar in die loop van verskeie maande kom daar meer beslistheid in sy visioene. Onder andere sien hy my nie uitgaan nie.
"Jy sal agterbly,” verseker hy.
En op my verdere vraag daaromtrent sê hy: "Omdat ek jou nie sien by die ander wat die tronk verlaat nie.” En dan vertel hy, daar is een van ons, wat 'n rukkie na die groot klomp uitkom.
"En wie is hy, oom Niklaas?”
"Nee, ek kan nie sy gesig herken nie. Hy het 'n grys baard en hy dra 'n Boerestoel in sy regterhand. Hy glip vinnig by die yard se deur uit. Maar ek kon sy gesig nie goed sien nie. Sy baard is wit. Ons gaan Iangs mekaar op een van die forms onder die afdak sit en met sekerheid in sy stem vervolg hy:
"Ons verlaat die tronk. Dis naby: Soos ek hier sit, ry ek op die trein. My vrou wou my 'n besoek bring, maar ek het haar Iaat telegrafeer sy moet nie kom nie. Ek gaan na haar toe.”
Die gesprek het plaasgevind op die more van 19 Desember 1915. Party van die prisoniers het ongelowig kul koppe geskud. Hoekom weet niemand daar iets van nie. Maar die aand Iaat word deur die "Governor” van die Fort 'n Iang telegram in Engels ontvang, met 'n Iys van die rebelle wat vrygestel sou word en die voorwaardes van hul parool. Dit was in Engels en is dieselfde aand Iaat vertaal. Die nag verskyn voor die kykgaatjie van my seldeur die mond van 'n bewaarder, Tredoux,' n goedgesinde Afrikaner, wat my die groot gebeurtenis skelmpies vertel en daarby voeg: "Maar u naam is nie op die Iys nie.” Genl. Bert Wessels, wie se "stalletjie” net oorkant myne was, hoor die boodskap en kreun: "0, ek sal daar ook nie op wees nie, want hulle is te kwaad vir my,” waarop Tredoux kom troos met die woorde: "Ja, oom Bert se naam staan wel op die Iys."
En die volgende more om sewe-uur het net 'n klompie in die Stone Yard bymekaar gekom. AI die ander het reeds die sombere dreiging van die Fortmure agter hulle.
Vervolg...