NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Liewe oumens, miskien gaan dit op hierdie oomblik sleg met jou.  Jy is op moedverloor se vlakte.  Leer dan een ding:  Om een dag op ‘n slag te lewe.  Vra God dat Hy jou net vir vandag sal dra.  Vergeet van more, vergeet van oormôre.  Gee een tree op ‘n slag op ‘n dag-vir-dag basis.

DIE EERSTE VRYHEIDS- OORLOG (12)

Lees reeks by Die Eerste Vryheidsloorlog

LYDELIKE VERSET – YDELLIKE VERSET?

“The Transvaal question will soon become the question of the day, and is likely to absorb quite as much attention as the Abyssinian war did in its time.” Hierdie voorspelling van A Aylward in 1878 was nie wolhaarpraatjies nie. Soos in die begin aangetoon is, het daar met die anneksasie ’n ingewikkelde staatkundige situasie ontstaan. Teen 1878 en veral in 1879 het die groepsbelange in Transvaal al hoe meer begin bots.

Op 27 September 1879 het sir Garnet Wolseley in Pretoria aangekom. In sy nuutgeskepte pos as Goewerneur vir Transvaal en Hoë Kommissaris vir sowel Transvaal as Natal sou hy met ongekende ywer en doelgerigtheid die Britse gesag in Transvaal probeer bestendig. In sy pogings om die Britse belange in Transvaal te beskerm en uit te bou, sou hy ’n sterker beleid as sy voorgangers volg.

Dit sou hom in direkte botsing met die teenparty bring. Hierdie teenparty, bestaande uit die oorgrote meerderheid van die Transvaalse Blanke inwoners, was nie meer die individualistiese, eiesinnige en onverantwoordelike Boere van 12 April 1877 nie. Eengesindheid en ’n liefde vir land en volk het geleidelik begin uitkristalliseer.

Hierdie keer sou daar nie weer soos in 1836 getrek word nie - die verlore “vaderland” moes teruggekry word. Hierdie vasberadenheid sou hulle in botsing bring met Britse belange en ’n konfliksituasie laat ontstaan.

 

Die afmetings wat die botsing in 1879 sou aanneem, het van twee belangrike faktore afgehang: eerstens die aard en omvang van die anti-Britse gevoel onder die Boere en tweedens die Volkskomitee se leiding. Wat die eerste faktor betref, het dit volgens ’n korrespondent van die The Natal Witness geblyk “that the people will resort to arms.”

Op die intensiteit van die Boereverset in 1879 moet nou nader ingegaan word. Dit sal ook ’n goeie aanduiding gee hoe die Volkskomitee in sy beleid van lydelike verset tot die uiterste beproef is.

Die eerste tekens van verset vind ons ná die Eerste Deputasie se verslag van sy mislukte sending na Europa. In ’n brief wat gedurende Februarie 1879 in De Volksstem verskyn het, is verklaar: “Het is duidelijk op te merken dat met de terugkomst van den heer S J P Kruger, ons land, de oude Transvaal, ontwaakt is uit zijne sluimering die ruim 8 maanden geduurd heeft ... Ja, men kon duidelik zien en waarnemen dat die vrijheidsader begon te kloppen.” Met groot bitterheid borduur die skrywer voort:

“O! onvergetelijke dag van smart, grief en rouwe, toen die groote Britsche Leviathan in den vorm van een Administrateur, uitgezonden van den grooten fabrikant van Engelands annexatiedepdt, toen de bevolking alhier werd in slaap gewiegd door haar honing om den mond te strijken.”

Die daarstelling van ’n tweede deputasie het die gemoedere tydelik gekalmeer, en 1878 het verder betreklik rustig verloop. Die mislukking van die Tweede Deputasie het egter ’n nuwe fase in die Boereverset gebring. Sommige Boere wou teen Januarie 1879 onmiddellik tot wapengeweld oorgaan. Dit was veral die jonger geslag wat na vore begin tree het as voorstanders van gewapende verset. De Zuid-Afrikaan se korrespondent berig soos volg oor die jonger geslag se optrede tydens die volksvergadering in Januarie 1879: “Eenige jongere lieden lieten zich zeer heftig uit, en de meer bedaarden hadden groote moeite om onverstandige handelingen te beletten ...” Die bedaarde persone na wie hier verwys word, was niemand anders as Volkskomiteelede soos Paul Kruger, M W Pretorius, P J Joubert en ander nie.

Die afmetings wat die verset teen 1879 aangeneem het, blyk uit die bekommerde toon van ’n brief wat D P Ueckermann, ’n lid van die Volkskomitee, op 5 Februarie 1879 aan P J Joubert geskryf het: “Ik wensch van harte dat mijne landgenooten toch willen verstaan dat zij door passieven tegenstand veel meer zullen ten uitvoer brengen dan door de wapenen op te nemen.” Dat Ueckermann in die brief ’n wens uitspreek, is ’n aanduiding dat die Boere die Volkskomitee se beleid van lydelike verset nie meer heelhartig gesteun het nie, en eerder hulle toevlug tot wapengeweld wou neem.

Tydens die volksvergadering van Maart - April 1879 sou die gemoedere nog hoër loop. Op 14 April het honderde burgers hulle ten gunste van die uitvaardiging van ’n proklamasie verklaar “waarby het volk de regering weder in handen neemt en zonder verzuim naar Pretoria opgetrokken worde om de goewernements eigendommen weder in bezit te nemen.”

Die verslag is afgesluit deur daarop te wys dat, hoewel bogenoemde hulle wens is, hulle hul egter “aan het beter oordeel van het committee ... indien dit tot onze ware onafhankelijkheid kan leiden,” sou onderwerp.

Ons vind hier ’n merkwaardige klemverskuiwing in die Boere se versetbeweging. Teen Januarie 1879 het die volkswil bepaal dat daar by die protes van 11 April 1877 gehou sou word. Skaars drie maande later beveel dieselfde “volkstem” aan dat tot daadwerklike stappe oorgegaan moet word. Met die aanvang van die Kleinfontein-vergadering het 36 burgers

hulle bereid verklaar om “indien het nodig is onze laatste druppel bloed te geven voor het vrijheid des lands” want “onder Britsch regering willen wij het land niet laat berusten.”

Die lydelike versetmetode ter herkryging van die onafhanklikheid is al hoe meer bevraagteken. Op 18 April het J van der Schijf ’n brief namens ’n aantal Boere aan die Volkskomitee gerig: “Verder voelen wij ons bezwaar over het lijdelijk verzet, wat moet van de Grensbewoners worden, wiens plaatsen reeds verwoest is door Engelse en swartes. Wat moeten van het Districtin Utrecht, Lydenburg, Wakkerstroom worden, hoe moeten wij ons gedragen in de tegenwoordige omstandigheden.” Dit blyk dat die denkbeeld van gewapende verset al hoe meer aanhang begin geniet het.

The Cape Argus berig op 1 April soos volg hieroor: “Demand to get their independence back; nothing short of that satisfies them. Young party,

about thousand strong, desirous of marching on Pretoria at once .. ,” Dr E J P Jorissen het hom op 1 April 1879 soos volg oor die toestand uitgelaat: “Ik voor mij geloof wel niet aan een aanval der Boeren op Pretoria. Maar ik verwacht wel een strijd ...”

Uit sulke uitlatinge blyk dit duidelik dat die Volkskomitee se beleid van lydelike verset alreeds teen April 1879 in die weegskaal gehang het. Die wyse waarop die Volkskomitee vanaf April 1879 sou leiding gee, sou bepaal na watter kant die skaal sou swaai. Die gebeure wat op die Aprilbyeenkoms gevolg het, was van so ’n aard dat die aanhangers van gewapende verset al meer veld begin wen het. As voorbeeld kan die omvang wat die ammunisiebuitery begin aanneem het, opgehaal word. Berigte soos die volgende wat in The Natal Witness verskyn, was aan die orde van die dag: “Boers have seized ammunition at Potchefstroom from stores, tendering payment. Did not touch magazine. About sixty unarmed men came in. Likely that Boers will do same in other towns.”

Verset teen die beperking wat deur die Britse regering op die aankoop van ammunisie gelê is, het gedien as motivering vir sulke optrede.

Die ammunisiebuitery het De Volksstem teen Oktober 1879 laat berig:

“De verder ziende leiders der beweging, aan wie het tot nu toe gelukt is den storm te bedwingen, beginnen hun invloed te verliezen op de groote menigte.”

Twee sake moet aangehaal word met betrekking tot die Volkskomitee se leiding. Eerstens is dit duidelik dat die oorgrote meerderheid van die Transvalers dit aanvaar het. Van belang egter is dat ten spyte van die Volkskomitee se onbetwisbare leierskap, hulle leiding nie as vanselfsprekend aanvaar is nie. Hulle leiding is aanvaar solank dit die volk tevrede gestel het dat “dit tot onze ware onafhankelijkheid kan leiden.” Hoewel die Boere teen April 1879 nog berus het in die voortsetting van die beleid van lydelike verset, wou hulle resultate sien. By ’n gebrek aan daadwerklike sukses sou die volkstem die Volkskomitee verplig om sy beleid te wysig.

Die Volkskomitee was teen April 1879 nog steeds van mening dat die tyd vir die uiterste stap in die vryheidstrewe nog nie ryp was nie. Twee redes kan daarvoor aangevoer word. In 1900 verklaar T F Carter: “The leaders at this time (1879) were uncertain of the feelings of those who were present.” As motivering wys Carter op Volkskomiteelid J S Joubert se uitlating: “It is easy to cry ‘yes, yes’ here; but will you act up to that word?” Tweedens is gevoel dat hulle “door passieven tegenstand veel meer zullen ten uitvoer brengen dan door de wapenen op te nemen.”

Die tydperk ná die Kleinfontein-vergadering is gekenmerk deur ’n hele aantal Volkskomitee-vergaderings asook sub-kommissievergaderings.

Hierdie aktiewe optrede van die Volkskomitee moet toegeskryf word aan 'n besef van die dreigende stadium wat die versetbeweging binnegegaan het. Dit moet ook gesien word teen die agtergrond van sir Garnet Wolseley se koms na Transvaal en sy drastiese stappe teen die versetbeweging.

Reeds op 7 Junie 1879 was ’n kommissie van die Volkskomitee genoodsaak om te vergader. Gerugte het die rondte gedoen dat M W Pretorius “ingezworen zou hebben onder Britsch bestuur, en dat de burgers uit dit distrikt (Rustenburg) er op aandringen om den heer Pretorius af te danken als Voorzitter van het Volks-comite ...”

Die kommissie wat op Stompoorsfontein vergader het, het uit sewe Volkskomiteelede bestaan onder die voorsitterskap van C J Bodenstein, met F G A Wolmarans as sekretaris.

Kruger, wat ook teenwoordig was, het hom sterk uitgelaat oor die bewerings. Hy het aangevoer dat hy verskeie navrae gedoen het, sowel as ’n persoonlike besoek aan Pretorius afgele het, en dat die aantygings heeltemal vals is. Nadat Kruger bedank is “voor zijne onvermoeiden ijver in deze zaak,” het die vergadering verdaag.

Na die Volkskomitee-vergadering van 10 en 11 Julie op Zwartkop was dit weer duidelik dat die leiers geen kans verspeel om hul onafhanklikheid langs 'n konstitusionele weg te probeer verkry.

Tydens ’n vergadering van ’n sub-kommissie van die Volkskomitee in Pretoria op Maandag, 4 Augustus, is heelwat sake van belang bespreek.

Tydens die Volksvergadering in Maart - April is skade aan ’n dame Ferguson se gesaaides aangerig waarvoor sy ’n eis van £400 ingestel het. Die feit dat Ferguson die eis aan die Volkskomitee gestuur het, is ’n bewys van die alombekende en aanvaarde leiersposisie wat die komitee ingeneem het.

Op die vergadering is besluit om die hele Volkskomitee op te roep vir ’n vergadering op Woensdag, 24 September, op die plaas Eendracht van J P Maré in die distrik Heidelberg. ’n Voorstel dat alle inligting met betrekking tot die Volkskomitee se werksaamhede aan die Kaapse parlement gestuur moet word “met versoek de belangen van den Transvaal niet uit het oog te verliezen,” het algemene byval gevind. Insiggewend is ’n besluit wat geneem is om “eene brief tot opwekking tot geduld van onze medeburgers te doen publiceren.” Met hierdie brief wat in De Volksstem van 5 Augustus 1879 verskyn het, slaag die Volkskomitee daarin om die toestand in die land deeglik uit te beeld. Op breedvoerige wyse word daar in die brief na minstens nege gevalle van onregpleging teen die Boere gewys, terwyl die swak Britse bestuur ook bespreek word. Op ’n treffende wyse word daar ten slotte in die brief ’n beroep gedoen op die Boere: “Houdt u kalm, bewaart uw geduld, verdraagt. Lijdt nog maar een tyd onrecht. Zoo kan het niet langer duuren. ”

Die Volkskomitee-vergadering van 24 September het met die koms van sir Garnet Wolseley saamgeval. Wolseley was geen diplomaat nie en het geglo dat “the answer to Boer disconten,... must not be concessions, but force.” Wolseley sou as Goewerneur en Hoë Kommissaris in sy opdrag faal. Hoofregter John Kotze wat ’n ooggetuie van die gebeure was, voer die volgende rede aan: “Sir Garnet simply did not understand the Boers and their leaders, and wholly failed to appreciate their motives. Like Sir Bartle Frere, he did not comprehend that it was a feeling of national honour that inspired them and made them act .. .’

As motivering vir Kotze se standpunt kan die volgende aangevoer word: Wolseley se siening van die Boere was so vol veragting dat daar van onderlinge samewerking en vertroue geen sprake kon wees nie. Op 14 Oktober 1879 skryf hy in sy dagboek: “They are a sickly looking lot of people . . .”; op 7 Januarie 1880: “poor silly creatures ...”; 28 en op 13 Januarie: “These vagabond Boers, what a silly, childish lot they are .. .”

Voordat Wolseley Pretoria op 27 September binnegery het, het twee dinge hom voorberei op die toestand in Transvaal. Eerstens het Alfred Aylward Wolseley gewaarsku teen geringskatting van die Boere. In ’n brief wat Wolseley op 31 Augustus ontvang het, verklaar Aylward: “...the Boers will fight and can turn out 4 000 men.”

Die tweede geleentheid het Wolseley self geskep. Nadat hy op 7 September die Transvaalse grens oorgesteek het, het hy ’n uitnodiging aan P J Joubert gerig om hom te ontmoet. Hierdie ontmoeting het op 19 September op Standerton plaasgevind. Soos die vorige samesprekings het ook hierdie samespreking gehandel oor die meriete en permanentheid van die anneksasie, en soos al die vorige samesprekings het ook dit niks opgelewer nie.

Drie dae voor sy aankoms in Pretoria berig Wolseley dat 40 van die 70 Volkskomiteelede byeengekom het. Hierdie vergadering wat op 24 en 25 September 1879 gehou is, het, soos reeds genoem, op die plaas Eendracht plaasgevind. Aangesien daar nog geen antwoord van Brittanje ontvang is op hulle verslag nie, is op die vergadering besluit om voort te gaan met hulle protes. Vervolgens is 10 Desember 1879 bepaal as datum vir ’n volksvergadering in die omgewing van die plaas Wonderfontein.

Tydens die tweede dag se beraadslaging is daar ’n brief aan Wolseley gerig. Hy is daarin versoek om enige inligting met betrekking tot die antwoord van Brittanje op hulle verslag te verskaf. Nadat daar aan al die Christenkerke in Transvaal, Vrystaat en die Kaapkolonie ’n oproep tot gebed vir hulle saak gerig is, het die vergadering verdaag.

Vir Wolseley was die anneksasie van Transvaal ’n onherroeplike gebeurtenis. Met sy aankoms in Transvaal het hy sy verbasing te kenne gegee dat “er nog menschen waren die’t gelooven konden dat de Transvaal immer hare onafhankelijkheid zou terugkrijgen en hij herhaalde de magtspreuk dat de Transvaal Britsch grondgebied zou blijven zoo lang als de zon schijnt. ”

Na aanleiding van die Volkskomitee se skrywe aan hom, het Wolseley op 30 September die Boereleiers daarop gewys dat die anneksasie as permanent beskou moet word. Op dieselfde dag het Wolseley in ’n proklamasie bekend gemaak “dat het de wil en het vaste besluit van Haar Majesteits Government is, dat dit Transvaalsche Grondgebied voor altijd zal, en zal voort gaan te zijn, een tot het geheel behoorend deel Haar Majesteits bezittingen in Zuid-Afrika.” Ten slotte is daarop gewys dat al die Britse onderdane moet “dien overeenkomstig handelen en zich gedragen.”

Bewus van ’n naderende botsing het ’n sub-kommissie van die Volkskomitee op 27 Oktober 1879 in Pretoria vergader. Die briefwisseling tussen die Volkskomitee en Wolseley is bespreek. Daar is ook besluit om ten spyte van Wolseley se vermaning voort te gaan met die voorgenome volksvergadering van 10 Desember 1879. Die volk sou daar uitsluitsel oor verdere optredes moes gee.

Op sy beurt wou Wolseley toesien dat die Britse gesag in Transvaal vir eens en vir altyd aanvaar word deur die verset onder die Boere te breek.

Eerstens het hy die reeds genoemde proklamasie van 30 September uitgevaardig waarin Britse gesag oor Transvaal bevestig is. Alle hoop op die herstel van die Transvaalse onafhanklikheid is hierdeur finaal verydel.

Wolseley het geglo dat so ’n stap die versetbeweging sou stuit, aangesien dit vir almal duidelik sou wees dat dit van geen waarde is om langer te agiteer nie.

Om die gedagte van gewapende verset onder die Boere in die kiem te smoor, het Wolseley besluit om van die Sekhukhune-oorlog gebruik te maak, want “to demonstrate that the ‘red soldiers’ could fight would reduce the chances of future conflict with either Boer or Black.”

Op 2 Oktober het Wolseley verklaar: “I am anxious to show the people that I want to do something, for up till now nothing has been done to carry out any of the promises made at the time of annexation.”

Met sy bekendmaking van ’n grondwet, waaroor later meer gesê word, het hy geglo dat dit ’n kalmerende invloed op die Boere sou hê.

Vierdens het Wolseley op 16 November 1879 ’n tweede proklamasie uitgevaardig. Dit het die volksvergadering van 10 Desember verbied; aanwesiges op die vergadering sou hulle skuldig maak aan vervolging: “Alle personen die bijeenkomsten bijeenroepen ..., of die zulke bijeenkomsten bijwonen ... (zullen) onderhevig zijn aan zware straffen.”

Hierdie pogings van Wolseley om die Boereverset iets van die verlede te maak, het misluk. Sy tweede proklamasie het dieselfde uitwerking gehad as Shepstone s’n van Maart 1878. Die Boere het dit geïgnoreer en in groot getalle die vergadering gaan bywoon.

Die volksvergadering van 10 Desember 1879 het die hoogtepunt gevorm van die versetbeweging in die periode April 1877 - 1879.

Meer as 6 000 Boere het ’n week lank op Jan Prinsloo se plaas, Wonderfontein, vergader. Die vergadering was ’n toonbeeld van georganiseerdheid. Ook die verrigtinge wat die vergadering voorafgegaan het, getuig daarvan.

Op 21 November het die inwoners van die Wakkerstroomse distrik op die plaas Graskop vergader. Volkskomiteelid P J Joubert het ’n prominente rol op die openbare vergadering gespeel. Nadat hy verslag gedoen het van die werksaamhede van die Volkskomitee, asook van sy onderhoud met Wolseley, het hy die Boere versoek om die vergadering van 10 Desember by te woon. Joubert het besondere klem daarop laat val dat geen persoon dit onder dwang moet bywoon nie. Daar is besluit om op 3 Desember 1879 as een groot, georganiseerde groep vanaf Katbosspruit na die vergadering op te trek.

Die optrede van die Middelburgse burgers is ook ’n bewys dat hierdie volksvergadering nie meer deur enkele ontevrede Boere bygewoon is nie. Onder leiding van Volkskomiteelid Nicolaas Smit en Daniel Schutte het 404 gewapende manne van genoemde distrik by die vergadering opgedaag. Met hulle aankoms het Smit met die Vierkleur in sy hand uitgeroep:

“Vrienden en Broeders! Deze vlag is de vlag onzer vaderen, hun dierbaar, ons dubbel dierbaar. Laat ons toonen dat wij haar willen houden, en indien vereischt, ons bloed er voor over hebben.”

Groot simpatie vind ons ook onder diegene wat nie die vergadering kon bywoon nie. Verskeie verskonings is per brief aangebied, en tegelykertyd is die Volkskomitee verseker van hulle lojaliteit en steun. ’n Sekere Kleyn- hans se verskoning lui: “De ondergetekende stem met de meerderheid van het volk der Z A Republiek tegen de Anneksatie.” Dit is slegs ’n enkele voorbeeld van talle ander soortgelykes.

Wat die Volkskomitee self betref, vind ons dat hulle deeglik voorberei het vir die vergadering. Dit blyk uit ’n brief van mev Jorissen aan haar kinders, gedateer 12 Desember 1879: “Papa is naar een Boeren-meeting, hij is er dood-vermoeid heengegaan, want vooraf had hij drukke bezigheden.”

Die agtergrond waarteen die volksvergadering geskied het, word as volg deur dr Jorissen uitgebeeld: “Wij kunnen dus niet meer tot Engeland spreken. Er is niemand die ons antwoordt.”

Die tyd van “dialoog” en verslae was teen Desember 1879 iets van die verlede. ’n Ander weg waarvolgens hulle onafhanklikheid verkry kon word, moes op hierdie vergadering gevind word en daar was slegs een alternatief oor: daadwerklike verset. Gemoedere het begin hoog loop. De Volksstem het met die aanvang van die volksvergadering verklaar: “De geest onder het volk is regt oproerig; het zal zwaar werk voor het Comite zijn ditmaal.”

Hoewel die volksvergadering amptelik eers op 11 Desember ’n aanvang geneem het, het die Volkskomitee reeds op 10 Desember vergader. Hiertydens is bekend gemaak dat M W Pretorius weens siekte eers die volgende dag teenwoordig sou wees. Daar is ook voorsiening gemaak vir voldoende toesig en beheer oor die vee om toe te sien “dat het vee niet buiten den  aangewezen plek zal komen. ”

Tydens die Volkskomitee-vergadering op Donderdagoggend, 11 Desember, is S du Toit van Heidelberg en J F D Oosthuizen van Marico tot hulle geledere toegevoeg. Aan ’n benoemde kommissie bestaande uit M W Vorster, N Smit, P J Joubert, S J P Kruger en J Mare is opgedra om ’n verslag van die Volkskomitee se werksaamhede sedert die byeenkoms te Kleinfontein op te stel. Hierdie verslag sou later die dag aan die volk voorgehou word. Dieselfde oggend om 11:00 het die voorsitter van die Volkskomitee gearriveer: “De heer Pretorius zag er vermoeid en ziekelijk uit; de koorts had hem dan ook verhinderd vroeger in het kamp te komen.” Pretorius se gesondheidstoestand was van so ’n aard dat hy eers op Maandagoggend, 15 Desember, die voorsitterstoel by M J Viljoen, die medevoorsitter, kon oorneem.

Kruger was diep onder die indruk van aantyginge soos dié van Frere en Wolseley dat baie Boere die vergaderings onder dwang bywoon. Op 10 Desember het hy by twee geleenthede gevra dat diegene wat nie uit vrye wil gekom het nie, die kamp moet verlaat. Voordat W E Bok die middag van 11 Desember die verslag oor die werksaamhede van die Volkskomitee aan die publiek voorgelees het, het Kruger weer die saak opgehaal: “Alvorens wij onze werkzaamheden beginnen, moet ik u zeggen dat gij beschuldigd wordt, niet vrijwillig deze vergadering bij te wonen ... Is er iemand die hier onder dwang verscheen, hij heeft nie alleen vrijheid van hier te gaan, maar op onze (Volkskomitee) bescherming kan hij staat maken.”

Die eendragtigheid van die teenwoordige Boere blyk uit die korrespondent van De Volksstem se kommentaar op Bok se voorlesing van die verslag: “Ofschoon onder een brandende hitte, heerscht er gedurende de lesing de meest volkomen stilte; en ik kan u verzekeren dat ik in Europa by dergelijke bijeenkomsten, nooit die orde en dien eerbied voor die spreker weervond, waarvan ik hier getuige was.”

Nadat die inhoud van die verslag bekend was, het Piet Joubert in opdrag van die Volkskomitee aan die woord gekom. Hy het daarop gewys dat die Volkskomitee alles in sy vermoë gedoen het om hulle vryheid langs ’n vreedsame weg te verkry. Dit het egter niks opgelewer nie en: “Het Comity wil nu van het volk vernemen wat het wil... Welnu, broeders, kiest; onderwerpen u, of geeft den weg aan welken wij bewandelen moeten ...het Comite verlang uwen wil te weten.”

Verskeie sprekers het daarop gereageer. Nadat G Scheepers die Volkskomitee bedank het vir sy leiding, het hy aangevoer dat die tyd ryp geword het om vir die Vierkleur te sterwe. Dit was die woorde wat die Boere wou hoor: “Een geroep ‘ja, ja’ steeg uit de menigte op en duizenden hoeden wuifden door de lucht.” T Dreyer het ook die Volkskomitee bedank. Hy het egter voorgestel dat daar ’n verdere twee maande aan die Volkskomitee oorgelaat moet word, met die opdrag om ’n beter plan te beraam. Die Boere se reaksie hierop was een van afkeuring. Hans Steyn en Jacobus du Preez was van oordeel: “Laten wij beginnen onze eigen  Regering op te rigten en dan kunnen wij zien wat ons te doen staat.”

Hierdie idee het die menigte se goedkeuring weggedra.

Dit was Kruger wat deurgaans gepoog het om ’n kalmerende en versoberende invloed op die hoogs ontstoke en opgewonde Boere uit te oefen.

Hy het hulle vermaan “dat gij geene kleine zaak voorstaat wanneer gij onvoorwaardelijk roept ‘ja, ja wij willen vechten!”’

In die ou Republikeinse tydperk is die veldkornette gebruik om die mening van die volk oor sekere aangeleenthede te toets en aan die regering kenbaar te maak. Sedert die anneksasie het die veldkornette onder die gesag van die Britse regering gestaan en is selfs deur die regering aangestel, ’n toestand wat vir die Boere geheel en al onaanvaarbaar was.

Gevolglik was die Volkskomitee genoodsaak om ’n soortgelyke amp in te stel om hom by te staan. Dit het aanleiding gegee tot die verkiesing van voormanne deur die volk. Die benaming “voormanne” vir daardie Boere wat die Volkskomitee moes help in die werksaamhede wat vroeër deur die veldkornette verrig is, kan verwarring veroorsaak, aangesien die term ook gebruik is om na enige Boereleier te verwys. So verwys C N J du Plessis in 1898 na “de werkzaamheden van onze voormannen” wat inderdaad niks anders is as die werksaamhede van die Volkskomitee nie.

Op inisiatief van Piet Joubert het die volk op 11 Desember opdrag gekry om vir hulself voormanne te kies. Daarna moes die voormanne vergader “om te geraken tot een eenparig besluit, het welk den wil des volks zal behelzen.” Die “voormanne” moes die volkswil aan die Volkskomitee bekendmaak. Tot voormanne is 30 persone verkies; onder andere H P Malan, J P Steyn, W J C van Rensburg, J Ferreira, M J Viljoen, J du Plessis de Beer, P de la Rey en H T Pretorius.

Op Vrydag, 12 Desember, het die voormanne onder die voorsitterskap van H P Malan en met P Kern as sekretaris die volkswil aan die Volkskomitee bekend gemaak: “Dat de Vice-President onmiddelijk als Staatspresident zal optreden en den stoel als zoodanig bekleeden.” Die volkswil het bepaal dat die regering van die ou Zuid-Afrikaansche Republiek herstel moet word. Ten slotte het die voormanne dit duidelik gestel dat, indien die Volkskomitee “een beteren weg weten, ... het Comite zoodanigen weg dadelijk aan het volk zal voorstellen.”

Na die bekendmaking van die volkswil het die Volkskomitee vergader en na langdurige diskussies besluit om ’n kommissie te benoem wat ’n voorstel moes uitwerk wat aan die Volkskomitee voorgelê moes word.

Daarop is W Robinson, S J P Kruger, M W Vorster, P J Joubert, J Mare en H J Schoeman verkies.

Op aanbeveling van die kommissie het die Volkskomitee besluit om “aan het volk te verantwoorden dat het Comity het met het volk eens is, te blijven volharden tot het herkrijgen der onafhankelijkheid, en dat het Comite zich nog gewillig gevoelt om het volk daartoe bij te staan en wenscht alle voormannen van het volk eerst te ontmoeten, ten einde met hen die zaak te bespreken.”70

Op Saterdag, 13 Desember, het die Volkskomitee met die voormanne samesprekings gevoer. Die eensgesindheid wat bereik is, sou aanleiding gee tot die Volkskomitee se aanvaarding van die “Volksbesluit” van Maandag, 15 Desember.

Die volksbesluit: vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2243 gaste aanlyn