NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wanneer siekte, ouderdom, pyn of bekommernis jou konsentrasie wegrokkel, ontspan. God is 'n Vriend wat al hierdie dinge verstaan en jou bystaan.

DIE EERSTE VRYHEIDS- OORLOG (22)

Lees reeks by Die Eerste Vryheidsloorlog 

Beleëring van die Brits garnisoene

J E H Grobler

Toe die eerste skote op 16 Desember 1880 in Potchefstroom klap, was daar in die hele Transvaal altesame 1 759 Britse soldate wat in sewe garnisoene oor die lengte en breedte van die kolonie versprei was. Hulle getal is op daardie dag deur sowat 200 soldate wat uit Newcastle na Transvaal gestuur is en by Standerton en Wakkerstroom diens sou doen, aangevul. Al sewe garnisoene is spoedig na die uitbreek van die oorlog deur die Boere beleër. In die geval van Pretoria, Standerton en Wakkerstroom het die garnisoene die dorpe kon behou, maar by Potchefstroom, Rustenburg, Lydenburg en later ook Marabastad was die Britte in hul “forte” ingehok.

Nie een van die garnisoene is voor die vredesluiting ontset nie, en slegs een het oorgegee.

Die getal Boere wat die garnisoene beleër het, het gewissel. Kmdt-genl Piet Joubert het in Februarie 1881 bereken dat sowat 2 050 burgers daarby betrokke was. Van hulle het 800 by Pretoria diens gedoen, 450 by Potchefstroom, 300 by Standerton, 200 elk by Rustenburg en Lydenburg en 100 by Marabastad. Die beleërders van Wakkerstroom was ingereken by sy eie mag van sowat 1 200 man by Laingsnek.

Die Driemanskap se strategie was nie om die garnisoene se forte stormenderhand te probeer verower nie. Dit sou hulle slegs doen as en wanneer hulle ’n goeie kanon in die hande kon kry. Vise-pres Kruger het selfs opdrag gegee dat die garnisoene met rus gelaat moes word, tensy die Britte ’n uitval wou doen. Ammunisie moes spaarsaam gebruik word. Die idee was waarskynlik om eerstens die garnisoene uit te honger en so tot oorgawe te dwing, en tweedens om te verseker dat Britse soldate nie in een groot mag sou saamtrek nie.

Die begin van die Eerste Vryheidsoorlog op Potehefstroom, waar die eerste skote geval het, is reeds behandel. Kmdt Piet Cronje en die meerderheid van sy burgers was by die drukpers toe hulle gehoor het dat daar geskiet is. Cronjé se onmiddellike reaksie was om te beveel dat die Britte aangeval moes word. Sy manskappe is in vier afdelings verdeel, naamlik een om die drukkery te bly bewaak, een om teenoor die Britse fort aan die westekant van die dorp stelling in te neem en twee om na die markplein in die middel van die dorp te beweeg en die landdroskantoor dop te hou.

Daar was op daardie stadium 47 man onder bevel van maj Clarke in die landdroskantoor aanwesig. Die vensters en deure van die gebou was met sandsakke verskans. Clarke het, toe hy ingelig is dat die eerste skote geklap het, ’n lyn op die markplein getrek en beveel dat daar op enigiemand wat oor dié lyn sou tree, geskiet moes word. Cronjé en Clarke se opdragte het verdere botsings onvermydelik gemaak, want toe die een Boereafdeling oor die markplein beweeg het, het hulle oor Clarke se lyn getree en is hulle deur ’n sarsie geweerskote begroet. Die burgers het onmiddellik van hul perde afgespring en begin terugskiet. Die geveg het meer as 40 uur lank aangehou, totdat ’n klompie burgers gedurende die nag van 17/18 Desember daarin geslaag het om in die stalle agter die landdroskantoor posisie in te neem. Douvoordag die volgende oggend het hulle van daar af bondels brandende materiaal op die grasdak van die kantoor gegooi. Aangesien Clarke bevrees was dat sy manne almal sou sterf as die dak aan die brand slaan, het hy die wit vlag gehys en is hy en sy garnisoen krygsgevange geneem.

Ná die oorgawe van die landdroskantoor kon Cronjé sy volle aandag aan lt-kol Winsloe en die soldate in die fort gee. Meer as 300 Britte, burgerlike mans en vrouens inkluis, was saamgehok in die fort met sy grondwalle en ’n binneruimte van skaars 25 by 25 meter. Aangesien hulle vas geglo het dat hulle een of ander tyd ontset sou word, het hulle vasberade tot die verdediging van hul posisie oorgegaan. Benewens hul gewere het die Britte oor twee kanonne beskik, wat met ywer teen die Boere ingespan is. Die huise aan die westekant van Potchefstroom het spoedig die littekens van oorlog getoon. Die Boere se grootste kniehalter was juis dat hulle nie oor ’n goeie kanon beskik het nie. ’n Klein kanonnetjie is wel op ’n stadium teen die fort gebruik, maar kon nie veel hond haar-af maak nie.

Die Boere het in hul pogings om die fort aan te tas, naderhand loopgrawe in die rigting daarvan gegrawe. Winsloe het by meer as een geleentheid aanvalle op daardie loopgrawe geloods. Teen die begin van Februarie was daar voedseltekorte in die fort en die stygende siektesyfer was ’n bron van kommer vir Winsloe. Albei probleme het mettertyd vererger. Die moreel in die fort het egter hoog gebly.

Teen die begin van Maart was vise-pres Kruger sowel as kmdt-genl Joubert van mening dat alles nie pluis was op Potchefstroom waar Cronjé die fort nie tot oorgawe kon dwing nie. Joubert het reeds vroeër sy ontevredenheid oor Cronjé se hantering van die beleg uitgespreek. Hy was eerstens woedend dat Clarke in die landdroskantoor toegelaat is om oor te gee sonder dat die gelyktydige oorgawe van die kamp geëis is. Tweedens het hy gehoor dat verslae uit Winsloe se fort die owerhede in Pietermaritzburg bereik het. Dit het hom laat dink dat die fort nie deeglik genoeg bewaak word nie.

In Februarie het hy die mening uitgespreek dat voedsel in die fort ingesmokkel is en dat dit die verdedigers aan die lewe gehou het - anders sou Winsloe lankal moes oorgee. Vise-pres Kruger het by twee geleenthede by Joubert aangesluit toe hy dit nodig gevind het om Cronjé te betig omdat dié opdragte gegee het wat in stryd was met regeringsbevele. Cronjé se oorskryding van sy magte kan gewyt word aan die feit dat hy die betekenis van die beleg van Potchefstroom in die oorlogspoging van die Boere oorskat het.

Cronjé het, toe hy op 12 Maart van die wapenstilstandooreenkoms wat by die Drakensberge gesluit is, gehoor het, nie dadelik vir Winsloe daaroor ingelig nie. Die Britte in die fort het eers ses dae later deur middel van ’n spioen daarvan gehoor. Winsloe het besef dat geen hulp sou kon opdaag voordat sy kosvoorraad gedaan sou wees nie. Om meer inligting in te win, het hy op 19 Maart ’n onderhoud met Cronjé gevoer waartydens op ’n wapenstilstand van 24 uur besluit is. Op 20 Maart het ’n tweede onderhoud plaasgevind waartydens Winsloe homself bereid verklaar het om oor te gee, mits dit met militêre eer sou geskied. Cronjé was tevrede en op 21 Maart het die beleg van Potchefstroom ná 95 dae tot ’n einde gekom. Die totale ongevalle tydens die beleg was sewe dood en elf gewond aan Boerekant en aan Britte se kant het 25 gesneuwel, ses dood aan siekte en 54 gewond.

Cronjé is spoedig ná die einde van die oorlog van verraad beskuldig omdat hy nie op 12 Maart, toe hy van die wapenstilstand gehoor het, vir Winsloe daaroor ingelig het nie. Joubert het sy spyt daaroor uitgespreek en aangebied dat die oorgawe tot niet verklaar word. Die aanbod is aanvaar en genl-maj Buller is gestuur om die fort op Potchefstroom te herbeset. Dit het in Junie gebeur. Cronjé se beeld na buite is nie daardeur, of deur verduidelikings vir sy optrede, verbeter nie. Die Britte het hom daarna altyd as ’n oneerlike persoon bestempel.

Die garnisoen op Rustenburg het bestaan uit ’n kompanie van die 2e Batallion 21st Royal Scots Fusiliers onder kapt D Auchinleck. Hulle het ’n fort met grondwalle 600 meter suid van die dorp opgerig. Vrywilligers ingeslote, is sowat 80 persone in die fort geakkommodeer. ’n Boerekommando onder kmdt M A van der Walt het op 27 Desember die hele dorp met uitsondering van die fort beset. Die dorpenaars is ontwapen en heelwat gewere en ammunisie is by hulle afgeneem. Die eerste skote tussen die burgers en die Britte in die fort is dieselfde dag gewissel. Die Boere het loopgrawe in die rigting van die fort gegrawe, kennelik met die doel om die fort meer doeltreffend aan te val. Die Britse reaksie was om die grawery sover moontlik in die wiele te ry.

Vroeg in Januarie het veldkornet Joubert met ’n kanonnetjie uit Potchefstroom opgedaag. Dit is teen die fort in werking gestel, maar na drie dae is die onderneming gestaak omdat dit nie gelyk het of die Britte skade aangedoen is nie.

Van der Walt is in Januarie as Boerebevelvoerder vervang deur Sarel Eloff, die skoonseun van vise-pres Kruger. Eloff het geen liefde vir die Britsgesindes in die dorp gehad nie. Nadat hy by geleentheid geld van hulle geëis het, het hy diegene wat nie wou gee nie sowel as die afgesette geregsbode gedwing om by die garnisoen in die fort aan te sluit. Eloff het die fort die “gat” genoem. Hy het onder meer die een kanon wat deur een van sy burgers, Marthinus Ras, uit wabandyster gesmee is, teen die fort ingespan, maar dit het nie die Britte tot oorgawe gedwing nie. Daardie kanon is later in Europa ten toon gestel.

Die Boere se beleg van Rustenburg wat op 30 Maart ten einde geloop het, was nie so deeglik dat Auchinleck nie met die buitewêreld kon kontak maak nie. Briewe is gereeld in en uit die Britse fort gesmokkel. Auchinleck se hantering van die beleg is so gunstig deur die Britse oppergesag geag dat hy as beloning in rang verhoog is. Hy self is twee keer tydens die beleg gewond, en voorts is drie soldate gewond. Geen Britte het gesneuwel nie. Aan Boerekant het minstens een burger gesneuwel en is minstens een gewond.

Die Britse militêre voorbereidings om ’n moontlike Boere-aanval op Pretoria die hoof te bied, het kort na die voorval in verband met Bezuidenhout se wa ’n aanvang geneem. Bevele is na Marabastad en Lydenburg

gestuur dat eenhede daarvandaan na die hoofstad gestuur moes word. Kol Bellairs het verskeie opdragte gegee wat teen ’n moontlike verrassingsaanval gemik was. So byvoorbeeld moes alle ammunisie en voorrade in ’n sentrale magasyn in die militêre kamp bewaak word, ongewapende swartmense moes as verkenners opgelei word en die kanonne moes op geskikteposisies geplaas word om die dorp en die militêre kamp te beskerm.

Wat laasgenoemde opdrag betref, is daar vier forte van klip, grond en sandsakke gebou, waarin die kanonne verskans is. Die grootste fort was Fort Royal, en was geleë op naastenby die hoek van die huidige Paul Kruger-en Jacob Marestraat. Die ander een was Fort Tullichiwan op die heuwel suid van die huidige Pretoriase spoorwegstasie, Fort Commeline op Magasynheuwel en die Martello-toring in die tronkgebou.

Daar is voorts besluit om Kerkplein in ’n vesting te omskep, maar die plan is laat vaar. Die militêre kamp was aan die suidwestekant van die dorp geleë. Ná ontvangs van die nuus oor Bronkhorstspruit en die afkondiging van krygswet, is besluit om al die inwoners van die dorp in daardie kamp te akkommodeer. Nog vestings is daar opgerig, soos die Convent Redoubt op die terrein van die huidige Suid-Afrikaanse Munt en die Tronklaer by die tronkgebou reg oos van die huidige Munt.

Kol Bellairs en sy garnisoenbevelvoerder, lt-kol F Gildea, het vanaf die begin van die beleg op 21 Desember bloot beplan om die militêre kamp te verdedig en met behulp van vrywilligers die Pretorianers te beskerm.

Verkenningstogte waartydens skermutselinge tussen die beleërdes plaasgevind het, is teen die einde van Desember feitlik daagliks deur die Britte onderneem. Teen die begin van Januarie was daar, vrywilligers ingeslote, altesame meer as 2 000 gewapende man in die Britse kamp.

Die Boerebeleërders was in enkele kampe rondom Pretoria en op wisselende afstande van Kerkplein af gestasioneer. Kmdt D J E Erasmus en sy burgers het by Doornkloof (die huidige Irene)kamp opgeslaan. Veldkornet Hans Botha se laer was by Zwartkopje aan die Pienaarsrivier oos van Pretoria. Veldkornet HPN Pretorius en sy burgers het hulle aan die westekant by Elandsfontein ingerig. Erasmus is in die loop van Januarie as Boerebevelvoerder by Pretoria vervang deur asst-kmdt-genl H J Schoeman, wat by Wonderboompoort kamp opgeslaan het. Die beleg was goed georganiseer en die enigste probleem was ’n gebrek aan goeie perde.

Die Britte in Pretoria het om die beurt met die meeste van die beleërders in skermutselinge betrokke geraak. Die drie grootste gevegte tydens die beleg het juis plaasgevind as gevolg van Britse pogings om die Boerelaers aan te tas. Op 6 Januarie was dit in die ooste, toe Zwartkopje aangeval en die kamp inderdaad verwoes is. Twaalf dae later het die Britte na die weste uitbeweeg. Hulle aanval op Elandsfontein is afgeslaan. Op 12 Februarie het hulle na die suide opgeruk en by Rooihuiskraal in ’n skermutseling met die Boere betrokke geraak. Die Britte moes teen die einde van die geveg, toe onder andere Gildea gewond is, halsoorkop na Pretoria terugval.

Die Boere se beleg van Pretoria was so doeltreffend dat die Britte teen die helfte van Maart nog nie geweet het van die Slag van Majuba nie. Op 15 Maart is hulle daaroor en oor die sluiting van die wapenstilstand ingelig, en op 28 Maart oor die vrede. Die meeste ingesetenes van die kamp was woedend daaroor. Hulle wou graag sien dat die Britte as oorwinnaars uit die stryd tree. As tasbare bewys van hul ontevredenheid is die Britse premier, Gladstone, in beeltenis verbrand. Dit was egter tevergeefs, want die beleg was na 88 dae finaal verby. Die totale mannekragverlies aan Boerekant tydens die beleg van Pretoria was ses burgers dood en vyf gewond. Die verdedigers van die dorp se verliese was veel hoër. Sewentien (waarvan nege vrywilligers), het gesneuwel of is as gevolg van wonde oorlede en 36 (21 vrywilligers), waaronder lt-kol Gildea, is gewond. Laasgenoemde offisier se aktiewe en dapper optrede by Pretoria het ’n goeie indruk op sy meerderes gemaak. Oor Bellairs is minder gunstig gerapporteer.

Die Britse garnisoen by Marabastad het bestaan uit sowat 60 man van die 94th Regiment onder bevel van kapt E S Brooks. Hy het op 29 Desember berig oor die gebeure by Bronkhorstspruit ontvang. Sy onmiddellike reaksie was om krygswet af te kondig en vrywilligers te werf. Sowat 30 Britsgesindes het by die garnisoen aangesluit, wat voorts versterk is deur die toevoeging van kapt Thompson en 50 konstabels - almal Kleurlinge – van die Transvaalse Berede Polisie. Hulle fort was ’n uitgrawing van sowat 22 by 22 meter groot en was sowat 1,6 kilometer van die Marabastad-nedersetting geleë.

Die Boere het aanvanklik geen aandag aan die Britse fort gegee nie, skynbaar omdat hulle nie oor voldoende ammunisie beskik het nie. ’n Paar waens is na Heidelberg gestuur om ammunisie te gaan haal. Op 12 Januarie is die landdroskantoor op die dorpie egter beset, en ’n week later is ’n Britse patrollie aangeval, waartydens een konstabel doodgeskiet, twee gewond en twee ander gevange geneem is. Van toe af het die Boere die fort in alle erns beleer.

In Februarie is die meeste van die perde en osse waaroor die Britte beskik het, deur die Boere buitgemaak. Teen die helfte van Maart is twee ou skeepskanonlope teen die fort ingespan.

Ammunisie het bestaan uit ronde ysterkoeëls wat teen betaling van een sjieling (10c) stuk deur die burger Frans van Dyk gemaak is.

Die Boere wat Marabastad beleer het, se aanvoerder was kmdt B J (Swart Barend) Vorster. Sy laer was by Doornkraal, waar die dorp Pietersburg vandag geleë is. Daar was ook laers by Sandspruit, sowat 13 kilometer van Marabastad af, op die kerkplaas Rhenosterpoort, en op die plaas Weltevrede noordoos van Marabastad. Burgers is uit daardie laers gestuur om die fort dop te hou. Hulle het rondom die fort skanse gebou, en teen die einde van die beleg drie versterkte uitkykposte binne 800 meter van die fort af gehad.

’n Britse offisier het op 2 April met die nuus oor die vredesooreenkoms by Marabastad opgedaag. Die volgende oggend is Vorster ook amptelik daaroor ingelig, waarop die beleg opgehef is. Die totale ongevalle aan Britse kant was vyf dood en agt gewond. Aan Boerekant is vier burgers lig gewond.

Toe die hoofkwartier en die meeste soldate van die 94th Regiment onder lt-kol Anstruther op 5 Desember uit Lydenburg na Pretoria vertrek het, is die 22-jarige tweede-luit W H C Long in bevel van die garnisoen agtergelaat. Daardie garnisoen het uit drie offisiere en 70 man bestaan en is vergroot deur die toevoeging van nege vrywilligers en tien swartmans. Die hutte waarin die garnisoen gehuisves was, is teen ’n moontlike aanval verskans, maar geen voorbereidings is getref om die dorp self te probeer verdedig nie.

Long het op 23 Desember verneem wat by Bronkhorstspruit gebeur het en saam met sy vrou, Mary, sy intrek geneem in sy fort, Fort Mary. Vier dae later het Diederik Muller as persoonlike afgevaardigde van kmdt-genl Joubert in die dorp opgedaag en die garnisoen se oorgawe geëis. Long het geantwoord dat hy geen instruksies van sy meerderes gehad het oor hoe hy in so ’n situasie moes optree nie, en toestemming gevra om deur middel van ’n hofbode instruksies uit Pretoria aan te vra. Muller was tevrede en het met Long ooreengekom dat nie een van hulle binne vyf dae ’n aanval op die ander sou loods nie.. Daar is nie bepaal dat die Britte nie aan hulle verskansings kon werk nie. So is aan die garnisoen ’n gulde geleentheid gebied om hul posisie op die vooraand van die stryd te versterk.

Op 6 Januarie het J P Steyn as assistent-kommandant-generaal op Lydenburg opgedaag. Hy het ’n brief aan Long oorhandig waarin die luitenant versoek is om oor te gee. Dié het geweier en verklaar dat hy homself as synde in ’n staat van oorlog met die Boere beskou het.

Ondertussen het Steyn se burgers die dorp beset en ’n aantal proklamasies, onder meer oor die herstel van die Republiek, afgelees. Toe die Boere die watertoevoer na die dorp afgekeer het, is daar vanuit die laer op hulle geskiet - die eerste skote van die beleg van Lydenburg.

Vanaf daardie eerste dag van die beleg van Lydenburg het die Boere dag en nag op Fort Mary gevuur. Op sommige dae is daar min geskiet en op ander meer. Die garnisoen moes koeëls uit alle windrigtings trotseer.

Vir hulle was die gevaarlikste Boereposisie die ou Boerelaer, skaars 100 meter van hulle fort af. Die soldate is soms uitgestuur om die beleërders van daar af te verdryf. Vir die Britte self was die Boerevuur meestal skadeloos, hoewel talle van hulle mettertyd getref is. Fort Mary het egter gou die littekens van oorlog gedra. Die teerseile op die dakke van die hutte was aan flarde en die hutte self het begin verkrummel. Die Boere het twee kanonnetjies gebruik en dit het heelwat skade aangerig, maar nie genoeg om die garnisoen tot oorgawe te dwing nie. Long moes egter sandsakke gereed hou om sy verskansing te kon herstel en op dae waarop die Boere nie hewig op die garnisoen gevuur het nie, het die soldate onverpoos aan die versterking van die fort gewerk. Sporadiese tekorte aan ammunisie het meegebring dat die Boere nie altyd hulle kanonne kon gebruik nie.

Die Britte in Fort Mary het gedurende die oorlog ’n kanon vervaardig wat ’n langwerpige projektiel van meer as een kilogram afgevuur het. Die soldate self het gevoel dat dit besonder goed geskiet het, maar op die Boere by Lydenburg het dit nie so ’n groot indruk gemaak dat hulle in korrespondensie daarvan melding gemaak het nie. Die fluks kleingeweervuur uit die fort - op een dag is bereken dat daar 6 000 skote geskiet is - was vir die beleërders ’n wesenlike gevaar. Twee burgers het as gevolg daarvan gesneuwel en 16 is gewond. Aan Britse kant was ’n tekort aan water teen die begin van Februarie ’n groter bron van kommer as die vyandelike koeëls. Streng rantsoenering is toegepas en gevalle van maagkoors het in die fort voorgekom weens die aanhoudende gebruik van stilstaande water voordat dit gereeld begin reën het.

Aan die begin van Maart het die Boere by drie geleenthede daarin geslaag om die dakke van hutte in Fort Mary aan die brand te steek, maar die brande is elke keer geblus. Kort daarna het die Ierse joernalis, Alfred Aylward, as gesant van kmdt-genl Piet Joubert op Lydenburg aangekom.

Aylward het ’n brief aan Long geskryf en ’n onderhoud met die jong offisier gehad in ’n poging om hom te oortuig om oor te gee. Long het geweier. Die vyandelikhede het eers op 30 Maart finaal opgehou toe genl Nicolaas Smit met nuus oor die wapenstilstand in Lydenburg opgedaag het. Later dieselfde dag het ’n Britse offisier sy opwagting met die amptelike vredesooreenkoms gemaak. Die beleg, waartydens vyf Britte dood en nege gewond is, was verby.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2448 gaste aanlyn