NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Een van die wonderlikste ervarings in gelowiges se lewe is dat hulle in tye van beproewing deur ʼn God van liefde vasgehou word.   Christus het nie gekom om ons leed weg te neem nie, maar om ons lewe met sy Teenwoordigheid te vul.

DIE EERSTE VRYHEIDS- OORLOG (24)

Lees reeks by Die Eerste Vryheidsloorlog 

Britse terugslag by Laingsnek

J E H Grobler

 Die aanloop tot die slag van Laingsnek

Kmdt-genl Piet Joubert het reeds tydens die volksvergadering by Paardekraal besef dat ’n wapenstryd tussen Boer en Brit ophande was. Daarom het hy toe reeds reëlings getref om te voorkom dat Britse troepe uit Natal Transvaal sonder weerstand sou kon binnekom deur ’n waarnemende kommandant oor die grensgebied aan te stel. Die verwagte wapenstryd het enkele dae later gevolg. Joubert se voorsorg teen ’n Britse inval vanuit Natal in Transvaal was ook geensins ongegrond nie. Dit was daardie poging om Transvaal binne te dring wat tot die veldslae by Laingsnek, by Schuinshoogte en by Majuba gelei het. Daardie drie veldslae word in hierdie en die volgende aflewerings behandel.

Die Britse leëraanvoerder in Natal en Transvaal en Goewerneur van Suidoos-Suid-Afrika, genl-maj sir George Pomeroy Colley, was om redes wat aanstons bespreek sal word, nie in staat om voor die einde van Januarie 1881 tot die offensief oor te gaan nie.

Die gevolg was dat Joubert tyd gegun is om ’n kommando byeen te bring en self na die Drakensberge te vertrek, en daar persoonlik die bevel oor die strategies uiters belangrike posisie by Laingsnek oor te neem. Boerepatrollies is reeds teen Oujaar 1880 op die Natalse grens opgemerk, en wagposte is naby Laingsnek en Wakkerstroom in stand gehou, maar Piet Joubert het eers op 27 Desember met ’n mag van 800 perderuiters uit die tydelike hoofstad, Heidelberg, na die Natalse front opgeruk. Hoewel die geesdrif vir die komende stryd volgens Christiaan de Wet, die latere hoofkommandant maar toe gewone burger, soos ’n onblusbare vuur gebrand het, het die kommando maar stadig gevorder. Op 29 Desember was hulle by Standerton, waar die kommando in ’n onbesliste skermutseling met die Britse troepe wat in daardie dorpie beleër is, betrokke geraak het. Vier dae later het hulle op die plaas van twee handelaars, die gebroeders Meek, bokant Laingsnek afgesaal. Dit was langs die kortste wapad tussen Newcastle en Transvaal, en aangesien Joubert vermoed het dat die Britse mag die kortste pad sou volg, het hy sy kamp in daardie omgewing, net binne die Transvaalse grens, laat opslaan. Gerugte het Joubert bereik dat die Britte nie na Transvaal sou opruk voordat hulle 2 000 tot 3 000 man in Newcastle saamgetrek het nie.

 

As voorsorg teen ’n verrassingsbeweging deur die Britte is daar egter elke aand ’n brandwag van 25 man na die Laingsnekpas, binne Natalse gebied, gestuur. Van daar af kon hulle op helder dae ver in die Britse kolonie in sien. Alhoewel die Boerekommando by die Drakensberge in die loop van Januarie telkens deur die aankoms van burgers uit verskillende dele van Transvaal versterk is, het die kommandant-generaal in talle briewe teenoor vise-pres Kruger gekla dat hy te min manskappe gehad het.

Kruger het geantwoord dat as daar, soos Joubert op 31 Januarie berig het, op die Drakensberge en rondom Wakkerstroom en Standerton slegs altesame 1 000 burgers was, dit beteken het dat daar mense was wat vanaf Heidelberg na Joubert gestuur is en wat langs die pad weggedraai of gedros het. Minder burgers het inderdaad opgedaag as wat gekommandeer is, en daar het gevalle van drostery voorgekom.

Die kommando het dit ook wat patrone betref nie breed gehad nie. Boonop is tydens swaar reën vanaf 24 Januarie talle van die patrone wat hulle gehad het, beskadig. Hulle het ook nie oor patroonvorms beskik om self patrone te vervaardig nie en 100 000 patrone wat Kruger uit Heidelberg belowe het, het nie gou opgedaag nie. Die gevolg was dat Joubert op die vooraand van die eerste geveg op 28 Januarie geen reserwepatrone gehad het om uit te deel nie. Elke Boer was aangewese op die hoeveelheid patrone wat hy persoonlik by hom gedra het. Elke burger het naastenby oor 75 patrone beskik. Joubert het geen ammunisie uit die Oranje-Vrystaat ontvang nie.

Terwyl kmdt-genl Piet Joubert sy Boerekommando bo Laingsnek vir die naderende stryd voorberei het, het genl-maj Colley aan Britse kant geen gras onder sy voete laat groei nie. Hy was in die Natalse hoofstad Pietermaritzburg toe hy die eerste nuus in verband met die besluite wat tydens die volksvergadering by Paardekraal geneem is, ontvang het. Die inhoud daarvan het hom genoop om te beveel dat ses kompanies infanterie, vier kanonne en berede infanteriste gereed gehou moes word om binne enkele ure na Transvaal op te ruk. Op 19 Desember is die gerugte oor die Boereoptrede finaal bevestig en het Colley die Koloniale Kantoor in Londen in kennis gestel dat hy na Transvaal moes vertrek.

Hoewel Colley optimisties was dat sy troepe teen 20 Januarie 1881 by Standerton saamgetrek kon wees, was hy militêr gesproke bekommerd oor twee Britse troepekolonne wat in Transvaal aan’t verskuif was, naamlik Anstruther se kolonne tussen Lydenburg en Pretoria en die troepe van die 58th Regiment tussen Wakkerstroom en Pretoria. Hy het die 58th Regiment onmiddellik beveel om by Standerton te halt en die dorpie te help verdedig. Anstruther was egter buite bereik van ’n telegraafdraad deur middel waarvan hy aangejaag kon word. Colley het gevrees dat die Boere hom sou aanval (soos gebeur het) en dat dit die Britse militêre posisie in Transvaal ’n knou kon gee.

Op 24 Desember het die eerste verslae oor die geveg by Bronkhorstspruit Pietermaritzburg bereik. Dit het onder die Britse troepe daar ’n onmiddellike wraakvoorneme laat posvat, ’n houding wat Colley glad nie aangestaan het nie. Hy het ’n algemene bevel laat uitreik waarin hy gepoog het om die wraakvoornemens te bekamp. In daardie bevel is voorts die vertroue uitgespreek dat die eer van die Britse mag wel herstel sou kon word. Onderteken deur Generaal sir George Pomeroy Colley.

Hoewel Colley dus, volgens sy biograaf Butler, die Boere wou gaan straf omdat hulle dit gewaag het om op die Britse troepe te skiet, het hy nie uitgesien na die naderende veldtog nie. Hy was inderdaad bitter ongelukkig oor die verloop wat sake geneem het. Hy het wel gevoel dat daar geen twyfel oor die finale uitslag van die oorlog kon bestaan nie – dat die Boere ’n hopelose stryd aangepak het - maar hy was bang dat die gevegte tot buite Transvaal kon uitkring, en het pres Brand van die Oranje-Vrystaat versoek om hom te help om dit te voorkom. Hy was tereg seker dat Brand ook alles in sy vermoë sou doen om ’n algemene Suider-Afrikaanse stryd tussen Hollandssprekendes en Engelssprekendes te help voorkom, maar gerugte van aktiewe Vrystaatse steun vir die Transvaalse Boere het hom erg bekommerd gestem.

Colley was van plan om in Newcastle by sy troepemag aan te sluit sodra dié gereed was om as ontsettingskolonne na Transvaal te beweeg. Intussen is kol B M Deane as bevelvoerende offisier van die ontsettingskolonne, die Natal Field Force, na Newcastle gestuur om in bevel van die vorming van daardie kolonne te gaan staan. Deane het op 30 Desember op Newcastle aangekom. Terwyl alle beskikbare imperiale troepe in Natal na Newcastle gestuur is, is daar in Brittanje en in Indië reëlings getref om versterkings na Natal uit te stuur. Teen 28 Desember het ’n infanterie-regiment Gibraltar reeds op pad na Natal verlaat en twee dae later was daar ’n kavallerieregiment en ’n artilleriebattery uit Brittanje sowel as versterkings uit Indië na Suider-Afrika onderweg. Colley het beplan om die versterkings uit Gibraltar en Brittanje aan die Kaap te laat ontskeep van waar hulle oor Griekwaland-Wes na Transvaal gestuur kon word. Die War Office het egter onbevestigde berigte ontvang dat Boere-ondersteuners in die Kaap van plan was om die spoorlyne daar die lug in te blaas eerder as om toe te laat dat dit deur imperiale troepe teen die Boere gebruik word. Dit het Colley se plan die nekslag toegedien.

Sir George Strahan, die Kaapse Goewerneur, het in oorleg met die senior Britse offisier in die Kaap die mening uitgespreek dat dit militêr geregverdig was, maar dat die Kaapse Afrikaners ernstige beswaar daarteen sou hê. Sprigg, die Kaapse premier, se mening was dat dit nie gedoen moes word nie, behalwe as daar geen ander uitweg oop was nie.

Onder die eerste versterkings wat Colley van buite Natal bereik het, was ’n afdeling vlootsoldate wat, bo en behalwe hul normale wapentuig, ook oor Gatling-gewere en vuurpyle beskik het, en op 6 Januarie in Durban ontskeep is. Hulle het so spoedig moontlik gevolg in die spore van die troepe wat reeds na Newcastle op pad was. Daardie troepe het gesukkel om oor die weg te kom. Dit was die warmste deel van die somer, en wanneer die son nie geskyn het nie, het dit gereën. Die riviere wat oorgesteek moes word, was meesal aan ’t afkom, en dit het die pas vertraag.

Daarby was die paaie swak - buite die dorpe was dit niks meer as blote spore oor die veld nie. Dit was vol gate en die reën het dit modderig gemaak. Die Britse transportreëlings was buitendien ook nie goed gedoen nie: die muile was swak, die harnasse verrot, en die swartmense wat as drywers gehuur is, onbetroubaar.

Colley het geweet dat daar sedert vroeg Januarie ’n Boerekommando onder Piet Joubert op die grens tussen Transvaal en Natal bokant Laingsnek was. Terwyl hy sy bes gedoen het om die indruk te skep dat hy geensins ongemaklik oor die Boere se opstand was nie, het hy moeite gedoen om perde en muile bymekaar te kry en deeglik beplan aan die aanstuur van versterkings en mediese voorrade. Toe sy voorbereidings sover moontlik afgehandel was, het hy op 10 Januarie self na Newcastle vertrek om daar oor die troepekonsentrasie te gaan toesig hou. Hy het die volgende dag sy bestemming bereik en dadelik opgemerk dat kol. Deane deeglike voorbereidings vir die komende veldtog getref het. Gedurende die volgende paar dae het die laaste troepe wat Newcastle in Januarie sou bereik, daar aangekom, en teen 20 Januarie het Colley oor die volgende mag beskik: 1146 infanteriste, 191 kavalleriste, 6 kanonne, 3 vuurpylbuise en 2 Gatlings.

Hierdie mag van Colley was ’n sameflansing van vegsmanne eerder as ’n homogene militêre eenheid. Dit het elemente van die 58th Regiment, 21st Regiment, 60th Regiment, 94th Regiment, Royal Artillery, King’s Dragoon Guards, Army Service Corps, Natal Mounted Police en vlootsoldate bevat. Colley self het dit genoem “as queer a mixture as was ever brought together, I think.” Die Natallers het nie verwag dat hy met so ’n klein mag teen die Boere sou optrek nie. Tog het hy besluit om met die veldtog te begin, want hy was bekommerd oor die moontlike behandeling wat Britse troepe by die beleërde garnisoene in Transvaal, wat gedwing kon word om oor te gee, sou ontvang. Hy wou hulle dus so gou moontlik gaan ontset. Veral Potchefstroom was na Colley se mening in ’n treurige toestand. Die Britte daar het skaars genoeg voedsel vir ’n maand gehad, het hy gereken.

Geen belangrike versterkings kon Newcastle voor die helfte van Februarie bereik nie en ’n opmars na Potchefstroom sou dan nog 20 dae duur. Teen daardie tyd sou alles verlore wees. Hy moes dus so gou moontlik opruk om die garnisoen te gaan ontset. Daar moet onthou word dat, indien Potchefstroom sou moes oorgee sonder dat hy probeer het om die garnisoen daar te gaan ontset, hy vir die oorgawe geblameer kon word; hy wat met meer as ’n duisend troepe onder hom nie kans gesien het om sy pad tussen ’n klomp ruwe plaasboere deur oop te veg nie.

Die Natal Field Force het Newcastle op 24 Januarie verlaat en tot ’n paar kilometer buite die dorp gevorder voordat vir die nag gehalt moes word. Die volgende dag is deur die vallei van die Imbazanerivier gevorder.

Groepies Boere is opgemerk. Die opmars is op 26 Januarie voortgesit en hoewel Boerepatrollies soms sigbaar was, het hulle nie die opmars probeer opponeer nie. Die lang konvooi het deur die vallei van die Ingogorivier getrek en die waens is, nadat hulle met ’n feitlik onbegaanbare wapad langs die bult noord van die rivier bestyg het, sowat 1600 meter regs vandie pad en ongeveer ses kilometer onderkant Laingsnekpas in ’n laer getrek. Dit is bo-op ’n rantrif gedoen, ’n rantrif wat die Boere Kokshoogte en die Britte Mount Prospect genoem het. Colley wou die Boereposisies op Laingsnek die volgende oggend, 27 Januarie, aanval, maar swaar reën en digte mis het ’n voortsetting van sy opmars onmoontlik gemaak. Die aanval is dus tot die volgende dag uitgestel.

Finale Britse voorbereidings – vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2242 gaste aanlyn