NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Daar is 'n egte manier om jou rykdom te meet: moet dit nie meet aan wat jy besit nie maar meet dit aan dié dinge wat jy nooit vir geld sal verruil nie.

DIE EERSTE VRYHEIDS- OORLOG (28)

Lees reeks by Die Eerste Vryheidsloorlog 

Wapenstilstand

Dr Maria Hugo

Pres Brand was ten volle bewus van die gevaar wat die botsing tussen die Zuid-Afrikaansche Republiek en Brittanje vir die Vrystaatse Republiek ingehou het, want die oorgrote meerderheid van die Vrystaters was teen die anneksasie gekant. Openlike steun is gegee deur Vrystaatse burgers en vrywilligers het hulle by die Transvaalse kommando’s aangemeld. Selfs ’n Vrystaatse kommando onder aanvoering van oud-kmdt C J de Villiers van  Harrismith het in die nabyheid van die Republiek se hoofmag op die Natalse grens stelling ingeneem. Dit het moeiliker vir pres Brand geword om ’n neutrale houding in te neem, maar nugtere staatsman wat hy was, het hy teen die sterk volksgevoel van die Vrystaters in tot versigtigheid gemaan en hom ten sterkste vir die beëindiging van die oorlog en ’n vreedsame oplossing beywer.

 

Afgesien van die gevaar wat die voortdurende vyandelikhede vir die Vrystaat self ingehou het, was hy bevrees dat die volgehoue stryd tussen Boer en Brit nie net vir die res van suidelike Afrika nie, maar ook ten opsigte van die verhouding tussen wit en swart noodlottige gevolge kon hê.

In die Boerekamp by Laingsnek het die burgers ook ongeduldig beginraak. Reën en sterk wind het die voorbereiding van maaltye erg bemoeilik, voorrade het stadig van Heidelberg af gekom en die manne wou graag na hul plase terugkeer.

Brand het onvermoeide pogings aangewend om ’n skikking tussen die strydende magte te bewerkstellig. Hy het die een telegram na die ander na Colley, Kimberley en sir Hercules Robinson gestuur en op 4 Januarie 1881 aanbeveel dat hoofregter Henry de Villiers na die Transvaal gestuur word om sake te ondersoek. In hierdie verband het hy ook steun by die Kaapse Afrikaners soos Jan Hofmeyr en Merriman probeer verkry.

Op 11 Januarie het hy aan Blyth, die Vrystaatse konsul in Londen, opdrag gegee om by Kimberley daarop aan te dring dat iemand so spoedig moontlik na Natal gestuur word om die stryd te beëindig. Laasgenoemde het Blyth die volgende dag meegedeel dat die Britse regering bereid was om daarvoor reëlings te tref indien die Boere hul militêre posisies sou ontruim. Op 26 Januarie het die Minister van Kolonies, Hercules Robinson, laat weet dat indien die Transvalers hul gewapende weerstand sou staak, die Britse regering voorstelle sou maak wat “alle verligte vriende van die Transvaalse gemeenskap” sou bevredig. Nieteenstaande die vaagheid van die bewoording was Brand bemoedig en het hy aangedring dat die voorwaardes vir ’n skietstaking duidelik uiteengesit en so gou moontlik aan die Transvalers voorgelê word.

In die Britse kamp was dit egter nog geensins ’n uitgemaakte saak dat die regering heeltemal bereid was om die vyandelikhede te staak nie. So byvoorbeeld is die voorstel van die Radikale agterbanker, Peter Rylands, wat hy op 21 Januarie by die Britse Laerhuis ingedien het en waarin hy die anneksasie van Transvaal veroordeel het, verwerp. Kimberley en die meerderheid in die Britse kabinet was van oordeel dat ’n oortuigende Britse militêre oorwinning die regering in ’n sterk posisie sou plaas wanneer onderhandelinge sou begin. Daarby het hulle die versekering van Colley gehad dat ’n oorgawe van die Transvalers slegs ’n kwessie van tyd was.

Reeds op 23 Januarie het Colley ’n ultimatum aan Piet Joubert gestuur waarin hy geëis het dat die kommandant-generaal sy burgers moet terugtrek en gewaarsku het dat groot Britse versterkings in aantog was. Indien die Transvalers aan die versoek voldoen, was hy bereid om hul griewe aan die Britse regering voor te lê. Hy het dit egter duidelik gestel dat voordat die Boere nie eers hul wapens neergelê het nie, daar geen sprake van onderhandelinge kon wees nie. Joubert het die dokument na Heidelberg deurgestuur, maar die afstand was groot en die paaie onbegaanbaar weens ononderbroke reëns. In sy antwoord aan Colley het Kruger hom op 29 Januarie ten gunste van Transvaal se toetrede tot ’n federasie van state met die Britse kolonies uitgespreek en verklaar dat die Boere selfs bereid was om ’n Britse protektoraat te aanvaar op voorwaarde dat die anneksasie eers ongedaan gemaak moet word. As simbool van hierdie verbondenheid kon die Britse vlag een keer per jaar in Transvaal gehys word.

Ondertussen het verskeie vriende hul vir vrede beywer. Op 12 Februarie het sir Donald Currie uit Londen aan pres Brand die voorstel gedoen dat die Transvalers moet inwillig om die wapens neer te lê en die soewereiniteit van die Britse koningin te aanvaar, met ’n gekose parlement en staatshoof. Hy het die “Transvaal Free State” as naam vir die nuwe staat voorgestel, met die Transvaalse vlag gekombineer met die Britse vlag as statussimbool. Verder het hy ’n geallieerde offensiewe en defensiewe konfederasie van al die kolonies van Suidelike Afrika aanbeveel.

Op 8 Februarie het die Minister van Kolonies aan Colley opdrag gegee om pres Brand mee te deel dat indien die Transvalers hul gewapende verset staak, die Britse regering bereid sou wees om alle moontlike waarborge te gee met betrekking tot hul behandeling (op dié tydstip is die Boere nog as rebelle teen die wettige Britse gesag beskou) en ’n bevredigende oplossing sou bewerkstellig. Indien hierdie voorstel binne 48 uur na die ontvangs daarvan aangeneem word, sou Colley verlof kry om tot ’n wapenstilstand in te willig. Maar nog voordat lord Kimberley se aanbod van 8 Februarie aan pres Brand vir kennisname aan die Transvalers deurgestuur is, het Kruger na die Natalse grens vertrek om persoonlik met Colley in verbinding te tree. Op 12 Februarie het hy van die Nek af aan Colley geskryf dat die Transvaal geen stryd met Brittanje begeer het nie, maar dat die burgers bereid was om te sterf vir die herstel van die onafhanklikheid van die Zuid-Afrikaansche Republiek.

Die Transvalers was egter - volgens Kruger - so oortuig van die regverdigheidsin van die Britse volk en van die feit dat die Britse regering nie ten volle ingelig was nie, dathulle bereid was om ’n ondersoek deur ’n Koninklike Kommissie te aanvaar, want dan sou die ware feite na vore kom en die reg van die Republiek herstel word. Op hierdie grondslag was die Boeremagte bereid om hul stellings te ontruim en die Britse troepe in Transvaal toe te laat om die land met volle eer te verlaat. Indien Brittanje nie bereid was om van die anneksasie afstand te doen nie, sou die Transvalers tot die laaste man stry teen geweld en onreg - maar dan sou die verantwoordelikheid vir al die ellende wat sou volg, op die skouers van Colley rus.

Hierdie brief, wat ongetwyfeld die deur vir verdere onderhandelinge oopgemaak het, is deur die linies na Colley by Mount Prospect gestuur. Die Natalse goewerneur het onmiddellik die implikasie van Kruger se voorstel besef en die inhoud daarvan na Engeland oorgesein. Die berig het Londen twee dae later bereik en ’n spesiale kabinetsitting het die volgende dag plaasgevind om die voorstelle te oorweeg. Kimberley was ten gunste daarvan dat die Transvaalse gebaar oorweging moet geniet en Gladstone - met sy afkeer van geweld - was sterk ten gunste van die opheffing van die anneksasie.

Konserwatiewes soos die hertog van Argyll, graaf Spencer, graaf Granville en lord Selborne was daarteen en het aangevoer dat Brittanje in ’n ongemaklike posisie geplaas sou word indien die Britse gesag ná die terugslae by Laingsnek en Ingogo prysgegee sou word. Dit het hier in ’n groot mate ook gegaan om die handhawing van Britse prestige. Die Radikales het die voorstel van ’n wapenstilstand egter verwelkom en ook Chamberlain was ten gunste van onderhandelinge. Die antwoord van die Britse regering is op 21 Februarie gestuur. Dit het daarop neergekom dat indien die Boere hul gewapende verset sou staak, ’n kommissie benoem sou word om tot ’n ooreenkoms met Transvaal te raak en ’n tydsgrens van 48 uur vir ’n antwoord is gestel. Twee dae vir ’n bevestigende antwoord was egter nie lank genoeg nie, want Kruger was op daardie tydstip na die westelike distrikte waar swart onluste in die omgewing van Rustenburg ontstaan het.

Die Britse voorstelle het hom eers op 28 Februarie bereik en sy brief van aanvaarding het eers op 7 Maart by die Nek aangekom. Toe daar geen antwoord van Boerekant kom nie, het Colley, wat daarna gesmag het om die Britse eer met ’n wapenoorwinning te herstel, Majuba gedurende die nag van 26 Februarie beset.

Vir die Britte was die slag by Majuba katastrofies en ofskoon die Minister van Oorlog, Childers, en Kimberley van oorlog gepraat het, het John Bright op 3 Maart aan Gladstone voorgestel dat die onderhandelinge met die Boere moet voortgaan asof niks gebeur het nie en dat geen vergeldingstappe oorweeg moet word nie. Verder was die Britte ook bevrees dat die oorlog tot die res van die subkontinent kon uitbrei. Ook die Transvalers het, ongeag hul oorwinning, die onderhandelinge deur middel van Brand voortgesit.

Samesprekings is tussen sir Evelyn Wood en Piet Joubert op 5 Maart gevoer en vyandelikhede is die volgende dag vanaf I2h00 die middag tot middernag op 14 Maart gestaak. Hierdie ooreenkoms was aan die volgende voorwaardes onderworpe:albei partye sou hulle gedurende dié tydperk van enige militêre bedrywighede  weerhou; die Britte sou toegelaat word om voedselvoorrade  en brandhout vir agt dae aan die Britse garnisoene in Transvaal te stuur, maar die persone wat die waens vergesel, moet weer daarmee saam terugkeer. Die begeleiers sou nie toegelaat word om van hul roete af te wyk of agter te bly om die garnisoene te versterk nie en tot tyd en wyl hulle weer binne die Natalse grense terug was, sou hulle as neutraal beskou word. Joubert het onderneem om die Boerekommandante by die verskillende garnisoene onverwyld van die voorwaardes van die ooreenkoms in kennis te stel. Hy het verder onderneem om opdrag te gee dat tydens die wapenstilstand, die verskillende kommandante al die gewondes in die garnisoene na die Britte kan laat terugkeer.

Kruger het eers op 9 Maart van die wapenstilstand gehoor, maar reeds die vorige dag aan Joubert laat weet dat Engeland moontlik bereid sou wees om vrede te sluit en dat die Boere so toegeeflik moontlik moet wees.

Toe hy egter die berig van die wapenstilstand ontvang, het hy verslae uitgeroep: “Dat is de nekslag!” Hy het Joubert dit verkwalik dat die onafhanklikheid van Transvaal nie as ’n duidelike voorwaarde vir ’n skietstaking gestel is nie.

Die Boere het in die skietstaking ’n bevoordeling van die vyand gesien wat nou tyd sou wen sodat Britse troepeversterkings die Natalse grens kon bereik, terwyl die afgematte burgers moes sit en wag. Aan die ander kant het hulle die ooreenkoms gesien as ’n soort erkenning van die wetlike gesag van die Driemanskap en dat hulle nie meer as rebelle beskou sou word nie.

Sir Evelyn Wood was in sy skik. Aan Childers en Kimberley het hy laat weet dat hy nou die tyd gehad het om versterkings te verkry. Die Britse kabinet het die wapenstilstand verwelkom, maar die Koningin was minder entoesiasties en het in haar dagboek aangeteken: “I do not like peace before we have retrieved our honour.”

Op 8 Maart het die Minister van Kolonies Wood ingelig dat algehele amnestie aan die Boereleiers gewaarborg moet word en dat kommissarisse aangestel sou word om vredesonderhandelinge aan te gaan. Ondertussen kon hy die tydperk van die wapenstilstand na goeddunke verleng.

Vrede – vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2246 gaste aanlyn