NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons vra God in ons gebede soos Hy ons geleer het dat ons vergeef sal word, soos ons diegene vergewe wat teen ons oortree – nie omdat ons in staat is om die skuld van 'n vergryp of belediging te vergewe nie – maar net dat ons toorn, haat en wraaksug vrywilliglik uit ons hart verban kan word.

DIE EERSTE VRYHEIDS- OORLOG (32)

Lees reeks by Die Eerste Vryheidsloorlog 

Steun vir die  herstel van Transvaalse onafhanklikheid in die Kaapkolonie

D H Heydenrych

Die arbitrêre inlywing van die onafhanklike Transvaalse Republiek by die Britse Ryk wat ’n gevolg van die Groot Trek uitgewis het, het in die klimaat van Carnarvon se federasiestrewe tot ’n Suid-Afrikaanse kwessie geword wat polariserend tussen Boer en Brit gewerk het. Dit het die verbeelding aangegryp omdat daar sentiment op die spel was. Die was geleë in die gebeure om die Groot Trek, ’n goeie veertig jaar vroeër, maar ook in ’n etiese aspek, naamlik dat dit gelyk het of mag reg is.

Teenoor die Anneksasie van 1877, die stryd om die herstel van die onafhanklikheid wat daarna gevoer is en die oorlog van 1880-1881, kon niemand onverskillig staan nie. Die hele Suid-Afrika het standpunt ingeneem. Daar was Kaapse, Vrystaatse en Natalse Afrikaners wat van hulle laat hoor het asook Engelssprekendes, afgesien van die regerings.

 

Die Transvaalse onafhanklikheidstryd kan nie behoorlik begryp word sonder om dit in ’n Suid-Afrikaanse perspektief te sien nie. Daar word met die houding van die mense in die Kaapkolonie begin, waarna die Vrystaat  wat so nou deur bloed, sentiment en status met Transvaal verbonde was, en wat so veel op die spel gehad het, aan die beurt kom; daarna Natal, gevolg deur ’n samevattende oorsig oor die houdinge en sentimente wat op Afrikanernasionalisme uitgeloop het - die vraag word ook beantwoord wat die reaksie in die buiteland op die Transvaalse Onafhanklikheidsoorlog was.

Die Kaapse Hollandssprekende koloniste het tot die laat sestigerjare nog onverskillig teenoor die politiek gestaan en weinig tekens van ’n nasionale bewussyn getoon. In 1857 het een van hul spreekbuise, De Zuid-Afrikaan, nog voorspel dat hulle op die duur hul identiteit in die Britsbeheerde kolonie sou verloor. Hulle het weinig kontak met hul stamgenote in die noorde gehad en republikeinse denkbeelde het by hulle ontbreek; hulle was inderdaad lojaal teenoor die Britse Kroon.

Teen 1881 het hierdie selfde koloniste reeds polities ontwaak. Hulle het begin om hulself te organiseer. Griewe teen die Britse bewind wat vroeër slegs op bedekte wyse geuiter was, is nou openlik verwoord. Hulle het begin aandring op politieke medeseggenskap in die land van hul geboorte.

In die woorde van die sekretaris van die Uniondale-tak van die Boerenbeschermings Vereniging: “... after upwards of 70 years we now for the first time lift up our heads and ask to have something to say in our own land.”

Hierdie nasionale ontwaking by die Kaaplandse Afrikaners is geleidelik teweeggebring deur die skokuitwerking van Britse optrede oor meer as ’n dekade in die binneland. Eers was daar die verklaring van ’n Britse protektoraat oor Basoetoland in 1868 en daarna die anneksasie van die diamantveld in 1871. In albei gevalle het aggressiewe imperiale Britse ingryping hul Britse koloniale regering in die oë van die Kaaplandse Hollandsprekende koloniste teenoor die belange van die binnelandse republieke staans gebring. Hulle het begin besef dat hulle lojaliteit teenoor die Koningin van die imperiale moondheid nie altyd te rym was met hulle simpatie vir hul republikeinse stamgenote nie.

Toe Carnarvon se federasieskema teen 1875 bekend word, het Kaapland se Hollandssprekende koloniste egter nog positief daarop gereageer.

Dit het ’n geleentheid geskyn te bied vir die Hollandssprekende inwoners van Suid-Afrika om te verenig ná die verdeling wat die Groot Trek meegebring het. Hulle het in so ’n mate geglo in die versoeningspolitiek van Carnarvon dat hulle die ware doel met die beoogde federasie nie begryp het nie. Juis as gevolg van hierdie goedgelowigheid was hulle ontnugter deur die anneksasie van die Zuid-Afrikaansche Republiek op 12 April 1877. Hulle het heftig gereageer op hierdie gebeurtenis en het intens meegeleef met die pogings van die republikeine om hul onafhanklikheid herstel te kry.

Toe die pogings op die Eerste Vryheidsoorlog uitloop, het hul uitings van meelewing geen perke geken nie. So het hul nasionalisme dan met die herstel van die Transvaalse onafhanklikheid in 1881 ’n hoogtepunt bereik.

Die drie invloedrykste mondstukke van die Kaapse Hollandssprekende koloniste, Het Volksblad, De Zuid-Afrikaan en Die Afrikaanse Patriot het almal hul misnoeë oor die anneksasie in April 1877 uitgespreek. Eersgenoemde was die eerste wat besef het dat Carnarvon se versoeningsbeleid iets van die verlede was en die blad het verraad gesien in hierdie aggressiewe daad wat op vriendelike en paaiende woorde gevolg het.

In De Zuid-Afrikaan het die redakteur, “Onze Jan” Hofmeyr, in ’n hoofartikel die anneksasie bestempel as ’n saak van droefheid eerder as verontwaardiging. Hy was teleurgesteld met Carnarvon se kortsigtigheid: die daad sou groot verbittering teen Brittanje meebring want “na een massa van mooie woorden heeft hy het land ingesluckt. Het is de geschiedenis van den wolf en het lam van voren af over.” Die koerant het die vrees uitgespreek dat indien die Hollandssprekende koloniste nie hul afkeuring tasbaar betuig nie, die Vrystaat spoedig ook ingelyf sou word.

In die Patriot het ’n korrespondent die Britse houding opgesom met: “Laat kom wat wil, mag is mos reg.”

Die Volksblad het hierna egter nog voortgegaan om die ryksregering se federasiebeleid te ondersteum en het daarom hierna in ’n minder mate as die ander twee koerante die Kaapse Afrikaners se siening verteenwoordig.

Op 8 Mei het die Kaapse staatskoerant die proklamasie van Theophilus Shepstone gepubliseer waarin hy die redes vir die anneksasie gegee het.

Die genoemde koerante was nie deur die argument oortuig nie. Hulle was maande lank reeds daarmee gevoer maar het geglo dat die werklike redes die teenwoordigheid van goud in die Zuid-Afrikaansche Republiek was en die vrees dat die land deur die verkryging van ’n nie-Britse hawe te sterk mag word.

Die Kaapse koloniste het egter ook ’n meer tasbare bewys van steun vir die herstel van Transvaalse onafhanklikheid as net persuitinge gegee. Onder die leiding van B J van de Sandt de Villiers, redakteur van Het Volksblad, en met die samewerking van die ander twee koerante, is ’n petisie met meer as 5 400 handtekeninge teen die anneksasie in Julie 1877 na die Koningin gestuur. Die Paarlse ondertekenaars was meer as dié van enige ander distrik, insluitend Kaapstad. Dit is nie te verwonder nie indien die rol van die Paarlse koerant, die Patriot, en dié van sy redakteur, ds S J du Toit, in aanmerking geneem word nie. In die daaropvolgende drie-en-’n-half jaar sou die kombinasie ’n toenemend belangrike rol in die volgehoue bepleiting van die Transvalers se saak speel.

De Zuid-Afrikaan het die Kapenaars aangespoor om hul protes teen die anneksasie duidelik te laat hoor, onder meer deur middel van openbare vergaderinge: “Afrikanen dien dus te handelen.” ’n Aantal protesvergaderings is in die twee maande na die anneksasie in die westelike distrikte gehou. Malmesbury was die eerste aan die beurt, en daarna die Paarl, Koeberg en Phisantekraal. By al die vergaderings is die anneksasie uitdruklik afgekeur. Die Kaapse Afrikaners is in hul protes teen die anneksasie in ’n mate gekniehalter deur hul Britse onderdaanskap. Maar hoewel dit ’n belemmering was, het dit hulle nie daarvan weerhou om hul met die Transvalers se saak te vereenselwig nie. Die voorsitter van die Paarlse vergadering het byvoorbeeld gesê “that he had always been a staunch supporter of British rule ... but that this did not prevent him from finding fault with such measures on the part of the British Government as were inconsistent with justice. ”

Gedurende die tweede helfte van 1877 het swart onrus op die Kaapse oosgrens die aandag van Transvaal weggetrek. Nogtans het verskeie aspekte van die Britse oorname in Transvaal kommentaar uitgelok. Daaronder was die beweerde aandadigheid van pres Burgers aan die anneksasie, die voortgesette wetgewing deur proklamasie, die aanstellings in die nuwe administrasie en die gesloer met die Delagoabaai-spoorwegskema.

Die jare 1878 en 1879 het minder reaksie uit die Kaap voortgebring. Die Galeka-oorlog op die oosgrens en die Anglo-Zoeloe-oorlog in Natal het die nuus oorheers. Die volksvergaderings van 1879 in die Transvaal het weer die staat se aangeleenthede in die Kaapse pers op die voorgrond gebring. In Februarie van daardie jaar het die Patriot sy frustrasie hartstogtelik uitgedruk dat daar nie iets daadwerkliks vir die Transvalers gedoen kon word nie: “Ag, as Oom Lokomotief hier kon losbreek, dan is hij binnen 14 dage self in Transvaal om same te deel in die lot van sijn medebroeders. Maar nou moet ons met ’n geskrewe raad tevrede wees.”

Die koerant het voortgegaan om welmenende raad te gee: “Moet nie veg teen die Engelse nie. Sit stil. Laat onse Liewe Heer vir julle stry. Blijf bij julle protes, en bepaal julle bij lijdelijk verset.” Hierdie advies, wat ook dié van die Zuid-Afrikaan was, was net betyds, want op die volksvergadering by Wonderfontein in Januarie het sommige van die Boere reeds aangedring op gewapende verset om die onafhanklikheid te herstel. By die daaropvolgende volksvergadering by Kleinfontein in Maart-April het dieselfde advies ook weerklank gevind. ’n Transvaler wat die vergadering bygewoon het, skryf: ...die raadgewing ... het Oom Paul so geheel ingeneem dat niemand in staat was om hom daarvan af te kry nie. Hij had die woorde ‘Lijdelijk verset’ so heeltemaal van buite geleer uit jou koerant, dat, al wou hy iets anders sê, hy hom gedurig verspreek en dan sê hy maar: ‘Lijdelik, lijdelik verset.’”

Dat die Transvalers veel waarde aan die steun van die Kapenaars geheg het, spreek duidelik uit ’n versoek opgestel by die Burgerkamp by Kleinfontein op 18 April 1879, dat die Kapenaars hul deur middel van memories moes steun. “Wy smeeken u om uwe hulp, komt uwe medebroeders en uwe stamverwanten te hulp. Die Kaapkolonie bekleed de eerste plaats onder alle Kolonies en Staten in Zuid-Afrika. De stem hare burgers, eerbiedig gebracht by hare Majesteit, zal een grooten invloed kunnen uitoefenen.”

Die oproep was nie tevergeefs nie. ’n Tweede petisie is weggestuur, hierdie keer met 7 256 handtekeninge, waarin nog eens gevra word dat die onafhanklikheid herstel word. Ook gematigde Engelssprekende Kapenaars het ernstige bedenkinge oor die anneksasie gehad. In November 1879 het John X Merriman saam met J H Hofmeyr en 17 ander Kaapse parlementslede ’n onderhoud met die Kaapse Goewerneur en Hoë Kommissaris, sir Bartle Frere, gehad om hom te waarsku teen die gevaar van ’n opstand in Transvaal. Hulle het versoek dat ’n algemene volksvergadering en volkstemming in Transvaal gehou word sodat die Transvalers se eie gevoelens oor die anneksasie vasgestel kon word. Die versoek is egter van die hand gewys.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2443 gaste aanlyn