Gedagtes vir elke dag
Om verbondsvolk van die lewende God te mag wees is 'n voorreg maar ook 'n groot verantwoordelikheid. Niemand kan reken op die Here se seën sonder gehoorsaamheid nie. "En Ek sal in julle midde wandel en vir julle 'n God wees, en julle sal vir my 'n volk wees. ...Maar as julle nie na My luister nie... Ek sal verskrikking oor julle beskik... en julle lyke op die lyke van julle drekgode gooi..." Is die Afrikanervolk ná talle waarskuwings nie reeds hier waar ons lyke só gestrooi word nie? En nóg luister ons nie! "En as julle ook hierom nie na My luister nie... sal Ek julle stede puinhope maak... selfs die land verwoes sodat julle vyande wat daarin gaan woon, daaroor verstom sal staan". Hoe naby is ons aan die verwoesting van moontlik aardbewings en burgeroorlog - net omdat ons verwyderd van Hom leef?
BROKKIES GESKIEDENIS (11)
Lees reeks by Brokkies Geskiedenis
Paul Kruger en Bismarck gesels sondertolke
Ds. SJ du Toit is in 1882 na Transvaal as die nuwe superintendent van onderwys. Die driemanskap - Paul Kruger, Piet Joubert en MW Pretorius - het hom die pos aangebied. Sy pro-Transvaalse gevoelens was bekend, en sy ywer vir die onderwys ook.
Een van sy biograwe, DA Scholtz, noem die jare 1883 en 1884 die glorierykste in Du Toit se lewe. Hy is oorlaai met eerbewyse en het invloed besit soos nooit tevore en daarna nie. Dit het saamgehang daarmee dat hy saam met Kruger en genl. Nicolaas Smit deel was van 'n Transvaalse afvaardiging wat in 1883 na Londen is om met die Engelse regering oor 'n nuwe verdrag te onderhandel. Die verdrag wat na Majuba gesluit is, het die Transvalers nie tevrede gestel nie. Du Toit was tolk die dag toe Kruger vir sir Hercules Robinson, Britse Hoë Kommissaris, voor die bors gegryp het nadat dié aan lord Derby, minister van kolonies, gesê het dat Kruger lieg.
Derby en Robinson het Kruger toe om verskoning gevra. Die nuwe verdrag, bekend as die Londen-konvensie, is op 27 Februarie 1884, dus drie jaar na Majuba, onderteken. Transvaal se besware kon verval; onder meer is die woorde "Transvaal State" vervang deur "South African Republic". Zuid-Afrikaansche Repuhliek is die naam wat die Transvalers in 1856 aangeneem het.
Die dag nadat die Konvensie onderteken is, het die Nederlandse stoomskip De Batavier die lede van die deputasie in Engeland kom afhaal. Die Nederlanders het hulle met musiek en gejuig in Rotterdam ontvang. Die Afrikaners het op verskeie plekke geesdriftige Nederlanders toegespreek en hulle vir die onderwys en ander werkkringe in Transvaal probeer werf. Een van die onderwysers onthou dat Kruger sy hand vasgehou en gesê het dat hy nog baie onderwysers in sy land nodig het, veraI jong Christelike onderwysers. In Kampen is Du Toit verwelkom met die Franse uitspraak van sy van. Sy antwoord was dat hy nie 'n Fransman is nie, maar 'n Afrikaner, en dus Du Tooi is, is met dawerende applous begroet.
Die geesdrif het voortgeduur terwyl hulle weg was na België, Frankryk, Spanje en Portugal. Die reis het 'n ware triomftog geword. Die Portugese koning het hulle met die koninklike rytuig laat ry. — hulle het die koning drie keer in sy paleis besoek en hy het Nederlands met hulle probeer praat. Van Lissabon af is hulle terug na Nederland waar hulle dr. WJ Leyds as staatsprokureur gewerf het en jonkheer Beelaerts van Blokland as diplomatieke verteenwoordiger van die ZAR in Europa. By ‘n dinee wat die Duitse keiser vir hulle in Berlyn gegee het, het Du Toit en Kruger weerskante van die groot Duitse staatsman Bismarck gesit. Aanvanklik moes Du Toit tolk tussen die twee, maar Bismarck het agtergekom dat hy met sy kennis van Platduits geen tolk nodig het nie. Telkemale in Nederland en Vlaandere het die mense "Die Vierkleur van ons dierbaar land" gesing, wat deur Du Toit gedig en deur Jan Orrelis van die Noorder-Paarl getoonset is. Die Vlaamse taalstryders is deur die Afrikaanse taalstryd besiel, soos die Vlaamse stryd dikwels as inspirasie vir die Afrikaanse taalstryders gedien het.
BROKKIES GESKIEDENIS (11)
Lees reeks by Brokkies Geskiedenis
Paul Kruger en Bismarck gesels sondertolke
Ds. SJ du Toit is in 1882 na Transvaal as die nuwe superintendent van onderwys. Die driemanskap - Paul Kruger, Piet Joubert en MW Pretorius - het hom die pos aangebied. Sy pro-Transvaalse gevoelens was bekend, en sy ywer vir die onderwys ook.
Een van sy biograwe, DA Scholtz, noem die jare 1883 en 1884 die glorierykste in Du Toit se lewe. Hy is oorlaai met eerbewyse en het invloed besit soos nooit tevore en daarna nie. Dit het saamgehang daarmee dat hy saam met Kruger en genl. Nicolaas Smit deel was van 'n Transvaalse afvaardiging wat in 1883 na Londen is om met die Engelse regering oor 'n nuwe verdrag te onderhandel. Die verdrag wat na Majuba gesluit is, het die Transvalers nie tevrede gestel nie. Du Toit was tolk die dag toe Kruger vir sir Hercules Robinson, Britse Hoë Kommissaris, voor die bors gegryp het nadat dié aan lord Derby, minister van kolonies, gesê het dat Kruger lieg. Derby en Robinson het Kruger toe om verskoning gevra. Die nuwe verdrag, bekend as die Londen-konvensie, is op 27 Februarie 1884, dus drie jaar na Majuba, onderteken. Transvaal se besware kon verval; onder meer is die woorde "Transvaal State" vervang deur "South African Republic". Zuid-Afrikaansche Repuhliek is die naam wat die Transvalers in 1856 aangeneem het.