NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Net bang mense kan moedig wees – dit is wat moed beteken: om jou vrese in die oë te kyk en te besluit hoe jy dit gaan aanpak – en as jy wys is sal jy weet dat ware moed deur gebed verkry word.

VOORTREKKER- PIONIERS (26)

Dr JP Botha

Lees reeks by Voortrekker-pioniers

Lydenburg skei af  (1)

Die uiteindelike verkryging van staatkundige eenheid het dus helaas geen harte-eenheid meegebring nie.  Veral die Lydenburgers, wat inderdaad die volksraadgesinde Ohrigstadters was wat die stryd so lank teen Potgieter gevoer het, was nie so maklik vir hartlike samewerking te vinde nie en omstandighede het daartoe bygedra om hulle steeds meer en meer van die res van die republiek te laat vervreem.

In die eerste plek het die wegtrek van Potgieter na Soutpansberg en die terugkeer vanaf Ohrigstad na Potchefstroom en Magaliesberg van ‘n aansienlike getal huisgesinne wat nie aan die volkraadsparty behoort het nie, hulle as ‘n geïsoleerde groep in Oos-Transvaal laat agterbly met Lydenburg as hoofsetel.   Hierdie geïsoleerdes het ‘n onwrikbare vertroue in Smellekamp se raadgewings gekoester en sy raad om die 25e breedtegraad as die suidgrens van die republiek te beskou, só ter harte geneem dat hulle inderdaad vyandig gestaan het teen die pogings van Andries Pretorius om die Engelse uit die Vrystaatse gebied te verdryf.  Só sterk het hulle oor hierdie saak gevoel dat hulle sedert 1848 hulle distrik stelselmatig van Pretorius-volgelinge gesuiwer het en daardeur nog meer geïsoleerd geraak het.  Hulle het naamlik almal wat aan Pretorius se oproep gehoor gegee het om die Engelse uit die Vrystaat te gaan verdrywe, gedwing om hulle distrik te verlaat, sodat in Ohrigstad en later in Lydenburg alleen ‘n klein getal “gesuiwerde” isolasioniste oorgebly het.

‘n Hollander wat Lydenburg in 1858 besoek het, het verklaar dat die hele dorp maar uit sowat 20 wonings bestaan het, versprei in ‘n groot vlakte, deur berge omring.

Waar die Lydenburgse gemeenskap so ‘n sterk houding ingeneem het oor die 25e breedtegraad as suidgrens van die republiek, kon daar dus van die begin af geen hartlike samewerking bestaan tussen hulle en die inwoners van Wes-Transvaal wat saam met Pretorius geglo het dat die gebied wat die Boere toegekom het veel verder suidwaarts, ja selfs tot aan die Oranjerivier gestrek het nie.

Die afgesonderde ligging van Lydenburg het die bestaande verskille tussen die inwoners van dié gebied en die res van die land in die hand gewerk.  Weens die groot afstand vanaf Rustenburg of Potchefstroom na Lydenburg en die gebrek aan doeltreffende paaie kon ‘n gereëlde verkeer nie gahandhaaf word nie want ‘n reis vanaf Lydenburg na Potchefstroom het in hierdie dae ongeveer 80 uur geduur.  Hierdie feit het noodwendig daartoe meegehelp om afsondering in die hand te werk.

Landdros De Clercq het in 1853 oor die ongereëlde posdiens gekla:   De onzekerheid met overvoeren van briefen is zoo gevaarlyk dat van 10 slegs vyf teregte komp. Gevolglik het kennisgewings van belangrike vergaderings soms glad nie hul bestemming bereik of betyds bereik nie, waaruit dan veel misverstand kon ontstaan.

Die lang afstand en tyd wat so’n reis in beslag geneem het, het lede van die volksraad wat in een gebied woonagtig was dikwels daarvan weerhou om sittings in die ander deel van die republiek te gaan bywoon.  Reeds in 1851 het die inwoners van die Suikerbosrand die behoefte gevoel . . .  dat ons hoofstad meer in het dikste midden van de bevolking mogte zyn en niet op het uithoek, sodat raadsittings vir lede nie met groot koste gepaard moes gaan nie en die reis gouer en makliker afgelê kon word.

Aangesien Lydenburg as vooraf vasgestelde hoofsetel van die republiek nie hierdie status regverdig het nie weens sy klein getal inwoners en sy afgesonderde ligging, het MW Pretorius in 1853 probeer om die volksraad te oorreed tot die stigting van ‘n nuwe dorp aan die Apiesrivier, ten einde ‘n meer sentraalgeleë sittingsplek vir die volksraad te hê.  Lydenburg was egter nie gewillig om aan die “voorste” distrikte so ‘n vergunning toe te staan nie.

Die verskille tussen die Lydenburgers en die res van die republiek is verder in die hand gewerk deur die feit dat die Lydenburgers hulle eie probleme, soos die voortdurende bedreiging van vyandige inboorlingstamme, bykans deurgaans selfstandig hanteer het sonder die samewerking van die res van die republiek.  Die geïsoleerde ligging van Lydenburg het dit in die hand gewerk en sodoende gaandeweg meegehelp om by die Lydenburgse gemeenskap ‘n onderlinge samehorigheidsgevoel te kweek en die gevoel dat hulle inderdaad ‘n onafhanklike gemeenskap was.  Dit wil voorkom of die Lydenburgers later die standpunt gehuldig het dat die Lydenburgse kommissieraad meer reg as die volksraad gehad het om te beslis oor sake wat Lydenburg alleen aangaan.  Daar is ook beweer dat die Lydenburgers die standpunt gehuldig het dat hulle kommissieraad die hoogste gesag uitgemaak het wanneer die volksraad nie in sitting was nie.

Dat dit kon geskied is te wyte aan die konstitusionele inrigting van die republiek.  Naas die volksraad as sentrale gesag, het die bestuurstelsel naamlik voorsiening gemaak vir sogenaamde kommissierade wat op enige plek opgeroep kon word wanneer dringende omstandighede dit sou vereis in tye wanneer die volksraad nie byeen was nie.  So ‘n kommissieraad het bestaan uit ‘n minimum van vyf volksraadslede en alle besluite daarvan het dieselfde gesag as volksraadsbesluite gedra, so lank dit nie deur ‘n volkraadsitting afgekeur is nie.  Hierdie stelsel het ‘n ryke bron van potensiële moeilikhede geskep.  Immers, uit die aard van die saak en onder die omstandighede hier bo uiteengesit, moes die kommissierade veral ten aansien van die geografies geïsoleerde Lydenburg, eintlik ontaard in distriksrade of “plaaslike besture” met uitgebreide magte en kon die kommissieraad in een distrik besluite neem wat teenstrydig was met dié van ‘n kommissieraad in ‘n ander distrik.  Bowendien het die Lydense kommissieraad in die besondere posisie verkeer dat hy homself as ‘n voltallige volksraad kon konstitueer, want Lydenburg het 12 lede in die volksraad gehad wat die vereiste minimumgetal was om ‘n voltallige volksraad uit te maak.

Die kommissieraad het dan ook ‘n belangrike rol in die afskeiding van Lydenburg gespeel en was dikwels die oorsaak van onenigheid tussen laasgenoemde gemeenskap en Rustenburg-Potchefstroom.  Toe in Mei 1851 die Potchefstroomse lede van die raad nie te Lydenburg teenwoordig kon wees nie, het die twaalf Lydenburgse lede hulself as ‘n voltallige raad beskou en met die vergadering voortgegaan.  In Oktober 1852 is daar te Rustenburg ‘n kommissieraadsvergadering gehou wat eintlik ‘n volksraadsvergadering moes gewees het maar wat egter nie kon gebeur nie aangesien geen lede van Lydenburg opgedaag het nie.

Lydenburg het dus vanweë swakhede in die konstitusionele konstruksie van die republiek in die posisie verkeer dat hy homself feitlik onafhanklik kon regeer en selfs die res van die republiek in ‘n mate kon oorheers.  Selfs met minder as twaalf volksraadslede kon hy of enige ander distrik in so’n posisie geraak, want dit was ‘n konstitusionele gebruik dat ‘n kommissieraad wanneer nodig sy geledere uit lede van die publiek kon aanvul totdat ‘n kworum vir ‘n volkraadsitting bereik is. Trouens, dit was die gebruik in Natal en hierdie gebruik is in Junie 1853 deur die Lydenburgers oorgeneem toe hulle, blykbaar vererg oor die feit dat daar vanaf September 1851 tot Junie 1853 nooit ‘n volksraadsvergadering te Lydenburg gehou is nie, hulle kommissieraad in ‘n volle volksraadsitting omskep het en die ledetal uit hulle eie geledere aangevul het.

Om die pil vir die ander distrikte, van wie daar geen verteenwoordigers was nie, minder bitter te maak, is deur hierdie raad bepaal dat sake wat op Lydenburg alleen betrekking gehad het, deur hierdie “volksraad” finaal afgehandel sou word, maar dat die byeenkoms as ‘n kommissieraad beskou sou word wanneer dit oor aangeleenthede handel wat ook op die ander distrikte betrekking het.  ‘n Gewone voltallige volksraad sou dus die reg hê om die besluite deur hierdie Lydenburgse raad met betrekking tot die res van die republiek te veto, maar nie die besluite met betrekking tot die distrik Lydenburg nie.

Hierop het die westelike distrikte van die republiek in gelyke munt geantwoord. Op 9 Augustus 1853 het naamlik ‘n kommissieraad op Rustenburg op dieselfde wyse hulle vergadering op aandrang van die publiek in ‘n volksraadsvergadering omskep deur nog vier lede uit die publiek by te kies en as volksraadslede in te sweer.  Net soos Lydenburg gedoen het, het hulle ook alle plaaslike sake op die sakelys finaal afgehandel maar oor Lydenburgse aangeleenthede alleen voorlopig as kommissieraad  besluite geneem.

Hierdie optrede het die Lydenburgers dwars in die krop gesteek en met die volgende vergadering van die raad wat in September 1853 te Lydenburg gehou is en waarop 12 Lydenburgse lede en drie van die weste teenwoordig was, is misnoeë oor die aanmatiging van die Rustenburgse kommissieraad uitgespreek.

Dit het op sy beurt weer die misnoeë van die weste verwek oor die getalsoorwig wat Lydenburg in die volksraad gehad het naamlik 12 teenoor 6 van die ander distrikte en met die volgende sitting wat in November 1853 in Potchefstroom plaasgevind het, is daar getrag om ‘n einde aan hierdie oorwig te maak deur te besluit dat elke distrik slegs ses lede mog kies waarvan slegs drie enige sitting moes bywoon.  Hierdie besluit is deur die publiek goedgekeur en in Junie 1854 is dit weer te Potchefstroom bekragtig.

Die Lydenburgers was hiervoor egter nie te vinde nie omdat hulle besef het dat hulle in ‘n kleiner volksraad nie soveel invloed soos vantevore sou kon uitoefen nie en het hulle dan ook teen dié besluit verset.  Hulle wou die volksraad oorheers en het liewers die weg van afskeiding bewandel as om toe te laat dat die ander distrikte in die geleentheid gestel word om hulle uit hulle posisie te verdring.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1750 gaste aanlyn