NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons is vandag slawe, en die land wat U aan ons vaders gegee het om die vrug en die volle seën daarvan te geniet – daarin is ons slawe – Neh 39:6

VOORTREKKER- PIONIERS (3)

VOORTREKKER-PIONIERS IN OOS-TRANSVAAL

Dr JP Botha

Lees reeks by Voortrekker-pioniers

Potgieter verhuis na Ohrigstad  (3)

So tref ons dan die kommissie gedurende die winter van 1844 weer aan opreis op die lang ongebaande pad na Delagoabaai, met ‘n aantal ossewaens en gedeeltelik te perd.  By Kommissiedrif, net anderkant Rooibokkop, is hulle die Olifantsrivier deur en daarvandaan het hulle in ‘n oostelike rigting getrek oor Magneetshoogte, deur die Steelpoortrivier, Joubertshoogte uit en toe links oor ‘n nek in die berg wat deur Casper Kruger ontdek is en vandag nog as Caspersnek bekend staan.

Ongeveer 24 kilometer verder is die waens onder toesig van sowat die helfte van die reisgeselskap agtergelaat omdat die terrein so moeilik begaanbaar was. Vandaar het Potgieter, Mocke en Vermeulen met die res van die geselskap die tog te perd voortgesit tot in Delagoabaai waar hulle in Julie 1844 aangekom het, gelukkig betyds om Smellekamp wat juis op die punt gestaan het om weer na Holland te vaar, te ontmoet.

Die Hollander het hulle verseker van sy opregte voornemens om spoedig ‘n gereelde handel tussen Nederland en die Trekkers tot stand te bring en het hulle die raad gegee om met die oog daarop en met die oog op die Cape of Good Hope Punishment Act, van die Portugese toestemming te verkry om hulle noord van die 26e graad suiderbreedte te vestig, waar hulle buite die Engelse invloedsfeer sou wees, want hy was oortuig dat die Engelse hulle ten suide van dié lyn, nog steeds sou bly agtervolg.

Ook moes hulle, met die oog op die bevordering van die handel nie alleen met Holland nie, maar ook met die Portugese, hulle in die gebied wat die Portugese hulle sou aanwys, hulle nader aan Delagoabaai vestig en intussen niks doen wat enige bemoeiing van Britse sy kon uitlok nie, “maar stil opstaan, zyn grondgebied te verlaten.” Hy was bereid om die kommissie persoonlik behulpsaam te wees in onderhandeling met die Portugese goewerneur, maar die kommissie moes, indien die onderhandelings slaag, so spoedig moontlik vanaf hulle nuwe aanleg ‘n pad na die baai maak en nie vir die tsetsevlieg en malaria terugdeins nie.

Vir Potgieter en sy metgeselle het hierdie plan aanloklik voorgekom en vergesel van Smellekamp as tolk, het hulle hul dan ook terstond begeef na die Portugese goewerneur, wat hulle vriendelik ontvang het.  Uit die samesprekings wat gevolg het, is op 22 Julie 1844 ‘n mondelinge ooreenkoms met die Portugese goewerneur gebore, wat deur die kommissie dadelik op skrif gestel is.  Hy gee aan hulle toestemming om agter hulle hawens  noord van die 26e graad suiderbreedte en suid van die 10e graad noorderbreedte in te trek, mits hulle hul nie nader as vier dagreise van die hawens af vestig nie en ook  nie swartes wat in Portugese gebied bly, in diens neem nie.

Die rede vir die inskiklikheid van die Portugese was dat hulle gehoop het om op aansienlike skaal ivoor, velle en volstruisvere van die Boere te handel, terwyl laasgenoemde ‘n kanaal begeer het waarlangs hulle lewensbehoeftes, kruit en lood ingevoer kon word en waardeur hulle vrye verbinding met die buitewêreld kon hê.  Die Boere het egter nie besef dat die aanspraak van die Portugese op die gronde in die binneland van Suid-Afrika maar op onvaste grondslag berus het nie.  Die Cape of Good Hope Punishment Act het hulle egter bekommernis besorg en om hierdie rede het hulle die raad van Smellekamp om verder te trek, met gretigheid aanvaar.

Genoemde wet het die jurisduksie van die Kaapse geregshowe uitgebrei oor die hele gebied tot aan die 25e graad suiderbreedte, maar hulle het dit vertolk  -  ongetwyfeld op Smellekamp se advies  -  dat hulle hul Britse onderdaanskap kon afskud deur noord van dié breedtegraad te trek.  Eers later het hulle en Smellekamp tot die gevolgtrekking gekom dat hulle, volgens Engelse opvatting altans, nooit vry kon trek nie maar dat soos Smellekamp dit in 1850 vertolk het, ‘n persoon volgens Engelse opvatting ‘n Britse onderdaan bly, selfs in vreemde lande, indien hy eenmaal op Engelse gebied gewoon het.  Trouens, volgens Van Jaarsveld het die Engelse self aan diegene wat vryheid oorkant die “graad” wou gaan soek maar self nie wis waar die lyn geleë was nie, verduidelik dat wanneer hulle saans na die tog van die dag hulle osse uitspan en die jukke neerlê,  dan sou die grens van die Engelse invloedsfeer maar nog ‘n entjie verder wees as waar die voorste juk lê.

Op daardie tydstip, die winter van 1844, het Potgieter en diegene wat saam met hom in die baai was egter wel geglo dat die Engelse hulle noord van dié lyn ongemoeid sou laat en het hulle die terugtog Transvaal toe met nuwe geesdrif aangepak.  Toe hulle die stroom bereik waar hulle die walaer twee maande tevore agtergelaat het, was dié egter weg.  Die persone in die laer het naamlik toe Potgieter en sy geselskap ‘n maand nadat hy beloof het om terug te wees, nog steeds wegbly, besluit dat hulle almal omgekom het.  Hulle het die rivier waar hulle gelaer was, die naam Treurrivier gegee en in ‘n treurige stemming die terugreis aangevang.  Hulle was egter nouliks by die volgende rivier, toe die perdekommando op pad van die baai af terug hulle inhaal, met die gevolg dat hulle hierdie rivier toe die naam Blyderivier gegee het.

Teen die einde van Augustus 1844 was die ekspedisie te Magaliesberg terug en kon hulle verslag doen van wat hulle uitgerig het.  Die burgerraad het die besluit om nader aan die Portugese hawe te trek, goedgekeur, oortuig daarvan dat die verhuising nie alleen voordelig sal wees met die oog op voorsiening in hul stoflike behoeftes nie, maar ook op die verkryging van ‘n predikant uit Holland om in hul geestelike behoeftes te voorsien.  Die nuwe trek kon dus ‘n aanvang neem.

Die leiding en organisasie skyn feitlik uitsluitlik of byna uitsluitlik op die skouers te gerus het van Potgieter, klaarblyklik in opdrag van die burgerraad wat tydens die verhuising opgehou het om te bestaan.

Potgieter het hom van hierdie taak goed gekwyt.  Hy het in die Oorvaalse gebied, by name die streek Potcheftroom-Magaliesberg, byeenkomste gehou en die mense te woord gestaan en aangemoedig om na die nuwe land te trek. Daarby het hy hulle egter duidelik te kenne gegee dat die gebied wat hulle gaan verlaat nie prysgegee sou word nie en dat diegene wat die verhuising meemaak se regmatige aansprake op die plase wat hulle agterlaat, gehandhaaf sou word want wat Smellekamp ook al te sê gehad het oor die Britse aansprake ten suide van die 25e breedtegraad, Potgieter was nie van plan om die gebied wat hy skoongemaak en vir die Voortrekkers gewen en bewoonbaar gemaak het, sommer met koue hande prys te gee nie.  Immers, baie van diegene wat hulle in die Oorvaalse gevestig het, het nie daaraan gedink om die verhuising mee te maak nie, hoe Potgieter ook al daarvoor propaganda gemaak het.  Daar is dus besluit dat dié gebied as ‘n “Adjunkt Colonie” vanaf die nuwe hoofkwartier van die staat in die noordooste bestuur sou word.

Van ‘n prysgawe van dië streek was daar dus geen sprake nie en die voorgenome verhuising sou nie die stigting van ‘n nuwe Voortrekkerstaat beteken nie, maar alleen die verplasing van die volksraad na ‘n nuwe setel.  Daar is dan ook persone in gesag in Potchefstroom agtergelaat, te wete JH Visage,  om beheer oor die agterblywendes uit te oefen en die besitsreg van die betrokkenes se plase te handhaaf, en Gert Kruger wat deur Potgieter in sy eie plek as kommandant van Mooirivier en Magaliesberg aangestel is.

 

(Vervolg)

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1744 gaste aanlyn