Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
God se seën en vaderlike guns glinster ook oor die voedsel wat Hy ons skenk. Hoewel sondevergifnis vir ons liggaam baie belangriker as voedsel is sluit Hy die seën op die gebruik van ons daaglikse brood in by sy genade.
DIE MEES GEDUGTE KRYGSMAG IN AFRIKA (3)
BEDREIGING EN REAKSIE
“Sedert Januarie 1980 is nege aanvalle deur klein taakgroepe van die SAW op ANC-basisse in buurstate geloods. Die feit dat 1 076 dade van terreur in dieselfde tydperk in die RSA gepleeg is, is ‘n duidelike bewys dat die RSA se aanvalle op terroristebasisse in buurstate ten volle geregverdig was.”
In 1962 was die bedreiging vir die nuutgestigte Republiek (1961) nog uiters gering. Suid-Afrika se uittrede uit die Statebond het egter 'n groter mate van selfstandigheid ten opsigte van sy verdedigingsbehoeftes geïmpliseer. Terselfdertyd moes hy sy sekerheidsituasie heroorweeg teen die agtergrond van die chaos, verwoesting en onstabiliteit wat in sommige van die nuwe onafhanklike Afrikastate gewoed het.
In die Verenigde Nasies het 'n aantal lidlande deelgeneem aan 'n veldtog wat die isolasie en omverwerping van die Suid-Afrikaanse regering ten doel gestel het. Vanaf 1960 het verskeie lande boikotte teen Suid-Afrika ingestel terwyl internasionale sanksies verder aangehelp is deur die aksies van anti-Suid-Afrikaanse organisasies.
Gedurende die opvolgende 20-25jaar is nuwe dimensies tot Suid-Afrika se sekerheidsituasie toegevoeg. Sy posisie is nadelig geraak deur verwikkelinge soos die algehele wapenverbod (1977), Kubaanse betrokkenheid in Suidelike Afrika en die groeiende bedreiging van terroristebewegings.
Later is die RSA gekonfronteer deur 'n alomvattende eksterne aanslag. Aan die internasionale front is die RSA meer as ooit tevore geïsoleer en aan sanksies onderwerp. Hy was die teiken van 'n multi-dimensionele politieke, ekonomiese, veiligheid-, sielkundige en propaganda-aanslag.
Sanksies en disinvesteringsveldtogte was aan die orde van die dag (net soos vandag maar toe meer verskuil). Die Republiek se verdedigingsverdrae met die Westerse moondhede is eensydig beëindig, terwyl 'n verpligte wapenverbod teen die Republiek toe reeds meer as 'n dekade in swang was.
Die interne bedreiging van die RSA se veiligheid en stabiliteit het gedurende daardie jare ook ernstig toegeneem. Die African National Congress (ANC) en sy Marxistiese ondersteuners blaas toe onrus en ondermynende aktiwiteite aan in woongebiede, vakbonde, politieke- en kultuurorganisasies en selfs in die kerke – dié faktore wat die volk laat sink het, soos dit nou duidelik geword het. Dade van terreur soos bomaanvalle, moorde en intimidasie wat hoofsaaklik teen onskuldige mense gemik is, duur toe voort soos ook nou teen al wat ‘n blanke is.
Die ANC was in die tagtigerjare ook verantwoordelik vir ‘n groot aantal terroriste-aanvalle. In 1980 is 19 terreurdade gepleeg en in 1981 het die syfer tot 55 toegeneem. In daaropvolgende jaar het die syfer tot 39 gedaal, maar 1983 het dit weer tot 56 gestyg. In 1984 is altesame 44 gevalle aangemeld en in 1985 het 136 terroriste-aanvalle plaasgevind, ofskoon meestal op klein skaal. Die ooreenstemmende syfers vir die tydperk 1986-1988 is 228 (1986), 218 (1987) en 281 (1988).
Onder die huidige ANC-regime het die sterftesyfer agv aanranding en moord, egter vinnig tot 70 PER DAG gestyg!
Van die 138 terreurvoorvalle wat tussen 1 Januarie 1988 en 31 Augustus 1988 voorgekom het, was nie minder nie as 55 op burgerlikes of burgerlike teikens gemik. Altesame 38 gevalle is op die Suid-Afrikaanse Polisie (SAP) uitgevoer, 20 op Regeringsinstansies en 10 op die SAW. Gedurende die jare tot 1986 is 295 aanvalle op die SAP gedoen, terwyl 274 teen burgerlike teikens gemik was. Altesame 206 aanvalle was teen Regeringsinstansies en -installasies gerig. Die ANC se doelstellings, naamlik om die swart woonbuurtes onregeerbaar te maak en die sogenaamde “people’s army" te mobiliseer om 'n sogenaamde "people's war” te voer, was toe verder buite sy bereik as ooit vantevore.
Die ANC moes grootliks op burgerlike teikens konsentreer vanweë die propagandawaarde daarvan. Daar was egter aanduidings dat die ANC in die nabye toekoms sou poog om meer aanvalle op die veiligheidsmagte te doen.
In die vroeë tagtigerjare was die Suid-Afrikaanse veiligheidsmagte aktief besig om terrorisme te bekamp. Sedert Januarie 1980 is nege aanvalle deur klein taakgroepe van die SAW op ANC-basisse in buurstate geloods. Die feit dat 1 076 dade van terreur in dieselfde tydperk in die RSA gepleeg is, is ‘n duidelike bewys dat die RSA se aanvalle op terroristebasisse in buurstate ten volle geregverdig was.
Die SAW se militêre slaankrag was ‘n bevestiging van die RSA se posisie as ‘n ekonomiese streeksmoondheid wat met sy buurstate op ‘n vreedsame wyse wou saamwerk vir sinvolle ontwikkeling.