NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons lewens is wat ons gedagtes daarvan maak.  Die dinge waaraan ons dink, bepaal ons persoonlikheid.  Dit maak dat ons lewe die kleur van ons gedagtes aanneem.  Daarom is dit moontlik om ons lewe te verander deur ons gedagtes te verander.  Gedagtes kan die hemel in hel verander of van ons hel ‘n hemel maak.  Daarom moet ons altyd positief dink en sê: “Wat ek nie kan wegdink nie, gaan ek reg dink!”

DIE STRYD OM DIE TROON (7)

Dr JP Botha

Lees reeks by Die Stryd om die Troon

DIE HARDNEKKIG KONING

Rehabeam wou nie die volk tegemoet kom nie

Ek is Semaja, een van die profete van die Here, wat sy Woord aan koning Rehabeam van Juda en aan die volk gebring het tydens daardie droewige gebeurtenis toe Israel in twee geskeur het.

‘n Klompie jare van te vore het koning Salomo vir Jerobeam, ‘n gesiene landsburger van hom, as opsigter aangestel oor die dwangarbeid van die Josefstam.  Op ‘n dag kom Agija, een van my medeprofete uit Silo, hierdie Jerobeam teë op die pad na Jerusalem.  Agija het vir hom ‘n boodskap van die Here gehad.  Hy het sy nuwe mantel in twaalf stukke geskeur en vir die verbaasde Jerobeam gesê om tien stukke daarvan vir homself te neem.  Die Here gaan die koningskap van Salomo afskeur en tien stamme van Israel aan Jerobeam gee.  Net een stam sal vir Salomo oorbly, want hy het die Here verlaat en die afgode van die heidene aanbid.   Die Here sal dit ter wille van sy verbond met Dawid, nie in Salomo se tyd laat plaasvind nie, maar in dié van sy seun wat na hom gaan koning word.  Dan sal die Here vir Jerobeam as koning oor tien stamme aanstel.  Indien hy die Here se voorskrifte en bepalings nakom, sal Hy met hom wees en sy nageslag in stand hou.

Koning Salomo het van hierdie profesie teen hom gehoor.  Hy wou Jerobeam doodmaak, maar hy het betyds na Egipte gevlug en daar gebly tot na Salomo se dood.

Toe die kroning sou plaasvind van sy seun Rehabeam, wat na hom sou koning word, het Israel uit alle oorde opgetrek na Sigem, die bymekaarkomplek van die noordelike stamme.  Daar wou hulle eers met Rehabeam onderhandel, voordat hulle hom as hulle koning sou erken.  Die leiers het gesê:  “U vader het ons ‘n swaar juk laat dra.  As u ons verpligtinge verminder, ons las verlig en ons juk versag, sal ons u as ons koning erken en u onderdane bly.”

Rehabeam wou nie dadelik antwoord nie.  Hy het drie dae uitstel gevra.  Dit het hom geleentheid gegee om die ouer mense wat in diens van Salomo was, te gaan raadpleeg.  Hulle het vir hom gesê dat indien hy die volk op hulle versoek gunstig sou antwoord, sal hulle altyd sy onderdane bly. Maar die halsstarrige Rehabeam wou nog ook die mening van die jong manne wat saam met hom grootgeword het, inwin.  Hulle wou hê dat hy moes antwoord: “ My pinkie is dikker as my pa se onderlyf.  My pa het ‘n swaar juk op julle laat druk, maar ek gaan die juk nog swaarder maak.  My pa het julle met swepe geslaan, maar ek sal julle met gésels slaan.”

Toe die volk na die afgesproke drie dae weer byeenkom, was Jerobeam ook teenwoordig.  Rehabeam se antwoord was toe:  “Ek gaan die juk wat op julle druk, nog swaarder maak.  My pa het julle met swepe geslaan, maar ek sal julle met gésels slaan.”

Hierdie hardnekkige weiering van koning Rehabeam om aan die versugtinge van die volk te voldoen, het die skeuring daar en dan laat plaasvind, wat die profeet Agija vir Jerobeam gesê het wat die Here sal laat gebeur.  Die volk het vir hom gesê dat hulle dan verder niks te doen wil hê met die koningshuis van Dawid nie.  Hulle is terug na hulle woongebiede toe en Rehabeam het net koning geword oor die Israeliete wat in die stede van Juda gewoon het.  Later het die stam van Benjamin ook bygekom.

Die tien noordelike stamme was in opstand onder die vurige leiding van Jerobeam, wat hulle aangehits het.  Rehabeam het vir Adoniram, wat hoof van die dwangarbeid was, gestuur om met hulle te gaan praat, onderwyl hy self agterna gekom het.  Hulle het sy gesant met klippe doodgegooi en hy het net-net daarin geslaag om op sy strydwa te kom en na Jerusalem te vlug.

Rehabeam was woedend kwaad.  Hy was vasberade om die opstand teen hom te onderdruk en het 180 000 uitgesoekte manne opgeroep om teen Israel op te trek.  Maar toe praat die Here met my en stuur my na Rehabeam om vir hom te gaan sê dat hy tog nie teen ons broers moet gaan veg nie, want die Here het self hierdie skeuring laat plaasvind.

Dit het Rehabeam laat besef dat Israel se opstand teen sy regering, deel is van die straf wat die Here op die koningshuis van Dawid gelê het, omdat Salomo in afgodediens verval het.  Rehabeam het die veldtog teen Jerobeam laat vaar en hom daarin berus om net koning oor Juda en Benjamin te wees.  Die res van Israel het vir Jerobeam koning gemaak.  Dit is die stamme van Ruben, Simeon, Levi, Issaskar, Sebulon, Dan, Naftali, Gad, Aser en Josef.

Die priesters en Leviete wat in die gebiede van hierdie tien noordelike stamme gewoon het, was nie gediend met Jerobeam se koningskap oor hulle nie, want hy het hulle nie as priesters van die Here erken en toegelaat nie.  Die Leviete het hulle weivelde en besittings verlaat en in Juda en veral in Jerusalem kom woon. Jerobeam het vir homself priesters aangestel om diens te doen by die afgodediens op die hoogtes wat hy opgerig het nadat hy koning geword het.

Daar het baie mense uit die noorde, wat die Here graag wou dien, ook na Juda verhuis.  Baie van hulle het net gereeld na Jerusalem gekom om by die tempel te offer.  Die koninkryk van Juda is daardeur stewig uitgebou, want koning Rehabeam het na sy troonsbestyging ‘n aantal stede herbou, onder andere Betlehem en Hebron.  Hy het die vestings versterk en as militêre basisse ingerig en daar groot hoeveelhede proviand geberg vir die behoeftes van die garnisoene wat dit beset het.

Rehabeam het van sy groot familie gebruik gemaak om sy magsbasis verder te versterk.  Hy het sy seuns oral in die versterkte stede van Juda en Benjamin laat woon en hulle voorsien met alles wat hulle nodig gehad het.  Hy het agtien vrouens en sestig byvrouens gehad en agt en twintig seuns en sestig dogters.  Hy het ook sy seuns van ‘n menigte vrouens voorsien.

Ek was so dankbaar toe ek sien hoe die koning se regering oor Juda bestendig uitbrei.  Die Here was besig om weer die huis van Dawid te seën.  Maar koning Rehabeam het gou vergeet waar sy hulp vandaan kom.  Hy en die hele Juda het vir hulle hoogtes gebou en klippilare en gewyde pale opgerig op elke hoë heuwel en onder elke groen boom.  Daar was selfs tempelprostitute bedrywig.  Die koning en die volk het net soos die heidene, begin om ‘n gruwelike afgodediens te bedryf.

Toe stuur die Here vir koning Sisak van Egipte om vir Rehabeam en Juda te kom straf. Hy het met 1 200 strydwaens, 60 000 berede soldate en duisende voet-gangers opgeruk en al die vestingstede van Juda verower.  Daarna het hy met hierdie groot mag in die rigting van Jerusalem begin trek.

Koning Rehabeam en die leiers van Juda het in Jerusalem saamgetrek.  Onderwyl hulle die vyand met vrees en bewing inwag, praat die Here met my en stuur my met ‘n boodskap daarheen:  “Julle het My verlaat, en nou het Ek julle verlaat en is julle in Sisak se mag.”  Ek was op pad terug na my tuiste toe, toe die Here weer met my praat en sê dat hulle berou het oor wat hulle gedoen het.  Daarom sal Hy hulle nie uitroei nie, maar gou uit Sisak se greep verlos.  Hy het toegelaat dat Sisak Jerusalem inneem en al die skatte in die paleis en die tempel wegvoer.  Die ontnugterde koning is nie saam daarmee na Egipte weggevoer nie, maar kon deur die genade van die Here voortgaan om in Jerusalem oor die volk van Juda en Benjamin te regeer tot sy dood toe.  Dit was nie vir koning Rehabeam ‘n maklike taak nie, want daar was deurentyd oorlog tussen hom en Jerobeam.  Ek het dit alles opgeteken in my boek,  Die Verhale van die Profeet Semaja, ook dat Rehabeam 41 jaar oud was toe hy sy pa, koning Salomo opgevolg het en dat hy 17 jaar lank in Jerusalem regeer het.  Sy seun Abia het hom as koning opgevolg.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2215 gaste aanlyn