NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Dis jammer dat die samelewing pyn en lyding as ‘n ergernis beskou.  Dis ‘n wanopvatting waarvan ons ontslae sal moet raak.  Die Woord van God sê dat ons deur lyding heen geestelik groei.

GOD IS 'N TOEVLUG

Lees reeks by Pitkos vir die siel

Ds AE van den Berg

“Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige (Ps.91:1).

Ons dink elke jaar op 11 September terug aan die gebeure wat die wêreld in 2001 geskud het toe Islamitiese terroriste twee wolkekrabbers in New York in puin gelê het.   Die beeldmateriaal daarvan sal ‘n mens altyd bybly.   Terrorisme het ook in Suid-Afrika ‘n huishoudelike woord geword.   Dink maar aan die ANC se bomontploffings wat ‘n paar jaar gelede etlike lewens in Pretoria geëis het.

Die woordeboek omskryf terreur as hewige vrees.  Terrorisme is die gebruik van mag en/of dreigemente om mense so bang te maak, dat hulle hul aan die verfoeilike doelstellings van die booswigte onderwerp.

Satan is ook ‘n terroris wat mense in vrees laat leef.   Daarom val hy mense, gesinne, kerke en gemeenskappe aan.   Kyk maar net wat in 1994 met ons land gebeur het toe die Christelike bestel afgebreek en Satan beheer oor die land verkry het - die misdaadsyfer het die hoogte ingeskiet!    Suid-Afrika het een van die gevaarlikste lande ter wêreld geword met gemiddeld  60 moorde per dag!    Dit gebeur wanneer die grootste terroris van alle tyde, Satan, vrymag ontvang!   Jesus sê van hom: “...Hy was ‘n mensemoordenaar van die begin af....” (Joh.8:44).

Wat kan ons teen hierdie terroris doen?   Ons kan ‘n beskermingsplan uitneem - die 911 beskermingsplan (Ps.91:1).  “Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige” Die woord  vernag beteken beskerm.   Gelowiges sal deur die Almagtige beskerm word.   Wanneer Satan (geestelike terroris) ons aanval, lees ons Ps.91:1.   Dis ons persoonlike 911-polis met drie groot voordele.

(i)  ONS KAN NA GOD HARDLOOP.   Nood laat ‘n mens òf na òf weg van God beweeg.   In vers 1 tree die skrywer reg op deur na God toe te hardloop.   Ps.91:1 is nie universeel nie, maar slegs vir diegene wat God ken en by Hom bly.  Dis vir kinders van God wat in die Vaderhuis tuis is. Die polis maak nie vir mense wat net af en toe kom kuier voorsiening nie.  Dis slegs vir permanente inwoners en nie vir gaste nie.

Dawid praat van hierdie geestelike verblyf : “Een ding het ek van die Here begeer, dit sal ek soek, dat ek al die dae van my lewe mag woon in die huis van die Here...” (Ps.27:4).   Paulus sê in Hand.17:28 “Want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons...” en in 2 Kor. 5:8 dat hy eerder by die Here wil inwoon as uitwoon.

Watter voordeel het hierdie vaderhuis vir gelowiges?   Vers 1 sê dat dit ‘n skuilplek is - ‘n plek van heilige verkeer met die Vader.  “Want U, Here, is my toevlug.  Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak” (:9). Salomo sê: “Die Naam van die Here is ‘n sterk toring; die regverdige hardloop daarin en word beskerm” (Spr.18:10).   Die vaderhuis is ook ‘n geestelike fort.

Luther skryf in Ges.265: “ ‘n Vaste burg is onse God, ons skuil in Hom, die sterke...” ‘n Burg is ‘n ondeurdringbare verdedigingsvesting.   So is God vir sy kinders.  Niemand is teen Hom bestand nie, nie eens Satan nie.  Paulus skryf in 2 Thess.2:8 dat God die Antichris op die oordeelsdag met sy asem sal vernietig!

Hoe lyk hierdie sterke God werklik?  In die Bybelse tyd het ‘n naam ‘n persoon se karakter beskryf.   Ook God s’n.  Ps. 91 gebruik vier name vir Hom wat iets belangrik sê waarom gelowiges in nood na Hom hardloop.

Vers 1 en 9 noem Hom die ALLERHOOGSTE (El Eljon); die hoogste in beheer van alles.  Gelowiges kan na Hom hardloop omdat Hy bo alles verhewe is.  Verder noem vers 1 Hom die ALMAGTIGE (El Shaddai).  Die kernbetekenis van hierdie woord kom van ‘n woord wat berg beteken.  Dit dui op God se krag en genoegsaamheid.  Tydens die verbondsluiting met Abraham (Gen.17) openbaar God Hom so.  As Almagtige kan gelowiges na Hom hardloop omdat Hy die hoogste mag is.

Vers 2 en 9 noem Hom HERE (Jahwe).  Dit beteken om te wees. God sê aan Moses “EK IS WAT EK IS” (Ex.3:14); ‘n beskrywing van sy onveranderlike karakter.  In ‘n wêreld waar waardes, sedes en wette gedurig verander, vind gelowiges die enigste vastigheid en geborgenheid in ‘n God wat nooit verander nie.   Daarom hardloop hulle na Hom.  Vers 2 praat verder van Hom as God (Elohim).  Dit beteken dat Hy bo afgode verhewe is.  Hy is die sterk Een, die magtige Leier en die hoogste God.   Na so ‘n Een hardloop gelowiges graag.

Jare gelede het ‘n vernietigende veldbrand in die Yellowstone Nasionale Park (VSA) gewoed.  Nadat dit geblus is, het ‘n veldwagter by ‘n boomstam ‘n voël gevind wat verbrand het.   Toe hy met ‘n stok aan haar krap, het drie kuikens onder haar dooie vlerke uitgedop.  Dié liefdevolle moeder het geweet wat kom, haar kuikens uit die nes geneem en op die grond met haar vlerke toegemaak.  Sy kon hulle net sowel gelos en na veiligheid gevlieg het.   Sy het egter geweier om haar kinders in die steek te laat en gesterf sodat hulle kon lewe.  “Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil....” (Ps.91:4).

Mense hardloop in tye van nood, fisies of psigies.  Soms beide!  Dit maak nie saak nie.  Solank as wat die rigting reg is.   Moet nooit van God af weghardloop nie, maar eerder na Hom toe.   Maak van die beskerming wat Hy voorsien gebruik.  Hy is bo die menslike situasie verhewe, het alle mag in die hemel en op die aarde en is buitendien ook onveranderlik.  Woorde soos skuilplek, toevlug en bergvesting spreek van behoud.  God wil nie sy kinders verdelg nie, maar eerder behou.

Dit bring ons by die tweede voordeel van die 911-polis.  Die eerste is dat gelowiges na God in nood kan hardloop.  Tweedens bring dit hulle in ‘n PERSOONLIKE VERHOUDING MET GOD.  “Ek sal tot die Here sê: My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou (:2).  Drie maal hoor ons die woord my.  Dit spreek van ‘n persoonlike verhouding; ek ken God en Hy vir my.   Baie mense is met God bekend, maar ken Hom nie op persoonlike vlak nie.

Watter voordeel het dié persoonlike verhouding vir gelowiges?   Vers 3 gee die antwoord - God red hulle uit die net van die voëlvanger en van die verderflike pes.  Die voëlvanger dui op gevaar van buite en verderflike pes op dié van binne. God bewaar sy kinders onder alle omstandighede.  “U sluit my in van agter en van voor, en U lê u hand op my” (Ps.139:5).

Ps.91 praat van talle bedreigings - skrik, pyle, peste, boosheid ens.  Ja, dit voel soms asof die lewe so buite beheer raak, dat ons die slagoffers van ons omstandighede geword het.  Ons antwoord dikwels op ‘n groet deur te sê: “Dit gaan goed onder omstandighede”  Waarom onder?  Wat doen ons onder ons omstandighede?   Die lewe is soos ‘n matras; as ons bo-op is, slaap ons rustig.  As ons onder dit beland, versmoor ons!   God wil dat ons bo-op ons omstandighede kom en daar bly.  Die 911-polis maak juis duidelike voorsiening daarvoor.

Dit bring ons by die derde voordeel van die 911-polis: ONS LEER OM OP GOD SE BELOFTES TE VERTROU.  Die eerste is dat ons na God kan hardloop.  Tweedens dat ons in ‘n persoonlike verhouding met Hom staan en derdens dat ons op God se beloftes moet vertrou. “Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken. Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en eer aan hom gee.  Met lente van dae sal Ek hom versadig, en Ek sal hom my heil laat sien” (:14-16).

Wat sê dit vir ons?  Dat God in beheer is al gaan dit ook hoe moeilik met ons.  In vers 11 sê die Psalmdigter dat God selfs sy engele opdrag gee om ons te beskerm.   In Ps.91 sê God sewe maal Ek sal. (i) Ek sal hom red (ii) Ek sal hom beskerm (iii) Ek sal hom verhoor (iv)  Ek sal by hom wees (v) Ek sal hom uitred (verlos)  (vi) Ek sal hom versadig.  (vii) Ek sal hom My heil laat sien.   Wat het ons meer as dit nodig?!

Die ramp van 9 September 2001 was ‘n groot tragedie.   Die grootste tragedie is en bly egter dat die meeste mense nie die 911-polis van God wil hê nie!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2542 gaste aanlyn