NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Jaloesie is 'n perd wat deur die duiwel gery word. Dit kyk altyd deur 'n vergrootglas wat nietige dingetjies groot laat lyk – dwergies word reuse en in jou sieke jaloesie glo jy jou agterdog is die waarheid.

VRYMESSELARY: ANTICHRISTELIKE STROMING (4)

Lees reeks by Vrymesselary: anti-christelike stroming

Ds. FN van Niekerk

IS VRYMESSELARY 'N GODSDIENS?

Hier is dit eerstens nodig om af te reken met die Vrymesselary se neutraliteitspostulaat (sy voorwendsel dat hy neutraal teenoor alle godsdienste staan); tweedens om na te gaan wat Vrymesselaarskrywers self daarvan sê; en derdens om ondersoek in te stel of die Vrymesselary 'n eenheid vorm van gedagte en selfs van organisasie. Dit is nodig om tot helderheid oor hierdie sake te kom want dit is van die uiterste belang om die Vrymesselary te beoordeel.

A. VRYMESSELARY IS NIE NEUTRAAL TEENOOR DIE GODSDIENS NIE

Die Vrymesselary beweer dat hy neutraal staan teenoor alle gods­dienste - hy is glo nie daarvoor nie, ook nie daarteen nie. Dit is bo godsdiensverskille verhewe. Godsdiensverskille word teweeggebring deur dogmas. Vrymesselary is bo dogmas verhewe. Dit verbied die bespreking van dogmatiese godsdiens in sy losies want dit bring net verdeeldheid.

Hierdie gedagte is reeds vasgelê in die Konstitusies van die Vakgrade en is daarna tot vervelens toe herhaal. Ook in Suid-Afrika is daarop nadruk gelê in die Verweerskrif van Suid-Afrikaanse Vrymesselary teen die Rapport van die Kaapse Sinode en ook teen die Rapport van die Transvaalse Sinode in 'n inleidings-artikel in The Masonic Journal of South Africa:

"Ons herhaal: die Vrymesselary is nie 'n godsdiens nie. Wat dit wel is, is 'n wonderlike samevatting van al die fundamentele waarhede waarop die gods­dienste van die wereld gebaseer is. Die groot verskil tussen ons en die georganiseerde, eksklusiewe, en volgens hulleself, alleensaligmakende kerkgenootskappe van die wêreld is dit: Ons aanbid God in die eenvoud en die suiwerheid van sy absolute mag, majesteit en Vaderskap, en ons laat ons nie belemmer of hinder of verstrik deur mensgemaakte dogmas wat net volgens die mening van baie van ons 'n neiging het om die eenvoudigheid en waarheid van die goddelike natuur te vertroebel en te verberg.

"As Vrymesselaar glo ons aan God die Vader, die Almagtige Skepper van Hemel en Aarde. Die Christen wat Vrymesselaar is, glo bowendien aan God in sy Drieënige Vorm, d.w.s. aan God, die Vader, Jesus Christus, sy Seun en ons Verlosser, en die Heilige Gees. Die Joodse Vrymesselaar glo aan die God van Abraham en van Isak en van Jakob wat Hom op die berg Sinai aan Moses geopenbaar en aan hierdie dienskneg van Horn die Boek van die Heilige Wet gegee het. Die Mohammedaan wat Vrymesselaar is, glo aan God en aan sy profeet Mohammed.  Maar die belangrike punt is dit- en ons kan dit nooit sterk genoeg benadruk nie: Dit is steeds en altyd dieselfde God. Soms word die beskuldiging ons teen die hoof geslinger dat die Vrymesselary die leer verkondig dat alle gode eners is. Dit is heeltemal onwaar. Die Vrymesselary ken nie so 'n onding as "gode" in die meervoudvorm van die woord nie. Ons as Vrymesselaars glo dat God een is, onveranderlik en ewig, almagtig en alwetend.

"En by daardie geloof volstaan ons. Ons neem dit nie op onsself nie, ons beskou ons trouens nie as bevoeg om vir ons lede voor te skryf Iangs watter weg hulle God moet vind nie.* Elkeen van ons moet dit doen volgens sy eie gewete, en volgens die voorskrifte van sy eie godsdiens.

"As sommige van ons die mening toegedaan is dat die Kerk horn soms so blind staar op sy eie mensgemaakte dogmas dat hy geneig is om Jesus van Nasaret se eenvoudige boodskap van liefde oor die hoof te sien, sal hierdie mening ons vergewe word.
"Op die vraag: Kan die Christelike godsdiens aanspraak daarop maak dat dit die absolute en finale godsdiens is, sê die verligte Vry­messelaar dus dat daar 'n moontlikheid bestaan dat God Homself op verskillende tye aan meet as een volk geopenbaar het, en terwyl die Christen wat Vrymesselaar is, vas glo dat daardie openbaring geskied het (vir sover dit hom betref) in en deur Christus, en dat dit die grootste openbaring van die goddelike natuur was wat die w
êreld nog gesien het, ontsê hy aan sy mede-Vrymesselaar wat aan 'n ander godsdienstige groep behoort, nie die reg om 'n dergelike mening oor sy besondere godsdiens daarop na te hou nie."

Volgens hierdie uitspraak is daar dus net 'n graduele verskil in die openbaring aan die Christendom gegee en "ander openbarings" - 'n kwantitatiewe verskil, nie 'n kwalitatiewe verskil nie.

Hierdie gedagte is eeue gelede deur die Vrymesselaar Lessing (1729-1781) in sy bekende fabel, "Nathan der Weise", behandel.

Nathan die Wyse gee met sy verhaal 'n antwoord op 'n strikvraag van sultan Saladyn. Nathan was 'n Jood, die sultan was 'n Moslem; en tussen hulle het 'n Christen gestaan. Van die drie godsdienste kon tog net een die ware godsdiens wees, en Nathan moes nou uitmaak watter een dit was. Op hierdie vraag kom die antwoord van die fabel van die drie ringe, wat soos volg lui: Eendag, lank gelede, was daar 'n man wat 'n kosbare skat besit het. Dit was 'n ring van onskatbare waarde waaruit honderd skone kleure in towerkrag gestraal het, maar wat veral die eienskap besit het: dat dit die eienaar ,,aangenaam gemaak het voor God en die mense". Dit spreek vanself dat die eienaar die ring in sy familie wou bewaar. Daarom het hy bepaal dat die ring telkens per testamentêre bemaking moes gaan na die seun wat die vader die liefste gehad het. Die besitter sou dan die hoof van die geslag wees.

Dit het 'n tyd lank goed gegaan. Maar toe kom die ring in besit van 'n vader wat drie seuns gehad het. En die drie seuns het hy ewe liefgehad. In oomblikke van swakheid het hy beurtelings aan elkeen van die drie die ring beloof. Nou was daar moeilikheid. Om uit die moeilikheid te kom, het die vader 'n juwelier laat roep wat nog twee ander ringe gemaak het wat presies soos die eerste een gelyk het. Nadat die vader elkeen van die seuns eenkant toe geroep en 'n ring gegee het, sterf hy.

Toe was daar moeilikheid. Nouliks was die vader begrawe of al drie die seuns eis die hoofskap van die geslag op. So woes twis hulle dat hulle uiteindelik voor die regter beland. Al drie voer dieselfde argument voor die regter aan: hulle vader kon nie lieg nie; elkeen se verklaring van hoe hy in besit van die ring gekom het, berus op die geskiedenis; en hulle kon eerder mekaar betig as om hulle vader te verdink.

En nou die regter.

Ook hy kon nie die regte ring uitken nie, want dit het presies soos die ander ringe gelyk. En al het dit geheet dat die oorspronklike ring sy draer aangenaam gemaak het voor God en die mense, het die feit dat die drie broers mekaar beskuldig en beledig het, bewys dat die een nie meer aangenaam was as die ander nie! Ten einde raad het die regter besluit dat al drie bedrieg was. Die egte ring het verlore geraak, en die vader het toe drie enerse ringe laat maak.

Die vader wou die dwingelandy van die een ring moontlik nie langer duld nie, want hy het liefgehad, gelyklik liefgehad - waarom sou hy die een begunstig en die ander nie? Die regter besluit toe dat hulle met mekaar moet wedywer om die krag wat die ring besit. En die een se geslag wat na duisend jaar die aangenaamste voor God en die mense sou wees, sou die besitter van die ware ring wees. So het die wyse regter hom gekwyt van sy taak en gesê dat hy nie na duisend jaar sou beslis nie, want iemand anders sou in sy plek wees. Dus: "Gaan! " het hy die drie broers verwilder.

"En daarmee", se prof. Schilder, ,,staan ons midde in die Vrymesselary! "

Die ooreenkoms tussen hierdie fabel en die beskouinge van die Vrymesselary soos weergegee in hul "Constitutions", art. 1, en in die aanhalings uit die Vrymesselaarsredakteur se inleidingsartikel in die Masonic Journal van Mei 1957 is identies!

Met hierdie fabel en hierdie beskouing het die ongeloof en die Vrymesselary steeds die ware Christelike godsdiens onder verdenking gebring. Dit is niks beter as die ander nie - dit twis nes die ander. Eers as daar 'n godsdiens kom wat sy aangenaamheid voor God en die mens betoon in die uitlewing van verdraagsaamheid en liefde teenoor mekaar, eers dan is die ware godsdiens daar.

Daardie ware godsdiens is vir Vrymesselary geleë in die fundamentele waarhede wat in The Masonic Journal opgesom is, naamlik godsdienstige waarhede waaraan niemand twyfel nie.

Ons antwoord hierop:

(i) Die houding van die Vrymesselary berus nie op neutraliteit nie, maar op dogmatisme erger as die kerk se dogmas.

(ii) Die houding van die Vrymesselary berus op misverstand van die wese van die Christendom of op kwaadwillige onwilligheid om sy waarhede eerlik weer te gee.

(iii) Die houding van die Vrymesselary getuig van die uiterste vleeslike verwaandheid en selfvoldaanheid.

I. Die houding van die Vrymesselary berus nie op neutraliteit nie maar op dogmatisme erger as die kerk se dogmas

Geen teoloog of wysgeer sal die doelstellinge van die Vrymesselary lees nie sonder om onwillekeurig die versugting te slaak: "Ag, hoeveel 'dogmas' lê nie daarin opgesluit nie! " Om net 'n paar te noem:
(i) Die dogma van die gelykheid van alle mense.
(ii) Die dogma van die wesenlike goedheid van die mens.
(iii) Die dogma van die opvoedbaarheid van die mens totdat hy deur 'n proses van evolusie die stadium van die "verligte Vrymesselaar" bereik wat onbewoë kan neersien op die kleinlike verskille van godsdiens en nasionaliteit.

En Iaat ons nou die dogmas aantoon in die sitate uit die aangehaalde inleidingsartikel deur die Vrymesselaarsredakteur van The Masonic Journal van Mei 1957.

(a)  Daarin lê die dogmatiese stelling: daar is 'n verskil tussen Christelike kerk en Christelike godsdiens - die Christelike kerk het met sy dogmas die ware godsdiens vertroebel en verduister.

(b) Daarin lê die dogma van die suiwering van die indiwidu deur Vrymesselaarsbeginsels sodat alle Vrymessclaars die "Great Lodge Above" sal binnegaan - sommige sonder die geloof in Christus.

(c)      Die volgende stellinge is elkeen 'n dogma op homself:

(i) Die geloof in "the Great Architect of the Universe".

(ii) Die geloof van die sogenaamde Christenvrymesselaar in "God in sy drie-enige vorm".

(iii) Die geloof in God as die Vader.

(iv) Die geloof dat God ewig, almagtig, alomteenwoordig en alwetend is.

fv) Die geloof van die Vaderskap van God en die broederskap van alle mense.

Die Vrymesselary se oë is so verblind deur enge dogmatisme dat hy in sy dogmatiese vooroordeel nie die dogmas van sy eie stelsel voor sy oë sien krioel nie!

  • Die Vrymesselary is eng sektaries, want hy laat nie 'n bespreking van sy "landmarks" toe nie.
  • Vrymesselary is inklusief, want hy beperk hom net tot sy lede.
  • Vrymesselary is onverdraagsaam in sy dogmatisme, want hy verdra geen ander dogma as sy eie nie - dit word ten strengste belet dat ander dogmas bespreek sal word in losies. Maar die valse dogma van 'n godsdiens-bo-geloojsverdeeldheid mag wel daar bespreek word.

Hoe anders as die kerk! Die kerk se dogmavorming het deur diskussie en stryd tot stand gekom. Die negatiewe dwaling het dikwels die kerk beweeg tot positiewe belydenisvorming. Soos Calvyn dit uitgedruk het: "God het die dwaling toegelaat sodat die waarheid des te helderder kan skitter." Daar is geen enkele dogma van die kerk wat nie oop is vir diskussie en revisie nie. Die kerk ken nie so iets as verstarring nie, maar elke dogma kan deur elke lid en elke geslag opnuut getoets word aan God's Woord - natuurlik in die samehang van die kerk as vergadering van die gelowiges ("fides communis"), te wete deur sy meerdere vergaderings.

Die Vrymesselary bedrieg dus die onkundige met valse slagkrete. Die Vrymesselary is nie bokant dogmatiese leerstellinge verhewe nie, maar is 'n geslote, benepe dogmatistiese beweging wat geen kritiek duld nie. Die Vrymesselary is nie universeel nie maar engsektaries gerig tot 'n eksklusiewe kring waaraan die meerderheid van die mensdom (op grond van Vrymesselaarsdogmatisme) nie kan behoort nie, te wete alle gebreklikes, armes, slawe, en vroue (en die vrou maak die helfte van die mensdom uit). Wat 'n ironie! Die mense wat hulle op hul universaliteit beroep, is die enge uitsluiters van andere ook die swartes word uitgesluit.

Die mense wat hulle beroem dat hulle bokant dogmas verhewe is; is die engste en onverdraagsaamste dogmatiste aan my bekend - so dogmatisties dat die Naam van Jesus Christus nie in hulle fundamentele grade (waarin die wese van die Vrymesselary geleë is, naamlik die Vakgrade en die Holy Royal Arch Chapter) genoem mag word nie.

Vrymesselary is dus nie neutraal nie - dis 'n arglistige valse godsdiens gebou op valse dogmas wat antiteties en vyandig staan teenoor die dogmas van die historiese Christendom. Die verskil is dit: die Christendom erken dat hy dogmas het, die Vrymesselary mislei en bedrieg met hulle sogenaamde "dogmaloosheid" wat niks anders as dogmatisme is nie.

Die neutraliteitspostulaat van die Vrymesselary is dus niks anders as 'n misleidende slagkreet nie!

II. Die houding van die Vrymesselary berus op 'n misverstand van die wese van die Christendom of op 'n kwaadwillige verkeerde interpretasie van die wesensbeginsels van die Christendom

Onkunde kan daarvoor verantwoordelik wees dat Vrymesselaars wat lidmate van Christelike kerke is, nie weet wat 'n kerk en wat 'n dogma is nie. Onkunde kan daarvoor verantwoordelik wees dat sulke lidmate nie weet wat die wesenselemente van die Christelike evangelie is nie. Daardie onkunde kan berus op die onwil om te leer by die kerk, of dit kan berus op die kerk se onwil om te leer. In laasgenoemde geval is die kerk skuldig. En hier wil ons in nederige skuldbelydenis voor God staan en bely dat ons as historiese Christendom skuldig staan omdat die Christelike getuienis verflou het; dat die kategetiese onderrig en voorbereiding van lidmate veel te wense oorlaat; dat die prediking dikwels mank gaan aan leerinhoud; ja, dat die historiese Christendom ter wille van menslike oorweginge soms sy leer en sy boodskap verwater het (die modernisme en sg. "verligte" Christendom).

Vir die onkunde en misverstand oor die wese van die kerk en die evangelie is ons verantwoordelik waar ons ons plig versuim het om die nodige voorligting aan kerklidmate te gee.

Waar daardie misverstand egter uit onwil en moedswil by die lidmate gebore is, is ons nie daarvoor verantwoordelik nie.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2207 gaste aanlyn