NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Hemelse Vader, ek vra omverskoning dat ek nog nie geleer het om U volkome te vertrou nie. Leer my asseblief om al my vrese na U te bring en hulle daar by U te los met die vaste wete dat U sal sorg. Amen.

VRYMESSELARY: ANTICHRISTELIKE STROMING (6)

Lees reeks by Vrymesselary: anti-christelike stroming

Ds. FN van Niekerk

III. Hierdie houding van Vrymesselary getuig dan ook van die uiterste verwaandheid en vleeslike selfverheffing en selfvoldaanheid ... vervolg

Let op die woorde van die redakteur van The Masonic Journal – "die verligte Vrymesselaar"10 met sy  "verligte beginsels"11 (kursivering van my, FNvN) - en uit die woorde van sy slotbeskouinge, naamlik:

"Ons as Vrymesselaars glo dat ons verligte beginsels eendag sal seevier, ten spyte van die pogings wat al soveel jare lank aangewend word om ons te ondermyn. Ons glo dat dit die wil van God is dat die hele mensdom eendag sy Vaderskap sal erken, en, as logiese gevolg daarvan, dat die mensdom die beginsel van die broederskap van die mens nie alleen met die lippe sal bely nie, maar dit ook sal uitleef. Ons glo dat God self in sy wyse beraad besluit het wanneer daardie dag vir die wêreld sal aanbreek, en in ons harte bid ons:  O God, mag daardie dag gou kom! "

Uit hierdie woorde spreek 'n gesindheid van selfverheffing wat nie paslik is nie. Dit is misplaas en strook nie met die feite nie,  want dit het 'n karikatuurbeeld van die ware Christendom gemaak, en tweedens het dit van die Vrymesselary 'n aanloklike voorstelling gegee wat nie strook met die werklikheid nie. Ek verwys hier na talryke twiste van Vrymesselaarsordes teen mekaar, fel en bitsig soos enige kerkstryd ("Acients" teen "Moderns", "Great Orient" teen "Grand Lodge") - ek sal nie eers veel van die kleinlike vetes en twiste tussen losies in Suid-Afrika noem nie, waarvan daar bewys is vir elkeen wat die Masonic Journal of South Africa soms lees.

Daar is ook 'n neerhalende vergelyking in die genoemde artikel van die redakteur van die Masonic Journal tussen Vrymesselary en die Christelike kerke. Ek siteer sy eie woorde: "Dit is slegs nodig om te kyk na die leë banke in die meeste van ons kerke en andersyds op die lewenskragtigheid van die Vrymesselaarsbeweging. Aan die een kant 'n stagnasie en starheid wat ons as lede van die betrokke kerke met ontsteltenis vervul. Aan die ander kant lewenskragtigheid en besielende geesdriftigheid. Siedaar die verskil tussen die aanvallers en die aangevallene."

Ons antwoord daarop: (a) Die leë kerkbanke is gedeeltelik direk te wyte aan die stelselmatige ondermyning van die liefde tot die dogmas en konfessies van derduisende Afrikaner-Vrymesselaars-lidmate van ons kerke wat in losies sit wat so "verlig" is dat hulle bo alle dogma verhewe is (d.w.s. volgens hulle inbeelding). Dit is 'n stelselmatige ondermyning van die belydenis en dus van die kerke. Ons as kerk treur oor die vervalle mure van Sion en bely dit as skuld van ons lidmate voor God. Want die kerk is die lidmate. Elke Vrymesselaarslidmaat wat dus nie gereeld twee keer Sondae in die kerk is nie (waar omstandighede dit toelaat), is net so skuldig aan hierdie toestand van verval as die gewone lidmaat - ja, hy is nog skuldiger, want die stelsel waaraan hy behoort, staan skepties en vyandig teenoor die "dogma" van die kerk en soek na 'n "verligte godsdiens" wat die vleeslike hart bekoor en aangenaam is voor God en die mense (om Lessing se fabel in gedagte te hou).

(b) Dit is beslis onwaar dat dinge so rooskleurig by die Vrymesse­lary is. Wie die Vrymesselaarstydskrifte lees (om nie verder te gaan as The Masonic Journal of South Africa nie), weet van beter. Gesien die feit dat losies maar een keer per maand vergader in vergelyking met die feit dat daar twee eredienste per Sondag in ons kerke is, is die belangstelling in Vrymesselaarsvergaderings, volgens die Masonic Journal, ontstellend swak. Ek wonder hoe hulle bywoning sou gewees het na tien jaar as hulle twee losievergaderings per Sondag gehou het? Ek wil profeteer Vrymesselary sou homself dan vernietig het omdat hy geen boodskap vir die soekende sondaarshart het nie.

Om te bewys dat dit met toestande in die Vrymesselaarslosies net so treurig gesteld is as in die kerke, net 'n paar aanhalings uit The Masonic Journal of South Africa, twee uit inleidingsartikels van (veronderstel ek) dieselfde redakteur wat nou so selfvoldaan en veroordelend van die "swak kerkbywoning" praat:

(i) "It was with a great deal of interest I read the excellent article written by our Deputy Grand Master . . . entitled 'The Apathy and Indifference of many Master Masons Today' . . . There are times when I am not to sure that we are proud of Freemasonry as we ought to be ... We are content to live on the fringe of the Order, we hug the shallows..."

(ii) In die Masonic Journal of South Africa van Aug. 1955 skryf die hoofredakteur in 'n inleidingsartikel soos volg: Sy observasies oor 'n periode van twaalf maande het hom Iaat besluit "we are making Freemasonry cheap". Daar is onrus onder die leiers van die "Craft" soos bewys uit die Jaarlikse Mededelinge van die "District Grand Lodge of the English Constitution held on the 14th May where . . . D.D.G.M. in charge, referred with concern, to the alarming number of members who do not pay sufficient attention to their duties and dues. He requested Masters and Secretaries to give this matter their attention and to try and reduce the growing waste and the increasing numbers heading that way.

"V. Wor. Bra. . . . D.P.G.M. (Great East Netherlands) was outspoken at the last Quarterly Communications and did not mince his words when he spoke pointedly of matters requiring attention.

"At a consecration meeting Rt. Worsh. Bro. . . . I.P.D.G.M. (Scottish Constitution) referred to a feeling of complacency and self satisfaction among us." Hy kla oor die gebrek aan eras, die gebrek aan studie, die gebrek aan kennis van die wysbegeerte, en se dis die oorsaak van "the terrific and deplorable waste" onder Vry­messelary. Dan weer:

"A certain Lodge consecrated in 1905 celebrated its fiftieth anniversary a few months ago. Statistics show that during this period there were one hundred and forty five initiations and one hundred and forty one resignations and expulsions.

"This is not an exception. It is an example of a general trend."

Hier kla "Grandmaster" van die Engelse, Nederlandse en Skotse Konstitusies dus oor verval, verstarring, geestelike insinking, laksheid, indifferentisme. Maar as daar vergelykings tussen die Vrymesselary en die kerke getref word deur die Vrymesselaarsredakteur, dan hoor ons: "Aan die een kant 'n stagnasie en starheid wat ons as lede van die betrokke kerke met ontsteltenis vervul. Aan die ander kant lewenskragtigheid en besielende geesdriftigheid. Siedaar die verskil tussen die aanvallers en aangevallene."

Dit wys maar net hoe min 'n mens kan vertrou op Vrymesselaars-uitlatings wanneer dit die buitewereld aangaan.

Drankmisbruik ... vervolg

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2668 gaste aanlyn