NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Christene is mense wat van die naglewe van sonde oorgegaan het na 'n lewe van lig in die HERE. Maar nou moet hulle ook lewe soos mense van die lig – dit bring mee om elke ding in jou lewe te ondersoek, of dit reg voor God is, of nie.

VRYMESSELARY: ANTICHRISTELIKE STROMING (8)

Lees reeks by Vrymesselary: anti-christelike stroming

Ds. FN van Niekerk

DIE ESSENERS EN DIE GNOSTISISME

Al meer opvallend word ook die feit dat die geheime beweging met sy geheime leer gemik was teen die Christendom. Onder voorwendel van 'n soort "verligte godsdiens", so hoog en edel dat slegs sekere "ingewydes" daarin toegelaat is, ondermyn die geheime be­weging van nou af aan al meer die sedes en die tradisionele Christelike beginsels. Ons let eers op twee van hulle:

I. Die geheime beweging van die Esseners

Die Esseners het teen ongeveer 150 v.C. ontstaan,1 en hulle was een van die bekende sektes gedurende Jesus se omwandeling op aarde. Ons vind by hulle inwerkinge van Kabbalistiese,3 Griekse4 en Persiese5 misterieë. Hulle stem ooreen met die Vrymesselary in die volgende opsigte:

  1. Hulle geheimhouding;
  2. Hulle drie grade, naamlik van (a) "Approacher" (iemand wat nader kom), (b) "Associate" ('n metgesel), en (c) "Dissiiple or Companion" (dissipel of maat).6 Hierdie drie grade is dan weer in vier onderafdelings verdeel. Vroue is nie in hulle orde toegelaat nie.7
    Die Esseners het 'n afgesonderde lewe as 'n vrome groepie gevoer.

Ook die Vakgrade en die Grootlosie van Suid-Afrika het drie grade.
Die Vrymesselaars laat ook nie vroue tot hulle losies toe nie.

Die Esseners was 'n vreedsame sekte van wêreldontvlugtelinge. Die subtiele gevaar van hulle leer bestaan daarin dat verkondig word dat Jesus self ook 'n Essener was. Hy was dan wel 'n groot Hervormer en 'n man wat op magiese wyse mense kon gesond maak, maar Hy was nie die Seun van God wat wonders kon doen nie. En met laasgenoemde staan en val die Christendom tog immers!

Ander kenmerke was hulle sonaanbidding (die son as simbool speel ook 'n besondere rol by die Vrymesselary) en die verskriklike ede wat hulle moes sweer om die geheime van die orde te hou. (By die Vrymesselary word ook verskriklike en walglike strafbedreiginge opgelê indien die onetiese eed wat hulle hul lede laat sweer, verbreekword.)8

Laat ons egter aandag gee aan 'n ander geheime beweging wat nie so vreedsaam was nie en openliker antichristelik in sy inhoud en optrede was.

II. Die Gnostisisme

Terwyl Schaff-Herzog die Gnostisisme wil sien as 'n vermenging van heidense en Christelike elemente met die doel om die Christelike beginsels te verbrei9 is baie ander bronne dit beslis eens dat ons dit nie hier te doen het met 'n skewe ontwikkeling van die Christen­dom nie, maar met naakte heidense sinkretisme wat by 'n heidense stelsel so 'n paar oppervlakkig-Christelike trekkies bygevoeg het.10 Ander wys op die beslis antichristelike karakter van die Gnostisis­me en op sy sede-ondermynende Ieerstellinge en praktyke.11

Laat ons die Gnostisisme 'n bietjie nader beskou en wel in sy oorsprong, sy inhoud en sy invloed op die Vrymesselary.

(1) Oorsprong van die Gnostisisme

Navorsers is dit daaroor eens dat die Joodse Kabbalis en towernaar Simon Machus,12 of Simon die Towenaar soos die Skrif horn noem die oorspronklike stigter van hierdie beweging was.

Om 'n juiste verdelingsbasis vir die Gnostisisme te vind, is baie moeilik.14 Dit was 'n bandelose sekte wat ook bandeloos ontwikkel het. Talryke skrywers en rigtings het onder hulle ontwikkel. Onder die skrywers kan ons noem Simon Machus, Menander, Cerinthus, Valentinus, Basilides en Marcion;15 onder die rigtings kan ons noem die Judaistiese, die Ebionitiese en die Anti-noraistiese. Tot laasgenoemde rigting het weer behoort die Nicolaiete (waarteen die Bybel waarsku), die Simoniane, die Karpokratiane (gnostieke kommuniste) en die Prodikliane (Adamiete),™

(2) Die leerstellinge van die Gnostisisme

Om 'n volledige uiteensetting van hulle leerstellinge te gee, lê buite die bestek van hierdie werk. Daarvoor moet ander outeurs maar geraadpleeg word.17 Ons stel in hulle alleen belang as 'n antichristelike geheime beweging wat onder die dekmantel van ware gnosis (kennis, verligting) die mens gelei het tot verderflike dwaalleer en verrotte sedes.

In hierdie verband het hulle die volgende geleer. Die siel kan verenig word met God, maar alleen deur inkarnasies, misterie, engele, ensovoorts. Sommige van hulle het nog verder gegaan en, volgens Eliphas Levi, het hulle in hul leerstellinge opgeneem die lasterlike en ontheiligende elemente wat gedurende die Middeleeue en later die grondslag gevorm het van die Swart Towerkuns en die Satankultus. Die sonde is verheerlik deur byvoorbeeld die Ofiete of Slang-aanbidders, so genoem omdat hulle die slang aanbid het omdat hy in die Paradys teen God in opstand gekom het. Alle wette is verwerp as menslike instellinge en bandeloosheid het hulle plek ingeneem. Grond, goedere en vroue is gemeenskaplik gedeel. Opstand teen alle godsdiens is geleer, asook teen alle sedes. Nie net het sinnelus hoogty gevier nie, maar onder hulle vind ons die eerste nudiste of naaklopers, genoem Adamiete, omdat hulle, soos Adam, sonder klere geloop het.18

Deur alle eeue was daar natuurlik sonde en uitspattighede, maar hier kry ons vir die eerste keer die sonde in 'n sisteem georganiseer met die doel om die Christelike beginsels te vernietig, en dit alles onder die dekmantel van verligting en godsdiens wat die mens al­leen deelagtig kan word indien hy deel het aan hulle besondere gnosis, dit wil sê kennis en verligting. Daaraan kan hy alleen deel hê indien hy lid word van hulle geheime beweging.

Matter, 'n skrywer met 'n deeglike kennis van die Gnostisisme, beweer met stelligheid dat hulle onder die geheime bewegings geklassifiseer kan word omdat hulle die volgende kenmerke vertoon:

(a)      Die Gnostici het beweer dat hulle deur die oorlewering in besit was van 'n geheime leer wat nie in die geskrifte van die Apostels in die Nuwe Testament) voorkom nie.

  1. Hulle het hierdie geheime leer nie aan enigeen meegedeel nie.
  2. Waar dit aan "ingewydes" meegedeel is, is dit gedoen deur tekens en simbole, soos die Diagram van die Ofiete toon.

  1. By hulle inisiasies het hulle die kandidaat die vuurproef van die Griekse misterieë laat deurloop en gebruik gemaak van genoemde ritusse, by name die ritus van Eleusis.19

III. Ooreenstemming tussen die Gnostisisme en die Vrymesselary

Die ooreenstemming tussen die twee spring dadelik in die oog.

(a) Sowel die Vrymesselary as die Gnostisisme leer dat hulle in besit is van 'n geheime leer wat verligting en kennis aan die mens sal bring. Daardie leer word nie aan almal meegedeel nie, maar alleen aan die wat aan 'n geheime beweging behoort. In die Vry­messelary word die kandidaat geblinddoek om sy onkunde en blindheid voor te stel. As hy dan Vrymesselaar word, knip hy sy oë in verblindende lig om voor te stel dat die Vrymesselary nou voortaan vir hom " die ware lig" in sy lewe gaan gee. Wat hierdie seremonie uit Christelike oogpunt so gevaarlik en bedenklik maak, is dat, ook wanneer die kandidaat 'n Christenmens is, hy geblinddoek word en dat daarmee te kenne gegee word dat hy in die duisternis lewe en dat hy by die Vrymesselary die ware lig, gnosis, dit is kennis en verligting sal vind. Die implikasie is voor-die-hand-Iiggend, naamIik dat die Vrymesselary beweer dat hy oor geheime kennis beskik waaroor die Bybel en die Christendom nie beskik nie en dat dit slegs aan ingewydes van hulle Orde meegedeel mag word. Daar is reeds meermale teen hierdie bedenklike, heidens-gnostiese element in die Vrymesselary gewaarsku.20 Dit is ons insiens 'n wesenskenmerk van die Vrymesselary, en 'n wesenlike gevaar vir die Christendom omdat die persoon wat nie meer glo dat die Bybel en Christus die enigste en hoogste openbaring van God is nie, hom nie meer 'n Christen mag noem nie.

Dat die Vrymesselary diep gaan drink het by die Gnostiese stroompie, word skoorvoetend deur Mackey, 'n Vrymesselaarsoutoriteit, erken. "It (Gnosticism) is, too, interesting to the student of Masonic antiquities because of its remote connection with that Order, some of whose symbols have been indirectly traced to Gnostic origin. The architects and the stone masons of the Middle Ages borrowed many of the principles of ornamentation, by which they decorated the ecclesiastical edifices which they constructed, from the abstruse symbols of the Gnostics. So too, we find Gnostic symbols in the Hermetic Philosophy and in the system of Rosicrucianism; and lastly, many of the symbols still used by the Freemasonry - such, for instance, as the triangle within a circle, the letter G and the pentacle of Solomon - have been traced to Gnostic source."21 (Op die invloed van Vakmesselaarsgildes en die Rosekruisers op die Vrymesselary wys ons later.)

Ook die humanistiese "verafgoding" van die mens as mens, so eie aan die Gnostisisme,22 is 'n wesenskenmerk van die Vrymesselary.Die mens kan, deur 'n goeie Vrymesselaar te wees en goed te doen, ingaan in "the Great Lodge Beyond". In hulle begrafnisformulier word nie die voorbehoud gemaak wat in die Christelike begrafnisformuliere en begrafnisredes gemaak word nie te wete dat net diegene wat in Christus glo, in Christus sal lewe en opstaan. Nee, skynbaar is die hele saak in orde, wat die hemel betref, as jy maar net 'n goeie Vrymesselaar was. Laat ons by die lees van hulle begrafnisformulier onthou dat die persoon wat hulle begrawe, net so goed 'n Moslem- of Boeddhistiese Vrymesselaar kan wees - ook hulle word dan getel onder diegene wat "righteous" is en sal op­staan. By die graf sê die Meester onder andere:

"The Great Creator having been pleased, in His infinite wisdom, to remove our worthy Brother from the cares and troubles of this transitory life, and thereby to weaken the ties by which we are united to the world, may we who survive him, anticipating our own approaching end, be more strongly cemented in the bonds of union and friendship, and during the short space which is allotted to us in our present existence, may we wisely and usefully employ our time in the interchange of kind and fraternal acts, and may we strive earnestly to promote the welfare and happiness of our Fellowmen.

"Unto the grave we have consigned the body of our deceased brother and friend, there to remain until the general resurrection, in the fullest confidence that both the body and the soul will then arise to partake of the joys which have been prepared for the righteous from the beginning of the world. And may Almighty God, in His infinite goodness, at the last grand tribunal, extend mercy towards him, and all of us, and crown our hope with everlasting bliss in the realms of boundless eternity! .. . Then the Brethren, LED by the Worshipful Master, pass round the grave and each Brother casts a sprig of acacia on the coffin."23 (Kyk ook ByJae A pp. 331-

333).

Die Vrymesselary styg nooit uit bokant 'n geheime, humanistiese godsdiens nie, juis omdat hy die uniekheid en eiesoortigheid van die Christendom as openbaringsgodsdiens op losse skroewe gaan ry het - en ook deurdat hy sy wortels in die Gnostisisme ingeslaan..

Wat die Gnostiese invloede betref, kan ons met verwysing na wat ons oor die Kabbalisme gesê het, met die samevattende woorde van Ragon afsluit: "The Cabbala is the key to the occult science; the Gnostics were born of the Cabbalists."24

Besware teen die Gnostisisme as 'n onskriftuurlike leer - vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2389 gaste aanlyn