NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die ses deurslaggewende faktore vir enige oorwinning is: visie; beplanning; 'n teiken, selfdissipline, groot verantwoordelikheid, en dan jy!

STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (17)

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL

Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)

Lees reeks by Studie van die Ou Testament

LES 3

DIE UITTOG

Ex 12:1-17, 43-51; 14:1-15, 21-27; 15:22-27; 16:1-16; 17

1.   Die pasga

Met elke plaag wat Egipte getref het, het die Israeliete ʼn magsdaad van God aanskou.  Dit het groot spanning met die Egiptenare veroorsaak.  Toe Moses aankondig dat God deur Egipte gaan trek en al die eersgeborenes sou ombring, het die Farao weereens nie geluister nie.  Israel sou weer oorgesien word, maar dié keer nie sonder ʼn sigbare geloofsdaad nie (Hebr.11:28).  Elke huisgesin moes ʼn lam slag en die bloed aan die kosyne smeer sodat die doodsengel die huis nie besoek nie.

Die Israeliete het dit gedoen en bly lewe.  Daarna is elke huishouding in Egipte getref waarna die Farao onvoorwaardelik bevel gegee het dat Israel moes trek.  Die Egiptenaars het uit vrees vir nog plae selfs by die Farao aangedring om die Israeliete weg te stuur.   Israel het van die geleentheid gebruik gemaak om klere asook goue- en silwerware van hul onderdrukkers te eis.  Die Egiptenare het alles gegee en ná die uittog ʼn sug van verligting geslaak (Ps.105:38).

Die Israeliete het in die rigting van die Skelfsee getrek.  God het die pad bedags met ʼn wolkkolom en snags met ʼn vuurkolom aangedui.  Die getal Israeliete was ongeveer 600,000 man te voet buiten die vroue en kinders.  ʼn Klompie Egiptenaars wat ontsag vir Israel se God gehad het, het ook saam met hulle getrek (Ex.9:20).   Israel het haastig dog nie holderstebolder uit Egipte vertrek nie.  Hulle was selfs gewapen (Ex.13:18) en het ook die gebeente van Josef saam met hul geneem (Jos.24:32).

Hierdie uittog is die allerbelangrikste gebeure in Israel se ganse geskiedenis.  Dit was die begin van hul vrye, selfstandige volksbestaan.  Die nag waarin die doodsengel by hulle verbygegaan het, sou voortaan as ʼn feesdag gevier word.   Die slag van ʼn lam moes jaarliks in dieselfde maand (Abib) feestelik gevier word en pasga genoem.  Dit beteken verbygaan of verskoon en dui op die gebeure van daardie nag.  Pasga het in ons volksmond paas geword - paasfees.  Ongesuurde brood is sewe dae lank ter herinnering aan die uittog genuttig (Deutr.16:3).   Paulus sien hierin ʼn beeld van die heiligmaking en noem Christus die ware Paaslam (1 Kor.5:7,8).

2.   Deur die Skelfsee

Israel het kort hierna deur die Skelfsee, ʼn deel van die Rooisee, getrek.  Skelfsee beteken rietsee.  In die NT word van die Rooisee gepraat (Hand.7:36; Hebr.11:29).  Ons weet nie presies waar dit was nie, veral nie ná die bou van die Suezkanaal wat groot grondverskuiwings veroorsaak het.  Geleerdes meen dat die deurtog moontlik in die omgewing van Eilat plaasgevind het.

Op ʼn stadium het die Egiptenare die Israeliete agternagesit en vasgekeer, waarna Israel deur ʼn wonderwerk van God op droë grond deur die see getrek en die Egiptenaars met die Farao inkluis, verdrink het.   Exodus vermeld nie die dood van die Farao nie, maar wel  Ps.136:15.  (Hierdie Farao was heelwaarskynlik Merenptah wie se mummie in die museum in Kairo besigtig kan word).  Israel het besef dat God op wonderbaarlike wyse in hulle lotsgevalle ingegryp het en saam met Moses ʼn jubellied tot sy eer gesing (Ex.15:1).   Koordanse is deur Miriam, die profetes, gelei.

3.   Op pad na Sinai

Ná die Skelfsee-gebeure het Israel suidwaarts in die rigting van Sinai beweeg.  Die Israeliete was aanvanklik oor voedselvoorsiening en daaglikse versorging besorg.  God het egter wonderlik onderneem en hulle telkens uitkoms gebied.   Hy het hulle vir 40 jaar lank soos ʼn Vader versorg.   Hulle klere en skoene het nie eens verslyt nie! (Deutr.29:5).

Hul eerste probleem was drinkwater.  Toe hulle na drie dae water kry, was dit bitter waarna Moses ʼn stuk hout in die water gegooi en dit drinkbaar geword het.  Toe die Israeliete voedselgebrek ervaar en in hul ongeloof na Egipte terugverlang het, het God hul ongeloof verdra en kwartels gestuur.  Nog wonderliker was die manna wat elke oggend in die laer geval het.  God het hierdie brood uit die hemel voorsien totdat die Israeliete in Kanaän aangekom het (Jos.5:12).  Dit was fyn en korrelrig soos ryp en smaaklik (Num.11:7).

Manna was geen natuurlike produk nie, maar hemelbrood uit God se hand (Ps.105:40).  Daar was altyd net genoeg vir een dag se gebruik.  Dit het nie tot die volgende dag vars gebly nie.  Net op die sesde dag.  Op die sewende dag het daar geen manna geval nie sodat die volk kon rus.  Gevolglik is daar op die sesde dag genoeg vir die volgende dag se behoeftes bymekaar gemaak.  Hier vind ons weer iets van die instelling in die tuin van Eden wat later in die Wet opgeneem sou word.

Toe die volk naby Horeb kom, was daar geen drinkwater nie en is Moses so ernstig verwyt, dat hy vir sy lewe gevrees het.  Hulle was heimlik van plan om hom te stenig!  Daarop het Moses ʼn rots geslaan waaruit water gevloei het.

Israel was gereeld in krisissituasies omdat God hulle kon leer om ten volle van Hom afhanklik te wees.  Dit was dan ook die rede vir die buitengewone lang woetyntog – Israel moes van God afhanklik raak soos ʼn kind van sy aardse vader (Deut.8:3).   Dit stem met Christus se eerste saligspreking ooreen (Mt.5:3)

Agter God se weldade in die woestyn, het Christus, die Engel van die Here, gestaan wat met Moses gespreek het..  Hy is immers die brood (Joh.6:35) asook die water van die lewe (Joh.7:37).   Paulus sluit in 1 Kor.10:1-4 hierby aan.

4.   Israel veg teen Amalek

Die Amalekiete was die eerste vyand op hul pad.  Hierdie volk het van Esau afgestam (Gen.36:12).  Hulle het die Israeliete as ʼn bedreiging vir hulle weivelde gesien en hulle die stryd aangesê.   Daarna het Moses die gevegsbevel aan Josua, ʼn bekende kryger uit die stam van Efraim, oorgedra.

Hy is aanvanklik Hosea genoem.  Moses het egter sy naam na Josua verander (Num.13:16).

Moses het besef dat sy volk niks van oorlogvoering af geweet het nie en dat ʼn taai stryd op hulle gewag het.   Met die staf wat God hom gegee het, het hy op die top van ʼn heuwel gaan sit en dit omhoog gehou.  Dan het Israel gewen.  As hy dit laat sak het, het hulle verloor.  Toe hy moeg word, het Aäron en Hur onder sy arms ingebuk sodat die staf opgehef gebly en Israel die oorwinning behaal het.  Volgens Joodse verhale was Hur Miriam se man en dus sy swaer.  God het Amalek gehaat omdat hulle oorlog teen Israel gemaak en God nie gevrees het nie (Deutr.25:17-19).  Selfs hul nagedagtenis moes uitgedelg word.

5.   Israel vier die oorwinning

Daarna het Moses ʼn altaar gebou en dit DIE HERE IS MY BANIER genoem.  Dit sou voortaan Israel se stryd- en godsdiensleuse wees.  Die berig van die oorwinning het destyds wyd versprei sodat Jetro, Sippora en haar twee seuns selfs vir Moses kom kuier het (Ex 18).  Jetro het iets wonderliks in die laer van die Israeliete bemerk – mense het Moses raad gevra.

Jetro het Moses aangeraai om bekwame manne aan te wys om hom met regspraak in klein sake te help.   Dit sou hom tyd gee om net groot sake te hanteer.   Hy was immers God se verteenwoordiger onder die volk.   Dit was baie goeie raad.   Daarna het Moses owerstes oor duisend, honderd, oor vyftig en oor tien aangestel.   Elkeen het ʼn eie gesagstruktuur gehad.  Dit was die begin van weldeurdagte regspraak.

NAGEDAGTE
Geleerdes bereken dat ongeveer 3,5 miljoen Israeliete (mans, kinders en vrouens) Egipte destyds verlaat het waarna God hulle  vir 40 jaar lank wonderbaarlik onderhou het.  Wat sou Moses alles benodig het indien hy dit nie in die geloof gedoen het nie?  ʼn Militêre strateeg het dit uitgewerk.  Moses sou 1500 ton voedsel per dag nodig gehad het.  Dis twee vol goedertreine van 1,6 km lank. En dit elke dag!

Daarbenewens sou hy 4000 ton brandhout per dag vir voedselvoorbereiding en minstens 20 miljoen liter water nodig gehad het.  En dit in ʼn gebied waar daar nie riviere of mere was nie.  En alles sou aangery moes word! 

As Israel dubbelgelid deur die Skelfsee moes loop, sou die tou 1280 km lank gewees het.  Dit sou hulle 35 dae en nagte geneem het om deur te loop.   Om in een nag deur die Skelfsee te kon trek, moes die opening minstens 5 km breed gewees het.  Elke keer as daar kamp opgeslaan is, sou die gebied ongeveer 1200 vk. km beslaan het.  Dis so groot soos Bloemfontein.  En hierdie voorsiening het 40 jaar (14,600 dae) geduur!

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2212 gaste aanlyn