NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons lewens hier op aarde is soos 'n dagboek voor ons Vader in die hemel. Elke dag word daar 'n datum en 'n bladsy vol inligting geskryf. En op die meeste van daardie bladsye is daar maar vieslike blertse – waar ons baie verkeerde dinge doen, mekaar beskinder, beleuen, besteel, versuim om belangrike dinge te doen en talle ander sondes pleeg. Genadiglik gee ons Vader vir ons saam met die boek ook 'n sterk uitveër wat ons kan gebruik om daardie lelike plekke uit te vee. En Hy verseker ons in sy Woord dat Hy nie eers weer dink aan daardie vuil kolle nie want as ons die uitveër gebruik, is alles weer skoon en netjies voor Hom.

STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (21)

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL

Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)

Lees reeks by Studie van die Ou Testament

LES 3

VAN KADES NA DIE OOS-JORDAANLAND

Num 20:14-29, 21:1-10, 22:1-12, 27:12-23; Deut. 34

1.   Boodskappers word na Edom gestuur

Num.20 lei ʼn nuwe era in die geskiedenis van Israel se woestyntog in.  By geleentheid het Moses boodskappers na die koning van Edom gestuur met die versoek om deur sy land te trek.  Moses het onderneem om nie deur die landbougebied trek nie, maar op die koningsweg te hou; ʼn pad wat van Akaba (by die Skelfsee) af deur Edom, Moab, Gilead en Basan tot by Sirië geloop het.  Dis deur die konings van Gen.14 gebruik en bestaan skynbaar tot vandag toe nog.  Toe die koning van Edom weier, het Israel ʼn ander rigting ingeslaan.  In daardie tyd is Aäron op die berg Hor oorlede nadat sy seun Eleasar as sy opvolger aangewys is.  Aäron was 123 jaar oud en het dus nie die beloofde land gesien nie.  Ook nie Moses nie.  En Miriam was toe alreeds oorlede.

2.   Die koning van Arad

Toe Israel die ompad gevolg het, is hulle deur die koning van Arad aangeval.  Israel het ʼn gelofte aan die Here gedoen en beloof om die vyand met die banvloek te tref as God hulle die oorwinning sou gee.  Israel was bewus dat hulle die volk van God was en dat hulle saak ook sy saak was.  Die banvloek het beteken dat geen buit of verowering tot eie voordeel gemaak mag word nie.  Alles sou deur algehele vernietiging aan God gewy word.  God het hulle die oorwinning by Horma gegee.

3.   Die koperslang

Die ompad het die volk so ongeduldig gemaak dat hulle weereens na Egipte terugverlang het.  Hulle het die manna waarmee God hulle elke dag genadiglik gevoed het selfs ellendige kos genoem!     Dit moes van die ou geslag gewees het wat Egipte kon onthou.  Hulle sou egter almal in die woestyn sterf.

God het hulle gestraf deur giftige slange onder hulle in te stuur wat hulle gepik en talle laat sterf het.  Daardie omgewing was berug vir slange; die aartsvyand van die mens (Gen.3:15).  God kon Israel òf van gevare bewaar òf daaraan blootstel (Deutr.7:15).  Die NT verwys ook hierna (1 Kor.10:9).

Die lewensgevaar waarin Israel verkeer het, het berou gebring waarna God die slange op Moses se gebed weggeneem het.  Sy gebed is op ʼn interessante wyse verhoor.  Moses moes ʼn slang van koper maak en op ʼn paal sit.   Die simboliek daarvan was dat die slang magteloos was.  Elkeen wat gepik is en daarna gekyk het, sou lewe.   Dit moes egter in geloofsgehoorsaamheid wees.

Die verhoogde, magtelose slang was in werklikheid ʼn oorwinningsbanier van Israel in sy stryd teen die eintlike slang (Satan).   Soos wat die slang verhoog is, sou Jesus ook later vir die mensdom se geestelike genesing aan ʼn kruis verhoog word (Joh.3:14,15) nadat Hy in hulle plek tot sonde gemaak is (2 Kor.5:21).

4.  Bileam

Toe Israel kort daarna in oorlog met die Amoriete beland het, het God hulle die oorwinning gegee waarna die Israeliete die vyandelike stede met die banvloek getref het.   Daarna is Israel vanuit ʼn ander oord bedreig nl. dié van die wêreld van bose geeste.  Balak, die koning van Moab, het sy buurvolk, die Mideaniete, om hulp gevra waarna hulle Bileam spesiaal uit Babilon laat haal het om Israel te vervloek.  Hy was ʼn towenaar wat oor duiwelsmagte beskik het.  So ʼn vloek is destyds as baie gevaarlik beskou.   Toe Bileam Israel wou vervloek, het God hom verhinder en Israel eerder geseën.

5.   Josua word as opvolger van Moses aangewys

Israel was byna in Kanaän en Moses se heengaan naby.  God het sy aangrypende smeekgebed om tog net die Jordaan te kon oorsteek nie verhoor nie (Deut.3:23-29).   Daarna het God Moses aangesê om ʼn bergtop in Abarimgebergte te bestyg.  Dit het op die beloofde land uitgekyk.  Daar het God die rede waarom hy moes sterf voordat Israel die beloofde land kon binnetrek, herhaal en het Moses hom opnuut aan God se wil onderwerp.  Hy was egter oor Israel se toekoms besorg.  Wie sou hom opvolg en die Israeliete Kanaän binnelei?   God het Josua (Deut.3:21) aangewys, die dapper man wat Amalek 40 jaar tevore verslaan het (Deut.3:21).

Tydens die handoplegging het Moses sy heerlikheid en majesteit op Josua gelê.  Dis met handoplegging voor die priester Eleasar en die hele volk gedoen.  Josua se leierskap sou ingrypend van  Moses s’n verskil.  Moses het sy opdragte direk van God verkry.   Josua sou syne van ʼn priester verkry wat God namens hom geraadpleeg het. 

6.   Moses sterf

Kort voor sy dood het Moses op bevel van God ʼn aangrypende lied geskryf.  Dit het van Israel se afvalligheid en ontrou teenoor God vertel en is die Lied van Moses genoem (Deut.32:1-43).   Johannes het hierdie selfde lied by die see van glas gehoor (Opg.15:2,3).

Daarna het Moses op die berg Nebo geklim waar God hom die hele beloofde land laat sien het.  God het sy blik versterk sodat hy meer as net die vae omtrekke kon sien.  Daarna is hy oorlede en het God hom begrawe.  Hy was 120 jaar oud en op daardie stadium nog betreklik vol lewenskrag.  Israel het 30 dae lank oor hom gerou.   Daar sou nooit weer ʼn profeet soos Moses in Israel wees nie.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2379 gaste aanlyn