NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Net ‘n huigelaar bid vir ‘n lang lewe maar vrees die ouderdom. Moenie sê: “Nou is ek oud” nie.  Sê liewer: “Ek het ‘n lewe wat nooit gaan ophou nie”.

STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (23)

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL

Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)

Lees reeks by Studie van die Ou Testament

LES 2

DIE ONDERWERPING VAN KANAäN

Jos 6:1-20; 7:1-17,25-26; 8:1-3; 26-29; 9:1-15; 10:1-4; 12-16; 22-26

1.   Jerigo val

Jerigo was die eerste stad wat voor Israel geval het en ʼn banoffer aan God.   Die banoffer het daarin bestaan dat alles wat geleef het, mens en dier, gedood moes word.  Al die goud, silwer, koper en ystervoorwerpe moes vir die skathuis van die Here bymekaar gemaak word.  Hieruit is mettertyd godsdienstige gebruiksartikels gemaak.

Die Israeliete het ses dae lank eenmaal per dag om die stad getrek en op die ramshorings geblaas.  Op die sewende dag het Josua hulle sewe maal om Jerigo laat omtrek en daarna beveel om te skreeu waarna die mure ingeval en die stad verower is.  Alle teenstand was tevergeefs (Jos.24:11).

Jerigo is ʼn baie ou stad.  Die oorblyfsels van die ou stad kan vandag nog by die ruïneheuwel (ʼn tel genoem) langs die nuwe stad gesien word.   Dit lê in ʼn oase in die Jordaandal en is meer as 250 meter onder seevlak.  Die ruïneheuwel is 20 meter hoog en is in werklikheid ʼn opeenstapeling van meer as 20 lae.  Die eerste inwoners het in nabygeleë grotte gewoon en eers heelwat later huise en ander strukture begin bou.

Ou landbougereedskap wat tydens argeologiese opgrawings daar gevind is, toon dat landbou van vroegs af in hierdie gebied beoefen is.   Toe Josua die stad ingeneem het, was dit alreeds baie eeue oud.  Tydens die inname is Ragab en haar familie gespaar.  Josua het die volk laat sweer om Jerigo nooit weer op te bou nie.  Die een wat dit sou waag, sou vervloek wees.  Kyk wat met Hiël van Bet-el gebeur het (1 Kon.16:34)!

2.   Ai val

Ai was ʼn stad oos van Bet-el.  Abraham het by geleentheid in die omgewing van hierdie stad gekamp (Gen.12:8).  Josua se verspieders het laat weet dat Ai maar min inwoners gehad het (12,000) en dat ʼn handjievol soldate genoeg vir ʼn oorwinning sou wees.  Hulle het hulle egter lelik misgis en die aftog met ʼn lewensverlies van 36 man geblaas!

Hierdie onverwagse verloop van omstandighede het Josua na God gedryf wat aan hom die rede vir hul skandelike nederlaag verstrek het.  Iemand het van die bangoed vir homself geneem.  Daarna is Agan as die oortreder aangewys waarna hy en sy familie doodgemaak is.  Kort hierna is Ai vir ʼn tweede keer bestorm en verwoes.   Daarna het Josua uit dankbaarheid ʼn altaar op die berg Ebal gebou en die wet van God as ʼn hernuwing van die verbondsverhouding op die klippe laat skryf.

3.   Die geslepe Gibeoniete

Gibeon was ʼn groot stad en deur Hewiete bewoon.  Hulle was bang vir Israel.  Die Hewiete het nie ʼn koning gehad nie, maar is deur ʼn regering van oudstes regeer.  Hulle het ʼn gesantskap na Josua gestuur en hulle as mense voorgedoen wat van baie ver gekom het  Hulle het selfs verslete klere aangehad.  Die gesantskap was goed op hoogte van sake en het teenoor Josua van die groot dade van God gepraat wat in Egipte plaasgevind het asook die nederlaag van Og en Sihon.  Hulle het egter niks van die verwoesting van Jerigo of Ai gesê nie.

Josua het God nie vooraf geraadpleeg nie en in die strik getrap deur ʼn vredesverbond met hulle te sluit.  Toe hierdie bedrog aan die lig kom, moes Josua sy eed gestand doen.  Hy het van hulle houtkappers en waterputters (arbeiders) vir die huis van God gemaak.  Saul het hierdie eed later geskend en baie van die Gibeoniete doodgemaak (2 Sam.21:1).

4.   Die onderwerping van Suid-Kanaän

Die geslepenheid van die Gibeoniete het die planne van die ander stede in Suid-Kanaän in die wiele gery.  Hulle was baie vies vir die Gibeoniete en het onderling verdeeld geraak in ʼn tyd toe Israel hulle grootste vyand was.   Adoni-Sedek, die koning van Jerusalem, het egter onderlinge skakeling probeer bewerkstellig.   Dis die eerste keer dat hierdie stadnaam in die Bybel voorkom.   In Gen.14 is dit Salem genoem.   Melgisedek was die koning (:18).  In die tyd van Josua was dit ʼn heiden stad met Adoni-Sedek as koning.  Hy was baie anders as Melgisedek.  God het Jerusalem egter vir Hom as aardse setel gekies (1 Kon.11:32; Sag.3:2; Ps.135:21).

Toe Adoni-Sedek en vyf van sy bondgenote teen Gibeon saamgespan het, het die Gibeoniete Josua om hulp gevra.   Hy was verplig om hulle te help en het die Amoriete verslaan nadat God hom tegemoet gekom en die son laat stilstaan het om die dag langer te maak.   God het Hom opnuut aan Israel as die Here van die heelal betoon (Job.9:5-8).

Iets soortgelyks sou ook met die godvresende koning Hiskia gebeur (2 Kon.20:9-11).  Jos.10:13 maak van die Boek van die Opregte melding.  Dit was heelwaarskynlik ʼn baie ou liedboek wat oor die groot gebeurtenisse in Israel gehandel het (2 Sam.1:18).  Nadat die Amoritiese konings gevlug en kort daarna gevang is, is hulle almal doodgemaak.   Daarna het Josua verskeie ander stede ingeneem en dit met die banvloek laat tref, waarna Israel na die laer in Gilgal terug gekeer het.

5.   Die onderwerping van Noord-Kanaän

Hasor was ʼn groot stad in die noorde.  Die omliggende gebied was uiters geskik vir ʼn leërkamp.  Die Hiksos (vreemdelingsbewind in Egipte) was heelwaarskynlik die eerste mense wat daar ʼn kamp gehad het.  Later het een van die Makabeërvorste hierdie gebied as sy leërbasis gebruik.

In die tyd van Josua was Hasor die setel van ʼn klompie kleiner omliggende koninkryke met Jabin as koning.  Hy het al die konings van die omliggende gebiede in ʼn bondgenootskap saamgesnoer ten einde Israel teen te staan.   Josua het hulle egter oorval en die konings omgebring waarna hy die stad laat verbrand het.  Alhoewel die inwoners gedood en hul vee as buit geneem is, is die ander vyandige stede nie verwoes nie.   Josua se sterk optrede het Noord-Kanaän se mag gebreek.

6.   Die gevolg van Josua se verowerings

Die stryd in Noord-Kanaän het betreklik lank geduur.   Die refrein: “So het Josua dan hierdie hele land ingeneem…” vertel iets hiervan.  Dat God so te werk gegaan het, klink miskien ongenaakbaar.  Hy het dit egter om twee goeie redes gedoen:   Eerstens sy belofte aan die aartsvaders en tweedens sy wraak op die heidendom.  God het nog van die nasies laat oorbly om Israel later mee te straf (Rigt.2:20-23).  Die volksvyand sou menigmaal ʼn tugroede in God se hand wees!

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2535 gaste aanlyn