NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Op die lughawe van Bangkok staan daar in groot letters geskryf: “Welkom in Thailand, die land waar elke mens ‘n glimlag dra!” Dis wat ‘n gelukkige mens moet doen – ‘n glimlag dra.  Sonder ‘n glimlag is jy nooit volledig geklee nie.

STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (28)

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL

Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)

Lees reeks by Studie van die Ou Testament

LES 4

SIMSON

Rigt 13-16

1.  Simson word gebore

Soos Jefta sy volk van Ammon verlos het, het Simson die Israeliete van die Filistyne verlos.  Jefta en Simson was tydgenote en het aan weerskante van die Jordaan gewoon.  Jefta was in die Oosland en Simson in die Wes-Jordaanland.  Wat Simson se optrede so uitsonderlik maak, is dat hy nie deur volksgenote gehelp is nie.  God het hom met uitsonderlike liggaamskrag toegerus om man alleen die vyand die loef af te steek.  Simson was egter ʼn man wie se lewe deur lig en donker, krag en swakheid, goddelike roepingsbewustheid en vleeslike optredes gekenmerk is.

ʼn Engel het sy moeder meegedeel dat sy ʼn besonderse seun in die wêreld sou bring.    Dit was die tweede keer dat so ʼn iets gebeur het.  ʼn Engel het ook Isak se koms aangekondig.  Met die geboorte van Isak het God sy volk begin vorm.  Met Simson se geboorte het Hy hul begin verlos.   Simson moes ʼn nasireër wees; iemand wat op vir God afgesonder is.

Toe Manoag van die verskyning verneem, het hy God versoek om die engel weer te stuur.  Dit het gebeur waar Manoag teenwoordig was.   Toe Simson gebore is, het sy moeder hom Simson genoem.   Dis ʼn Hebreeuse woord wat met die son verband hou.  Miskien het sy aan Debora se woorde in Rigt.5:31 gedink.

2.   Simson trou

Simson het in ʼn dorpie naby die Filistynse grens grootgeword en van jongs af in die gevegskuns belang gestel.   Alhoewel die Filistyne oor Israel geheers het, was die situasie geensins gespanne nie.   Die Israeliete het selfs vrye toegang tot die Filistynse stede gehad.  So het dit dan gebeur dat Simson op ʼn Filistynse meisie verlief geraak het.  Israel se onderworpenheid aan ʼn heidenvolk het Simson egter gehinder en het hy met hulle begin skoor soek.   Toe sy ouers van sy voorneme hoor om met die vreemde meisie te trou, was hulle sielsongelukkig.  God het verbastering nie goedgekeur nie (Ex.34:15,16).  God het egter ʼn plan met hierdie volksvreemde huwelik gehad.

Op een van sy reise na Timna het Simson ʼn leeu doodgemaak.  Dit was sy eerste bonatuurlike kragvertoon.  Hy was deeglik van sy goddelike roeping bewus.  Sy lang hare moes iets daarvan verraai het.  God het die voorval met die leeu egter gebruik om hom te laat besef dat hy iemand besonders was.   Hy was heilig en derhalwe vir God afgesonder.   Hy moes egter die geheim van sy krag en roeping bewaar.  Toe hy later van tyd by die verdroogde karkas van die leeu verbygaan, het hy heuning daarin gevind en daarvan saamgeneem.

Ná die huwelik het Simson ʼn ete voorgesit en die gebruiklike raaisel opgegee.  Dit was destyds die gebruik en baie gewild.  Wenners het ʼn prys gekry en verloorders is beboet.   Simson se raaisel was eintlik ʼn stelling.  Die gaste moes sê waarop dit betrekking gehad het.   Simson was daarop uit om die Filistyne in ʼn minderwaardige lig te stel.

Na baie kopkrap het hulle die bruid geïntimideer.   Sy het absoluut niks van Simson se wedervaring met die leeu geweet nie.   Sy moes vir hulle die antwoord kry, anders sou hulle haar pa se huis afbrand!   Daarom het sy by hom vir die oplossing begin aandring.  Vrees het haar liefde oorheers waarna Simson voor vrouetrane geswig het.   Nadat die gaste die uitleg gegee het, het Simson besef dat hulle dit nie self ontrafel het nie.  Hy het die boete betaal deur 30 Filistyne dood te slaan en hulle klere aan die wenners te gee.   Dit was sy eerste onderonsie met die Filistyne.

Alhoewel Simson ontstoke daar weg is, het hy gemeen dat hy ten minste sy vrou behou het.  Sy skoonpa het anders gedink en haar aan sy strooijonker as vrou gegee.  Daarna het Simson hulle oes aan die brand gesteek.   Die Filistyne het weerwraak geneem en die huis van sy gewese vrou met al haar mense daarin aan die brand te steek.  Daarna het Simson weer ʼn klomp Filistyne laat doodmaak.  Dit was ʼn hele kettingreaksie van wraak en weerwraak!

3.   Die slag by Legi en Roepersfontein

Toe Simson die vyand wou uitlos, het hulle na hom kom soek waarna die vonke weer gespat het.  Nadat Juda vir Simson van skoorsoekery verwyt het, het Simson hom vrywillig laat bind waarna Juda hom aan die Filistyne uitgelewer en vrede verwag het.   Simson het egter die toue gebreek en m.b.v. ʼn eselskakebeen (legi) ʼn duisend Filistyne doodgeslaan.  Daarna is die plek Legi genoem.

By geleentheid was Simson so dors dat hy wou sterf.   Toe hy God aanroep, het hy gesê dat hy sy kneg is en Hom gevra of hy van dors moes omkom en so in die hande van heidene val?  Die gedagte van selfbehoud was aan sy roepingsbesef verbonde.   Daarna het God water uit die grond laat kom waarna die plek Roepersfontein genoem is.   Simson het daar na God geroep.

4.   Simson en Delila

Simson kon Filistynse meisies nie weerstaan nie en het selfs onverantwoordelike dinge aangevang om hulle met sy krag te beïndruk.  Hy het een nag selfs die stadspoort van Gasa verwoes en dit bo op ʼn berg neergesit!  Sy ontmoeting met ʼn sekere Delila het egter ʼn nuwe episode in sy stryd teen die Filistyne ingelei.  Almal wou weet waar hy aan sy buitengewone liggaamskrag gekom het.

Delila is omgekoop om dit vas te stel.   Simson het aanvanklik nie sy geheim nie verklap nie, maar hom telkens losgeruk as die Filistyne hom vasgebind het.  Na baie geneul het hy sy geheim aan haar verklap.   Toe sy hare afgeskeer is, het die Gees van God van hom gewyk en het hy swak geword. Daarna is sy oë uitgesteek en moes hy slawearbeid in die tronk verrig.

5.   Simson sterf jonk

Die Filistyne was oortuig dat hul afgod Dagon Simson aan hulle uitgelewer het.   Daarom het hulle ʼn groot fees tot sy eer gereël.   Dagon is teen God afgespeel, iets wat God nie geduld het nie.  Intussen het Simson se hare weer gegroei en is hy vir die fees na ʼn tempel gebring om die feesgangers te vermaak.   Daar het hy ʼn versoek tot God gerig om hom vir oulaas genadig te wees en die heidene op hulle plek te sit.  Simson het sy arms om die tempelpilare geslaan en die hele gebou omgetrek sodat hy saam het duisende heidene omgekom het.   Hy het op daardie dag meer vyande gedood as tydens sy ganse lewe as rigter.  Simson het nie aan sy goddelike roeping en heilige lewensverwagting voldoen nie en in skande gesterf.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2462 gaste aanlyn