NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As iemand wat jou te na gekom het en jou vergifnis vra sê die Woord jy moet hom vergewe:
"Pasop vir julleself. En as jou broeder teen jou sondig, bestraf hom; en as hy berou kry, vergewe hom. En as hy sewe maal op 'n dag teen jou sondig en sewe maal op dag na jou terugkom en sê: Ek het berou – moet jy hom vergewe."
– Lukas 17:3,4 
En as hy nie vergifnis vra of berou toon nie?...

STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (38)

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL

Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)

Lees reeks by Studie van die Ou Testament

LES 9

BATSEBA

2 Sam 11; 12:1-25; 13

1.   Dawid bly in Jerusalem

Alhoewel Dawid ʼn man van God was, was daar ook donker tye in sy lewe.  By geleentheid was daar oorlog, maar Dawid het nie soos gebruiklik saamgegaan nie.   Ná  ʼn middagslaap het hy op die paleis se dak koelte gaan soek en vandaar ʼn jongvrou gewaar wat in die nabye omgewing besig was om te bad.   Dat sy nie op ʼn meer afgesonderde plek gebad het nie, wys heelwaarskynlik daarop dat sy nie oor preutsheid gepla was nie.   Sy was mooi en jonk en die dogter van Eliam, een van Dawid se dapperste helde.   Haar oupa, Agitofel, was ook een van Dawid se raadsmanne.

Batseba was in ʼn lewenslustige stemming en besig om haar van haar maandstonde te reinig.  Haar man, Uria, was ʼn soldaat en op die oorlogsfront.  Hy was ʼn Hetiet en baie dapper.  Hierdie inligting moes Dawid van enige verdere optrede weerhou het.  In die Ooste kon ʼn man soveel vroue hê as wat hy wou.  Hy mag net nie ʼn ander man se vrou vir hom geneem het nie.

In ʼn opwelling van wellus het Dawid van alles wat ontoelaatbaar was vergeet en Batseba laat haal.  Die res is geskiedenis!  Sy het van Dawid swanger geraak en hom dienooreenkomstig ingelig.   Dawid was in die knyp.  Hy het geweet wat die wet van God gesê het (Lev.20:10; Deutr.22:22)!

Dawid het ʼn duiwelse plan bedink en Uria laat terugkeer.  Hy het gehoop dat hy by sy vrou sou slaap.  Uria was egter meer oor die oorlog as sy vrou begaan en het nie eens huis toe gegaan nie.  Daarna het Dawid noodgedwonge op moord besluit.  Hy sou die man laat doodmaak en sy vrou neem (Gen.12:12).  Daarom het hy Uria op so ʼn gevaarlike plek in die geveg laat plaas, dat hy moes sneuwel.   Dooie mense vra mos nie lastige vrae nie!

Batseba het nie van Dawid se plan geweet nie en ná Uria se dood oor hom gerouklaag.  Daarna het Dawid haar laat haal en as vrou geneem.  Sy het ʼn paar maande later ʼn seun gebaar.  Dawid het ʼn groot sug van verligting geslaak.  Alles het goed uitgewerk soos wat hy beplan het en kon die lewe sy normale gang gaan.   God het egter ʼn appeltjie met Dawid te skil gehad!

2.   Natan

Dawid het aan die laaste gevegte gaan deelneem en ʼn klinkende oorwinning oor Rabba behaal.   Ná sy terugkeer, het God die profeet  Natan na die paleis gestuur.   Dawid het geen onraad vermoed nie.  Natan het ʼn hartseer verhaal vertel van ʼn ryk man wat baie vee gehad het.  Daar was ook ʼn arm man met net een skaapooitjie wat soos ʼn troeteldier in sy huis was.  Toe die ryk man by geleentheid besoekers kry, het hy sy eie kudde ontsien en die arm man se ooilam geslag om vir sy besoekers voor te sit.

Toe Dawid dit hoor, was hy woedend en die doodstraf oor die ryke uitgespreek omdat hy geen ontferming gehad het nie.  Daarbenewens moes hy ook dit wat hy geneem het viervoudig aan die arm man teruggee (Ex.22:1).   Dis toe dat Natan vir hom sê: “U is die man!”  Daarna het die profeet die oordeel van God oor Dawid aangekondig en hom op al sy voordele uit die hand van God gewys.  Dawid was in werklikheid ondankbaar.    Die oordeel van God sou nie uit sy huis wyk nie.  Dit wat hy in die donker gedoen het, sou aan die lig kom!

3.   Vergifnis hef nie God se straf op nie

Natan se woorde het Dawid se siel soos hamerslae verpletter (Ps.51:19).  Hy het nie eens probeer om homself te verweer nie en erken dat hy teen God gesondig het.   Daarna het Natan hom van God se vergifnis verseker.    Hy sou nie die dood sterf wat so ʼn oortreding geregverdig nie.  God het selfs sy sielepyniging genees (Ps.32:5).

Dat God vergewe, beteken nie dat Hy die straf ter syde stel nie.  Die straf pas by die oortreding; swaard en onreinheid sou die huis van Dawid mettertyd verwoes.  Dawid het vier seuns aan die dood afgestaan.   Hy het inderdaad viervoudig teruggegee!   Dit het met die dood van die pasgebore seuntjie van Batseba begin.  Daarna het sy seuns Amnon, Absalom en Adonia ook gesterf.

Dawid se sondebelydenis het sy gees genees (Ps.32:3-5).  Dit was vir hom beter om sy leed met God te deel, as om self daarmee te worstel.  God het aan hom genade bewys deur Salomo, sy tweede seun by Batseba, baie lief te hê en later op die troon te plaas.

4.   Amnon en Tamar

Amnon was Dawid se oudste seun en gevolglik sy natuurlike opvolger.  Van die tweede seun Kileab, lees ons basies niks nie.  Hy is heelwaarskynlik klein dood.  Absalom was die derde seun.  Sy moeder was die dogter van die koning van Gesur; ʼn baie klein koninkryk.   Dit was eintlik ʼn Aramese stad wat om een of ander rede selfstandigheid behou het.  Absolom was dus die enigste seun van Dawid wat van moederskant van koninklike afkoms was.

Absalom het ʼn mooi suster, Tamar, gehad waarop Amnon verlief geraak het.  Sy was sy stiefsuster en volgens die wet buite sy bereik.   Dit het hom baie weemoedig gemaak.  Sy neef Jonadab het egter ʼn plan bedink.  Amnon moes siek speel, Tamar versoek om na hom om te sien en so sy wellus bevredig.

Nadat Amnon haar verkrag het, wou hy niks meer met haar te doen hê nie.  Amnon het wellus met liefde verwar.   Daarna het Tamar by haar broer Absalom gaan woon.  Hy het by haar gepleit om die verkragting stil te hou omdat die huis van Dawid nie nog ʼn skandaal kon bekostig nie.

Absalom het egter sy eie agenda gehad.  Amnon sou vir sy daad boet.   Twee jaar later het hy hom tydens ʼn skaapskeerdersfees vermoor en na sy oupa, die koning van Gesur, gevlug.   Die straf van God was swaar op die huis van Dawid!

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2435 gaste aanlyn