NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Misplaaste nasionale en internasionale toekennings maak van geen booswig ‘n eerbare leier nie.   Wie soos ‘n engel praat, maar soos ‘n duiwel leef, is soos ‘n heuningby met heuning in die bek en ‘n angel aan die stert!

STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (43)

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL

Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)

Lees reeks by Studie van die Ou Testament

LES 3

DIE TEMPEL

1 Kon 5-6; 8:1-11; 9:1-9; 10:1-13; 11:1-13,41-43

1. Op die berg Moria

Die tempel is op die berg Moria in Jerusalem gebou.   Salomo wou vir God ʼn sierlike huis bou en het twee konings gevra om vir hom hout uit Libanon te lewer.  Hy het ook ʼn bevoegde ambagsman gehuur om vir hom godsdienstige voorwerpe van goud, silwer, koper en ander materiale te maak . Selfs heidene het help voorsien (Jes.60:5,11; 66:12).  Salomo het hulle met plaaslike produkte soos koring, gars, wyn en olyfolie betaal.  Sederbome is gekap en met vlotte na Jafo gebring waarvandaan dit deur 70,000 uitlandse lasdraers oorland na Jerusalem vervoer is. Die klippe is plaaslik uit sandsteen gekap.

Die tempel was ʼn drieverdiepingstruktuur.   Dit was 60 el lank, 20 el breed en 30 el hoog met ʼn verdeling soos dié van die tabernakel in ’n hoof- en binnevertrek.   Dit was ryklik versier, maar, so anders as die heidentempels, sonder enige Godsbeeld omdat dit deur die Wet verbode was.  Tydens die bouery is geen geluid van hamers en kloubeitels gehoor nie omdat die stene reeds by die klipgroewe kant en klaar gemaak is.   Die mure was met sederhout bedek waarin snywerk van gerubs, palmbome en blomknoppe gemaak is.  Dis met goud oorgetrek sodat die tempel soos ʼn goue tempel gelyk het.   Die gerubs en palmbome het die tuin van Eden voorgestel.

2.  Tempelvoorwerpe

Salomo het ʼn altaar van koper gemaak, die see en tien waskomme.  Hierdie see was ʼn reuse, ronde waskom tien el in deursnee.  Die priesters het hierin gewas.   Die ander tien waskomme was vir die gereedskap van die brandoffer en is van wiele voorsien soos afspoelwaentjies.  Alles is versier.  Die see het bv. op 12 koperbeelde van beeste gerus.  Die koperaltaar was baie groot – 20 el lank en breed, en 10 el hoog, en het in die voorhof gestaan.  Salomo het 10 goue kandelare laat maak en in twee rye van vyf elk geplaas.  Daar was ook 10 tafels vir die toonbrode in die voorvertrek.

Salomo het nie ʼn nuwe verbondsark laat maak nie, maar die oorspronklike een gebruik.  Hy het wel ʼn groot gerubs van olienhout met goud oorgetrek, laat maak en die ark onder die vlerke daarvan geplaas.  Op die ark se deksel is twee gerubs met hul gesigte na mekaar aangebring.  Daar was dus vier gerubs in die allerheiligste deel - simboliese bewakers van die huis van die Here.

3.  Die tempelinwyding

Die inwyding van die tempel was ʼn groot plegtigheid.  Die hele volk was in stamverband teenwoordig.  Die hoogtepunt was toe die verbondsark uit Sion daarheen gebring is.  Moria lê net noord van Sion.  Dit was dus ʼn klein entjie na die tempel.  Voordat die verbondsark na die tempel oorgeplaas is, is daar geoffer waarna dit deur die priesters ingedra en onder die gerubs geplaas is.  Terwyl die Levitiese sangers gesing het, is die tempel, net soos met die inwyding van die tabernakel met ʼn wolk oordek (Ex.40:34).  Terwyl Salomo die woord gevoer het, het die heerlikheid van God het die tempel vervul.

4.  Die Wysheid van Salomo

Salomo is van jongs af as ʼn baie wyse man beskou (1 Kon.2:9).   Sy bede om wysheid was alreeds ʼn bewys van sy wysheid.  God het hom ook ‘n besondere insig in regsake gegee, meer as enige Oosterling (Arabiere en Edomiete) of Egiptenaar onder wie daar wyses was (Jer.49:7; Job.2:11).  Agur en Lemuel (Spr.30,31) was moontlik wyse Edomiete.

Die Egiptenare was ook baie slim. Hulle ou literatuur bevat talle wysheidsgeskrifte.  Salomo het egter almal oortref en 3 000 wysheidspreuke gedig waarvan 600 in die boek Spreuke bewaar gebly het.   Ongelukkig het niks van sy 1 050 liedere bewaar gebly nie. ʼn Goeie voorbeeld van sy regsinnigheid is in 1 Kon 3:16-28 te vind waar hy die natuurlike moederliefde die uitslag van ʼn regsaak laat bepaal het.

5.  Die koninging van Skeba

Salomo se besondere wysheid het ook buitelanders aan die praat gehad.   Die koninging van Skeba het selfs na Israel gereis om Salomo se wysheid met raaisels te beproef.  Oosterlinge was gek na raaisels (Rigt.14:12; Spr.1:6; Dan.5:12).  Dit het van speelse vernuf getuig asook die drang om die verborge dieptes van werklikhede aan die lig te bring.  Om ʼn raaisel te kon stel, moes die betrokke persoon self oor besondere wysheid beskik.  Salomo kon alles verklaar.  Nadat hy die koningin van Skeba al sy besittings gewys het, het sy verbysterd uitgeroep het dat sy nie eens die helfte daarvan verwag het nie.   Nadat geskenke uitgeruil is, is sy terug na haar land van herkoms.

Niemand weet presies waar Skeba was nie.  Omdat hierdie koningin uit die geslag van Gam was, kon dit iewers in Afrika of selfs in Suid-Arabië gewees het.  Die hoofstad was heelwaarskynlik Marib.  Argeologiese opgrawings het getoon dat dit ʼn groot stad met groot waterwerke was wat deur middel van  ʼn waterskema ʼn vrugbare landstreek gevorm het.   Skeba se speseryhandel het veral tot die welvaart van hierdie koninkryk bygedra.   Soos wat die Fenisiërs meesterhandelaars in die Middellandse See was,  was die suidelike Arabiere dit in die Arabiese see.

Daar is baie legendes oor die besoek van die koningin van Skeba; elkeen met ʼn seksuele ondertoon.  Een legende lui dat Salomo ʼn seun, Menelik, by haar verwek het.  Hy het sy moeder opgevolg en koning van Ethiopië geword.   Hy het glo die verbondsark geroof en na sy land gebring waar dit, volgens oorlewering, van toe af in die geheim bewaar word.

6.  Die einde van Salomo

Salomo se regering staan as die goue eeu van Israel bekend.   Ongelukkig het Salomo later van God afvallig geword en deur sy spandabelrige, swierige lewensstyl die land swaar belas.   Dit het die volk kriewelrig gemaak en met sy dood amper tot uitbarsting gekom.   Benewens opstandigheid was daar ook natuurlike oorsake wat die land weens Salomo se geestelike afvalligheid geteister het.

Salomo se afvalligheid was aan sy veelwywery te wyte.   Sy uitlandse vroue het hom afgode soos Astarte (Sidoniërs), Milkom (Amoniete) en Kamos (Moabiete) laat dien.   Salomo het selfs vir hulle hoogtes op ʼn berg oos van Jerusalem laat bou om aan hulle afgode te kon offer.

Salomo se begin en einde verskil soos die dag van die nag!  Waar Dawid aan die einde van sy lewe geestelike hoogtepunte bereik het, het Salomo in die dieptes van afgodery versink.   Salomo was geen voorbeeld vir enige toekomstige koning nie.  Dawid wel.  Dawid het gesterf met die wete dat sy ryk ʼn groot toekoms tegemoet sou gaan.   Salomo het gesterf met die wete dat sy ryk sou skeur!

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2208 gaste aanlyn