NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

God is 'n God van orde, en Satan verlustig hom weer in chaos.   Oral waar daar chaos heers, regeer Satan.   Mense en volke wat God liefhet, leef ordelik, maar hulle wat Hom haat ervaar geen orde nie.  Kyk maar net wat met ons eie land gebeur het nadat die Christelike grondwet afgeskaf is – nou veel meer as 60 moorde per dag!

STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (59)

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL

Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)

Lees reeks by Studie van die Ou Testament

LES 8

JOAS KONING VAN JUDA

2 Kon 11:4-21; 12 en 2 Kron 23-24

1.  Joas word koning

Joas, ʼn seun van Ahasia, is vir ses jaar deur sy tante Joseba en haar man, die priester Jojadja, weggesteek.   Daarna het Jojadja die kind na vore gebring om koning te word.   Dit het moed gekos omdat Atalia nog regeer het en hewige teenstand van haar verwag moes word.  Dit was ʼn geloofsdaad waarin hy die steun van die Leviete en die meeste van die familiehoofde in Juda gehad het.  Die familiehoofde het hom gesteun omdat hulle die Dawidshuis in ere herstel wou hê.  Die Leviete het hom weer ondersteun omdat hulle teen Atalia en haar Baälaanbidding gekant was.

Ter voorbereiding van die staatsgreep, het Jojadja offisiere van twee militêre groepe na hom laat kom - die Kariërs en die hardlopers.   Eersgenoemdes was huursoldate wat in diens van Atalia was.  Dawid het ook huursoldate gehad tewel die Kreti en die Pleti asook Gittiete (2 Sam.15:19).  Die Kariërs het onder die offisiere van Juda gedien.    Die hardlopers was lyfwagte (1 Kon.14:27).  Toe die twee groepe by Jojadja kom en hy die seun aan hulle wys, het hulle besluit om vir hom te veg.

Die staatsgreep is vir ʼn feesgeleentheid beplan waartydens al die familiehoofde en Leviete in Jerusalem byeen was.   Dit sou in die tempel uitgevoer word omdat dit die veiligste plek was.   Atalia het mos geen belang by die tempel gehad nie!   Daarbenewens was die tempel net noord van die paleis en gevolglik naby.

Die owerstes het Jojadja se strategie gevolg.  Op die spesifieke Sabbat het die paleiswag by die tempelwag aangesluit en ʼn wag om Joas gevorm.  Daarná is hy uitgebring, op ʼn verhoog geplaas en tot koning gesalf.   Hy het ʼn kroon op sy kop en die Getuienis om sy nek gehad; ʼn afskrif van die Tien Gebooie (Ex.32:15).  Daarna het mense van alle kante na hom gestroom, hande geklap en uitgeroep: “Mag die koning lewe!”

Toe Atalia die gejuig hoor, het sy ondersoek ingestel en die seuntjie-koning waarvan sy niks geweet het, vir die eerste keer gesien.  Daarop het sy haar mense van verraad beskuldig; dieselfde woorde as haar broers sewe jaar tevore (2 Kon.9:23).   Jojadja het haar laat vang en doodgemaak, waarna die huis van Omri tot ʼn einde gekom het.

Hierna het Jojadja twee verbonde gesluit.   Die eerste was tussen die koning en die volk met God en die tweede tussen die koning en die volk soos destyds met die salwing van Dawid (2 Sam.5:3).  Dit het alles op die tempelterrein plaasgevind.  Toe is Jojadja en die mense na die paleis waar hulle Joas op die troon laat sit het.

Die volk het die tempel van Baal in Jerusalem afgebreek en Mattan, die volksvreemde afgodspriester, voor die altaar doodgemaak.  Hierdie tempel is heelwaarskynlik deur Joram en Atalia opgerig.  Ook al die heidensimbole is stukkend geslaan en die Baäldiens in Jerusalem uitgeroei.

2.   Joas se optrede

Joas sou 40 jaar lank in Juda regeer.   Hy het aanvanklik goed begin en gedoen wat God van hom verwag het.   Jojadja het hom onderrig omdat hy as kind baie leiding nodig gehad het.  Jojadja was sy mentor en is ook Beregja genoem.  Toe Joas ouer word, het hy vir hom twee vroue geneem en kinders verwek sodat die huis van Dawid weer nakomelinge gehad het.

Sy grootste taak was die herstelwerk aan die tempel wat hy aan sekere priesters opgedra het.  Toe hulle sloer, het hy hulle tot verantwoording geroep en afgedank.  Die werk het hy aan ander gegee wat dit afgehandel het.   Die nodige fondse is deur ʼn spesiale insameling verkry.

Toe Jojadja op die rype ouderdom van 130 jaar sterf, het Joas ʼn ander lewensrigting ingeslaan wat God nie tevrede gestel het nie.  Jojadja was die laaste van die OT manne wat so oud geword het.  Hy was ongeveer 100 jaar oud toe die staatsgreep uitgevoer is!

Ná sy dood het sommige van die owerstes van Juda na Joas gekom en hom met vleitaal en ander dinge begin beïnvloed.  Hy het nie ʼn sterk persoonlikheid gehad nie en het hulle voorstel om die Baäldiens weer in te stel aanvaar.   Daarom het God kwaad geword en ʼn paar profete gebruik om hulle te waarsku.  Sagaria, die seun van Jojadja, het die sterkste teen hulle opgetree maar die booswigte het hom gegryp en gestenig.

Die toenemende goddeloosheid in Juda was erg, maar die ergste was dat hulle dit op Joas se bevel gedoen het!   Hoe kon hy die seun van die priester wat hom op die troon van Juda geplaas het laat vermoor en dit in die voorhof van die tempel waar niemand gedood mag word nie!   Atalia is ten minste eers van die tempel af weggelei alvorens sy gedood is.  Met Sagaria was daar nie eens tyd om dit te doen nie!   Christus verwys hierna in Mt.23:35.   Die sterwende Sagaria het God om vergelding gebid.

3.   God straf Joas

Joas het nie skotvry daarvan afgekom nie.  God sou deeglik met hom afreken.  God het, soos so dikwels in die verlede, die vyand as tugroede gebruik.   Hy het Aram teen Joas laat optrek.   Hierdie betreklik klein leër het ʼn groot oorwinning behaal en baie buit na Damaskus weggevoer.  Sagaria se gebed is baie vinnig verhoor!

Hasael was die koning van Aram en het die hele Oos-Jordaanstreek van Israel afgeneem.  Hy was eintlik na die Filistyne oppad toe hy deur God gelei is om Juda te straf.   Hy was al baie oud en aan die einde van sy jare.  Alhoewel Juda baie sterker as Aram was, het hulle ʼn lelike nederlaag gelei waarna Joas hom tempel- en paleisskatte aangebied het net om weg te trek.

Uit Kronieke kan afgelei word dat Joas in die skermutseling gewond is.  Hy het egter ook vyande in eie kring gehad het.  Twee van sy eie mense het hom kort hierna vermoor.  Die volk was so teleurgesteld in hom dat hulle hom nie eens by die konings begrawe het nie.  Joas het soos ʼn Simson van ouds ʼn baie goeie begin, maar ʼn droewige einde gehad.  Na hom het sy seun Amasia koning van Juda geword.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2230 gaste aanlyn