NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Of ons dit glo of nie, elke mens hou daarvan om eer te ontvang. Die gevaar is dat ons naderhand begin om eer te verwag. Ons raak verwaand en selfgesentreerd. In plaas dat ons saam stry vir God se eer kompeteer ons teen mekaar vir eer.  Maar as jy daadwerklik jou geloof rondom Christus sentreer sal jy spontaan vergeet om aan jouself te dink en besef jy is verlos – daarom is eie eer nie meer belangrik nie.

PASSIEWE CHRISTENSKAP?

Hannes Ollewagen

Judas 1:3-16

Een van die mooiste eienskappe wat ‘n mens kan besit, is om positief te wees.  Dit is egter uiters belangrik om die verskil tussen positiwiteit en naïwiteit te onderskei.  Om positief te wees, beteken om uitkoms te sien en hoop en geloof te behou in selfs die moeilikste omstandighede.  Om naïef te wees daarteenoor, sal moontlik die rede wees waarom jy in ongemaklike situasies beland, want jy ontken die dreigende werklikheid daarvan.  Hoewel jy gevaar sien naderkom, wil jy wegkruip sodat jy nie negatief hoef te voel nie en vermy jy doodeenvoudig die dreigende gevaar – wat nie gaan verdwyn bloot omdat jy jou oë daarvoor sluit nie.

Hierdie naïwiteit het veroorsaak dat soveel mense agter die verskoning wegkruip:  “Alles is in God se Hande en dinge sal reg uitwerk.”  Dit is onbetwisbaar waar dat geen plan op hierdie aarde sonder God se wete tot uitvoer gebring word nie en dat Hy in beheer is van die ganse skepping.  Indien God die stryd op aarde alleen wou stry, sou Hy ons nie as sy diensknegte op aarde geplaas het nie.  Hy sou die vyand self vernietig en alles self gedoen het wat gedoen moet word, want Hy kan.  Met laasgenoemde in gedagte kan ek tot die besef kom dat om ‘n dienskneg van God hier op aarde te wees nie ‘n verskriklike vermoeiende verantwoordelikheid is nie, maar ‘n ontsaglike groot voorreg.  Ek staan in diens van die Almagtige God van hemel en aarde en moet verantwoordelik in sy diens optree.  Daarom geliefdes, voel ek ook vandag die noodsaaklikheid om elkeen wat hierdie boodskap lees, te vermaan om kragtig te stry vir die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is.  (Verw. vers 3).  Daardie geloof wat deur goddelose mense verloën is ter wille van geld en roem;  hulle wat die genade van onse Here Jesus Christus met dwaalleer en leuens in ongebondenheid verander het en sodoende die enigste Heerser, God, en Here Jesus Christus verloën het.  (Vers 4). Hierdie mense, wat leiers van ons volk was, het nie net ‘n volk ten gronde gerig en ‘n volksgenote mislei en verloën nie,  maar hulle het ons Meester verloën.  En as ek en u wat vandag bely dat ons Hom liefhet staan en toekyk hoe Godswater oor Godsakker loop, hoe hard is ons besig om te stry en hoeveel beter is ek as hierdie Godsloënaars?

In magteloosheid sal u vraag wees:  “Nou wat moet ek doen?”  Nié niks nie!  In die eerste plek moet jy hard werk om jou eie geloof te behou en die mense rondom jou te versterk en te bemoedig.  Hoeveel mense is nie besig om die geloof te verloor (en dan dalk te verloën), bloot omdat hulle maar net rondstaan en wag vir beter dae nie?  Hulle ag dit nie noodsaaklik om in hul eie lewens weerstand te bied teen Satan se aanvalle van magteloosheid en moedeloosheid nie.  Hulle dink dat hulle ook nou uit Egipte gelei is en wag dat God hulle in die beloofde land sal indra.  Hy sal jou wel daarheen lei, maar jy moet self loop!!  Hy sal jou ook optel as jy val, maar jy moet self stap.  Hy sal kwartels en manna voorsien as jy honger het, maar jy sal dit self moet bymekaarmaak en eet!  Hy sal water uit die rots laat vloei, maar jy moet self drink!!

Elkeen van ons het ‘n rol om te vervul en daardie rol begin nêrens anders as in jou eie hart nie.  Maak seker dat jou verhouding met God reg is en dat jy ‘n opregte, nederige, ootmoedige verhouding met Hom het.  Moenie langer jou sondes ontken nie, want dit maak jou nie vlekkeloos nie!!  Dit is beter om jou sondes voor Hom te bely en die pad met Hom te begin stap om daardie sondes een vir een te oorwin!  Dit is die begin van ‘n lewe van verootmoediging voor God waarin jy kinderlik afhanklik van Hom leef en dan verstaan waarom Christus gesê het dat ons moet word soos die kindertjies as ons sy Koninkryk wil binnegaan.  Wanneer elke individu verantwoordelikheid neem om te verootmoedig, sal hy kort voor lank die Godgegewe verantwoordelikheid om Godsvresend oor sy gesin te heers raaksien, en kort voor lank is daar ‘n hele gesin wat in ootmoed voor God leef.  Wanneer ‘n gemeenskap met ‘n paar gesinne in ootmoed voor God leef, ontstaan daar ‘n hele volk wat homself verootmoedig voor sy God!!  Wanneer ons ‘n volk kry wat homself verootmoedig voor sy God, sal ons ‘n volk sien wie se gebede sal opstyg na die Almagtige God van hemel en aarde en sal ons ons God se Reddende Regterhand as ‘n lewende werklikheid ervaar!!

Ons sien in vers 5 van hierdie gedeelte hoe mense omgebring is deur God nadat hulle uit Egipteland verlos is, maar voordat hul die beloofde land kon beêrwe omdat hulle ongelowig geword het.  Hulle het gedink dat hulle stryd verby was. . . Dit het daartoe gelei dat hul in ‘n nuwe stryd betrokke geraak het, ‘n stryd waarin hul gedurig met God getwis het – asof Hy die skuldige party is.  Hoeveel medevolksgenote het nie dieselfde verwaandheid nie?  Moenie dieselfde fout maak nie.  Indien jy nie in ootmoed met God leef nie, het jy nog nie jou stryd voluit gestry nie – nie jou eie stryd nie en ook nie die stryd vir jou volk en vir God se koninkryk op aarde nie.  Besef vandag jou verantwoordelikheid om in ootmoed met God te leef en ook seker te maak dat jou huismense jou voorbeeld nastreef, sou jy deur God geseën wees met die verantwoordelikheid van huisgenote.  Hulle ewige saligheid is netsoveel werd dat jy jou daaraan moet wy.

Hou op om ‘n lewe te leef waarin jy ander mense probeer tevrede stel of beïndruk en begin om ‘n Godsvresende lewe te leef waarin jy mense positief beïnvloed.  Jy is aan ander mense geen verduideliking of verskoning verskuldig nie, maar ons is uit dankbaarheid aan ons Meester en Verlosser ons lewens verskuldig!

Die keuse is joune – naïewe passifis of positiewe, Godvresende dienskneg van die Allerhoogste?  Sou jy kies om jou oë toe te hou vir die werklikheid, moenie verbaas wees as die poorte na die ewige lewe ongesiens by jou verbygaan nie. . .

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3141 gaste aanlyn