NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wat sê die Bybel oor menseregte?   Dis uiteraard nie ’n Bybelse begrip nie, maar ’n regsbegrip.   In die Bybel is daar geen woord wat regstreeks met regte vertaal kan word nie.   Die woord wat die naaste daaraan kom, is regsaak.   In Spreuke word koning Lemeul byvoorbeeld aangemoedig om vir die regsaak van ellendiges op te kom:  “Maak jou mond oop vir die stomme, vir die regsaak van almal wat wegkwyn” (Spr.32:8).

YWER EK DAN TEVERGEEFS?

Hannes Ollewagen

1 Konings 19:1-21

Vers 10:  “En hy antwoord:  Ek het baie geywer vir die HERE, die God van die leërskare; want die kinders van Israel het u verbond verlaat, u altare afgebreek en u profete met die swaard gedood, sodat ek alleen oorgebly het, en hulle soek my lewe om dit weg te neem.” Op die vraag van die Here waarom hy moedeloos daar in die woestyn sit,  is Elia onmiddellik reg om te antwoord en die Here daarop te wys dat hy baie vir Hom geywer het ten spyte van die feit dat die hele volk van God afvallig geword het.  ‘n Paar dae tevore het Elia, ten aanskoue van die volk, ‘n roemryke oorwinning oor die Baälpriesters behaal toe hy man-alleen teenoor 450 afgodspriesters God se naam aangeroep het en Hy uit die hemel geantwoord het.  Elia het hier al hierdie priesters gevang en doodgeslaan en tog lyk dit asof die volk op twee gedagtes bly hink.

‘n Mens sou verwag dat Elia ná die oorwinning op die berg Karmel geestelik onbreekbaar sou wees.  Tog moet hy net hierna vir sy lewe vlug, want Isèbel is daarop uit om hom te vermoor.  Hoee dan nou?  Waarom moes hy dan nou daarheen gaan om aan almal God se heerlikheid te openbaar en dan gaan die lewe maar net soos voorheen aan?  Inteendeel, hy is selfs slegter daaraan toe, want hy moet vlug vir sy lewe.

In hierdie gedeelte is daar soveel kenmerkende eienskappe van God waarin ons Hom beter kan leer ken.  Eerstens leer Hy ons dat Hy nie altyd te werk gaan soos wat ons as mense verwag nie.  Hy verwag van ons, sy kinders en diensknegte, om aan Hom gehoorsaam te wees in dit wat Hy van ons vra, maar dit wat ons nie kan verander nie, moet ons in sy Hande oorlaat.  Al lyk dit nie altyd vir ons so nie, sy Raadsplan is ALTYD op koers.

God verstaan dat Elia moedeloos is;  daarom dat Hy hom in die woestyn gaan opsoek.  Hoe navolgingswaardig is Elia se gesindheid nie!!  Hy is so moedeloos dat hy letterlik wens om eerder te sterf, maar wanneer God aan Hom ‘n opdrag gee, murmureer hy nie, of weier hy nie om dit uit te voer nie, maar hy draai om om verder te gaan doen wat God hom beveel.

Verder openbaar God Hom ook nie altyd op die manier wat ons verwag nie.  Ons sien in verse 11&12 dat daar ‘n sterk wind, aardbewing asook ‘n vuur was, maar God was nie in een van hulle nie.  Daarna was daar die gesuis van ‘n sagte koelte en Elia het dadelik geweet dat God daar is.  Die feit dat God menigmaal op ander maniere werk as wat ons verwag, beteken nie dat Hy nie welliswaar werk nie.  Dit is hartseer dat ons eie geestelike hoogmoed of selfs ons eie verwagtinge van hoe God moet optree, veroorsaak dat ons Hom soms nie erken of raaksien nie.

Dit het vir Elia gevoel of hy alleen in die land oorgebly en die hele volk God verlaat het om agter vreemde gode aan te loop.  God wys hom egter daarop dat Hy, deur sy genade, seweduisend sal laat oorbly, wat ook nie van God sal afdwaal nie – en dit nie deur hul eie verdienste of goedheid nie, maar omdat Hy dit so besluit het.

Ons sien ook in die opdrag wat God vir Elia gee in verse 15 – 17 dat Hy ook ‘n regverdige God is, wat wél lankmoedig is, maar die ongeregtigheid nie ongesiens laat verby gaan en ongestraf laat bly nie.  Dit is baie duidelik dat die werkers van onheil gestraf gaan word en elkeen sal verseker sy straf ontvang – wanneer hy die eerste swaar vryspring, sal daar ‘n tweede wees, en ‘n derde om te verseker dat die ongeregtigheid nie ongestraf verbygaan nie.

Ons lees in verse 19-&20 hoe Elia vir Elisa opdrag gee om hom te volg en derhalwe God te dien, maar Elisa versoek hom, menslik, om net eers sy ouers te gaan groet.  Elia is egter ontsteld hieroor en wil vir Elisa duidelik te kenne gee dat God se werk nie uitgestel moet word nie.  Hoeveel van ons dreig nie om vir God diensbaar te wees, maar eers op ‘n latere stadium wanneer dit my pas nie?  Ek moet net eers my studies voltooi, of my troue agter die rug kry, my kind deur universiteit sien of uit die huis uit kry?

As ek en u vanoggend die gehoorsaamheid van Elia gehad het, hoeveel anders sou die wêreld om ons gelyk het?  God vra nie van almal om sendelinge en profete te word nie, want dit is nie aan elkeen gegee nie.  Hy vra wèl van elke kind van Hom geloof, gehoorsaamheid en liefde in ons alledaagse lewe, want daarmee sal elkeen van ons, op ons onderskeie lewensterreine, elke dag baie vir ons God en ons volk ywer.

Hoe lank sal ons uitstel?  Wil ek ook dalk die verskoning gebruik dat ek myself al tot in die afgrond in vir hierdie volk vermoei het wat aanhou om hul van God af weg te keer?  Laat ek u verseker, u sal nie die eerste en ook nie die laaste wees nie.  Elia het vir ons die voorbeeld gestel van volharding in ywer vir en gehoorsaamheid aan God – dit was beslis ‘n navolgingswaardige voorbeeld.  Kom ons volg dit na, want dalk is God ook al tussen ons om sy swaard van geregtigheid uit te trek om die ongeregtigheid van die goddelose te vergeld terwyl ons Hom nie raaksien nie!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2314 gaste aanlyn