NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Verstaan u die verskil tussen vertroue en vergifnis? Vergifnis is om die verlede los te laat. Vertroue het met die toekomstige gedrag te doen. Vergifnis moet onmiddellik plaasvind, terwyl vertroue mettertyd gebou word. Maar so is beide ewe belangrik en noodsaaklik in ons lewens.

GOD BLY GETROU

Hannes Ollewagen

Psalm 106:1-48

In vers 3 van hierdie Psalm sien ons dat dit goed is voor Hom om die reg te bewaar en altyd geregtigheid te doen.  Maar hoeveel mense is nie daarop uit om net “geregtigheid” te doen en “reg” te doen wanneer hulle deur ander mense gesien en dus geprys kan word nie?  Dit  laat my dink aan die opdrag dat ‘n mens nie jou liefdadigheid voor die mense moet bewys om deur hulle gesien te word nie of dat jou linkerhand nie moet weet wat jou regterhand doen nie.

Tog is daar so baie mense wat in hul wese dwaal wanneer hulle organisasies wat hul oënskynlik beywer vir liefdadigheidswerk maar in wese bedorwe is, ondersteun.  Ja, maar dit gaan vir ‘n goeie doel, sal die verskoning wees!  ‘n Goeie doel met ‘n verkeerde en geveinsde gesindheid is nie vir God aanvaarbaar nie.

  Deur dit te doen, dink jy dat jy God kan bedrieg of kan manipuleer terwyl Hy ons elkeen se diepste wese ken en ons geken het nog voordat ons in ons moederskoot geweef is!

Dis ook vir ons duidelik dat ons die reg moet bewaar, en altyd geregtigheid moet doen. Dit is dus ons verantwoordelikheid om die waarheid en reg te bewaar en te verkondig, selfs wanneer dit teen die politieke atmosfeer/rigting ingaan en selfs wanneer die kerk die reg verlaat. Die enigste maatstaf van reg is die onfeilbare Woord van God.  Dit is waarom dwaalgeeste en misleiers hul beywer om gedurig aan die Woord van God te verander en dit te oor te veraal;  hul dink in hul dwaasheid dat hul die “reg” op hierdie manier sal kan verdraai sodat dit hulle sal pas.  Hulle probeer die Woord van God aanpas om by hul verkronkelde en dwalende lewenswyse aan te pas i.p.v. om die Woord as hul Rigtingwyser te gebruik om hul te bewaar of selfs terug te bring van die verkeerde en dwalende paaie in die lewe!

Hoe kan ons nie saam met die Psalmdigter in verse 6-14 getuig hoe ons volk ook telke male die wonderdade van God in ons geskiedenis aanskou het net om gou weer van Hom te vergeet nie?  Hoeveel keer het Hy nie al vir ons gewys dat die enigste betroubare rigtingwyser en die enigste betroubare maatstaf vir ons lewens sy onfeilbare Woord is nie?  Tog dwaal ons keer op keer af en het Hy dan ook vir ons volk gegee wat ons gevra het! (Vers 15).  Hy het ons oorgelewer aan ‘n heidense meerderheidsregering, want dit is dan wat ons gevra het!  Ter wille van sport, genot en ter wille van die vermyding van bloedvergieting het ons gevra om deur ‘n heidense regering oorheers te word en het Hy dit toegelaat, maar nou weet ons nie waar die maerte in ons volk se siel vandaan kom nie?  Het ons nie ook ons Heerlikheid verruil vir ‘n nietigheid van wêreldse aanvaarding, genietinge en ‘n doellose gejaag na wind nie?  (Vers 20).  Het ons nie ons Verlosser vergeet wat ons aan die suidpunt van Afrika geplant het nadat Hy enkelinge verlos het van die Roomse vervolging in Europa en op hierdie manier ‘n nuwe “wingerd” op ‘n vrugbare heuwel geplant het met die hoop dat dit vir Hom sou vrug dra nie?  Dieselfde God wat ons verlos het by Bloedrivier, dieselfde God wat ons verlos het van die ewige verderf!!  Het ons nie ook ons kosbare land, wat Hy deur soveel genade en troue sorg aan ons gegee het, versmaai nie?  (Vers 24).  Het ons nie toegelaat dat ons met die heidene (van verskeie rasse en volke,  ook Amerikaanse en Europese) vermeng raak en sodoende hul werke aangeleer sodat hulle afgodediens en verkeerde handel vir ons ‘n strik geraak het nie?

As die antwoord op bogenoemde vra nie “ja” is nie, waarom sien ons dan hoe Hy sy hand teen ons opgehef het sodat ons land in ellende wegsak?  Ons sien hoe mede-Afrikaners daagliks beroof, aangerand, gemartel en vermoor word, maar ons mag nie weerstand bied nie.  Diegene wie se moed hul begewe gaan soek toevlug oorsee en sodoende word ons en ons nageslag onder die nasies verstrooi. (Vers27).

Hoe diep ons volk onrein geword het deur ons dade, is vir my as mens onmeetbaar.  God het my gelukkig nie as regter aangestel om te oordeel nie, maar het wel ‘n brandende begeerte in my hart gewek om elkeen wat waarlik in Hom glo, te vermaan om te luister na die roepstem van Hom wat ons terugroep na Hom.  Daar is vir ons geen ander heil as om ons voor Hom te verootmoedig en sy aangesig te soek en te smeek om genade vir verlossing nie.  Dit is waar dat die laaste een van ons teen Hom gesondig het (vers 6), maar dit is ook waar dat Hy getrou bly, al is ons ontrou, omdat Hy nie ‘n mens is nie en omdat sy goedertierenheid ongelooflik is vir diè wat Hom vrees. (Vers 45).

Mag Hy elkeen wat steeds geroepe voel om tot eer van sy Naam hier aan die suidpunt van Afrika te leef, sodoende louter en folter, dat ons Hom met die suiwere gesindheid sal nader om verlossing, soos waarvan ons lees in vers 47:  “Verlos ons, HERE onse God, en versamel ons uit die nasies, dat ons u heilige Naam kan loof en ons beroem in u lof!”

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1831 gaste aanlyn