NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die beste skokbreker op 'n pad vol stampe en stote is 'n uitstekende sin vir humor.

EENSGESINDHEID IN DIE EVANGELIE

STRY IN EENSGESINDHEID VIR DIE EVANGELIE

Hannes Ollewagen

Filippense 1:27 – 2:18

Vers 27: "ALLEENLIK, gedra julle waardig die evangelie van Christus, sodat, of ek kom enjulle sien dan wel of ek afwesig is, ek van julle omstandighede kan hoor en julle in een gees vasstaan en, een van siel, saam stry vir die geloof van die evangelie.”

Nie net berispe Paulus die Filippense om ‘n lewe te leef wat by die bekering en geloof in Christus pas nie, maar moedig hy hulle ook aan om eendragtig saam te stry vir die geloof van die evangelie.  Die evangelie, die onweerlegbare waarheid, moet deur gelowiges nie net eendragtig beoefen word nie, maar ook eendragtig verdedig word wanneer dit bedreig word.

Sedert ons volk se ontstaan, kon ek nêrens in ons geskiedenis ‘n tyd opspoor waar die Christelike geloof tot só ‘n mate bedreig is as tans nie.  Hierby sluit ek nie in die groot bedreiging tot totale uitwissing wat ons volk by Bloukrans en Bloedrivier in die gesig gestaar het nie.

Ons word nie alleen fisies aangeval nie, maar ons geloof, nl. die evangelie van ons Verlosser, ons Heiland, ons Koning, ons Saligmaker, word bedreig en aangeval op elke moontlike vlak in die samelewing.  In ons vermaak (wat deesdae klaarblyklik grootliks uit televisie bestaan) word ons geloof aangeval en word hierdie manier van ontspanning as kragtige instrument teen ons gebruik om ons volk te breinspoel.  In die media word die waarheid verdraai, in die skole word ons geloof afgewater tot soortgelyk of selfs benede heidense gelowe en word dit aan ons kinders geleer.  Ook in die kerke word daar openlik vir mense van die kansels af leuens toegedig wat in stryd met die evangelie is!  Wat doen ons hieromtrent – ons verdra dit!!  Ons verdra die leuen, ons verdra die bose, maar my broeder in Christus kan nie dieselfde verdraagsaamheid van my verwag nie.

In vers 5 lees ons:  “Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was.”  Ons moet met dieselfde gesindheid leef en God dien as waarmee Hy dit gedoen het.  Christus het nie onder sy dissipels en broers in die geloof rusie gemaak en twis verwek nie.  Christus het nie leuens verdra nie, ook nie die misbruik van die huis van God as ‘n handelshuis nie.  Hy het die slegte en die vyande bestry, maar diegene wat aan sy kant saam aan die koninkryk gewerk het, het Hy verdra – ten spyte van die feit dat Hy volmaak en hulle sondig was.  Hy het nie iets gedoen uit selfsug of uit ydele eer nie (vers 3).  Hy was gehoorsaam aan God – ja, gehoorsaam tot die dood aan die kruis wat die mees veragtelike dood van daardie tyd was.

Sal ons elkeen voortgaan met sy eie ydele, selfsugtige stryd op soek na eie belang of sal ons die voorbeeld van ons Meester in gehoorsaamheid aan ons Vader navolg sodat ons kan skyn soos ligte in ‘n donker wêreld? (Vers 15).  Sal ons kies om ons Meester se voorbeeld te volg en ook mekaar se belange te soek (vers 4), m.a.w. om ook weer te gaan soek na die voortbestaan van ons volk as ‘n eenheid in Christus wat Hom in eensgesindheid sal dien en verheerlik sodat ons tot sy eer sal leef?  Om Hom as ‘n volk in eensgesindheid te dien beteken nie om almal in een kerk te gaan sit op dieselfde tyd en plek en saam te bid en lofprysinge te sing nie. Dit beteken dat ons elkeen wat Hom liefhet, aan Hom gehoorsaam sal wees in nederige onderdanigheid en daardie liefde nie net met lippediens aan Hom toon nie, maar ook met dade ons geloof en toegewydheid aan Hom te wys met my verdraagsame optrede teenoor my naaste en broeder in die evangelie, maar ook my weersin en afsku van die leuen en vyande van die waarheid en die evangelie.

Dit beteken ook dat ons sal waak teen geestelike hoogmoed wat veroorsaak dat ek my wil onttrek van ons volksaak omdat ek voel dat ek die laaste behoudende Christelike Afrikaner is wat oorgebly het terwyl almal hulle beginsels oorboord gooi!  Hierdie geestelike hoogmoed sal veroorsaak dat jy jou lus en krag sal verloor om te stry, aangesien jy heeltemal geïsoleerd sal voel in die stryd (want eensaamheid is ‘n noodwendige gevolg van selfsug).

Dit beteken natuurlik nie dat ek my met mense wat in ongebondenheid leef moet meng nie, maar dat ons verdraagsaamheid jeens mekaar sal hê in die stryd vir die evangelie.  Wie nie teen ons is nie, is vir ons.  Wanneer iemand nie teen die evangelie werk nie, moet ek nie daardie werk gaan afbreek nie – hoe onbenullig dit uit my oogpunt mag lyk.  Ons is daar om mekaar tereg te wys en te vermaan en te berispe waar ons verkeerd doen, maar wanneer ons dit met die regte gesindheid doen, sal ons die waarde wat die werk wat ‘n persoon doen met geen ander maatstaf meet as die waarde wat dit tot ons Vader se koninkryk hier op aarde toevoeg nie.

Die tyd het vir ons aangebreek dat ons die las van afgodediens van ons afwerp.  Daardie afgodediens waarmee ons elkeen daagliks besig is of dit nou genot, geld, sport, roem of wat ookal is wat veroorsaak dat ek in selfsug net my eie belang soek en nie dié van my naaste, my volk en my God nie; sodat ons ook ons Vader kan dien met die gesindheid wat daar in Christus Jesus ons Verlosser was.

Ons kies om in selfsug binne ons gemaksone te probeer om te bly voortbestaan en daar wegkruip met dié verskoning dat ons eers op God se redding moet wag; òf, ons kan ons oë oopmaak en besef dat Hy ons wil red, maar van ons verwag om daadwerklik op te tre.

Ast jy jou gesindheid teenoor Hom herstel het, sal jy jouself geroepe voel om opnuut toe te tree tot die stryd vir die behoud van die Christelike geloof hier aan die suidpunt van Afrika met alles wat ons hier moet handhaaf en hou!  Ongeag die kritiek wat jy in hierdie stryd sal moet trotseer, sal jy wil aanhou stry, aangesien jy dit nie om ydele eer doen nie, maar uit opregte dankbaarheid teenoor ons Skepper en Vader.

Onse Vader wil sy Hand van barmhartigheid na ons uitstrek en sy grote Naam deur ons verheerlik, maar wag daarop dat ons gesindheid en optrede ‘n bewys sal wees dat ons ook daardie begeerte het dat Hy ons genadig sal wees.  Laat ons nie in blindheid bly rondtas en sodoende liederlik die waarheid mistas nie, want dit sal veroorsaak dat ons ook hierdie waarskuwing nie ter harte neem nie, Lukas 19:44:  “…omdat jy die gunstige tyd toe God jou besoek het, nie opgemerk het nie.”

Ons hoef nie blindelings rond te tas nie, ons weet waar Hy is.  Gaan saam met jou mense in jou huis, rig jou knieë na die grond en jou oë omhoog, en ons sal Hom weer vind!

Onse Vader wil sy Hand van barmhartigheid na ons uitstrek en sy grote Naam deur ons verheerlik, maar wag daarop dat ons gesindheid en optrede ‘n bewys sal wees dat ons ook daardie begeerte het dat Hy ons genadig sal wees.  Laat ons nie in blindheid bly rondtas en sodoende liederlik die waarheid mistas nie, want dit sal veroorsaak dat ons ook hierdie waarskuwing nie ter harte neem nie, Lukas 19:44:  “…omdat jy die gunstige tyd toe God jou besoek het, nie opgemerk het nie.”

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2357 gaste aanlyn