Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons genadige Vader in die hemel, ons vra dat U in hierdie nuwe jaar ons land sal reinig van al die onheile, en u kinders sal beskerm en na u terug bring sodat hulle weer vir U 'n biddende volk sal wees. Ons bid ook dat U vir ons 'n Christenregering sal gee sodat ons met die regte leiding nooit weer so sal verval soos tans nie. Amen.
OORLOG TEEN GELOWIGES
OORLOGSKREET TEEN GELOWIGES IN CHRISTUS?
Hannes Ollewagen
Is dit toevallig (iets waaraan ek nie glo nie) dat die opspraakwekkende “lied” van die sogenaamde musiekgroep, Dookoom, juis getoonset is op die wysie van die liedjie “vader Abraham” wat menige van ons as kindertjies op skool gesing het?
Ek wil u verseker dat hierdie wysie nie toevallig nie maar juis só gekies is om vir ons as Christelike gelowiges hier aan die suidpunt van Afrika ‘n verskuilde boodskap uit te stuur. Wanneer ons kyk na die wekroep wat gemaak word in hierdie lied om te verwoes en te verniel, kan ons dit as ‘n aanvalskreet bestempel. Is die aanvalskreet teen boere (landbouers ) alleen gerig? Dit is verseker nie die geval nie. Die enigste rede waarom boere uitgesonder word en die aanvalle op veral hul grond toegespits word, is omdat die meerderheid Afrikaners hoofsaaklik ‘n lewe gemaak het uit die landbou , die lewensaar van ons volk.
Hier lê die grootste konsentrasie van ons Afrikanervolk waarteen die aanval dus gerig kan word, maar moenie glo dat dit daar gelaat sal word nie.Ons verkeer die afgelope paar dekades al in ‘n geestelike oorlog en dit het haas tyd geword dat ons moet begin bid vir wysheid om die tekens van hierdie aanslae te kan identifiseer. Met ‘n naïewe passifisme en afskuwelik misplaaste skuldgevoel, laat ons as Afrikanervolk toe dat die Christelike geloof in ons Vaderland vertrap word terwyl ons gedurigdeur om verskoning vra vir “onregte” wat nie gepleeg is nie. Met laasgenoemde bekragtig ons die wapen van leuens wat teen ons gebruik word en dan wil ons huil wanneer daardie wapen hou-vir-hou die straf op ons rug toedien om ons al verder te verneder en te verdruk.
Die sorgvuldig-gekose wysie van hierdie “lied” is gekies om die boodskap duidelik aan ons deur te stuur naamlik dat die kreet nie teen die landbouers gerig is nie maar teen ons Christelike Afrikaner . Wanneer hierdie goddelose verwoesting oor die plase voltrek is, sal dit wel aanbeweeg na die sakesektor en private huise en eiendom. Dit is die verloop wat die geestelike aanslag geneem het – daar is begin op die staatkundige terrein en die Christelike geloof is aangeval in die grondwet, kerke, skole, selfs in die ouerhuise d.m.v. die televisie. Die intensiteit van hierdie geestelike oorlog word tot op die spits gedryf, waarna opnuut oorgegaan word na ‘n fisiese aanval, want as die vyand (die Christelike Afrikaner in hierdie geval) geestelik gebreek is, kan jy min weerstand verwag.
Terwyl hierdie goddelose verwoesters hul besig hou met die rumoer en anargie wat hul werkswyse kenmerk, wil ek ‘n luide wekroep aan elke ware Afrikaner Christelike gelowige rig om opnuut erns te maak met u Skepper – die Enigste ware God van hemel en aarde, die God van Bloedrivier, die God wat ons as volk hier aan die suidpunt van Afrika geplant het. (Joël 2:1&2: “BLAAS die basuin op Sion, en blaas alarm op my heilige berg! Laat al die inwoners van die land bewe, want die dag van die HERE kom, want hy is naby – ‘n dag van duisternis en donkerheid, ‘n dag van wolke en wolkenag; soos die môreskemering, uitgesprei oor die berge, kom ‘n talryke en magtige volk, wat van oudsher sy gelyke nie gehad het nie en dit hierna ook nie sal hê tot in die jare van die verste geslagte nie.”) Die aanslag teen ons lyk inderdaad oorweldigend, en met oorlogskrete wat uit die stof begin verrys, gaan menige se harte versmelt en mense wat nie weet in Wie ons anker lê nie, sal verward rondkyk en selfs op die vlug slaan.
Ons moet egter besef dat hierdie oorweldigende vyand bloot as tugroede deur God gebruik word om ons te straf omdat ons van Hom vergeet het en van Hom afgedwaal het. Wanneer ons terugkeer na Hom, sal Hy hierdie tugroede wat Hy gebruik om ons te straf, verander in ‘n voorwerp van vernietiging omdat hulle hulself grootgemaak het oor ons volk, maar ook teen Hom. Ons het egter die verantwoordelikheid om vir die behoud van ons Christelike geloof hier aan die Suidpunt van Afrika ons man te staan en nie op vlug te slaan nie. Asof ons nie alreeds die eer van sy Naam die afgelope paar dekades genoeg oneer aangedoen het nie, durf ons dit nie met kleingelowigheid verder doen nie. Met ‘n vaste geloofsvertroue in die Almagtige God van hemel en aarde het ons al meer as een oorlogskreet van verskeie vyande afgeweer. Hierdie keer was ons vyande slimmer om daardie geloofsvertroue te probeer vernietig alvorens hulle die fisiese aanslag loods. Verder het hulle ook deur geheime organisasies al ons vyande begin verening sodat ons moeilik kan onderskei tussen ons vriende en vyande, aangesien verraad en misleiding uitkennig feitlik onmoontlik gemaak het.
Gewikkeld in ‘n stryd waar die getalle-oormag oorweldigend lyk, is dit onontbeerlik dat ons onsself sal bewapen met die sterkste wapen tot ons beskikking nl. onwrikbare geloofsvertroue in ons Almagtige God. Hy was nog altyd ons Hulp en ons Redder en daarom kan ons ook vertrou in sy belofte in Jesaja 46:13: “Ek bring my geregtigheid naby; dit is nie ver nie, en my heil sal nie vertoef nie; en Ek gee heil in Sion, aan Israel my heerlikheid.”
Galásiërs 3:29: “En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.”