NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons lewens hier op aarde is soos 'n dagboek voor ons Vader in die hemel. Elke dag word daar 'n datum en 'n bladsy vol inligting geskryf. En op die meeste van daardie bladsye is daar maar vieslike blertse – waar ons baie verkeerde dinge doen, mekaar beskinder, beleuen, besteel, versuim om belangrike dinge te doen en talle ander sondes pleeg. Genadiglik gee ons Vader vir ons saam met die boek ook 'n sterk uitveër wat ons kan gebruik om daardie lelike plekke uit te vee. En Hy verseker ons in sy Woord dat Hy nie eers weer dink aan daardie vuil kolle nie want as ons die uitveër gebruik, is alles weer skoon en netjies voor Hom.

DOELGERIG OF DOELLOOS?

Hannes Ollewagen

Daar is min leierseienskappe wat volgelinge van ‘n leier só entoesiasties en spontaan laat saamwerk, as doelgerigtheid.  Volgelinge sal ‘n doelgerigte leier maklik volg, aangesien die eindbestemming nie vir hul onseker is nie en derhalwe het hul ook vertroue dat hul leier weet hoe om die eindbestemming te bereik wat geïdentifiseer is.

Die Afrikaner kon op ‘n tyd beskou word as ‘n doelgerigte volk en met hierdie gesindheid van doelgerigtheid het hierdie geringe volkie buitengewoon hoë mylpale bereik.  Ons kon trots wees daarop om binne ‘n baie kort tydsbestek in ‘n vrye land te woon wat nie alleen die groot moondhede van die wêreld ingehaal het nie, maar selfs verbygesteek het.  Op wetenskaplike, ekonomiese, mediese, asook militêre en nywerheidsgebied het Suid-Afrika uitgeblink met prestasies bo ander lande in die westerse wêreld.  Met ‘n totale bevolking van ongeveer 17 miljoen (12,1 miljoen Swart, 3,07 miljoen Blank, 1,79 miljoen Kleurlinge en ,55 miljoen Asiërs) in 1960, kon ons beswaarlik meeding met ander lande en volke wat al lank gevestig was in hul streke.

  In dieselfde tydperk was die bevolkingsgetalle van ander lande onder meer Amerika (179,3m), Brittanje (52,1m), Duitsland (72,7m) en Rusland (120m).  In vergelyking met ons volk se getallewig van net meer as 3 miljoen, was ons eintlik maar onbenullig.

Ons is egter alles behalwe onbenullig beskou by die volkeretafel, aangesien ‘n land wat die eerste suksesvolle hartoorplanting ter wêreld suksesvol uitgevoer het, oor ‘n eerste wêreldse vervoer- en kommunikasienetwerk beskik, ‘n weermag op die been gebring het wat in staat was om sy land teen Afrika se gevare te verdedig, ‘n ekonomiese groeikoers van bykans 6% in reële terme en ‘n inflasiekoers van 3% te handhaaf, sy eie wapenarsenaal vervaardig en selfs brandstof uit steenkool ontgin het, luidkeels sy bestaansreg uitbasuin het tussen ander volkere.  Al hierdie dinge was vir ons belangrik en ons volk het doelgerig saamgewerk om ons doelwitte te bereik, aangesien ons oortuig was dat ons ‘n roeping het as ‘n volk hier aan die suidpunt van Afrika.  ‘n Volk geplant deur die Almagtige se Hand om te leef tot sy eer.  Laasgenoemde was ons hoogste roeping, ons hoogste trots – die sieraad om ons volk se hals.  Hierdie roeping is bevestig deur ons land se Grondwet van 1961, landswette was ook Sondaghandel, aborsies en ander dergelike sondes verbied het met ‘n regstelsel wat ongeregtighede hard gestraf het.  Ons sien uit ons die geskiedenis dat ons doelgerig en getrou aan ons roeping was toe ons doelgerigte leier op 15 Maart 1961 uit die Statebond bedank het ter behoud van beginsels.  Om trou te bly aan beginsels het op daardie stadium nog swaarder geweeg as om die wêreld ter wille te wees.  ‘n Mens kan nie die wêreld ter wille te wees sonder om daar aan gelykvorming te raak nie.  Ons was doelgerig om getrou aan God te leef as sy volk, soos wat ons beloof het op 16 Desember 1838, en Hy het sy seën aan ons in oorvloed gegee.

Ons het egter dwaas gehandel deur te vergeet dat die voorspoed van ons land en volk te danke aan ons getroue Skepper en Vader was en nie deur die werk van mensehande of selfs die wonderlike Nasionale Party van ouds nie.  Dit het veroorsaak dat ons volksgenote nie kon merk dat die eens Godsvresende leiers van hierdie volk opgevolg is deur misleiers nie.  Hierdie misleiers was natuurlik geensins doelgerig om ons volk te lei langs die weg van getrouheid aan Hom nie.  Die een dwaalweg na die ander is betree onder die leuens van kortpaaie of onvermydelike uitweë.  Op hierdie dwaalweë is ons volksgenote geleer om hul knieë te buig voor afgode soos die geld-, sport- en vermaaklikheidsgode en hul kinders in laasgenoemde se weë groot te maak.  Ons het gedink dat ons God saam met ons afgode kan dien en in die proses só verblind en verduister geraak dat ons in ‘n doolhof van dwaalweë beland het waar die grootste gedeelte van ons volk doelloos rondtas.  Ons het só blind en verduister geraak in ons verstand, dat ons nie eers die volgende harde WAARHEDE raaksien/erken nie:

  • In die tydperk 1994 – 2014 is ongeveer 70 000 volksgenote vermoor.  Dit kom neer op  3 500 per jaar, maar steeds is ons te blind om te sien dat ons tans in ‘n oorlog gewikkel is.  Vergelyk hierdie getal met die  4 000 sterftes van Boerkrygers gedurende die Tweede Anglo Boere-oorlog (ongeveer 1 333 per jaar) en ontken dan dat die huidige sterftesyfer vergelykbaar is met dié van ‘n HEWIGE EN BLOEDIGE OORLOG!
  • Ons mediese dienste stort in duie en daar word selfs bespiegel dat staatshospitale deur die huidige kommunistiese regime aangewend word om die volksmoord op ons volksgenote te verskerp.
  • Huwelike en gesinne word uitmekaar geskeur deur ‘n samelewing wat só besope is met humanisme (eie-ek afgodery) dat geen gevolge op ander mense se lewens in ag geneem word tydens besluitneming nie.
  • Ons regstelsel kan nie eers met ‘n sirkus vergelyk word nie, want oor laasgenoemde is daar minstens beheer oor die chaos wat heers terwyl reg en geregtigheid nie eers ter sprake is nie.
  • Ons onderwysstelsel sink laer af as die diepste slaggate wat op ons land se vervalle paaie gevind sal word en behoort binnekort die “Afrika-toekenning” vir laagste onverwysstandaard ter wêreld te ontvang.  Moet egter nie glo dat hierdie onstellende feit onrus by ouers sal wek nie, want ten minste kan my kinders nog lekker sport beoefen en die sportgod hou hul dus so bedwelmd dat hulle bereid is om hul kinders se kennis en vaardighede te offer op die afgodsaltaar van die sportgod.
  • Ons ekonomie is seker die snel-groeiendste ramp in hierdie land wanneer Evkom natuurlik buite rekening gelaat word.  Die huidige regime verwar klaarblyklik inflasie en ekonomiese groeikoers met mekaar wanneer ons kyk watter koerse opgestoot en afgedruk word.
  • Stakings en munisipale diensverswakking is só algemeen dat ‘n permanente dagblad daarvoor op die been gebring kan word.  Ek weet net nie hoe dit versprei sal word nie, want die oud-modiese gedrukte media sal letterlik vlam vat en Evkom se elektrisiteitsvoorsiening is nie betroubaar genoeg om elektroniese verspreiding te kan waarborg nie.
  • Werkloosheid het só algemeen geword dat simpatie teenoor werklose volksgenote nie meer bestaan nie.  In 1994 was net meer as  5 000 van ons volksgenote werkloos.  Hierdie getal het intussen aangegroei na ongeveer 800 000 siele wat nou in plakkerskampe sit!  Dit skeel ons egter min, want ons is só besig om Mammon te dien.

Behalwe vir die skade wat ons volk aangerig word op feitlik elke lewensterrein wat ‘n beskaafde volk nodig het om ‘n rustige en stil lewe tot selfversenliking te leef, is die dieper, geestelike wonde wat toegedien word, hartverskeurend om die minste te sê:

  • Kinders word nie meer rondom die huisaltaar opgevoed nie, want die televisie het die plek daarvan in feitlik elke volkshuishouding ingeneem.
  • Seuns word derhalwe nie meer geleer om mans te wees wat verantwoordelik genoeg  is om hul gesin doelgerig te lei volgens God se voorskrifte en hul in liefde te versorg nie.  Jy is nou ‘n MAN as jy doelloos van die een wellustige “liefdesverhouding” tot die volgende spring.  ‘n Man is mos nie iemand wat vir hom ‘n Godsvresende metgesel soek (of van God afbid) en doelgerig werk om getrou aan haar te bly en die nodige eer en liefde aan haar te bewys soos wat ons hemelse Vader ons leer nie?
  • Vroue word nie meer geleer om onderdanig as ‘n hulp vir haar man te wees en hom te ondersteun nie.  Hulle is só vasberade om nie toe te laat dat haar man oor haar heers nie dat die rol van broodwinner oorneem en die versorging van haar gesin en opvoeding van haar kinders aan die bediende toevertrou.  Sy sal laasgenoemde nie met haar bankkaart en geld vertrou nie, maar haar kind se lewe en opvoeding laat sy in haar hande...

Met verwysing na bogenoemde is ons boonop huigelagtig genoeg om te kla oor kinders wat nie maniere het nie, te lui is om te werk, nie ‘n eie identiteit het nie en altyd wil doen wat die maats doen en boonop nie ‘n grondige kennis het van die volksgeskiedenis en –kultuur of van ons Godsdiens en selfs ons God nie.

Verdwaald, verward en blind tas ons volk op hierdie onbekende dwaalweë rond op soek na leiding.  Te blind en verward om te besef dat ons leiding van Bo moet kom, vrees ek die dag wanneer die volgende wolf in skaapsklere sy verskyning sal maak om hierdie volk vir goed oor die afgrond van vernietiging te sleep.  Geen bekwame politieke leier in die huidige bestel sal ons as volk uit hierdie doolhof van verwarring kan lei nie, want hy sal die volk ook doelloos op  elke dwaalweg lei behalwe die pad wat terug lei na ons God.  Laasgenoemde wat ons enigste uitweg uit ons ellende is.  Daar waar ons volk weer ons God sal vind en sal leer ken – die God wat die Skepper van alle dinge is en ook alles onderhou.  Die God wat sy liefde aan sy kinders bewys het deur sy Seun, Jesus Christus, ons enigste Verlosser en Saligmaker.  Die God wat ons geplant het hier, aan die suidpunt van Afrika, om te leef tot sy eer en sy deugde te verkondig.  Die God van Bloedrivier aan wie ons trou beloof het om doelgerig as sy volk te leef.  Die God van wie ons diep-afvallig en vervreemd geraak het.  Die God wat met ongeduld daarop wag om ons genadig te wees nadat ons tot Hom teruggekeer het.

Gelukkig berus dit nie by ons om te besluit of ‘n volk wat met soveel genade van Hom kon ontwikkel tot ‘n trotse volk met ‘n eie identiteit, taal, kultuur, toekoms en roeping en dit alles doelloos weggesmyt het om die wêreld ter wille te wees, enige bestaansreg het nie.  Gelukkig weet ons dat Hy trou bly, selfs al is ons ontrou, maar ons durf nie sy trou verag of misbruik nie.

Hoe lank sal ons aanhou met ons doellose planne en onderhandelinge onder misleiers van hierdie volk wat die weg na ons God versper?  Hoeveel slae, verdrukking, smaad en hoeveel bloed van oupas, oumas, pa’s, ma’s en weerlose kinders gaan ons nog oor ons hande laat vloei alvorens ons doelgerig na ons God terugkeer om ons roeping as Godsvolk weer op te neem?

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2580 gaste aanlyn