NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

U kan dit maar gaan toets: soos dit in die gesinne gaan, so gaan dit in die volkslewe en so gaan dit in die hele wêreld waarin ons leef. Maar u as ouers het die vermoë van God ontvang om hieraan 'n hele wêreldse verskil te maak!

SAL EK SY STEM HOOR?

Hannes Ollewagen

Openbaring 3:14-22

“Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.” (Vers 22).

Een van die hoofredes, na my mening, waarom leraars nie graag uit die boek van Openbaring preek nie en mense dit derhalwe ook nie graag lees nie, is weens die feit dat dit baie reguit en op die man af met ‘n mens praat.  Menige mense is bang dat die skoen dalk by nadere ondersoek te goed sal pas en weet self nie of hulle bereid is om die skoen aan te trek nie.  Dit is makliker om in ontkenning te leef, nie waar nie?

Ek wonder of mense besef watter fatale fout hulle sou maak om hul lewe in hierdie sorgeloosheid en ontkenning voort te sit?  Sou ‘n persoon of onderneming finansiële probleme ondervind en die probleem nie erken en aangespreek word nie, sal die probleem nie vanself verdwyn nie.  Kort voor lank sal die entiteit se bates opgeskryf word om die skuldeisers se skuld te vereffen.  Net so wanneer ‘n persoon ‘n ernstige siekte onder lede het en weier om medici te raadpleeg vir ‘n diagnose, beteken dit nie dat die persoon nie siek is of selfs sondermeer gesond sal word nie.  Ontkenning los nie probleme op nie – dit stel dit bloot uit, soms totdat dit te laat is om dit aan te spreek.  Wil ons regtig die risiko loop om nie ‘n gesonde analise van ons geestelike lewens te maak nie, terwyl hierdie keuse ons ewige lotsbestemming raak?  Waarom sou ons so hardkoppig wees om nie die aardse en vleeslike begeertes prys te gee ten einde ons ewige heil te verseker nie?

Daar is soveel  mense wat in ons hedendaagse samelewing ook maar sukkel om warm te wees in hul diens aan God.  Wanneer ‘n mens kies om God te dien, maar op jóú voorwaardes, dan beweeg jy op hierdie gevaarlike terrein.  Jy dien God om iemand te hê na wie jy kan roep wanneer jy in die nood verkeer, maar jy wil Hom nie dien wanneer dit tyd is vir selfondersoek en wanneer daar offers gebring moet word nie.  Jy wil nie hoor van die verkeerde in jou lewe nie, omdat jy tog getrou jou kerk bywoon, tiendes gee en dalk selfs die armes help waar jy kan.  Al hierdie dinge het jy dalk gedoen van jou jeug af, maar kom jy nie iets kort nie?  Het jy God waarlik lief met jou hele hart en jou hele siel en jou hele verstand omdat jy Hom waarlik ken en Hom in opregtheid dien of is jy maar net godsdienstig omdat jy weet van ‘n God wat iewers bestaan?

Dalk kom u vandag tot die besef dat u godsdienstig is, maar nie waarlik vir God ken nie?  Indien dit die geval is, is dit raadsaam om te weet dat Hy ook by u hart se deur staan en klop en wag om ingenooi te word, omdat Hy in u lewe wil inwoon.  “Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop.  As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.” Hy wil nie net so nou en dan kom kuier (wanneer u lus voel om Hom so nou en dan te dien nie) nie – nee, Hy wil op die troon van u hart regeer!  Hy sal egter nie die deur van u hart oopforseer en met geweld daarin dring nie, maar eerder sagmoedig en geduldig daaraan klop, maar ook nie vir ewig nie.  Sou u verkies om Hom nie in u lewe toe te laat nie, sal Hy u dalk verbygaan om nie weer langs daardie pad te gaan nie.  Dit is egter nie te laat om Hom in u lewe toe te laat wanneer u sy roepstem hoor nie – onthou, daar was selfs vir die rower aan die kruis in sy laaste uur nog redding!

Dit is nie God se wil dat siele verlore moet gaan nie, juis daarom tugtig Hy ons wanneer ons van Hom af wegdwaal en dreig om verlore te raak.  God tugtig en straf ons egter nie as ‘n ongenadige God wat net wag om te kyk waar Hy ons kan straf nie, maar juis omdat Hy ons liefhet en oor ons sieleheil waak as die kosbaarste besitting in ons lewens.  Die wonderlike versoening wat vir elke ware gelowige in Jesus Christus bewerstellig is, gee ons die voorreg, mag en verantwoordelikheid om ook oor die sonde  in ons eie lewens te heers en dit eindelik te oorwin.  Geen mens is sonder sonde nie en ons gaan ook nie deur goeie werke die ewige Koninkryk van God beêrwe nie, maar dit is God se wil dat die bose oorwin moet word en dat ons ywerig, warm moet veg teen die aanslae van die satan en sy vernietigingswerke hier op aarde, juis omdat ons weet dat ons alreeds die ewige oorwinning deur Jesus Christus verkry het.  Ons het die verantwoordelikheid om saam met Hom (wat in ons harte woon) te stry vir sy koninkryk hier op aarde om die weg te baan vir Hom wat weer sal kom om die aarde te oordeel, want daardie dag sal ons die finale oorwinning geskenk word en die voorreg ontvang om saam met Hom te regeer.

Die Woord van God stel dit vir ons duidelik in verse 15&16 van hierdie gedeelte dat ons God nie op ons voorwaardes kan dien nie.  Ons kan Hom nie dien en doelbewus vasklou aan die verkeerde en vleeslike dinge in ons lewens nie, want dan sal dit net ‘n kwessie van tyd wees voordat Hy ons uit sy mond sal spuug.  Die Roepstem is daar om dringende selfondersoek in u lewe in te stel oor die temperatuur van u geestelike lewe, maar onthou dat u nie ‘n ewigheid gegun sal word om die besluit te neem nie.  U besluit sal egter gevolge inhou wat ‘n ewigheid sal duur!  Moenie uitstel nie, want u weet nie wanneer die laaste klop aan die deur sal wees en sou u te laat oopmaak, die Eregas nie meer voor die deur te vinde wees nie. . .

U is dalk bang om die deur van u hart vir Hom oop te maak, aangesien daar baie dinge in u geestelike huis is wat u voor u siel weet nie tuishoort nie, maar wees verseker dat Hy dit ook weet.  Hy staan nie voor die deur en klop om te kom veroordeel nie – Hy staan reeds daar om in te gaan en u te help om die verkeerde reg te stel.  As u Hom vertrou, na Hom sal luister, bereid sal wees om aan Hom gehoorsaam te wees, wees verseker dat wanneer Hy eers toegelaat is in u huis, Hy verseker sal toesien dat die verkeerde daaruit weggeruim word.  Daar is geen sonde, geen hartseer, geen verkeerdheid wat Hom sal oorweldig in u lewe nie.  Hy, Jesus Christus, is die ewige Oorwinnaar, die onoorwinlike wat in ‘n oogwink die dreigende vyande van sonde ook in u lewe kan oorwin.  Hierdie stryd mag dalk ‘n hewige stryd raak, ‘n lang en uitgerekte stryd met veel beproewing, hartseer en opofferings, maar wees verseker dat die oorwinning wél sal uitkom, sou u volhard in die stryd.

“Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek.  Wees dan ywerig en bekeer jou.”

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2631 gaste aanlyn