NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die voordeel van pyn is dat dit ons meegevoel met ander leer. Wie eenmaal diep pyn ervaar het kan nooit weer ongevoelig staan teenoor die lyding van ander nie.

SAL ONS HOM AANNEEM?

Hannes Ollewagen

Johannes 1:1-14

Dit is belangrik om tydens die lees van hierdie gedeelte ook die Skeppingsverhaal in gedagte gehou.  Wanneer ons dit doen, leer ons dat Jesus Christus nie  “ontstaan” het tydens sy geboorte uit die maagd Maria nie, maar dat Hy daartydens mens (vlees) geword en na die aarde gekom het.

Wanneer ons in vers 1 lees dat die Woord by God was, besef ons dus dat God deur sy Seun, Jesus Christus, die aarde geskape het, want Hy het deur die Woord geskape.  As Skepper van die aarde, sou ‘n mens tog verwag dat die skepsel en alles daarop en daarin Hom wat dit geskep het sou verheerlik en dien.  Dit was tog sekerlik die bedoeling, maar deur die listige slang wat genoem word duiwel en satan, is daar opstand teen God bewerkstellig.

Die opstand teen God en sy Koninkryk het tot gevolg gehad dat daar ‘n voortdurende stryd tussen God se Koninkryk en Satan en dié se volgelinge en magte sou wees.  Ons sien vandag hoe hierdie magte van die satan oorlog voer in volle swang en hoe geestelike oorlogvoering menige mense oorweldig en hulle in ellende dompel.  Een van die gevaarlikste taktieke wat die satan gebruik in sy oorlogvoering teen die mens hier op aarde, is om die kulkunsie van nabootsing te gebruik.  Die satan doen homself voor as ‘n engel van die lig, terwyl die uiteinde van sy misleiding slegs weë van die dood is.

Dit is van kardinale belang dat ons daadwerklik sal erns maak daarmee om ons Verlosser, Saligmaker en Leidsman, Jesus Christus, te leer ken in waarheid.  Daarsonder sal ons die groot risiko loop om deur die satan se slinkse misleiding ook op ‘n dwaalweg gelei te word.   “Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie.  Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.  Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;” (:10-12).  Ware kennis van Hom sal ons opnuut tot die besef bring dat ons die voorreg het om sy kinders te wees wanneer ons Jesus Christus waarlik aangeneem het as ons Verlosser en Saligmaker.

Wat beteken dit om Hom aan te neem?  Is dit om een Sondag in jou lewe voor ‘n kerk vol mense te staan en met jou lippe te bely dat jy glo in Hom wat jy dalk nie eers ken nie?  ‘n Ydele geloofsbelydenis met die lippe wat nie uit die oortuiging van die hart kom nie, sal jou jou siel kos – wees gewaarsku daarteen!  Hy deurgrond en ken ons en weet daarom of die woorde van ons mond waar is of net gespreek word om menslike aanvaarding en die eer van mense te kry; daarom dat Hy met reg kan waarsku “Nie elkeen wat vir My sê:  Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.” (Matt. 7:21).  Hoe kan ‘n mens sy Wil doen wanneer jy Hom nie ken nie?  Dit sal jou ook nie baat om die goeie menslike verordeninge van ander ware gelowiges wat Hom waarlik ken slaafs na te volg nie, want ons lees ook dat selfs laasgenoemde sonder die liefde van geen nut is nie.  (1 Kor. 13).

Ons wat God se eiendom en kinders is, moet besef dat ons die verantwoordelikheid het om ook nie die stryd teen die bose hier op aarde gewonne te gee nie.  Met ons Leidsman, Jesus Christus, moet ons as sy volk en eiendom, ook bereid wees om saam te stry vir die Evangelie van vrede wat deur die satan en sy boosdoeners aangeval word op feitlik elke lewensterrein in ons eie vaderland wat ons verlore erfenis geword het.  Ons het die verantwoordelikheid om in ons eie huise ons fondasie weer op te rig en te bou op die rotssteen van Jesus Christus, want hierdie belydenis met woord en met daad is ‘n bewys dat ons Hom waarlik aangeneem het.  Wanneer ons Hom waarlik ken en aangeneem het, sal ons weer voor sy aangesig as sy eiendom kan leef met erkenning van sy gesag as die hoogste gesag in ons lewens.  Waarlik sal ons dan weer kán wees – knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry!

As knegte van die Allerhoogste, het ons die verantwoordelikheid om die bose die stryd aan te sê, toegerus met die wapenrusting van God (Efesiërs 6).  Ons sal weer leer om ons kinders in die weë van die Here te onderrig, ons sal die waarheid liefkry en leuens verag!  Ons sal ons kinders met alles probeer beskerm teen die leuens wat in die skole aan hulle opgedring word en seker maak dat hulle die waarheid ken.  Ons sal ons kinders beskerm teen die misleiding en bose breinspoeling van skadelike televisieprogramme en –speletjies wat vir menige kinders ontvlugting van die werklikheid bied.  Ons sal ons kinders liefhê en opvoed in die wete dat hulle die stryd moet voortsit en derhalwe behoorlik toegerus moet wees daartoe.  Ons sal egter nie ons kinders verafgod en toelaat dat hul ons huishouding regeer nie, want dit is nie die voorskrif van ons Leidsman nie.

As knegte van die Allerhoogste sal ons optrede gedryf word deur liefde vir Hom en sal die geld- en sportgod nie ons knieë swik om voor hulle te buig nie.  Die Sabbat van onse Vader sal nie ter wille van geld en sport ontheilig word nie.  Ons sal nie ter wille van sport en geld, vermaak en genot ons beginsels oorboord gooi nie, maar weer as sy kinders leer om ‘n verantwoordelike lewe van vergenoegdheid te leef.  ‘n Lewe waarin ek nie net my eie selfsugtige begeertes wil bevredig nie, maar ‘n lewe waarin ek Hom dien deur ook aan my naaste liefde te betoon, asof ‘n daad aan Hom.  Dit sal ons volk weinig baat as ons gedurig tot ons God roep om verlossing, sonder om die verkeerde uit ons midde weg te ruim.  Sy hand is nie te kort om te help en sy oor nie te swaar om te hoor nie, maar ons ongeregtighede het ‘n skeidsmuur geword tussen ons en ons God.

Ek word toenemend daarvan oortuig dat daar ‘n ontwaking onder volksgenote is om na God terug te keer in waarheid – om ons as ‘n volk tot Hom te bekeer met ons hart en siel en dat Hy ook getrou is om ons hart tot Hom te bekeer.  Ek is oortuig dat die trane van ware gelowige kinders van God saam met hul gebede opklim tot God se Aangesig en dat die klein kooltjies deur sy Gees weer aangeblaas word om die vurigheid in ons harte om Hom te dien en lief te hê, weer hoog te laat brand.  As u saam met my oortuig is hiervan, laat ons saam arbei om af te breek aan die muur van ongeregtigheid wat skeiding maak tussen ons en ons God.  Laat ons leer om mekaar in liefde te verdra, maar ook in liefde te vermaan en te berispe.  Mag Hy ons die krag bied om die mure van ons ongeregtigheid voor Hom te laat ineenstort soos wat die versterkte mure van Jerigo deur sy krag geval het!

Wanneer ons Hom waarlik aangeneem het, sal ons onsself onderwerp aan sy gesag in ons lewens en sal ons daarna streef om Hom te gehoorsaam met ons hele lewe.  Ons sal besef dat ons die mag het om kinders van God te wees en dat geen mag in die hemel of op aarde ons in ons stryd tussen Lig en duisternis sal kan oorweldig nie, aangesien ons Leidsman, die Onoorwinlike Jesus Christus is.  Hy is die HERE ONS GEREGTIGHEID!  Mag ons Hom ken wat Homself aan ons geopenbaar het – Hy wat vol is van genade en waarheid!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2501 gaste aanlyn