NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Het jy geweet 'n hert ( 'n bergbokkie) het die instinktiewe vermoë om sy agterpootjie presies neer te sit waar hy sy voorpootjie optel? Daarom beweeg hy veilig op hoë rotse. "Hy maak my voete soos dié van herte en laat my staan op my hoogtes" sê die Psalmdigter in hoofstuk 18. God laat ons oor duiseligwekkende dieptes veilig tree; in doodsgevaar is sy Hand oor jou; by Hom is ons veilig.

TOEGEWY AAN GOD?

Hannes Ollewagen

Romeine 12:1-8

(:1&2) "EK vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer – dit is julle redelike godsdiens.  En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.”

Hoe het ons samelewing nie ontaard van ‘n lewe toegewy aan God na ‘n lewe waarin elke mens toegewy is aan homself nie?  Is dit enigsins vreemd dat die dwaalleer van humanisme daarom tot gevolg het dat huwelike en gesinne verbrokkel, verhoudings tussen mense skipbreuk ly en daar soveel hartseer en ellende in die samelewings is waarin ons beweeg omdat elke mens in selfsug toegwy is om net sy eie begeerlikhede te bevredig?   Hierdie dwaalleer word nie alleen in kerke verkondig nie, maar selfs deur dwaalleraars in kerke verdedig word en aangevuur deur misleiers wat selfs menige gemeentelede ondersteun in hul dwaling.  Verskonings dat jy bv. ook die REG het om gelukkig te wees en dat jy maar eintlik enigiets kan doen, want Christus het mos reeds vir jou sondes aan die kruis gesterf, is dwalinge wat deur die satan self aangeblaas word en verwoesting onder mense en God se koninkryk op aarde saai.

In die eerste verse van die gelese gedeelte word ons geleer dat ons juis vir God in liefde en met totale onselfsugtigheid behoort te dien, want só het Jesus Christus ook vir ons die voorbeeld gestel.  Ons diens aan God moenie bloot diens met die lippe wees nie, maar ‘n diensbaarheid aan Hom waarin ons hele liggaam/lewe aan Hom toegwy en beskikbaar gestel word om aan Hom gehoorsaam en diensbaar te wees.  Alles wat ek dink, praat en doen, moet in diensbaarheid aan Hom wees, want dan het ek Hom mos waarlik lief met my hele hart, siel en verstand, nie waar nie?  Dit beteken egter nie dat ek die hele dag moet sit en Bybel lees en bid om vir Hom diensbaar te wees nie.  Inteendeel, die liggaam van Christus (die kerk/gemeente) bestaan uit ‘n verskeidenheid lede wat elkeen ‘n belangrike funksie het om te verrig.  Die een lid is nie meer belangrik as die ander lid nie, alhoewel daar ‘n verskeidenheid van lede is.  Dit verduidelik tog vir ons dat ons in ons beroep, as lidmate van ‘n gemeente, as ouers en as volksgenote op elke lewensterrein na die beste van ons vermoëns vir Hom diensbaar moet wees.  As daar lewensterreine in my lewe is waar ek Hom nie diensbaar kan wees nie, moet ek myself dalk afvra of ek op die regte terrein beweeg?  Net soos wat ek vir Christus dien terwyl ek in my binnekamer die Woord bestudeer en bid, so dien ek Hom ook wanneer ek as lid van die opvoedingsraad van die skool waarin my kinders is, openlik opstaan vir die behoud van die Christendom en die bevegting van sinkrintisme en dwalinge wat aan kinders op skool geleer word.  So kan ek ons Leidsman by die werk dien deur regverdig te wees teenoor my kollegas en te probeer toesien dat mense rondom my en onder my regverdig en eerlik behandel word.  So kan ek Hom dien deur my kinders getrou in sy weë op te voed om te verseker dat die volgende geslag Hom sal dien, beter as wat die vorige geslagte dit gedoen het.

Dit sou my egter niks baat as ek op elke lewensterrein van die samelewing my stem laat hoor en ‘n stempel afdruk om my eie eer daardeur te soek nie.  Alvorens ek diensbaar raak vir Christus in my alledaagse handel en wandel, moet ek vernuwe word in my gemoed.  Ek moet besef dat ek nie God se guns hierdeur probeer verdien of skynheilig probeer voorgee dat sy koninkryk vir my belangrik is terwyl ek Hom nie ken nie.  Ek moet met ‘n gees wat vernuwe is uit dankbaarheid teenoor Hom en in liefde vir Hom gedryf word om my hele lewe aan Hom te wy.  Die diepe besef en dankbaarheid teenoor Hom vir die verlossing wat Hy vir my deur sy kruisdood bewerkstellig het en waardeur ek geregverdig is, is veronderstel om my gemoed te vernuwe dat ek aan Hom diensbaar wil wees.  Diep geraak deur die dankbaarheid en besef van sy liefde vir my, moet ek Hom só liefkry dat ek Hom wil behaag in alles wat ek doen.  Laasgenoemde sal my dryf om God nie te versoek nie, maar om wel in my wandel met Hom, te beproef wat Hom welgevallig is.  Dit beteken dat ek die dinge wat Hom welgevallig is, sal koester en beskerm en dit wat Hom nie behaag nie, in my lewe sal beveg en daarmee sal wegdoen.

Die dwaalleer van humanisme het so diep getref, dat dit ‘n eens gelowige en Godsvresende volk geskud het tot in sy fondasie.  Dit het mense tot sulke hoë vlakke van verwaandheid en selfsug gedryf, dat hulle nie eers meer besef dat hul lewens só gevul is met hulself dat daar nie eers meer plek vir Christus in hulle harte is nie, maar hulle dwaalleraars troos hul steeds dat hulle oppad is hemel toe, mits hul aanhou om getrou die tiendes op Sondae aan te dra na die skatkis.  (Dit klink amper na ‘n verdoeselde aflaatbriefstelsel wat vroeër deur die Rooms-Katolieke kerk gebruik is vir hul eie gewin).

As dit nie was vir die Rots waarop hierdie eens gelowige volk gebou was nie, sou hierdie huis (volk) sonder twyfel geheel en al ten gronde gegaan het.  Sou ons egter besef dat die aanslag teen hierdie huis (volk) van die begin af gemik was op die Fondament daarvan, sal ons besef watter groot verantwoordelikheid ons het om saam te werk aan die herstel van hierdie huis (volk).

Die vraag word vanoggend aan elke hoorder en leser van hierdie boodskap gerig in u aangesig – “Sal u verder in selfsug kyk hoe hierdie huis verder inmekaar tuimel en vernietig word of sal u begin om u gereedskap uit te haal en te gaan opsoek om aan te meld vir diens vir die heroprigting van hierdie vervalle huis ?  Die vaste Fondament is steeds daar, maar ons het bouers nodig, onselfsugtige bouers, wat bereid is om met toewyding aan God te begin om saam te werk aan die heropbou van hierdie eens roemryke huis .  Mag u vurige liefde vir Hom, u daartoe dryf om ook met ywer aan te meld om in ware toewyding aan Hom saam te begin werk aan die heroprigting van hierdie Geloftevolk van Hom!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2548 gaste aanlyn