NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons kan vir God niks wegsteek nie; nie ons swaarkry, ons sonde of ons liefde vir Hom nie. Kyk net hoe goed ken Hy ons: in Ps 139 sê Dawid: "U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte. U deurvors my gaan en my lê, en U is met al my weë goed bekend. Want daar is nog geen woord op my tong nie – of U, HERE, U ken dit geheel en al".  Natuurlik, want Hy het ons gemaak!

VRYHEIDSDAG? WAAR IS DAN DIE VRYHEID?

Hannes Ollewagen

Suid-Afrika dien as skouspel van die mens se dwaasheid om die leuen te glo dat jy vry sal wees wanneer jy van God se verordeninge kan wegvlug.  Die realiteit is egter dat dit eerder jou verlorenheid as jou vryheid waarborg.

Die satan en sy bose trawante wat die aardbodem bewandel het met groot sukses daarin geslaag om by mense die illusie te skep dat hulle vry sal wees daar waar hulle onafhanklik van God is en van Hom ontvlug het.  Hierdie leuen is lynreg in stryd met die mens se totale afhanklikheid en hunkering na God as Verlosser en Helper soos dit regdeur die Skrif verkondig word.  Ps. 139:7&8: "Waar sou ek heengaan van u Gees en waarheen vlug van u aangesig?  Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar!”

Die beste alternatief tot die bose se beskikking is dus om God se verordeninge te probeer verbreek ten einde hul “vryheid” daar te stel, aangesien selfs die bose weet dat die aarde en die volheid daarvan aan God behoort en dat daar nêrens heen gevlug kan word om van Hom af weg te kom nie.  Ps. 2:2&3: "Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy Gesalfde en sê:  Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!”

Die Afrikanervolk in Suid-Afrika was ‘n paar geslagte vantevore ook ‘n vrye volk as knegte van die Allerhoogste teen die hele wêreld vry.

  Ons volk wat homself aan God Drie-enig onderwerp het as die Hoogste Gesag in ons land, het elke dag vryheidsdag gevier – ons was vry om te leef volgens die regverdige en volmaakte insettinge van God se Woord.  Dit het nie vir mense gevoel asof dit feitlik onmoontlik geraak het om ‘n lewe volgens die Gees te leef nie, want eienskappe soos liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing was in ‘n land wat vry was beskou as prysenswaardige en navolgingswaardige eienskappe (verw. na Galasiërs 5:22).  In 2015 word hierdie selfde eienskappe in dieselfde land as swakhede beskou en boosdoeners mik hul aanslae op mense met sulke eienskappe.

Die werke van staatsamptenary en selfs kerklui asook die algemene publiek weerspieël ‘n lewe van mense wat alles behalwe vry is, maar diensknegte van die vlees geword het.  Ongeag die vleitaal wat hulle probeer spreek, word hul dade van owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid, afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap; afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge  - die vrugte waaraan ons dié bome ken.  (Verw. na Galasiërs 5:19-21).

My vraag aan die kerk- en staatkundige leiers wat voor geloop het op die dwaalweg waarlangs hul die Afrikaner na sogenaamde “groter vryheid” gelei het, is:  Waar is die Afrikaner se vryheid vandag, in 2015?  Jesaja 3:12:  “Die drywers van my volk is kinders, en vroue heers oor hulle. O My volk, jou leiers is verleiers, en die weg wat jou pad moes wees, het hulle tot ’n dwaalweg gemaak.” Julle het mense mislei om te glo dat enige konserwatiewe en behoudende siening ten einde die Christendom te beskerm, verkramp en wetties is.  Die sogenaamde verligtes het sonder aarsling ‘n vrye volk mislei onder die wet van die vlees en daarna teruggestaan, hul skaapsklere afgestof en boonop gaan sit die meeste van hulle en smaal aan die opbrengs van regverdige, getroue en hardwerkende volksgenote terwyl feitlik die helfte van ons volk in armoede, ellende en wanhoop vergaan.  Die Afrikanervolk sink weg in ‘n kuil van moedeloosheid, maar die kerke kan nie wag om in die media te spog oor die miljoene wat spandeer word aan sendingwerk bo in Afrika nie!   Is dit reg om die brood van die kinders te vat en dit vir die hondjies te gee?

Dit vereis nie die intellek van ‘n kernfisikus om te besef dat die enigste vryheid en Utopia wat hierdie kerklike- en politieke misleiers geskep het, vryheid vir misdadigers was waar hulle wel in hul Utopia kon leef.  Terwyl misdadigers in vryheid selfs hierdie Utopia van hul eie plunder en afbrand, is wetsgehoorsame, Godsvresende, beskaafde mense VRY om hulself in hul huise toe te grendel en in vrees te leef.  Boonop durf ‘n man nie sy Godgegewe plig nakom om huis-en-haard teen booswigte te beskerm wat deur al hierdie veiligheidsmeganismes gebreek het nie, want hierdie arme booswig was dalk honger en jy moet onthou dat hy nou vry is om in jou huis te kom haal na gelang van sy BEGEERTE. ‘n Mens steel mos elektroniese toerusting (in ‘n huis waar daar wel ‘n yskas vol kos is) omdat jy honger is?  ‘n Man is nie vry om die beroep waarvoor hy bekwaam is uit te oefen nie, want iemand anders is VRY om ‘n wet daar te stel wat hom sal laat boet vir sogenaamde onregte uit die verlede.  ‘n Man durf nie in liefde en met die nodige gesag sy huis in stand hou en die hoof van sy vrou wees nie, want dan skend hy die een of ander mensereg en onthou dat vroue en kinders nou die VRYHEID geniet om die huise te regeer, sonder om verantwoordelikheid te neem vir die gevolge van hul verkeerde keuses.

Die vryheid wat geskep is deur die kerklike- en politieke misleiers kan ook statisties aan u voorgehou word  as bewys dat hierdie skrywe nie emosioneel gegrond is ten einde uiting aan ‘n persoonlike sienswyse te gee nie.  Hierdie eens trotse land geniet nou die vryheid om:

  • Aborsies wettig uit te voer en selfs kerke sal probeer verduidelik en Bybelversies gaan opsoek oor hoe ‘n mens hierdie daad van moord moet goedpraat;
  • Te moor, roof en plunder na hartelus;
  • Vals aanspraak te maak op ander se eiendom;
  • Hardwerkende en eerlike mense te verbied om hard te werk;
  • Dwelmverslawing met rasseskrede te laat toeneem en ‘n Utopia te skep waarin die volgende MISDADE op ‘n DAAGLIKSE basis begaan word:
  1. 47 moorde
  2. 47 pogings tot moord
  3. 172 seksuele misdrywe
  4. 502 ernstige aanrandings
  5. 375 roof- en aanverwante misdrywe.

Dit is duidelik wie die vryheid onder die huidige bestel geniet wat veroorsaak dat hierdie land mank gaan aan die ongeregtighede wat dit terminaal siek maak.  Jes.1:5&6: "Waar wil julle nog geslaan word, dat julle voortgaan met af te wyk? Die hele hoof is siek, en die hele hart is krank.  Van die voetsool af tot die hoof toe is daar geen heel plek aan nie, maar wonde en kwesplekke en vars houe! Hulle is nie uitgedruk of verbind of met olie versag nie.”

Die vryheid wat die Afrikaner gekry het deur sy ja-stem uit te bring ten einde ‘n sogenaamde bloedbad af te weer is nêrens in ons Vaderland te sien nie.  Ek wonder of die eertydse minister dalk vir die Afrikaner kan verduidelik hoe suksesvol die bloedbad afgeweer is wanneer die Afrikaner teen ongeveer 3 500 siele per jaar uitgemoor word?  (70 000 mense vanaf 1994 – 2014).

Dit sou seker doelloos en onsinnig wees om enige verduideliking hoegenaamd te eis van die misleier wat daarop roem dat hy ons Vaderland en erfenis weggegee het en dit weer sou doen as hy vir ‘n tweede maal voor hierdie keuse te staan kom.  Hierdie mens het dan van die begin af die skaapkraal van die kant af binnegedring en sy ampsposisie d.m.v. ‘n staatsgreep teenoor sy naaste te bekom.  Hoe mense ‘n man soos hierdie kon volg is menslik moeilik te begrype, maar gee seker ‘n aanduiding van sy vermoë om te bedrieg terwyl sy verligtheid seker al sy volgelinge verblind het?

Myns insiens het die Afrikaner tot die besef gekom dat ons volk se staatkundige mag en vryheid deur roofsugtige wolwe in skaapsklere van ons gesteel is en daarna uitverkoop is.  Hierdie besef laat tans ‘n lamheid en moedeloosheid in volksgenote se gees.  Die Christengelowige Afrikaner moes egter in sy lewe alreeds besef het dat daar vir elkeen wat waarlik in Jesus Christus glo as Verlosser en Saligmaker, ‘n groter, ewige vryheid bewerkstellig is wat niemand van ons kan wegneem solank as wat ons die geloof in Hom behou nie.

Dit is duidelik dat die misleiers van die Afrikanervolk, met sy stewige Christelike grondwet, se oogmerk is om mense in soveel ellende te dompel en hul diensknegte van die vlees te maak sodat hul sal begin twyfel aan God se liefde en regverdigheid.  Hierdie misleiers doen hulself dalk voor as engele van die lig, maar van binne is hul roofsugtige wolwe wat nie ‘n duit vir sy naaste omgee nie.  Dit traak hom niks om sy volksgenote te sien vergaan van honger en ellende nie en die werke en vrug van hul handelinge wat ‘n baie wrang smaak het, verklap hul ware oogmerke.

Die Afrikaner is baie lank vir die gek gehou om deur die week hard te werk vir die naweek se beloning van bier, brandewyn, rugby en televisie.  Dit was voorwaar ‘n volskaalse aanslag wat teen die Afrikaner geloods is terwyl hierdie volk van sy rykdom gestroop is om boonop die aanslag teen homself te finansier.  Die Afrikaner was dalk gerat om ‘n oorlog en bloedbad af te weer toe dit gedreig het, maar die diepe verraad het hierdie volk se voete onder hom uitgeslaan.  Hierdie aanslag was só haarfyn uitgewerk dat die Afikaner nie eers, getrou aan sy karakter, na sy Bybel kon gryp vir leiding nie, aangesien selfs ons Bybels met “interpretasie-vertalings” vervang is met oogmerk om die politici in hul oogmerke te steun.

Dit sou egter tragies wees om aan die misleiers van die Afrikanervolk al die “eer” vir hul suksesvolle pogings en die uiteindelike val van die Afrikaner te gee.  Dit was immers die volk self wat sy Bybel verruil het vir ‘n interpretasie daarvan en steeds klakkeloos agter nuwe, meer misleidende vertalings aanhardloop.  Dit was en is die Afrikanervolk self wat gerieflikheidshalwe sy kinders in kommunistiese skole toe te laat sonder om die leerplan self deur te gaan om te weet wat sy kind(ers) werklik geleer word om hul sodoende tereg te wys.  Dit was en is die volk self wat ter aanvaarding van mense hul kinders aanmoedig om deur die sportafgod opgeëis te word.  Dit was en is die volk self wat besluit het om die huisaltaar te verruil vir die televisie sodat daar geen tyd meer vir Godsdiens in hul huise oorbly nie.  Pa kla dat hy sukkel om sy huis goed te regeer, maar hy laat dan die televisie toe om die onderrig namens hom te gee!  Dit was die Afrikanervolk self wat sy eie doodsvonnis onderteken het in 1983 se referendum toe hierdie volk nee gesê het vir die behoud van ‘n Christelike grondwet en ja om diensknegte van die vlees te word.  Dit was hierdie volk self wat sy God die rug gekeer het agter die wêreld aan.

Die Afrikaner is vandag in ‘n toestand van verlorenheid en besig om homself dood te bloei weens die wonde van sy ongeregtighede.  Die vrybrief van ons ongeregtighede is reeds onderteken en verseël deur ons Heer en Meester op Golgota.  Ons kan dus kies om die werke van die vlees af te lê en om terug te keer na Hom wat ons sal skoon was en genees.  Jes. 1:16-18: "Was julle, reinig julle, neem die boosheid van julle handelinge voor my oë weg, hou op om kwaad te doen,  leer om goed te doen, soek die reg, beteuel die verdrukker, doen reg aan die wees, verdedig die saak van die weduwee.  Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.” Wanneer ons hierdie keuse maak om as ‘n volk na God terug te keer, kies ons ook om die werke van die vlees af te lê en te laat staan.  Vrygemaak van die sonde om ‘n lewe in die Gees te leef, sal ons onsself moet toespits om die vrugte van die Gees voort te bring.

Sal die Afrikaner kies om in sy ongeregtighede verlore te gaan of sal hy kies om vrygemaak te word van ons vleeslike verknegting om sodoende ons God in waarheid en geregtigheid te dien?  Hierdie keuse sal bepaal of ons verkies om te bly lê en dood te bloei, en of ons as volk uiteindelik sal “JA” antwoord op die Roepstem om onsself waardig volgens die evangelie van Christus te gedra en te stry vir die Christendom!

2 Kor. 3:17: ”Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid.”

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2217 gaste aanlyn