NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Pyn is nie net sleg vir jou nie, dit laat mens baie dink oor baie aspekte van die saak, en denke gee 'n mens nuwe wysheid, en wysheid bring vrede. Verdra dus jou pyn met die wete dat daar 'n groter saak aan verbonde is.

HERSTEL ONS, O HEER!

Hannes Ollewagen

Psalm 80:1-20

“O HERE, God van die leërskare, herstel ons;  laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!” (:20).

Ons leef in ‘n samelewing waar baie min dinge funksioneer soos wat dit veronderstel is om te doen.  Presies soos wat die Bybel ons leer dat dit met ‘n goddelose samelewing sal toegaan omdat die land van bo (staatkundig) sal vrot na onder.  Dit het dalk vir ‘n paar jaar gelyk asof die nuwe, goddelose, Suid-Afrika nie so erg is as wat aanvanklik deur die sogenaamde dwarstrekkers gewaarsku is nie.  Hierdie illusie was natuurlik van korte duur en noudat die samelewing in Suid-Afrika as ‘n geheel vrot raak weens sy afvalligheid en vervreemding van God, is mense heeltemal verward en raak selfs beangs oor dit wat aan die gang is in ons land.

Die gevolge van mense se roekelose en goddelose lewens het nou ons eens trotse Suid-Afrika in ‘n modderpoel van sedeloosheid en morele verval laat beland. 

Die arbeidsmag verkondig gelyke vergoeding vir almal maar 'n groot deel lewer geen insette nie.  Hierdie is ‘n praktyk lynreg in stryd met die Evangelie en sal noodwendig armoede en ellende tot gevolg hê.   Die mens word gevlei deur emosionele dwalinge dat hy moet optree na gelang van hoe reg ‘n saak “voel”, ongeag wat die Bybel daaroor sê.  Dit veroorsaak dat die gevoel van wellus verwar word met liefde en het verbrokkelde huwelike en uitmekaargeskeurde gesinne tot gevolg wat ‘n volk swak maak in sy fondasie, aangesien die gesonde gesinslewe die boublokke van ‘n volk is.  Jongmense word wysgemaak dat hul ouers outyds is en derhalwe nie relevante raad aan hulle sal gee vir hul lewens nie.  Hierdie kommunistiese aanslag van Satan veroorsaak dat menige jongmense hul lewens wegsmyt deur eerder na hul vriende se “relevante” raad te luister.  Dit is dan ook hierdie selfde “vriende” wat soos mis voor die son sal verdwyn wanneer die vet in die vuur is.

Ek kan aangaan met die lys van uitdagings en probleme van ons samelewing wat ons volk in die gesig staar, maar dit sal ‘n mens se moed tot in jou skoene laat sak.  Ons as mense het egter menige slim planne en oplossings om uit ons ellende te kom, maar ons moet onthou dat ons nie sonder God se hulp verlos kan word nie.  Ons volkslewe skreeu na geestelike genesing, wat die voorvereiste vir genesing van die uiterlike en derhalwe ons volk en land se toekoms is.  Ons kan die slimste planne, die mees nasionalistiese strewes uitdink en opstel, maar wat sal iemand met dit maak wat in ‘n modderpoel van sedeloosheid en morele verval is?  Daar sal geen waardering wees hiervoor nie.  Dit sal wees asof jy jou pêrels voor die varke gooi.

Dit is weliswaar so dat menige volksgenote doodeenvoudig hulself nie sal bekeer van hul verkeerde weë nie en derhalwe die oordeel van ongelowiges sal ontvang.  Dit is so dat ons volk in ellende verkeer weens ons verkeerde weë en handelinge en ons verloëning van God, maar dit is ook so dat God vir Homself ‘n oorblyfsel uitverkies het om sy werk voort te sit en te volbring.  Dit voel menigmaal vir hierdie bittereinders van ons tyd wat weier om aan te pas by ‘n goddelose regering en samelewing se afvalligheid, asof hulle tot vervelens toe moet luister na die wekroep dat ‘n volk homself moet bekeer.  Dit is omdat God se lankmoedigheid so groot is en omdat Hy nie individue en ook ons volk se vernietiging begeer nie, maar ons bekering.  Dit is nie sy wil dat ons verlore gaan nie, maar dat ons onsself sal bekeer tot Hom.  Dit is egter ook waar dat sy lankmoedigheid eendag tot ‘n einde sal kom, waarna daar nie ‘n tweede kans is nie.

Daar is steeds menige volksgenote wat die beste van ‘n goddelose samelewing wil geniet, maar so louerig saampraat na die strewe van ‘n Godsvresende volk, sonder om die opofferings te maak op die pad na laasgenoemde.  Dit is diegene wat God op hulle eie voorwaardes wil dien.  Dit is hulle wie se lig sal skyn slegs wanneer dit vir hulle gerieflik is.  Dit is die mense wat maar saampraat van ‘n samelewing en ‘n Godsvresende volk omdat hulle nie uitgesluit wil wees daarvan nie, sou dit ‘n werklikheid word.  Hulle wil egter ook nie in die huidige samelewing uitgesluit word nie.

Ons word in vers 9 van die gelese gedeelte herrinner aan ‘n volk wat geplant is nadat hy deur God uit ‘n vreemde land gehaal is en nadat God nasies voor hierdie volk uitgedryf het.  Die Afrikaner is vir die behoud van die Evangelie van vrede gedurende die 16de eeu uit Europa uitgehaal en geplant aan die suidpunt van Afrika nadat Hy nasies voor hierdie geringe volkie uitgedryf het.  Hy het vir ons plek gemaak sodat ons volk kon wortelskiet hier aan die suidpunt van Afrika en kon groei tot ‘n trotse Republiek in 1961 wat die eer van ons volkwees aan Hom gegee het!  Was hierdie volk nie soos ‘n seun wat Hy vir Homself grootgemaak het nie?  (verw. :18).

In ‘n posisie van ballingskap in ons eie land weerklink die spotlied van die menigtes oor die behoudende Afrikaner vandag, hy wie besef dat ons stryd veel dieper as net ‘n staatkundige stryd is, en wel ‘n stryd om die behoud van die Christendom in ons land.  Nie net vra die goddelose soos in Psalm 137 van ons om ‘n lied te sing vir ons God nie, maar word ons uitgedaag om te probeer standhou teen die een goddelose vloedgolf na die volgende.  As die golwe nie oor ons onderwysstelsel  spoel nie, is dit in ons kerke.  Die storms in die landbou, ekonomie en feitlik elke faset van die samelewing maak dit vir mense moeilik om volgens die behoudende waardes van die Skrif te leef, want dit is asof dit vir ‘n mens onmoontlik gemaak moet word om hiervolgens te leef.

Ons is egter geplant om te skyn as lig in ‘n donker wêreld en hoe donkerder die duisternis rondom ons, hoe helderder sal ons lig skyn.  Mooi en opbouende artikels bemoedig ‘n mens, maar dit verander egter nie die huidige omstandighede nie, dit sit nie kos op die tafel nie, dit maak nie dat my kind verstaan waarom ek so streng is nie.  Dit is derhalwe belangrik dat ons sal besef dat ons egter wel oor die mag beskik om die omstandighede wat vir ons ondraaglik raak te kan verander met die krag van gebed.   Ons MOET vir ons volk bid, want watter ander wapens kan ons op die oomblik gebruik in ‘n stryd waar ons geestelik verpletter word?

Die geskiedenis het bewys dat die Afrikaner op sy knieë  ‘n mag is om mee rekening te hou, maar onthou ook, die God wat ons in waarheid aanbid en aanroep om hulp, is nie bloot  ‘n mag nie,  Hy is die Almagtige!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2296 gaste aanlyn