NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Daar is ‘n doel met pyn.  Daardie doel ontdek net jyself in jou worsteling met God!  Dit mag selfs ‘n wonderlike ontdekking wees.  Die kind van God loop die pad van beproewing nooit  alleen nie.  God is elke oomblik met hom.  Hy hoor die versugtinge van sy kinders!

HOU SY VERBOND

Hannes Ollewagen

Josua 23:1-16

“As julle die verbond van die HERE julle God wat Hy julle beveel het, oortree en ander gode gaan dien en julle daarvoor neerbuig, dan sal die toorn van die HERE teen julle ontvlam, en julle sal gou omkom uit die goeie land wat Hy aan julle gegee het.”

‘n Geloftevolk – ‘n uitverkore volk vir Hom om sy boodskap en Evangelie aan die mensdom uit te dra!  Dit was en is die roeping van die Afrikanervolk aan die suidpunt van Afrika.  Ons voorouers het  by Bloedrivier beloof dat ons getrou aan Hom sal leef as ‘n volk vir Hom en Hy het ons belofte aanvaar en bekragtig deur die roemryke oorwinning.  ‘n Verbond is natuurlik ‘n ooreenkoms tussen twee of meer partye wat nie ongedaan gemaak kan word op ‘n ander wyse as deur die dood nie.  Die voorsate van die Afrikaner het ook ons nageslag gebind deur die Gelofte wat nooit ongedaan gemaak kan word nie.  Ons is ‘n geroepe volk en sal dit bly tot die dag van die wederkoms van onse Here Jesus Christus of tot op die dag dat die laaste Afrikanersiel ontslaap en hierdie volkie ter ruste gelê word.

Die realiteit van agteruitgang en verval in ons volksgeledere en ons vaderland is veronderstel om die oorsaak hiervaan kristalhelder vir ons te laat.  Die gelese gedeelte kon net sowel verlede maand vir ons volk geskryf en gestuur gewees het wanneer ons na die toepaslikheid daarvan in ons hedendaagse omstandighede kyk.  Ons volk staan skuldig op aanklag dat ons God se verbond verbreek het en daarom die straf van ons verkeerde handelinge moet dra.  Die straf op die verkeerde handeling is egter net die begin van ons probleem aangesien die volharding daarin die waarskuwing van totale uitwissing dra. Waarom sal predikers die deuntjie van “geen verlossing sonder bekering” aanhoudend en tot vervelens toe neurie?  Hierdie wekroep sal aanhou weergalm totdat die volk sy skreiende wangedrag besef en laat staan en in opregtheid met diepe ootmoed voor ons God kniel.

Net soos wat elke gelowige in Jesus Christus op ‘n dag in sy/haar lewe tot die besef gekom het dat God hom/haar liefhet en verlos het van die sondemag en derhalwe uitverkies het, is ons as volk ook tot uitverkiesing geroep.  Elke ware gelowige het die besluit gemaak om sy/haar lewe van die dag van bekering af te leef onder die gesag van God Drie-enig en om Hom lief te hê en te dien.  Dit is presies wat die Afrikanervolk gedoen het met die aflegging van die Gelofte in 1838 waar ons beloof het om as ‘n volk onder sy gesag te staan.  ‘n Bekeerde gelowige probeer deurgaans leef tot eer van God en ons volk het beloof om te leef tot eer van sy Naam.

Die Woord maak dit duidelik dat enige mens wat waarlik tot bekering in God gekom het, die verantwoordelikheid het om hierdie geskenk van verlossing ten alle koste te bewaar en as die kosbaarste besitting in u lewe te beskou.  As die Woord dit só duidelik stel dat ‘n mens nie die verbond wat jy met God sluit ten tye van jou bekering mag verag nie, sal dit vir ‘n volk anders wees?  Hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy verdien wat die Seun van God vertrap het en die bloed van die testament waardeur hy geheilig is, onrein geag en die Gees van genade gesmaad het?  Want ons ken Hom wat gesê het:  My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here; en weer:  Die Here sal sy volk oordeel.  Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God.”  (Heb.  10:29-31)

Dit is dus duidelik waarom hierdie “deuntjie” geurigdeur opgehaal word – dit spreek die kern van ons probleem aan!  Enige medikasie wat nie die virus wat die siekte veroorsaak beveg nie, verdoof/verlig bloot die simptome, maar bring nie genesing tot stand nie.  Enige optrede wat dus die kern van ons volk se probleem buite rekening laat, sal net vir ‘n wyle “beterskap” bring.  Dit sal ons niks baat om met diegene wat juis as instrument tot ons volk se strafgerig gebruik word, te probeer onderhandel oor ons toekoms nie.  Ons het Een met Wie ons moet onderhandel – voor wie ons in soveel skuld staan dat ons indringend sal moet besef dat ons nie in die posisie is om terme neer te lê nie.  Ons is in die posisie waar ons maar net aanhoudend om genade kan smeek.

Wanneer ons probeer om die realiteit van die ellende in ons land te probeer verswyg of ons kop daarvoor wegdraai, sal ons aksieplan vergelykbaar wees met die aksieplan wat die berugte Evkom die afglope vyftien jaar gevolg het om sy ellendige toestand te probeer verbeter en ons weet hoe donker hierdie instansie se vooruitsigte op datum is.

Ons kan seker aanhou om vir mekaar oor-en-weer te skree en te beledig oor wie “ja” en wie “nee” gestem en derhalwe verantwoordelik is vir ons huidige situasie?  Ons kan seker hovaardig probeer dae en datums opnoem waarop ons vergaderings gereël en bygewoon het om die huidige bestel in ons land te probeer verhoed en nou agteroor sit asof ons genoeg geveg het?  Die jonger geslag kan seker die vorige geslag blameer dat hulle nie genoeg gedoen het om ons volk se vryheid te beskerm nie – asof ons jongmense soveel doen om dit te beskerm of te herwin!  Ons kan seker aanhou om die foute by ander mense as onsself te soek soos wat ons seker kan aanhou om die oplossing op ‘n ander plek as by ons God te soek?  As ons egter besef dat ons op ‘n afdraende pad is met laasgenoemde, is dit mos natuurlik noodsaaklik om van rigting te verander.

Ons as vrygekoopte kinders van God moet dalk weer hierdie geskenk as die hoogste pand in ons lewens stel en dienooreenkomstig begin leef as mense wat hierdie gawe van harte waardeer.  Ons kan begin deur onsself te ondersoek vir foute en ons naaste in liefde te vermaan en verdra.  Ons kan weer begin erken dat ons nie die antwoorde op al die vrae en probleme het nie, maar God nader om die antwoorde en hulp vir die probleme en ellende waarmee ons te make het.  Ons moet dalk ophou om die een vir die ander te wag en mekaar se lewens te beoordeel vir dit wat ons as reg beskou en indringend begin om selfondersoek in ons eie lewens te doen en die verkeerde te laat staan.  Hierdie daadwerklike optrede sal dalk die remme wees wat hierdie volk van ons wat teen die spoed van ‘n sneltrein die afdraende pad afjaag, teë te hou van ‘n algehele en rampspoedige ongeluk?

Ons moet as ‘n geroepe volk van God weer ag gee op sy Roepstem om ons roeping uit te leef deur sy Lig in ons lewens te laat skyn om weer te kan sien hoe dit selfs die donkerste duisternis verdryf!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3040 gaste aanlyn