NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Versoekings is baie verskillend. Die verdorwe gedagtes wat ons aanhits om die wet te oortree is versoekings. Hierdie gedagtes word óf deur ons eie begeertes aangevuur, óf deur die duiwel wakker geroep. Ook die dinge wat eintlik self nie sleg is nie, word versoekings deur die lis van die duiwel. Dit gebeur wanneer dinge oënskynlik onskuldig só aan ons opgedis word dat dit ons van God wegtrek.

KINDERS VAN GOD

Hannes Ollewagen

Romeine 8:1-17

“Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.”  (:14)

Ons moet begryp dat Jesus Christus se kruisdood die vervulling van die wet van God was en nie die vernietiging daarvan nie.  Hy het vlekkeloos sy lewe neergelê en hierdie volmaakte offer van sy soenbloed was die volle koopsom om al sy kinders van die mag van die dood los te koop.  Hierdie dure prys wat betaal is vir ons vryheid, mag dus nooit goedkoop gemaak word om misbruik te word om ‘n lewe van losbandigheid te lei nie.

Wanneer ons die omvang van die losprys begryp wat Jesus Christus vir elke ware gelowige betaal het, is ons veronderstel om ‘n lewe van ootmoed voor God te leef uit dankbaarheid vir sy genade.  Dit beteken dat ek uit dankbaarheid ‘n lewe sal nastreef waar ek in vryheid die sonde beveg en nie vry is om ‘n lewe van losbandigheid te leef waarin ek die sonde omhels nie.  God het juis die vernietigende impak van sonde op die mens se lewe besef en daarom vir ons wette gegee om te onderhou om ons daarteen te beskerm.  Hy wil nie hê dat ons in slawerny aan die sonde verkneg moet word wat ons die lewe sal ontneem nie.  Vryheid is ‘n baie kosbare geskenk, maar vryheid moet ook verdedig word.  Geloof in Jesus Christus beteken dat die sonde my nie kan bind met ‘n sterker band as wat Hy kan losmaak nie, maar dit beteken geensins dat Satan nie sy bes gaan probeer om my aan te val en te oorrompel nie.

‘n Ware gelowige onderwerp homself aan God en sy Wet omdat hy besef dat dit deur God tot sy beswil vir hom gegee is om te onderhou.  Hy streef deurgaans daarna om God met ‘n gesindheid van dankbaarheid en ootmoed te behaag deur die wet na te kom omdat hy dit graag wil doen en nie uit vreesagtigheid nie.  Daar is soveel dwaalleraars wat reken dat mense te danke aan die soenoffer van Jesus Christus ‘n roekelose lewe van losbandigheid kan lei.  Hierdie dwaalgeeste sal alles in die stryd werp om die wet van God tot niet te maak.  Hulle verstaan nie dat God se wet uit liefde vir sy kinders gegee is om hulle van die skadelike gevolge van sonde te beskerm nie.  ‘n Ware gelowige sal dus nie die wet van God probeer weerstaan nie, maar homself eerder probeer verlustig om dit na te kom in die besef dat laasgenoemde tot sy beswil is.

‘n Ware gelowige sal besef dat Jesus Christus die stryd teen die sonde as eersgeborene van God wat uit die dode opgewek is, gewen het, maar dat die stryd steeds nie verby is voor die voleinding en wederkoms van onse Here Jesus Christus nie.  Dit beteken dat ‘n gelowige nie die wet hoef te onderhou om die erfenis te ontvang nie, maar juis uit dankbaarheid en as ‘n mede-erfgenaam die stryd wil voortsit.  Dit beteken dat elke gelowige hier op aarde steeds ‘n stryd het om te stry – die stryd in die Gees.  Die stryd teen sonde!

Ons lees in Kol. 3:5-10 dat ons die sonde in ons lewens daadwerklik moet aanval en vernietig.  “Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is, waardeur die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid kom, waarin julle ook vroeër gewandel het toe julle daarin geleef het.  Maar nou moet julle ook dit alles aflê, naamlik toorn, woede, boosheid, laster, skandelike taal uit julle mond.  Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper”. Dit beteken natuurlik dat ons die sonde in ons lewens moet erken, bely en beveg om dit te laat staan.  Dit sal geensins help om soos die dwaalleraars te probeer om die Woord van God te manipuleer om verkeerde lewenswandel soos homoseksualiteit te probeer regverdig of goedpraat nie.  Laasgenoemde sal jou ‘n slaaf van die sondige menslike natuur maak en jou boonop die ewige saligheid kan ontneem.  Die prys van sonde was nog altyd ‘n bitter dure prys om te betaal.  Daar was net een volmaakte losprys en hierdie kosbare geskenk mag nooit deur ‘n ware gelowige goedkoop gemaak word nie.

Die beste manier om te volhard op die pad van heiligmaking waarin die sonde in jou lewe beveg word, is natuurlik om terselfdertyd ‘n welgevallige lewenswandel na te streef.  ‘n Gelowige moet daarna streef om sy lewe en karakter met soveel goeie en God-welgevallige eienskappe te vul dat daar al minder plek vir die sondige en verkeerde in sy lewe sal oorbly.  Die werke wat God graag in ons lewens te voorskyn wil sien, is natuurlik daardie vrug van die Gees waarvan ons lees in Galasiërs 5:22: "Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.”

Ons lewe in ‘n land, ‘n samelewing en ‘n wêreld waar mense nie die waarheid van God se Woord wil hoor nie en daarom is mense gebonde in kerkers en vasgevang in die gevangenis van Satan (die sonde).  Mag ons wat volgelinge en kinders van God hier op aarde is ‘n lewe leef waarin ons daadwerklik vir ons Vader diensbaar sal wees in die uitbreiding van sy hemelse koninkryk en om nie te skroom om die waarheid te praat nie, want die waarheid maak vry!  Die waarheid sal tot gevolg hê dat mense sal erken dat hul in gevangenisskap leef en bevryding nodig het.

Ons eie Vaderland is dodelik siek aan die ellendige en sondige samelewing wat oor ons land en volk gespoel het.  Mense het geluister na die verloklike stem van Satan agter die wêreldse begeerlikhede aan en ons standvastige vryheid onder die beskerming van God se wette en insettinge verruil vir die begeerlikhede van die wêreld wat ons volk nou in slawerny aan die sonde onderwerp het.  Dit veroorsaak dat ons volk besig is om weg te sink in die ellende van sedelike verval, armoede en ‘n baie ellendige toestand.  God kon ‘n klein groepie mense gebruik om die lig van die evangelie na Afrika te bring.  Mag dit Hom behaag om weereens ‘n oorblyfsel te gebruik om die herstel en genesing in ons Vaderland teweeg te bring – om weer die lig wat in ons elkeen moet skyn, aan die brand te steek om die duisternis te verdryf.

Die besef dat ons vleeslike begeertes die afgelope paar dekades ons van meer as net staatkundige vryheid ontneem het, sal dalk die oplossing vir die genesing van ons land en volk baie meer duidelik na vore bring, nl. dat die genesing van die opsigtelike(vleeslike) sal kom wanneer ons die sake in die Gees aanspreek.  Dit sal ons dalk laat besef dat ons ook ‘n verantwoordelikheid het om te begin aandag skenk aan die ellendige toestand van alles rondom ons. . . Dit sal ons dalk laat besef dat dit ‘n skande is om net aan ons eie huise te bou terwyl die huis wat ons as sy volk vir Hom opgerig het uitmekaar geruk en geplunder word.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2625 gaste aanlyn