NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

En Hy het aan hulle die lande van die heidene gegee, en wat deur volke met moeite verwerf is, het hulle in besit geneem dat hulle sy insettinge kan onderhou en sy wette bewaar. Halleluja! – Ps 104:44-45

BOU ONS NOG?

Hannes Ollewagen

Esra 5:1-17

“En hulle het ons die volgende antwoord gegee en gesê:  Ons is knegte van die God van hemel en aarde, en ons bou die huis wat baie jare gelede gebou is, wat ‘n groot koning van Israel gebou en voltooi het.  Maar omdat ons vaders die God van die hemel vertoorn het, het Hy hulle oorgegee in die hand van Nebukadnésar, die koning van Babel, die Chaldeër; hy het hierdie huis verwoes en die volk na Babel weggevoer.” (:11-12)

My gedagtes gaan terug na 1838 – na ‘n volk wat voor God beloof het:

“...dat ons ‘n huis tot sy eer sal oprig, waar dit Hom behaag, en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte.”

‘n Volk, die Afrikanervolk, wat beloof het om vir God ‘n heiligdom te bou en daar tot sy eer te leef, ook die toekomstige geslagte.  Hierdie onderneming was nie dat ons ‘n klomp kerkgeboue sal oprig nie, want ons weet dat sy heerlikheid nie vasgevang kan word in tempels wat met hande gemaak is nie.  Hierdie onderneming van ons volk was om die erfdeel wat ons as volk van Hom sou ontvang, tot sy eer op te rig, daarin te leef en ons kinders te leer dat hulle daaraan moet voortbou,  elke opkomende geslag.

Ons kyk vandag rondom ons en sien hoedat hierdie huis wat ons veronderstel was om vir Hom op te rig in puin lê.  Dit word verwoes deur selfsug, korrupsie, nydigheid, haat, diefstal, moord, afguns, bedrog, luiheid, sluheid, laksheid en lafhartigheid.  Ons het ons Christelike grondwet verruil vir ‘n grondwet wat 'godsiensvryheid' sou meebring.  Dit blyk dat onder hierdie Grondwet met 'godsdiensvryheid' daar plek vir enige geloof is, buiten dié van die Christendom.

Die antwoord in vers 11 van die gelese gedeelte stuur my gedagtes terug na die laaste strofe van ons volkslied, die Stem, wat lui: “Knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry.”  Ons antwoord aan die wêreld was ook eens op ‘n tyd – die Afrikaner is knegte van die Allerhoogste, vir Hom ywer ons, vir Hom dien ons, vir Hom bou ons en vir Hom leef ons!  Ons het met lof erken dat dit ons eer is om laasgenoemde te doen omdat ons onsself as God se kinders kon sien, as sy eiendom.  “Símeon het vertel hoe God in die begin uitgesien het om ‘n volk uit die heidene vir sy Naam aan te neem.  En hiermee stem die woorde van die profete ooreen, soos geskrywe is:  Daarna sal Ek terugkom en die vervalle hut van Dawid weer oprig, en wat daarvan verwoes is, sal Ek weer oprig en dit herstel, sodat die oorblyfsel van die mense die Here kan soek, en al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is, spreek die Here wat al hierdie dinge doen.” (Hand. 15:14-17).

Baie van ons roem daarop dat ons nie skuldig staan teenoor die nalating van die Gelofte van 16 Desember 1838 nie, want ons gedenk getrou hierdie dag oor die afgelope jare op die 16de Desember van elke jaar.  Dit is dan ook nie verkeerd nie, maar dit is nie die voltrekking van die hele Gelofte nie.  Wat van die ander 364 dae van die jaar?  Wat van die ander voornemens van die Gelofte as om slegs dié dag jaarliks as ‘n dankdag te gedenk?  Wat van die Gelofte om ‘n huis tot sy eer op te rig en daaraan te bou tot in alle opkomende geslagte?

Ons kyk na die profeet Haggai se woorde, na wie verwys word in vers 1 van die gelese gedeelte en toets dit aan omstandighede soos van toepassing op ons huidige omstandighede.  Haggai 1:7-10: "So sê die HERE van die leërskare:  Gee ag op wat julle wedervaar het!  Klim op die berg en bring hout aan en bou die huis; dan sal Ek ‘n welgevalle daaraan hê en My verheerlik, sê die HERE.  Julle het uitgesien na baie, en kyk, dit het min geword; en julle het dit in die huis gebring, maar Ek het dit weggeblaas.  Waarom? spreek die HERE van die leërskare. Ter wille van my huis wat in puin lê, terwyl elkeen van julle vir sy eie huis hardloop.  Daarom het die hemel bo julle die dou ingehou en die aarde het sy opbrings teruggehou.” Kan ‘n profesie van soveel duisende jare gelede so van toepassing wees as God Hom nie meer daagliks met sy kinders bemoei nie?  Is hierdie nie ‘n direkte wekroep van God om sy kinders se oë oop te maak en Hom te soek nie?

Die feit dat ons daarvoor skaam kry dat ons sy huis tot ‘n puinhoop laat verval het, maak hierdie skande nie ongedaan nie.  Die vraag is egter wat my en u gesindheid daarteenoor is?  Ons het die keuse om die oë daarvoor toe te hou en aan te hou om net vir ons eie huise in selfsug te ywer terwyl ons moet sien hoedat ons kinders en kleinkinders in die vreemde na ‘n heenkome moet gaan soek waar hulle kan probeer om kinders volgens Christelike standaarde op te voed en groot te maak omdat daar hier ter plaatse, weens ons laksheid, nie meer plek is vir ons Heer en Meester en die Christendom nie.  Ons kan alternatiewelik kies om ons versuim en skuld te erken en daadwerklik werk te maak hiervan.

‘n Groot probleem waarvoor ons te staan kom wanneer ons na hierdie vervalle puinhoop in ons Vaderland kyk, is die feit dat ons nie ‘n idee het waar om te begin nie.  Die verval, die puin en die ellende is só verskriklik groot dat ons menslike verstand ons wil laat glo dat geen mens dit sal kan herstel nie.  Dit is juis waar ons antwoord lê – in ons menslikheid is hierdie uitdaging veels te groot, maar ons het die wapen van gebed om ons Vader te nader om hulp en raad vir dit wat ons in sy diens moet doen, van die regte hoek te benader en met goeie oorleg aan te pak.

Ons leer in 1 Kor. 3:9-16:  “WANT ons is medewerkers van God; die akker van God, die gebou van God is julle.  Volgens die genade van God wat aan my gegee is, het ek soos ‘n bekwame boumeester die fondament gelê, en ‘n ander bou daarop; maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou.  Want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus.  En as iemand op dié fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels – elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is. As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang; as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.  Weet julle nie dat julle ‘n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?”

Dit bevestig dat nie een van ons mens-alleen hierdie bouwerk sal kan voltooi nie.  Inteendeel, die fondament is reeds gelê en elkeen van ons het die verantwoordelikheid om op hierdie Fondament voort te bou, maar ons moet met sorg daarop bou om daarvan rekenskap te kan gee aan die Opperhoof.

Dit is dalk tyd om uit die gemaksones te skuif en vir ‘n wyle te gaan ondersoek instel na die stand van sake rondom die heiligdom van ons Heer, of daar nie dalk werk vir my is nie – is daar nie dalk plek waar ek ‘n hand kan bysit om hierdie werk te voltooi nie?  Daar is dalk selfs mense wat reken dat dit oorbodig sou wees om met hierdie bouwerk te begin, aangesien hul van mening is dat die wederkoms van onse Heer reeds op hande is?  Niemand van ons weet wanneer Hy weer sal kom nie, maar Hy stel dit onomwonde in sy Woord dat ons baie versigtig moet wees met dit waarmee Hy ons besig sal vind wanneer Hy weer kom.  Wil ek ‘n slegte en luie dienskneg wees wat nie my kant bring nie en hê dat Hy my so sal aantref, of verkies ek om ‘n goeie en getroue dienskneg vir Hom te wees wat hard en ywerig besig is om vir Hom te arbei wanneer Hy sy opwagting maak?

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2390 gaste aanlyn