NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

'n Ware vriend staan nooit in jou pad nie – net wanneer jy op die afdraande pad is!

WAAR PAS HY IN MY LEWE?

Hannes Ollewagen

Lukas 2:1-7

“...en sy het haar eersgebore Seun gebaar en Hom toegedraai in doeke en Hom in die krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.” (:7)

Hy moes sy oë oopmaak in ‘n wêreld waar daar geen plek vir Hom was nie.  Ons leer  God in Génesis ken waar Hy deur die Woord, Jesus Christus, alle dinge geskape het.  Die heelal het dus deur Hom ontstaan en ons weet dat geen ding wat ontstaan het, of wat standhou, sonder Hom ontstaan het of standhou nie.  Daar is m.a.w. geen lewende organisme op hierdie aarde wat die gawe van lewe nie aan Hom te danke het nie.  Die besluit wat in Génesis gemaak is, is egter ‘n besluit wat die mens vandag steeds moet maak – kies ek vír Hom, of téén Hom?

In die Paradys het die listige Satan vyandskap teen God veroorsaak en daardie stryd sal voortduur tot met voleinding van die wêreld.   Dit is egter noodwendig ‘n vereiste dat ‘n mens sal kies of jy in onderdanigheid aan Hom wil leef as sy kind, en of jy in vyandskap sal probeer wegkom van God en gedurigdeur probeer om sy bande van jou af te ruk om “vry te kom” van sy verorderinge.  (Verw. na Ps. 2).

Satan wag gedurig om plekke aan te val waar mense aan God se roepstem gehoor gee om hulself aan sy gesag te onderwerp.  Wanneer mense so doen, is die gevolg daarvan ‘n vredevolle samelewing waarin mense die son oor mekaar sien skyn en elkeen sy persoonlike verantwoordelikheid op sy lewensterrein nakom.  Die rede daarvoor is dat daardie mens besef dat hy sy lewe as ‘n gawe van God ontvang het en die verantwoordelikheid het om te leef en nie bloot te bestaan nie.  ‘n Mens besef dat rykdom, verstand, kinders, familie en al die ander mooi dinge gawes is wat jy uit God se Hand ontvang het omdat Hy dit alles geskape het en dat jy met goeie oorleg en liefde  daaroor moet waak.

God het die ellende wat die sonde aan die mensdom aanrig gesien,  en uit liefde besluit om sy Seun na die aarde te stuur om in te gryp.  ‘n Mens wonder soms hoeveel anders die lewe nie sou wees indien die wêreld Hom erken en aanvaar het as die Hoof oor alle dinge i.p.v. om Hom aan ‘n kruishout op te hang?  Hy het hier op aarde sy lewe gewy om aan mense goed te doen en het alles wat Hy gehad het gegee om hierdie gebroke wêreld te herstel.  Hy het selfs sy lewe in gehoorsaamheid aan God afgelê om daardeur voor God aanvaar te word as Middelaar vir hierdie sondige wêreld.  Uit Jesus Christus se lewenswandel is dit duidelik dat ‘n perfekte staatkundige bestel op aarde in der ewigheid onder menslike invloed nooit opgerig sal kan word nie.  Die sondige menslike natuur en invloede is heeltemal te groot daarvoor.  Dit beteken egter nie dat daar nie plek vir God se Koninkryk hier op aarde is nie net omdat die mensdom Hom nie verwelkom hier benede nie.  Dit beteken nie dat dit ‘n sonde is om daarna te strewe om jou lewe in toewyding aan Hom te leef nie, hetsy in jou gesin, jou werk en selfs die politieke strewes wat jy koester; inteendeel, dit is hoe dit behoort te wees vir gelowiges.

Ons bly in ‘n land waar dit menigmaal vir ‘n mens voel asof hier geen plek meer vir jou is nie.  Hoe meer jy streef na ‘n rein en vlekkelose lewenswandel voor God, hoe meer voel dit asof die wêreld jou toenemend hard behandel.  Dit voel asof die goddelose al die goeie dinge geniet sonder om oor enigiets te bekommer, terwyl Godsvresende kinders hul bekommer oor die verderf waarheen die samelewing afstuur.  Die magtelose frustrasie wil ‘n mens soms tot raserny dryf, maar dan is dit noodsaaklik om weer te berus in die wete dat die stryd alreeds oorwin is.  Dit beteken nie dat ons tot die wederkoms op ons louere moet rus nie, want die stryd wat in Génesis begin is, sal voortduur tot en met die voleinding van die wêreld, maar ons moet heldhaftig stry in die wete dat selfs die dood ons nie kan oorweldig en oorwin nie.

Die vraag waarvoor elkeen van ons vandag te staan kom, is natuurlik of daar nog ‘n plek vir Hom in my en u lewe is?  ‘n Mens sou verwag dat die Koning van die heelal immers in ‘n paleis omring met weelde gebore sou word, maar allermins was dit die geval.  Daar was vir Hom niks beters as ‘n krip waarin Hy neergelê kon word nie.  ‘n Mens sou dienooreenkomstig verwag dat onder ‘n Godvresende volk, soos die Afrikanervolk, daar vir Hom die hoogste agting in mense se lewens en harte sou wees, maar ek dink ons sal leuenaars wees as ons sê dat dit die geval is.  Ek is nie deur God as ‘n regter oor die Afrikanervolk aangestel om te veroordeel nie, maar wanneer ek in beskeidenheid en met opregte sorg na ons  volkslewe kyk en my hart uitgaan na volksgenote wat Hom mis, sien ek dat daar in soveel lewens nie plek vir Hom is nie.  Hy moet maar kyk of daar tussen die gejaag na geld, die partytjies, die sport, televisie, rekenaarspeletjies en die vriende dalk nog iewers ‘n plekkie vir Hom is. . . Ek verwag sy seën in my lewe, maar wil my nie aan sy gesag onderwerp nie?  Ons moet indringend besef dat hoe minder plek daar vir Hom in my lewe is, hoe meer plek is daar vir Satan met allerhande afgodediens wat smart en ellende in menigte sal aanrig.  Die eerste ding wat Satan sal steel, is vrede en daarna sal hy verwoesting aanrig totdat jy soos ‘n lopende lyk net ‘n bestaan voer, maar nie meer lewe nie, want dan het jy self gekies dat daar nie plek vir die Lewe in jou hart is nie. . .

Die Bybel is allermins ‘n stel vol duisende reëls wat ‘n mens in der ewigheid nie sal kan nakom nie.  Die Bybel is die Woord van God wat vir ons moet rig en lei gedurende ons lewens.  Dit is nie ‘n towerstaffie waarmee alle hartseer en probleme verdwyn nie, maar ‘n onfeilbare riglyn om jou te ondersteun in hartseer, en jou leer om beproewing en lyding te deurstaan.  Die Woord is ‘n onuitputbare bron van krag en wysheid wat jou bewaar teen verkeerde lewenswandel en lewensterreine waar Satan groot verwoesting saai.  Die Woord is in liefde aan die mens gegee, maar soos die ewige lewe, word dit op niemand afgedwing nie.  Dit is ongelukkig net diegene wat die waarde van die Woord ontdek het, wat weet hoe arm diegene is wat daarsonder probeer leef.

As jy dalk voel asof jou lewe so deurmekaar en uitmekaargeskeur is en daarin nooit weer orde en herstel moontlik is nie, is dit baie raadsaam om die Skepper van jou liggaam te nader om raad.  Dit sou raadsaam wees om op te hou wegvlug van Hom, maar eerder jou skuld voor Hom te bely en om vergifnis te vra.  Dit sou baie voordelig wees om Hom die ereplek in jou lewe te gee wat Hy graag wil inneem (1 Kor. 3:16: “Weet julle nie dat julle ‘n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?”), want dan kan Hy as die Hoof van jou lewe ook vanaf die troon van jou hart op ‘n punt begin om orde te skep, om te herstel om jou weer te laat leef.  Die feit dat Hy dalk nie na jou kom in die glorie en toestand waarmee jydit verwag nie, beteken nie dat Hy nie wel by jou hart se deur staan en klop nie.  Die keuse lê egter by elke individu persoonlik of hy aan Jesus Christus die ereplek wil gee. ‘n Toegewyde lewe aan Hom lyk dalk nie so roemryk soos wat die lewe van ‘n Koningskind moet wees nie.

Maak seker dat jy jou erfdeel in God se Koninkryk betyds opeis.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2307 gaste aanlyn